Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

101 Bakgat maniere
101 Bakgat maniere
101 Bakgat maniere
Ebook348 pages4 hours

101 Bakgat maniere

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Twee verhale in een, vertel in Ryger se eiesoortige wegholtrein-manier. Soms skokkend, soms bisar, soms histeries snaaks . . . nooit vervelig nie. Dit is die stem van die skrywer wat al deur skrywer/dramaturg Harry Kalmer “die meester van die moderne Afrikaanse kortboek” genoem is.
In Bloedlyn is Dirk Steyn, ondersoekende joernalis en skrywer oor die okkulte, op soek na ’n gebreklike ontkleedanseres. Dit bring Steyn in konfrontasie met sy eie verlede, en op pad skuur hy skouers met onder meer ’n satanistiese kultusleier, ’n kannibalistiese dwerg en ’n psigopatiese pastoor.

In Kaktushart beland die suksesvolle afrigter van die Springbok-rugbyspan, Walter Cronje, in die kloue van ’n groepie ekstremistiese kunstenaars wat van hom ’n kunswerk wil maak deur ’n kaktus in sy borsholte te plant. Die verhaal ondersoek die grense tussen verskillende groepe mense met uiteenlopende belangstellings, en dié tussen bewonderaar en held.

In Uys Krige se Sol Y Sombra staan daar: “En selfs as jy wakker is, is jou gees nie helder nie, maar troebel en verward, voel jy asof jy êrens weg van die aarde af is of in ’n tussengebied hang, beangsd, ylhoofdig”. Dit is in hierdie “tussengebied” waar 101 Bakgat maniere om te lewe en sterwe hom begewe.
LanguageAfrikaans
PublisherQueillerie
Release dateJul 1, 2013
ISBN9780795800696
101 Bakgat maniere
Author

R.R. Ryger

RR Ryger is ook die skrywer van verskeie boeke onder die naam Michael Green. ’n 101 bakgat maniere om te lewe en sterwe is sy elfde boek. Hy skryf ook boks en rugby vir Sport24. Ten tyde van die publikasie van hierdie boek was hy en sy vrou Willemien en seun Gareth woonagtig in Port Elizabeth. Ryger se stokperdjie is om die melkgeld op perdewedrenne te verwed.

Related to 101 Bakgat maniere

Related ebooks

Related articles

Reviews for 101 Bakgat maniere

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    101 Bakgat maniere - R.R. Ryger

    RR RYGER

    'N 101 BAKGAT MANIERE

    OM TE LEWE EN TE STERWE

    Queillerie

    En selfs as jy wakker is, is jou gees nie helder nie, maar troebel en verward, voel jy asof jy êrens weg van die aarde af in ’n tussengebied hang, beangs, ylhoofdig.

    (Uys Krige in Sol Y Sombra)

    BLOEDLYN

    Maria, Maria

    Hy wys my die foto’s van sy dogter. Maria. Pragtig. Baie wit. Swart polkahare, lang nek, klein, ferm tieties. Skraal lyf. Atletiese bene. My kop suis.

    Ek dwing myself om verder te blaai. Die ouman kou selfbewus aan sy grys snor. Dis ’n snor waarin sop kan agterbly. Die snorbaarde is nie aggressief nie, eerder hartseer, soos wilger­boomtakke.

    Die ouman stotter. Dan is hy stil. Ek ignoreer die paar onsamehangende woorde en blaai verder deur die sekstydskrif. Konsentreer daarop om my bewerige hande stil te hou. Ek hoor my hart pomp. Dit klink soos swaar industriële musiek.

    Nog ’n drankie?

    Ja.

    Die whisky brand my keel. Sooibrand se voorloper.

    Dis warm in hierdie ryk man se speelkamer. Warm en taamlik donker. ’n Buislig skyn dof uit die houtkroegie se dak en die vuur in die kaggel doen ook sy deel om my beter te laat sien. Daar is skilderye wat duur lyk teen die mure. Buffels wat water drink.

    Ek het net oë vir Josef Staal se dogter. Maria. Ook bekend as Candice. Waarom kies hulle altyd name soos Candice, Cheri, Storm, Brandy of Zenobia?

    Kan ek die tydskrif hou?

    Staal kyk na my en ek kan in sy oë sien hy weet ek wil sy dogter bykom.

    Beteken dit dat jy die werk aanvaar?

    Kom ons praat eers oor geld.

    Jy weet geld is nie ’n probleem nie.

    Ek weet dit nie regtig nie. Maar ek sal sy spel speel. Ek het al van hom gehoor. Ek het al sy foto in tydskrifte en koerante gesien.

    Ek moes seker die sakeman se agtergrond ondersoek het. Maar die ekonomie is nie een van my belangstellings nie. Ek kon nog nooit met geld werk nie. Ek weet nie hoe Josef Staal sy geld gemaak het nie en ek weet nie of hy nog steeds baie geld het nie. Maar ek speel sy spel.

    Waarom ek, waarom nie ’n privaatspeurder nie?

    Ons sit nou by die kroegie. Die tydskrif eenkant. Staal haal sy bril af en vee dit skoon met ’n sakdoek. Ek het jou artikel oor die plaasmoorde gesien, sê hy.

    Wat het dit met jou dogter uit te waai?

    Jy het geskryf oor die toordokter se aandeel. En jy skryf boeke oor die okkulte. Ek vermoed Maria is met sataniste deurmekaar. Dit help nie ek kry iemand wat nie weet waarmee hulle te doen het nie. Jy is tog ’n joernalis, julle is tog ook speurders. Ek dink jy sal haar makliker kry as enigiemand anders.

    Dit klink vir my na dommerige redes om my te kies. Maar ek sê niks. Gee Staal net die oog. Hy is desperaat. Duidelik deurmekaar.

    Ek … ek weet jy was ook in die Spes-Magte. ’n Lid van die Reconnaissance-kommando. Ek glo jy weet hoe om jouself in gevaarlike situasies te hanteer.

    ’n Glimlag ruk-ruk aan my mondhoeke. Die meeste mense is maklik om te flous. Ek was wel jare gelede ’n tyd lank in ’n kamp waar lede van die Spesiale Magte opgelei is. Naby Phalaborwa. Maar ek was nooit self ’n verkenner nie. Ek was ’n klerk. ’n Pen-pusher. Die regte recces het ons met minagting behandel omdat ons ook met maroen berets rondgeloop het. Ek het nooit daardie wapen met die kompas op die beret verdien nie.

    Jy vertrou my?

    Meneer Steyn, ek sal jou genoeg betaal sodat jy nie die storie aan ’n koerant of tydskrif hoef te verkoop nie.

    Daarvan hou ek. Ek ruik verlossing. Ek wil weg uit hierdie land. Net vir ’n paar maande. Daar is te veel mense wat doodgaan. Te veel spanning. As ’n karkaper jou nie vermoor nie, dan is dit die petrolprys. Ek wil gaan prego’s eet in Portugal. Die Algarve. Naby die koffiewinkel waar ek soms ontbyt eet in die Brooklyn-sentrum in Pretoria, is daar ’n reisagentskap. In die venster is daar ’n plakkaat van die Algarve. Dit lyk idillies.

    Ons is naby ’n groot snoekertafel. Ek drentel soontoe. Klap ’n bal of twee rond terwyl ek kamma my besluit neem.

    Wil jy speel? vra Staal onverwags. Ek kan hom nie met ’n stok in die hand voorstel nie.

    Nee, dankie. Miskien ’n volgende keer.

    Staal staan ongemaklik rond. Ek kan sien hy probeer hard om nie pateties oor te kom nie. Jou storie … die een oor die plaasmoorde … dink jy regtig dis die regering wat agter dit sit?

    Ek het dit nooit so gestel nie.

    Ek weet nie waarom hy aanhou karring oor die storie nie. Maar dis ’n feit: my storie oor ’n toordokter in Lichtenburg wat sy aanhangers aangehits het om wit boere van hul plase af te dryf het baie mense ontstel. Veral omdat ek dit vergelyk het met ’n voorval ’n klompie jare gelede in Zimbabwe, toe ’n politikus regstreeks met ’n toordokter, wat dieselfde ding gedoen het, verbind is. My bron was ’n boek wat ek onder in ’n doos by die vlooimark voor Sunnypark-sentrum, in ’n deel van Pretoria wat besig is om te verval, uitgekrap het. A Policeman’s Narrative of Witchcraft and Murder in Zimbabwe deur Henry A. Clark. Hy was die ondersoekbeampte in daardie saak.

    Dit het nie vir my na ’n boekie gelyk wat al deur baie mense gelees is nie. Ek het die boekie geplunder en liberaal met die feite omgegaan. Ek is stout in daardie opsig.

    Staal soek nog na woorde. Ek besluit om tot ’n punt te kom. Ek is moeg. Ek wil gaan slaap. Goed. Ek aanvaar die joppie. Ek sal jou dogter vir jou opspoor. Ek soek asseblief net ’n voorskot.

    Ja. Ja. Ja, goed. Staal sit sy glas neer. Volg my, asseblief.

    Ons gaan by die speelkamer uit en stap teen ’n stewige houttrap op. Iewers huil ’n baba.

    Hoeveel kinders het u?

    Staal gaan staan. Hy haal moeilik asem. Hy is oorgewig.

    Net Maria. Dis haar baba wat jy hoor. Dis een van die redes waarom ek wil hê jy moet haar opspoor.

    Een van die redes?

    Staal haal sy skouers op. My vrou is baie siek. Kanker. Sy het nie baie tyd oor nie. Ek wil graag die gesin bymekaar hê voor sy gaan.

    Ek neem aan Maria is nie op goeie voet hier weg nie?

    Ja. Ons het rusie gehad.

    Hy draai om en stap verder. Ons gaan by sy studeerkamer in. Ek sien hy het ’n rekenaar op sy lessenaar. Baie boeke in die rak teen die een muur. Heelwat godsdienstige titels. Bybelbeloftes deur Eric Stander. En iets oor Die merk van die Dier.

    Dit ruk my vlugtig terug na my laaste jaar op skool. Jacques Olivier was toe my beste vriend. Hy is dit steeds. Hy is baie vermaaklik. Op sy agttiende verjaarsdag het Jacques skielik ’n wedergebore Christen geword. Hy het kerkdienste by ’n eienaardige kerk begin bywoon. Voor die kerk was daar ’n reuse-veselglasfakkel wat soos ’n roomys gelyk het.

    Hoe gaan dit daar by die Ice-Cream-kerk? sou ek hom vra.

    Moenie spot nie. Ons leer nou juis oor die Merk van die Bees, het Jacques geantwoord.

    Dit het my ’n tydjie geneem om te besef hy praat van die Merk van die Dier.

    Sy prediker het The Beast uit Engels na Die Bees in Afrikaans vertaal.

    Ek wou my pap lag.

    Hoe gaan dit met Die Bees? Moooo! het ek vir Jacques gebulk.

    Staal maak ’n kas oop. Daar is ’n groot kluis daarin. Hy hurk en sluit dit oop. Ek probeer oor sy rug loer, maar hy is te vinnig vir my. Hy gee vir my ’n dik koevert.

    Ek dink dit behoort genoeg te wees vir eers, sê hy. Ek belowe jou nog baie meer as jy haar opspoor.

    Baie dankie.

    Ek steek die koevert in my broeksak. Dis vir my snaaks dat ons nog nie een keer ’n bedrag genoem het nie. Dis die hele tyd hierdie vae beloftes en nou hierdie koevert wat ek nie eers oopskeur nie.

    Tog voel ek dit sal onvanpas wees om dit te doen. Om vir Staal byvoorbeeld te sê dat ek soveel of soveel rand per dag benodig. Dis tog geld wat ek nie sou gehad het nie. En waarvoor? Om ’n meisie wat kaal geposeer het in ’n sekstydskrif op te spoor. Hoe moeilik kan dit wees?

    Staal verras my by die voordeur.

    Sê vir jou skoonpa ek stuur groete wanneer jy hom weer sien.

    Ken jy vir Jaap?

    Ek en Jaap het aan dieselfde universiteit studeer. Ons het deur die jare kontak gehou. Ek dink nie jy weet dit nie, maar ek was op jou troue.

    Ek lyk seker verbaas, en vir die eerste keer die aand lag Staal sonder om senuweeagtig te lyk of te klink.

    My vrou en haar ma het die meeste mense genooi, verduidelik ek.

    Dis die geval met die meeste mans, reken Staal. Maar ek verstaan jy sien jou skoonouers ook nie juis meer nie?

    Nee.

    Ek is al ’n paar tree weg toe Staal weer praat.

    Jy weet, Maria was saam met jou vrou se suster op skool.

    Ja?

    Ja.

    Ek wag. Dis koud. ’n Koue nag in Junie in Johannesburg.

    Ek wag dat Staal iets sê van Roelien se suster. Of iets van Roelien. Iets soos: Ek was ook op jou vrou se begrafnis.

    Maar hy doen dit nie.

    Die pornograaf

    Ek sit heeldag op al hierdie vibrators en butt-plugs, gryns­lag George Appelgryn.

    Ek lig my wenkbroue. Genuine?

    Hy klap met sy groot hand met die stompievingers op sy lessenaar en verduidelik: Die stoor is net hier onder. Die stoor waarvandaan ons al die sex toys versend.

    Ek lag saam met hom. Hy vertel seker vir elke nuwe besoeker dié grappie.

    As ek by die venster uitkyk, sien ek ’n deel van Johannesburg. Die Ponte-gebou. Die polisie het onlangs daar ’n klopjag gehou en glo baie onwettige wapens gevind.

    Teen die mure van Appelgryn se kantoor is daar woeste prente van vroue wat met orale seks besig is.

    Maar jy’s nie daarby betrokke nie? By die sex toys?

    Jaaa, antwoord Appelgryn, en krap sy neus waarop die blou are soos maer erdwurms lê. Advertensiegewys. My baas voer die goed in en ek moet dit in die tydskrif adverteer.

    Sê my, George, hoe voel dit om die werk te hê wat derduisende mans graag wil doen? glimlag ek.

    Appelgryn lag selfbewus. Dis eintlik maar net ’n joernalistieke job. Ek kom maar selde uit die kantoor …

    Nogtans …

    Jaaa …

    Ek het ’n Sondagkoerant gebel voor ek Appelgryn gekontak het vir die onderhoud. Uitgevind die koerant sal betaal vir ’n storie oor die afname, indien wel, van verkope van pornografiese tydskrifte in Suid-Afrika.

    Appelgryn wou eers nie saamspeel nie, tot ek hom daarop gewys het dat dit gratis publisiteit sal wees.

    Toe het hy gesê: Eintlik het my tydskrif se syfers nie soveel geval nie.

    Nou ja, sê ek, kom ons begin met die vrae.

    Wag, sê Appelgryn en kyk op sy horlosie. Dis amper twaalfuur. Kom ons stap net hier om die hoek na die Monkey toe en drink ’n bier.

    Die Monkey Bar is ’n hool. Ek voel sommer dadelik tuis. Dis net die paar apies buite in die hokke wat my pla.

    Apies hoort in die vrye natuur, sê ek ernstig.

    Maar dan word hulle deur sangomas gevang wat moetie van hulle breins maak! bulder Appelgryn en klap met sy hamme op die tafeltjie asof hy die grap van die jaar vertel het.

    Ook hy het my artikel oor die plaasmoorde gelees, besef ek.

    Ek haal my notaboek uit en begin werk. Appelgryn praat maklik. Veral toe hy van bier na rum en Coke oorslaan.

    Met die onderhoud agter die rug, kan ek uitkom by dit waarvoor ek eintlik hier is. Ek haal die tydskrif wat ek by Josef Staal gekry het uit my leer-skouersak.

    Aha! Ek sien jy het die jongste uitgawe gekoop!

    Nee, ek het dit gesteel.

    Appelgryn takel weer die tafeltjie met sy hamme terwyl hy uitbundig lag. Dit lyk of hy karate op die blad beoefen.

    Hey, you porn guys! Keep it down! waarsku die kroegman. Appelgryn drink duidelik gereeld hier.

    Ek blaai deur die tydskrif en vra elke nou en dan iets.

    Soos: Wie het dié storie geskryf? en Is dit ’n genuine brief dié? en so aan.

    Dan kom ek by Maria. Alias Candice.

    Pragtige meisie, sê ek.

    ’n Wilde ding, reken Appelgryn.

    Is sy local?

    Jup.

    Waar kan ek haar kry?

    Hoekom soek jy haar?

    Dalk kan ek ’n interview met haar doen?

    Daar’s beter meisies.

    Ek hou van haar looks.

    Sy is nie sleg nie.

    Kan jy my help?

    Kom ons kyk.

    Appelgryn vat sy selfoon en bel. Steve? How are you, buddy? Good. Good. The reason I’m phoning … that chick with the funny arm, the funny hand? Where can I get hold of her? Ja. Ja. Okay. Thanks, man, bye.

    Hy lui af en trek ’n gesig. Sy’t verdwyn. Ons het nie ’n nommer vir haar nie. Dit was my fotograaf. Hy sê jy kan haar dalk by die Full Stop Cafe in Melville raakloop. Dis waar hy haar die eerste keer ontmoet het. Sy’s ’n stripper, maar ons weet nie waar sy nou dans nie. As ek iets hoor, sal ek jou laat weet.

    Is daar fout met haar arm? Ek het gehoor jy sê iets van haar arm.

    Sy het nie vingers aan haar een hand nie. Sy het ’n deurknop.

    Ek maak die tydskrif weer oop en bestudeer die foto’s.

    Sien jy? vra Appelgryn. Haar een hand is nooit in die prentjie nie. Ek het my fotograaf gevra om haar so af te neem. Jy wil nie so ’n handjie op ’n kaalfoto hê nie.

    Ons groet by die kar. Appelgryn se oë is glasig.

    Kom ek vertel jou ’n geheimpie, sê hy ernstig en sit sy rooi geklapte hand op my skouer. Ek is gelukkig getroud. Ek het nog nooit my vrou verneuk nie. Maar met ’n job soos myne, wie dink jy glo my?

    Ek maak dat ek wegkom voor hy al laggend op my kar se dak kan begin klap.

    Terug in die verlede

    By ’n rooi verkeerslig word ek omsingel. Een probeer ’n koerant aan my afsmeer, nog een druk ’n sakkie nartjies teen my ruit, ’n ander een swaai pakke swart vullissakke rond, iemand skree: Hangers! En daar is ’n jong seun wat moedeloos lyk terwyl hy ’n sakkie koeksisters lig. Ek hou van daardie gedraaide lekkernye, maar ek gaan beslis nie my venster oopmaak en van dit koop nie, want hier kom ’n sonverbrande vroutjie met ’n plakkaat: HELP ASB! – GEEN WERK – 5 KINDERS – ONS SUKKEL – GOD SEËN U! Op die plakkaat is daar ’n foto van die vyf kinders vasgeplak. Hulle lyk regtig fucked-up.

    Die lig slaan oor na groen. Ek maak dat ek wegkom. ’n Geduikte blou minibus sny onverwags voor my in. Amper vloek ek die bestuurder.

    Nou speel Beethoven se Vyfde. Ek trek af. ’n Ou wat duimry dog ek stop vir hom en hardloop nader. Ek wuif hom weg en antwoord my selfoon.

    Dirk, dis ek. Kan jy my help?

    Irritasie slaan in my op. Waarmee, Duane? Dope?

    Nee, man. Ek moet blyplek kry. My girl het my uitgeskop.

    Waarom?

    Maak dit saak?

    Ek sou so dink.

    Kom ons sê maar net dinge het nie uitgewerk nie.

    Ek raai jy het nie werk nie.

    Jy raai reg. Werk is skaars …

    Maar dit keer jou nie om kak te maak en gefire te word nie, nè, Duane?

    Gaan jy preek of gaan jy help?

    Ek sug. Hoeveel?

    Hoeveel kan jy gee?

    Ek sal kyk. Ek bel jou later.

    Ek sweer, my broer maak my mal. Hy sit daar in Kaapstad en rook homself simpel. Hy dink nie aan môre nie.

    Nie dat ek dit juis doen nie. Nie meer nie. Dit was anders toe ek nog ’n vrou en twee kinders gehad het.

    Maar ek kan dit nie verstaan nie. Ek kan tog nie my broer vir ewig onderhou nie. Hy sê hy werk, maar ek ken hom. Oor ’n paar dae is hy weer afgedank. Hy smaak die bottel kwaai.

    Aan die een kant wil ek hom in sy moer stuur, maar dan weer, hy bly my broer. Hy is een van die twee mense met wie ek regtig gemaklik voel om mee te kommunikeer. Dis net hy en Jacques Olivier.

    Ek stop by die huis waar my dooie vrou se suster en haar man bly. Dis amper 18:00, so ek neem aan hy is op die pad, aan die hardloop.

    Maak nie saak hoe ver jy hardloop nie, jy gaan nie van jou probleem af wegkom nie, het ek hom eenkeer vertel.

    Sy probleem maak die deur oop. Ansie is nog steeds baie mooi. Sy vee die bruin kuif uit haar oë en lyk verbaas om my te sien.

    DIRK! Wat maak jy hier?

    Ek kom kuier, glimlag ek.

    Ansie het ’n koddige manier van praat. Sy lê die klem op onverwagte woorde. Nou en dan ruk haar kop liggies en haar oë gaan al hoe groter oop. Daar is by my geen twyfel dat sy eendag ’n beroerte gaan kry nie. Die tekens is tog daar vir almal om te sien.

    Hoekom?

    Kan ek inkom?

    Dewald is NIE hier nie.

    Ek sal jou nie gryp nie …

    Ag, MAN …

    Sy is ’n agterdogtige vrou. Sy het Dewald al baie maal agtervolg. Sy bel hom minstens tien keer ’n dag. Sy het hom al met ’n pan in die gesig geslaan terwyl hy slaap.

    Ek en sy het kort voor haar troue ’n scene aangehad. Sy was onseker oor haar liefde vir Dewald en bietjie lus vir my. Ons het mekaar een keer gesoen en sy het amper daaroor selfmoord gepleeg.

    Koffie?

    Het jy nie whisky nie?

    Sy skink van Dewald se goedkoop whisky en gee die glas aan. En toe, wat soek JY hier?

    Maria Staal.

    WAT van haar?

    Ek soek haar. Sy het verdwyn.

    En waarom soek JY haar?

    Haar pa het my gehuur om dit te doen.

    Waarom sou hy DIT doen?

    Sy vrou is besig om te sterf.

    O, het hy haar WEER by die trappe afgestamp?

    Skuus?

    Het jy nie geweet nie? Toe ons op skool was, het hy haar by die trappe AFGESTAMP. Sy was vir amper ses MAANDE in ’n rolstoel.

    Genuine?

    ALMAL het daaroor gepraat.

    Ek het nie geweet nie.

    Vir ’n JOERNALIS weet jy eintlik nogal MIN, Dirk, sê sy sarkasties.

    Ek haal maar net my skouers op. Ek kan tog nie ALLES weet nie.

    Nou maar waarom sal jy na MY toe kom om oor MARIA STAAL te praat? vra Ansie.

    Haar kop skud weer liggies en haar oë rek weer groter oop. Haar waterige blou oë.

    Ek verskuif my blik na die enorme groen en rooi papegaai in die kou in die hoek.

    Hallo, groet die papegaai. Hallo.

    Ek groet nie terug nie. Het nog nooit veel gehad om vir voëls te sê nie.

    Oh, sush, TRAVOLTA! roep Ansie uit.

    Haar pa het my vertel julle was in dieselfde skool.

    So?

    Hallo, groet Travolta. Hallo.

    So, vertel my van haar, asseblief.

    Sy was ’n FREAK. Vol hang-ups …

    Hoor wie praat, dink ek.

    Ons was nie vriendinne nie. Maar ek was die ENIGSTE een wat bereid was om ’n kamer met haar te deel.

    Julle was mos in die koshuis?

    Hallo, sê die papegaai weer. Hallo.

    Vir ’n oomblik oorweeg ek dit om die voëltjie se veertjies uit te pluk, regtig, hoor, kom verby die gehallo-hallo … 

    "Net vir ’n jaar, toe my ouers oorsee gewerk het. Maria het in die aande met haar misvormde hand teen die muur geslaan en ‘JESUS MIN MY SALIG LOT’ gesing.

    Het sy enige kêrels gehad? vra ek haar en daar groet Travolta weer: Hallo. Hallo.

    Jy SPEEL seker.

    Ek het gehoor sy was deurmekaar met sataniste.

    O, REGTIG?

    Dink jy sy was dalk lesbies?

    Haar oë skiet ys. WAT bedoel jy daarmee?

    Hallo, kras die papegaai weer. Hallo.

    Ek skud my kop vinnig heen en weer. Nee, ek bedoel nie jy en sy … ek het maar net gewonder … en aan die papegaai sê ek skielik aggressief: Hallo. Hallo, Travolta. Hallo, okay, hallo!

    Vra haar maar self as jy haar EENDAG sien, sê Ansie kil. Ek dink in elk geval dis belaglik dat jy MY oor HAAR uitvra, wat sal dit nou help? Ons was hoe lank gelede … wat, jare, man, JARRRE gelede saam op skool. Ek het haar JARRRE laas gesien.

    Voetstappe buite. Die deur word oopgemaak. Dis Dewald. Beep Beep, The Road Runner.

    Hallo, Dirk! groet hy vriendelik, natgesweet. Hy is ’n lang, maer man. Dis nou ’n verrassing. Ons lees ook deesdae net jou stories in die koerante.

    Hallo, groet die papegaai. Hallo.

    Moenie ’n woord glo nie, glimlag ek en staan op. Goed om jou weer te sien. Jy lyk fiks. Maar ek moet gaan. Ek het ’n ander afspraak. Ek het net gou met Ansie oor iemand kom praat. Sy kan jou vertel.

    Ek gee vir Ansie my besigheidskaartjie. Bel my as jy aan iets kan dink wat my kan help, asseblief.

    Hallo, groet Travolta. Hallo.

    Koebaai, sê ek. Koebaai.

    Moeder, my moeder

    In die meeste flieks sien jy hoe die held daarop konsentreer om die krisis op te los. Hier, in die werklike lewe, moet ek myself ook nog bemoei met familiesake. Ma het vroeër gebel. Sy het ook geld nodig. Dis eintlik waarom ek Duane gehap het.

    Dit voel party dae vir my of ek vir die welsyn werk. Toe Roelien en die tweeling nog gelewe het, het ek my geld ook nooit gesien nie. Tussen Roelien, my ma en Duane, het dit vinnig verdwyn. Nou is Roelien en die tweeling weg, maar dit help nie veel nie. Daar is nog altyd Ma en Duane. En die mongool.

    Moenie my alleen los nie, Dirk, sê Ma elke keer wanneer ek waai. Moenie jy ook wegloop nie.

    Ek was 12 jaar oud toe my pa weggeloop het. ’n Paar jaar later het Duane in sy voetspore gevolg. Hy was maar net ’n laaitie. Ons twee het deur die jare kontak gehou, maar hy praat nie meer met Ma nie. Te skaam.

    ’n Ruk sit ek net in die kar voor die ou huis. Vanaand voel ek hartseer omdat ek so oud is soos ek is. Waar’s die dae? Waar’s die sorgelose dae toe Ma gewerk het en ons net gespeel het?

    Ons … ek en Duane. Nie die mongool. Ma se laatlammetjie. Een van die redes waarom Pa gevlug het. ’n Stadige kindjie. Dom oë

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1