Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Farao se Seun
Farao se Seun
Farao se Seun
Ebook300 pages3 hours

Farao se Seun

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dit is al 'n paar jaar wat vrede heers in Egipte na die invallers, die Hyksos, se juk afgegooi en hulle uit die land verdryf is. Jong Zasor, is nou die Farao en sy koningin is sy jeugliefde, Lapis, na sy vader weens swak gesondheid die heerskappy aan hom oorgegee het.
Wanneer die vader van Zasor sterf is sy drie vroue in rou.

Atonhotep se moeder en oom word deur soldate vermoor en hy moet vlug. Hy is nou die enigste kenner in die koninkryk van die Syvlak Sin. Hy ontmoet 'n vrou wat ook die aanleg het en hy begin haar leer. Sy is Na'eemah die koning se weduwee.

Hy ontdek hy is die nuwe Farao se buite-egtelike oom, en die koning verhef hom tot 'n adellike. Nou kan hy met Na'eemah meng. Hulle staan voor die koninkryk se grootste uitdaging. Daar is 'n onwettige gebruiker van Sin. Dit hou niks goeie nuus in vir enige van die koningshuis nie. Die jong Farao stuur hom en Na'eemah om die misdadiger op te spoor, al kan dit hul dood kos.

Hierdie boek is 'n fantasieverhaal en ek het die hele storie suiwer uit my duim gesuig. Hierdie boek is hoofsaaklik 'n fantasie, maar ek het romanse ook ingesluit om dit 'n meer gebalanseerde verhaal te maak.

Hierdie boek is die Interaktiewe weergawe, waar u as leser kan kies of u die Erotiese weergawe (seks word in detail beskryf) en of u die Romantiese weergawe (seks word nie in detail beskryf nie) wil lees.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateSep 9, 2021
ISBN9781005052874
Farao se Seun
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Farao se Seun

Related ebooks

Related articles

Reviews for Farao se Seun

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Farao se Seun - Johan Crous

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die skrywers  gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-bandopname, mikrofilm of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

    Kopiereg:

    Johan Crous 2021

    Inhoudsopgawe

    Kopiereg

    Titelblad

    Opgedra Aan

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan

    Voorwoord

    Vooraf

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Slot

    Biografie

    Ter Verduideliking

    Farao se Seun

    deur

    Johan Crous

    Eerste Uitgawe 2021

    Opgedra Aan:

    Hierdie boek word opgedra aan Marlaine Lloyd.

    Erkennings:

    Die boek is geskryf op Scrivener 1.1.5 (iOs) en verwerk in Microsoft Word 365.

    Die grafika is gedoen met Serif se Affinity Photo 1.10.0.

    Die verwerking na eBoek formaat is gedoen met UEC 2.7.4.0.

    Speltoets is gedoen met Skryfgoed 6.

    Ek gee ook besonderse dank aan my proefleser wie onbekend wil bly. Baie dankie. Sy het soveel foute raakgesien wat ek gemis het. Sonder haar hulp sou ek net nie geslaag het nie.

    Waaroor die boek gaan:

    Dit is al 'n paar jaar wat vrede heers in Egipte na die invallers, die Hyksos, se juk afgegooi en hulle uit die land verdryf is. Jong Zasor, is nou die Farao en sy koningin is sy jeugliefde, Lapis, na sy vader weens swak gesondheid die heerskappy aan hom oorgegee het.

    Wanneer die vader van Zasor sterf is sy drie vroue in rou.

    Atonhotep se moeder en oom word deur soldate vermoor en hy moet vlug. Hy is nou die enigste kenner in die koninkryk van die Syvlak Sin. Hy ontmoet 'n vrou wat ook die aanleg het en hy begin haar leer. Sy is Na'eemah die koning se weduwee.

    Hy ontdek hy is die nuwe Farao se buite-egtelike oom, en die koning verhef hom tot 'n adellike. Nou kan hy met Na'eemah meng. Hulle staan voor die koninkryk se grootste uitdaging. Daar is 'n onwettige gebruiker van Sin. Dit hou niks goeie nuus in vir enige van die koningshuis nie. Die jong Farao stuur hom en Na'eemah om die misdadiger op te spoor, al kan dit hul dood kos.

    Hierdie boek is 'n fantasieverhaal en ek het die hele storie suiwer uit my duim gesuig. Hierdie boek is hoofsaaklik 'n fantasie, maar ek het romanse ook ingesluit om dit 'n meer gebalanseerde verhaal te maak.

    Voorwoord:

    Hierdie verhaal, wat afspeel in antieke Egipte, is slegs 'n verbeeldingsvlug, en bevat 'n element van fantasie. Ek het by 'n paar instansies weggebreek van die werklikheid om die boek meer leesbaar te maak vir die gemiddelde leser. Getalle, afstande, mates, ensovoorts, gaan nie sin maak as ek by die oorspronklike hou nie. Ek gaan dus hier afwyk, maar tog ou mates gee om sin te maak. Onthou, die Egiptenare het Babilon, Mesopotamië en Oosterse terme begin gebruik as standaard na die land ingeval was. Hierdie verhaal speel ongeveer drie en 'n half duisend of minder jaar gelede af (±3400VC).

    Ek maak 'n paar stellings wat gebaseer word op teorieë, waarvoor ek nie kan instaan nie, maar ek probeer om die verhaal lekker te laat lees. Ek het na sketse gekyk op die vrye Internet as verwysing. Ek was nie self daar nie en weet dus nie hoe waar of onwaar dit is nie.

    Sien hoofstuk, Ter Verduideliking, wat terme beteken.

    Nota:

    Hierdie boek is die Interaktiewe weergawe. U as leser kan met die kliek van 'n skakel kies of u die Romantiese weergawe (seks word nie in detail beskryf nie), of die Erotiese weergawe (seks word in detail beskryf). Volg net die instruksies.

    Vooraf.

    Twee honderd myl Suid van Aswan, duur die agtervolging steeds voort. Generaal Zimru, die bevelvoerder van die Egiptiese Leër, lei die twee honderd man persoonlik. Almal is te perd. Dit is warm en hulle vorm 'n groot halfsirkel. Generaal Zimru is die broer van Farao Amoses en hy is onverbiddellik. Niemand ontsnap hierdie generaal as hy eers die spoor gevat het nie.

    Atonhotep, los my hier. Ek sal hulle besig hou, dan kan jy wegkom.

    Nee Moeder, ek sal u nooit alleen los nie. Ek sal die dood tegemoet gaan vir u.

    Die merrie hardloop sterk onder ons gesamentlike gewig, maar ek begin besef ons gaan dit nie maak nie. Die agtervolgers is te veel en hulle het beter toegang tot water en voorrade as ons. Ons beweeg steeds vinnig, maar ek voel die merrie kan nie meer nie. Sy is moeg.

    Nog net 'n entjie.

    Ons bereik die afgrond bokant die rivier. Die Nyl spoel tussen twee kranse deur.

    Die merrie kom tot stilstand en ons klim af. Daar is geen manier om oor die wye gaping te kom nie. Ek het 'n tou wat ek probeer anker aan 'n rots. Ons is te laat. Hulle is so te sê op ons. Ek kyk een keer om.

    Die aanvoerder is beslis 'n koninklike, want hy het 'n blou pluim bokant sy helm. Ek is te vêr van my moeder, Zelfa. Die koninklike los die pyl. Ek sien dit kom reguit na my moeder.

    Moeder!

    Dit is te laat. Die pyl deurboor haar bors en sy kom tot stilstand. Daar kom bloed uit haar mond. Die pyl se punt het anderkant haar rug uitgekom. Die pyn wys op haar gesig.

    My seun.....

    Sy tuimel oor die kant en ek sien hoe sy vêr daaronder in die bruisende water val. Daar is geen manier hoe ek haar kan red nie, nie in daardie besmette krokodilwaters nie.

    Sonder om verder te huiwer, klim ek met die tou af teen die krans. Ek haal die lysie voor ek die tou voel val. Hulle het die tou losgesny. Ek sit bewegingloos en hulle sien my nie. Hulle bly tot na donker voor hulle terug ry na hul kamp.

    Hulle bluf my nie. Ek weet hulle het vier soldate agter gelos. Ek weet nie hoe ek weet nie, maar ek weet. Hulle het perde ook. Hulle is tevrede om te rus en eet hul hooi wat vir hulle gegee is. My perd is saamgeneem deur die soldate.

    Dit begin koud raak namate dit pikdonker is. Ek sit steeds stil en waag dit eers om te gaan lê toe die maan opkom en ek weer kan sien. My smart kan ek nie beskryf nie. Ook nie die haat teenoor die soldate nie.

    Vandat ek kon onthou, moes ek en my moeder kort-kort vlug. Ek weet nie hoekom nie, maar ek het vandag weereens gesien my dood word gesoek. As dit net my moeder was, sou hulle almal onttrek het.

    Ek stort trane, terwyl ek bewe van die koue. Na die trane gewyk het, kom die woede.

    Drie van die soldate slaap, terwyl een wag hou. Hier is nog heelwat roofdiere. Die perde staan naby die vuur en slaap.

    Hoe weet ek dit?

    Ek het geen idee nie. In my agt-en-twintig lewensjare, het ek altyd geweet waar diere en mense is. Ek kon dit nooit verklaar nie, tot ek oom Sadrach raakgeloop het. My moeder het hom eers nie vertrou nie, tot hy homself bewys het.

    Ek is al vier jaar by oom Sadrach. Ek weet hy het my moeder lief en hulle sou afhaak, maar nou is sy dood. Oom Sadrach het my geleer van my innerlike visie. Ek kon dinge sien of weet, wat vir ander verberg is.

    Ek het hom eers nie geglo nie, want dit klink vergesog, totdat hy my een dag gevra het of ek al aangevoel het iemand hou my dop. Ek het bevestigend geantwoord. Wie het nog nie? Toe het ek begin verstaan wat hy bedoel.

    Die moeilikste was om te leer lees en skryf, maar hy weet hoe en ek kon dit vinnig aanleer. Hy het my beide die hiëratiek, die gewone skrif, asook die amptelike hiërogliewe, dit is nou die graf- of monumente skrif, geleer. Ek het dit geniet en vinnig aangeleer, tot sy verbasing.

    Hy het my twee jaar gelede begin leer hoe om te sien wat ander nie kan sien nie. Ek kon ook voel wat ander dink.

    Genoeg van die verlede. Ek moet wraak neem op die soldate wat my moeder vermoor het. Ek klim versigtig teen die krans op na ek my boog eers gespan en oor my bors gehang het. 'n Stuk lap hou my pyle stil in die pylkoker.

    Dit gaan broekskeur om in die donker te sien, maar tog weet ek instinktief waar om te vat. Ek weet net. Ek lig my kop stadig oor die kant. Die soldate is so vyftig jaarts weg, rondom die vuur. Die perde staan aan die regterkant. Die soldaat op wag sit anderkant die vuur, met sy hande en gesig na die vuur, om warmte te kry. Die stommerik se nagvisie is vernietig.

    Ek staan op sonder enige vrees dat hy my mag raaksien. Een van die perde lig haar kop en die soldaat staar in my rigting. Hy kan my nie in die donkerte sien met die vuur so naby aan hom nie.

    Ek haal 'n pyl uit my pylkoker en haal my boog af. Ek span die boog, die volle trekgewig, en die pyl pyl op hom af. Dit deurboor sy nek en hy sterf voor hy die grond tref. Sy harde val, bo-op sy drie makkers, laat hulle regop kom, net om ook elkeen intiem kennis te maak met 'n pyl deur hul nekke. Ek voel 'n veer vir hulle. Hulle was deel van die groep wat my moeder doodgemaak het.

    Ek stroop hul karkasse van hul wapens en tel al die klere op. Die perde se saalsakke is vol proviand en water. Dit neem nie lank om hulle op te saal nie. Die klere word opgesny en om die perde se hoewe gebind om hul spore te verberg.

    Ek ry en hulle volg my. Ek hou op die harde klipplaat vir 'n hele paar myl. Hulle sal my nie kry nie. Ek is naby die militêre kamp verby voor ek weer draai. Hulle moet baie goed wees om my te kry.

    Drie dae later is ek seker ek het hulle verloor en nou kan ek verder ry om na oom Sadrach te gaan.

    Hy is oorstelp van bekommernis toe hy my sien. Sy skuilplek is in 'n klein weggesteekte vallei wat niemand sal sien tensy hulle weet waar die ingang is nie.

    Waar is jou moeder?

    Sy is dood. Die soldate het haar vermoor.

    Hy kyk na die perde se lappe om hul hoewe.

    Kom.

    Hy help my aflaai. Die proviand word gepak in die klein stoor wat hy in 'n wegsteek grot gebou het. Hy is veral bly oor die ekstra pyle en wyn wat ek gebring het.

    Ons kan die perde mettertyd ruil vir iets anders.

    Twee jaar later.

    Ek weet oom Sadrach is op pad voor ek hom kan sien. Hy het hierdie keer proviand gaan koop. Ek het in die vallei gebly.

    Ek brou sy geliefkoosde tee en hy vat die beker dankbaar toe hy afklim. Hy het die drie pakperde swaar gelaai met voorraad. Ek help hom aflaai en versorg die perde in die stalle wat ons gebou het in 'n grot. Hy stap af na die rivier en gaan was homself voor hy kom aansit in ons grot wat ons met 'n muur toegebou het. Daar is 'n deur en venster in. Die vloer is gelyk. Die tafel is maar eenvoudig en ek skep die kos in sodat ons kan eet.

    Ou seun, ek het heelwat nuus gehoor in Aswan. Die generaal wat jou moeder vermoor het, generaal Zimru, is dood. Hy was deel van 'n komplot om die heerskappy oor te vat. Farao Amoses se seun Khaba het 'n komplot gesmee en die Farao probeer vergiftig, maar hy het oorleef en die heerskappy oorgegee aan sy oudste seun, Zasor, wie nou die Farao is. Die prins is uit die bloedlyn geban en opgesluit, maar met die generaal se hulp het hy ontsnap. Hulle het die koningin, haar Majesteit Lapis, ontvoer. Farao Zasor het haar gered en hulle opgehang.

    Ek is bly Oom. Dit spaar my die moeite om hom dood te maak, maar nou sal ek nooit weet hoekom hulle my gesoek het nie.

    Atonhotep, dit wat ek jou geleer het, is deel van die Sin, waarvan Farao Zasor 'n meester is. Prins Menefer, sy broer, en koningin Lapis is ook gebruikers van Sin.

    Hoe pas ek in die prentjie?

    Ek kan nie met sekerheid sê nie, maar ek vermoed jy is gesoek omdat jy dit kan doen, nie jou moeder nie. Hulle sal jou steeds soek. Daarom gaan ek jou leer om jou te verberg vir die Sinmeesters. Dit sal fisies en in die gedagtes wees. Al is hulle Sinmeesters, sal hulle jou nie kan uitruik of jou gedagtes kan voel nie.

    Hoe pas Oom in die prentjie? Oom het ook die Sin vermoë.

    Ek is die seun van 'n hoer. My moeder het altyd gespog dat die Farao teen betaling van haar dienste gebruik gemaak het tydens 'n veldtog. Dit is die huidige Farao se grootvader. Ek glo my moeder was reg, want ek het die vermoë. Ek het my kennis geleer by 'n ou meester van die Ooste.

    Hoe kan ek dit dan hê?

    Ek weet nie ou seun. Jou moeder het nooit gepraat nie. Sy het net geglimlag toe ek haar gevra het. Ek vermoed jy is maar een van die toevallige gebruikers. Dit is nie onbekend in die geskiedenis nie.

    Ons gaan vandag voort met die les wat ek gister nie onder die knie kon kry nie.

    Reik verder Atonhotep.

    Ek reik en reik tot ek voel my kop gaan ontplof voor ek meteens voel ek raak aan iets. Dit is lewendig. Dit beveg my uitreiking. Ek begin skielik heen en weer klap soos ek sukkel om weg te kom.

    Wat is dit?

    Ek weet nie Oom. Dit lewe.

    Waar is dit?

    Ek weet waar dit is. Ek wys na bo. Hy volg my vinger. Dit neem 'n tydjie voor ons die Valk sien.

    Reik weer uit tot jy dit voel en bly net naby. Moenie dit afskrik nie.

    Ek weet nie regtig hoe nie, maar ek reik weer na bo. Dit gaan makliker, want ek weet waar dit is. Ek voel die wese. Ek reik nie nader nie en ek voel sy is bewus van my. Sy beveg my nie weer soos netnou nie. Sy vlieg heen en weer op die warm lug golwe.

    Probeer nou deur haar oë te sien.

    Oom Sadrach is saam met my. Hy sien wat ek sien. Hy weet ook die valk is 'n sy.

    Dit neem 'n hele tydjie voor ek skielik die vallei kan sien. Dit hou net 'n paar tellings lank. Dit is 'n begin.

    Gee haar 'n duif. Laat sy dit sien. Hou dit in jou uitgestrekte hand. Reik weer na haar.

    Ek vat die duif aan sy pote en strek my arm uit. Ek reik na haar en dit neem 'n tydjie voor sy bewus is van my. Ek hou haar dop. Sy duik reguit grond toe. Sy val ongelooflik vinnig grond toe. Sy begin draai en vlieg parallel met die grond na my toe. Sy neem die duif mooi in haar pote, sonder om spoed te verloor en vlieg weg met die duif wat dood is van die skok van haar kloue.

    Dit is genoeg vir vandag.

    Hoofstuk 1.

    Thebes.

    Koninklike kwartiere.

    Farao Zasor en sy koningin Lapis, eet vanaand alleen.

    Zasor, jou vader is baie siek. Ek is bekommerd oor hom.

    Ek weet Lapis. Hy het nooit werklik genees na die gif wat hy ingekry het nie.

    Gelukkig sal Khaba ons nooit in die hiernamaals kan lastig val nie. Na jy hom laat ophang het en sy lyk verbrand het, is daar geen hiernamaals vir hom nie.

    Ook nie vir sy oom en makkers nie.

    Die koninklike bode kom nader en buig eerbiedig, 'n paar tree van die koning af. Zasor wys hy kan nader kom.

    U Majesteit, u moeder versoek om dringend met u te praat.

    Bring haar in. Sy is altyd welkom.

    Hy bring haar nader.

    U Majesteit, u vader roep na u. Ons verwag nie dat hy tot môre gaan leef nie.

    Ek kom Moeder.

    Zasor los alles net so en volg sy moeder. Lapis kom saam. Hulle gaan na die oorspronklike koninklike vleuel van die paleis. Sy vader se twee vroue, Na'eemah en Nailah is daar, en ook prins Menefer en prinses Chione.

    Zasor kniel voor sy vader.

    Ek wil alleen met hom praat.

    Almal gaan staan eenkant en wag buite gehoor. Zasor hou sy vader se hand vas en luister aandagtig na sy vader. Hy knik af en toe soos hy luister. Hy luister meer as 'n uur voor hy opstaan en wys dat die ander nader kan kom.

    Sy vader sterf voor die son opkom.

    Roep vir Sinhotep.

    Sinhotep, sy raadgewer en koninklike toepasser, maar ook sy vriend, al is die ouderdomsverskil so groot, het voor die deur gewag en kom onmiddellik in.

    U Majesteit.

    Kry die koninklike priesterlike begrafnisondernemers om voor sonop met die voorgeskrewe prosedures te begin vir die koninklike balsemingproses. Dit moet noukeurig volgens die protokol van die Boek van die Dood gedoen word. Stel vir hoërpriesteres Omman van die Ossiris tempel en hoërpriester Zaza van die Horus tempel in kennis. Teen daglig wil ek heel eerste vergader met jou, generaal Manti, prins Menefer, haar Majesteit Lapis en my moeder. Stuur 'n posduif na kommandant Madahlah by die Vallei van die konings, dat die graf in gereedheid gebring moet word.

    Hy kniel eerbiedig.

    U Majesteit.

    Teen dagbreek, nog voor enige iemand kon eet, begin die koninklike vergadering. Die wagte keer dat enige iemand anders by die deure inkom, of iets hoor.

    Farao Zasor voer die woord, terwyl die skriba alles neerskryf. Hy kyk eers na Lapis, die koningin, voor hy begin.

    Dit is met groot deernis dat ek vanoggend moet afkondig dat my vader, Farao Amoses, vannag afgesterwe het. Die sewentig dae van rou en die koninklike balsemproses sal vanoggend begin.

    Hy kyk na die twee hoërpriesters.

    Sorg dat daar geen vertragings is nie.

    U Majesteit.

    Hulle praat gelyk en buig laag.

    Wat ek nou gaan sê, moet tussen ons bly. Dit mag nie uitgaan buite hierdie vertrek nie.

    Hy kyk elkeen eers in die oë voor hy voortgaan.

    Julle weet ons het tans nog net drie Singebruikers, buiten die vier wat tans opgelei word. Dit is ek, haar Majesteit koningin Lapis en sy Hoogheid prins Menefer. Khaba het die drie Sinmeesters vermoor.

    'n Hele paar knik hul koppe.

    "My vader het gisteraand met my gepraat voor hy die laaste asem uitgeblaas het. Daar is geen rede hoegaamd om te twyfel wat hy gesê het nie. Daar is nog 'n Sinmeester en sy leerling. Hulle is van die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1