Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Wat het geword van Dinsdag?
Wat het geword van Dinsdag?
Wat het geword van Dinsdag?
Ebook230 pages2 hours

Wat het geword van Dinsdag?

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Joe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie. Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink. Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag? Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ’n terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ’n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina. ’n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.
LanguageAfrikaans
Release dateAug 6, 2018
ISBN9780798178044
Wat het geword van Dinsdag?
Author

Tinus Horn

Tinus Horn raai hy het sy geesdrif vir stories by sy ma geërf en dit is die fokus van al sy skeppende werk, of hy nou skryf of skilder of kort animasieflieks maak. Hy was o.m. rugbyskrywer vir The Star, sportredakteur van Vrye Weekblad, en ’n ekstra in ’n fliek wat niemand gesien het nie. Wat het geword van Dinsdag? is sy vierde roman.

Related to Wat het geword van Dinsdag?

Related ebooks

Related articles

Reviews for Wat het geword van Dinsdag?

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Wat het geword van Dinsdag? - Tinus Horn

    Tinus Horn

    Wat het geword

    van Dinsdag?

    Human & Rousseau

    Vir my familie – behalwe oupa Hans

    Die pad na die Paradys begin in die hel.

    Die Goddelike Komedie, Dante Alighieri

    Die radio in die taxi is oud en krapperig. Dit klink asof die omroeper oor sy woorde struikel, en dis seker gepas in ’n stad vol Argentyne en Hongare en Slowake en Swede en Belarusse wat sukkel om mekaar se kodewoorde wat vir Engels moet instaan te ontsyfer.

    Nou sanik Mick Jagger al stotterend oor voldoening wat hom nie beskore is nie, en hy klink wraggies verbaas.

    Die verkeer vloei. By ’n stopteken kruis ’n man met ’n seuntjie en ’n hond. Die kind lag en die man lag, en ek wonder of ’n mens op jou eerste dag in New York mag huis toe verlang, en ek wonder oor die woord huis, en ek besluit dis ’n woord wat ’n mens – wat ek – nie ydellik durf gebruik nie.

    Ek loop by die youth hostel se trap op en ’n ou wat ’n fiets dra, skuur haastig by my verby. Ek wil net gou my rugsak in ’n locker neerplof en die strate invaar, maar ek kom nie verder as die oop deur van die kamer wat ek met vyf ander gaan deel nie.

    Genugtig – Nina. Sy sit op die punt van die bed naaste aan my. Sy’s die enigste een daar.

    Surprise!

    Hel, ja. Skok sou ’n beter woord wees. Sjoe. Hoeveel jaar nou? Tien? Elf?

    Sy het gebel toe sy by ’n gemeenskaplike vriend hoor ek is op pad New York toe en gesê sy’s die week voor my aankoms toevallig by ’n toneelfees in – waar nou weer? Atlanta, dink ek – en sy gaan my dalk sien, soos wat mense maar sê. Ek het opgewonde probeer klink maar dadelik daarvan vergeet, net soos ek soms amper van Nina vergeet.

    Ons het deur die jare kontak behou, ’n foonoproep op verjaarsdae en so, en sou mekaar hoeveel keer dalk sien. Ons het nooit verby dalk gevorder nie.

    Sy staan op, vou haar arms oop sodat ek kan instap en trek my teen haar vas. Dis lekker. Natuurlik is dit lekker. Ek is van voor af verbaas oor hoe klein sy eintlik is. Wanneer mens in daardie bos hare van haar vaskyk, kan mens jou maklik verbeel daar is meer van haar.

    Kom, sê ek in die bos hare in. Kom ons move.

    Ag nee, shame, jy lyk gedaan. Hoeveel ure? Agtien. En jet lag. Kom slaap eers ’n bietjie, toe. Kom. Kom lê agter my rug en hou my vas. Ons is mos nagdiertjies, ons.

    Sy laat los, stap weg, trek die blindings toe en glip onder die deken in, amper alles in een beweging.

    Ek wou ’n danser word, het Nina lank gelede vir my gesê.

    Maar jy ís dan een, het ek geantwoord. En sy is. Of sy nou dans of nie.

    Kom, babes. Wakey. Die nag is op ons. Babes.

    Dis ’n paar sekondes voor ek onthou waar ek is, en hoekom Nina op my bed sit. Sy hou ’n beker na my toe uit. Koffie.

    Die nag is voorwaar op ons, sien ek deur die skrefies van die half oopgetrekte blindings voor die vensters. Nou moet ons wragtig move. Of … wag, ek moet eers gaan stort. Want hier sit Nina.

    ’n Halfuur later stap ons af – of is dit op? – in Broadway. Ek is amper verbaas dat dit net ’n straat is. Wat ek verwag het, weet ek nie. Nina haak haar pinkie by myne in en ons lag, nie vir iets nie, sommer net.

    Ek loop stadiger en gaan staan, en nou lag sy vir mý. Jy’s soos ’n plaasjapie in ’n comic. Het jy nog nooit liggies gesien nie?

    Fok die liggies. Hillbrow het eens op ’n tyd so gelyk, net op kleiner skaal. Op sestien was ek daaraan verslaaf, aan die liggies en die lewe, en veral aan die feit dat mens sommer kon sien: hier pleeg mense op groot skaal sonde.

    Liggies verveel my deesdae. Oor sonde moet ek nog besluit.

    Jy lees my verkeerd, sê ek en beduie na die kostrokkies.

    Ag nee, komaan – hotdogs. Nee. Jy’t net een eerste aand in New York. En jy’t vir my. Komaan, man, ek bederf jou.

    Sy laat dit klink asof ’n hotdog die towerspreuk sal verbreek, dat ek haar kwyt sal wees, dat die liggies almal terstond sal verdof.

    Ek wil Nina vanaand by my hê, maar ek wil nie hê sy moet hierdie aand hijack en my na ’n eetplek toe vat met ’n uitsig op alles soos sy belowe nie.

    Ek is nie hier vir alles nie. Ek is hier om ’n stokou storie oor New York, ’n uitgedinkte storie, een wat ek ken uit flieks en boeke, voor my oë te sien afspeel. Ek wil ’n enorme sny pizza of ’n foot-long hotdog by een van hierdie trokkies in die straat koop en op die randsteen met ’n root beer sit en afsluk. Nie om geld te spaar, soos sy dalk raai omdat ek in ’n youth hostel bly nie. Ek wil dit doen omdat ek lus het.

    Ek wil vanaand op die sypaadjie struikel oor ’n gebroke oorlogveteraan in ’n vuil denimbaadjie met afgesnyde moue terwyl hy ’n president vloek wat lankal dood is. Ek wil nie ’n toeris wees nie. Ek wil maak asof die Empire State en die Statue of Liberty my laat gaap, so gewoond is ek aan hulle. Ek wil my kop wegdraai van elke Duitser of Japannees met ’n kamera en ’n straatkaart. Ek wil in ’n kelder wat ondrinkbare mieliepit-whisky bedien luister hoe die verrimpelde nasaat van ’n slaaf ’n ou kitaar onsedelike dinge aandoen terwyl hy ’n geheim van pyn en verlies die nag in fluister. Hy fluister nie omdat dit ’n geheim is nie. Hy fluister want hy rook al vyf-en-sestig jaar lank en sy stembande is gefok.

    Ons kan op pad terug iewers inval waar Nina ’n New York van haar eie kan verbeel, soos sy, jare gelede, op háár eerste aand gemaak het. Sy het ’n toneelstuk – te lank, te swaar – by The Lyric gaan kyk en daarna tot toemaaktyd in Pete’s Tavern gaan sit en haar verbeel O. Henry sit ’n entjie weg aan ’n onvergeetlike verhaal en skryf. Dis tog hoe mens maak in ’n plek soos New York. Vir wat wil jy dit met die werklikheid gaan staan en bederf?

    Ek en Nina was nooit rêrig ’n iets nie. Nie amptelik nie. Ons het nie die mag gehad om mekaar seer te maak of teleur te stel nie. Nie amptelik nie. Elke keer – ja, dit was ’n patroon – elke keer wanneer dit amper wou lyk asof ons ’n iets gaan word, het dit net opgehou. Nie amptelik nie. Sommer so.

    Ek het een aand lank gelede in ’n hormoonbeswyming vir haar gesê ek is lief vir haar. Nee, Joe, het sy gesê. Jy’s lus vir my.

    Ek moes drieuur daardie oggend, vol wyn en ek kan nie onthou wat nog nie, na Hillbrow se noodapteek toe ry om vir haar ’n morning-after-pilletjie te gaan koop. Ek het gewens ek kon slaap totdat die apteke naby haar woonstel oopmaak, maar ek het ’n huurkar gehad wat ek moes terugbesorg en – wel, ek wou kyk hoe sy die pilletjie afsluk.

    Sy’t geglimlag toe sy die pilletjie by my vat en in die opwasbak se drein afspoel. Fok jou, Joe, het sy gesê en my ’n speelse klappie, dalk nie heeltemal speels nie, op die wang gegee.

    Nina glo die heelal is haar goedgesind en sal na haar omsien. Ek hoop weer die heelal kyk weg wanneer ek stupid is. In die morning-after-pil is my geloof onwrikbaar, maar hy werk net as mens hom drink. ’n Dag of wat later het ek ’n uroloog aan die Wes-Rand met moeite omgepraat om twee klein buisies te knip en te knoop.

    Jy’s te jonk.

    My besluit.

    Jy’s dalk later spyt.

    My besluit.

    Kry iemand anders.

    Huisdokter?

    Hy het gesug en die ontvangsdame aangesê om vir my ’n afspraak te maak.

    Die prosedure was gou verby. Ek was half deur die slaap. Nina het saam met my gewag tot ek behoorlik wakker was.

    Ek het by haar ingehaak toe ons kar toe stap. Sy’t my sonder ’n woord by die huis afgelaai.

    En nou sit ek hier en ek eet my hotdog. ’n Hotdog in Manhattan smaak helaas nie veel anders as ’n hotdog by ’n skoolkermis in Suid-Afrika nie. Die tamatiesous is die beste deel.

    Nina sit langs my met haar hand op my knie. Ek staan op en gooi die laaste hap saam met die servet in ’n asdrom. Kom, sê ek. Kom ons spring op ’n trein.

    As Nina teleurgesteld is omdat ek nie wil hê sy moet vir my alles gaan wys nie en haar eerder na ’n hool toe wil sleep, steek sy dit goed weg. Ek dink sy is eintlik bly. Van wanneer af hou Nina van alles?

    Sy leun oor na my toe, staan so effens op haar tone en soen my op my wang, met daardie wonderbaarlike bos hare wat oor alles tuimel. Sy vat my hand en huppel vooruit, ligvoets, en sleep my agterna.

    Een aand saam. Net een. Soos afgespreek, is Nina vroegoggend weg sonder om te groet. Ek verpes koebaais, het sy al hoeveel keer vir my gesê.

    Die eerste keer, lank gelede, was ek vies vir haar. Ek wou die laaste bietjie lekkerte uit ons samesyn pers. Maar Nina was dalk reg, soos wat sy oor baie dinge dalk reg is.

    Ek was gisternag teleurgesteld toe Nina in haar eie bed gaan inkruip het. Ons was al twee lekker vrolik, beslis nie dronk genoeg om seks in ’n kamer vol vreemdelinge te oorweeg nie. Ek wou haar net vashou. Ek weet sy slaap sleg op vliegtuie en sy wou die paar ure voor die taxi haar oplaai, gebruik om van ons malle swerftog deur Greenwich Village te herstel, maar ek wou haar herinner dis ons enigste aand saam, soos sy vroeër met my gemaak het.

    My vriend François sê mens moet negentig persent van jou lewe toneel speel. As jy per ongeluk op iemand afkom by wie jy kan wees wie en wat jy is, moet jy verbete aan daardie iemand klou.

    Maar my ervaring weerspreek sy teorie. By Nina moes en moet ek iemand anders wees, want by haar is die ware ek ’n dwaas.

    Ek moes haar eenkeer by die lughawe aflaai, en die koebaai was voorwaar ’n mistroostige storie. Eers die gewone roetine. Toustaan, bagasie weeg, instapkaartjie. Ek het haar handbagasie tot by die punt gedra waar ek moes omdraai.

    Ai, Joe, het sy gesê en met haar duim oor my stoppelbaard gevryf. Jy kyk te min kak flieks. Dis hier waar jy my moet smeek om te bly.

    Ek het geraai iemand wag vir Nina by die aankomsaal aan die ander kant. Soos daar seker môre iemand vir Nina in die aankomsaal aan die ander kant sal wag. Ek het in die kroeg van ’n eetplek op die lughawe gaan sit, besef ek het skaars genoeg geld vir parkering gebring, ’n glas water bestel en besluit om Nina te vergeet, soos dit die held in ’n ander soort kak fliek betaam.

    Hier’s hy weer, die ou met die fiets. Die twee trek nogal op mekaar, of hulle sou, as mens ’n fiets as seningrig kon beskryf. En hoekom kan mens nie? Die man is natgesweet en sy asem jaag. Die fiets, ’n donkerblou Raleigh, miskien bietjie meer gevorderd as die rooie wat ek op skool gehad het, lyk moeër as die man; seker dié dat die man hom teen die trappe op dra. Moeg of nie, die paartjie zoem by my verby, twee trappe op ’n slag. Hi there, sê die ou so in die verbygaan.

    Hi, sê ek.

    Hy mik boontoe, na die tweede verdieping, maar ná ’n paar trappe gaan staan hy en dra die fiets teen ’n meer ontspanne pas terug ondertoe. Hy wag vir my, sien ek.

    Joburg boykie. Right? Ek’s Michael, sê hy. Highlands North. Jou met daai meisie hoor praat.

    Joe.

    Mens sien aan sy houding en sy fiets hy is nie ’n onlangse aankomeling met ’n reisplan nie.

    Hoe oud is jy?

    Sewe-en-dertig, sê ek.

    Ek het gewéét.

    Wat geweet?

    Ek en jy. Ek het hierdie gevoel gehad.

    Ek stel nie belang om te weet watse gevoel nie. Ek neem aan dis oor hy ook sewe-en-dertig is, al lyk hy ouer. Party mense vind sulke goed betekenisvol.

    Dis koeler as wat ek verwag het. Ek wil net gou ’n baadjie gryp en hol. Ek het darem reg gepak; die Fodors-reisgids waarsku dat die temperatuur in Oktober vinnig kan styg of daal.

    Ek groet Michael met ’n halfhartige waai van die hand, drafstap my kamer binne, glimlag vir ’n mooierige Argentynse vrou en haar man, gryp ’n baadjie uit die locker en drafstap uit.

    Daar staan hy nog steeds. Michael.

    Hoekom so haastig? New York gaan nêrens nie. Koop vir my ’n bier, dan vertel ek vir jou ’n storie.

    Enigeen kan sien Michael se geldsake is oes. Sy klere lyk asof dit vir iemand anders gekoop is – en dit is seker, toe dit nuut was. As hy dit self uitgekies het, was dit by ’n charity shop.

    Ek weet hy bedoel ons moet gesels, maar die laaste ding waarvoor ek nou lus het, is om na ’n Suid-Afrikaner se aanganery te luister. Ek wil juis aan daardie aanganery ontvlug. Aan daardie glimlag van hom wat so afdraand loop, kan ek sien sy lewensvreugde is gevaarlik min.

    Eensaamheid is maar ’n ding, en ek het dit self al dikwels genoeg beleef om dit raak te sien en ’n bietjie deernis te kan hê vir hierdie ou met sy lendelam fiets en sy oë wat fokweet waarnatoe kyk.

    Ek krap ’n vyfdollarnoot uit my sak. Gaan drink jy solank ’n bier. Ek het dinge om te doen. Vertel my môreoggend jou storie in die eetsaal oor ’n koppie koffie.

    Fokkof, sê hy, vlieg om en dra sy fiets teen die volgende stel trappe op, nou net een trappie op ’n slag.

    Tussen die twee verdiepings gaan staan hy en draai so halflyf terug na my toe. Ja, jong – jy gaan eendag huis toe en dan gaan jy almal vertel van Mal Michael die kaksleg Jood wat in New York sy sinne verloor het. Druk jou omkoopgeld in jou gat. Golem!

    Hy storm boontoe. Nogal baie inligting vir ’n eerste ontmoeting. Ek vind sy selfbejammering en veral sy selfbeheptheid regtig snaaks. Hy dink iemand gee soveel om oor sy melodramatjie, wat nie eers naastenby oorspronklik is nie, dat hulle hom daarvoor verkwalik. Hy verbeel hom iemand, of dalk almal, verag hom omdat hy in New York bly pleks van Highlands North. Ag, tog. En Jood? Good grief. Lank gelede, voor ons tyd, was dit ’n ding, want die helfte van die land, my ma se broers inkluis, was Nazi’s. Maar nou? In 1999? Vir wat sou mens nóú oor Jode wil karring? Nee wat, Michael, wittes haat swartes en swartes haat wittes en jy’s blerriewil wit en klaar, okay?

    Ek oordryf natuurlik. So erg is dit nie. Dis net dat die haters so baie geraas maak.

    Ek raai Michael was ’n dienspligontduiker. Patriotisme, of propaganda voorgehou as patriotisme, was in die vroeë tagtigs nogal ’n ding. Maar daar was ander goed wat meer gepla het as ’n outjie hier en daar wat net mooi op die regte tyd verdwyn. Ek het dit self oorweeg en laat vaar.

    Ek sal maar môre naby hom gaan sit met my toast en koffie en vriendelik groet. As hy teruggroet, sal ek sê ons moet later die bier gaan drink waarvan hy gepraat het.

    Ek maak gewoonlik my planne vir elke dag soos die lus my pak, of ek vaar die strate in sonder ’n plan. Maar vandag het ek ’n plan. Nina het ’n foonkaart, ’n straatkaart en ’n boekie met kaartjies vir museums en ander toeristeplekke onder my kussing gelos. Seker as afskeidsgeskenk, ek weet nie.

    Nou mik ek in die rigting van Central Park. ’n Mens kan ’n bus haal van die een kant na die ander, waar ek wil wees, maar hoekom sou ek? Dis immers ’n beroemde park en ek is ’n geesdriftige stapper.

    Ek oorskat alewig my navigasievernuf, en hierdie dag is geen uitsondering nie. Ek gaan staan met ’n sug en haal die kaart uit my sak. Nog voor ek hom kan oopvou, stap ’n vrou nader en vra vriendelik waarheen ek wil gaan.

    Metropolitan Museum.

    Sy beduie hoe ek moet stap.

    By die museum wys ek my kaartjie en sê nee dankie vir die gehoorstuk wat mens kan huur om jou die een en ander oor die kunstenaars en hulle werk te vertel.

    Die Metropolitan. Ek wou lankal kom kyk het waar hang my skilderye. Die meesterlike, monumentale werke wat die skilderkuns van sy sterfbed laat herrys het terwyl kritici op graaf en pik langs die vars graf leun en elke nou en dan ongeduldig op hulle horlosies kyk. Ja, dáárdie skilderye van my. Dié wat ek toe nooit gemaak het nie.

    By Wits het net een van my mede-studente, net een in die hele afdeling, beter as ek geteken: Simone Butler. Met die model voor ons was daar min te kies, maar die menslike liggaam, uit elke denkbare hoek, naak of geklee, was in die fynste besonderhede in haar verbeelding afgeëts. Dis ’n helse verskil. Sy kon teken wat sy ook al wou. My moontlikhede was beperk tot dinge wat ek voor my oë kon sien.

    Tegniese vaardighede het destyds nie veel by Wits getel nie. Daar was burgeroorlog in die lug, en die kunsbrigade was aan die voorpunt van woedende aanslae op die regering. Aan die voorpunt? Nie rêrig nie. Dié wat aan die voorpunt was, het bomme geplant, in die tronk gesit of in die lykshuis gelê. As jy woedende prentjies maak, kan jy aan die voorpunt wees van woedende prentjies maak. Niks meer nie.

    Ek is aangepor om werk te lewer wat die aaklighede van ons tyd aanspreek. My antwoord was altyd dieselfde: Ek weet nie hoe verf op seildoek ’n einde aan boosheid kan maak nie.

    Die twee beroemdste skilderye wat gruwels uitbeeld is, sover ek weet, Die Derde Mei deur Goya, en Guernica deur Picasso.

    Briljante, skokkende kunswerke. Onderskeidelik die teregstelling van ’n Spaanse

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1