Rapport

Die denker van Randfontein

Hanlie Retief gesels met Neil Sandilands
“Daar is ’n verskil tussen nie drink nie en jou soberheid omhels.”

Dis ’n bos van ’n baard. Sy vingers krap onrustig daarin rond. Hy lyk soos ’n perdedief of ’n whisky-stoker. Of Hans die Skipper.

Totdat hy begin praat oor Nietzsche.

Maar jy katrol hom vinnig in, vooraf gewaarsku: Vir Friedrich Nietzsche sal Neil Sandilands in ’n drom diesel kan opspoor en drie uur daaroor aankap.

“Net één aanhaling, darem? An inexhaustible well to which no pail descends that does not come back filled with gold and goodness.”

Dis laataand. Toegewikkel in ’n dik, rooi serp op stel in Bedford in die Oos-Kaap. Sy gesig flikker op FaceTime, oë geskreef agter brillense.

Hierdie man.

Beskimmelde Bart van 7de Laan met sy duifies Breëbors en Bekkie wat onrusbarend gemorph het tot Titus in The 100 – en The Thinker, die donker boos-wig in die Amerikaanse superheld-TVreeks The Flash wat dreig in ’n aksent tussen Wes-Rand en Amerikaanse Weskus: “Life 101 . . . there are no happy endings”.

Die denker van Randfontein.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport3 min read
Dis John Vs. Mbali (jy’s Nie Genooi Nie)
Alle paaie lei volgende naweek na Zoom vir die DA se aanlyn federale kongres, waarop die party nuwe permanente leiers kies. Terwyl John Steenhuisen, tussentydse leier, die gunsteling is om Saterdag as permanente leier verkies te word, het sy opponent
Rapport3 min read
Swaar Boetes Wag Vir Dié Wat E-tol Ignoreer
Die regering wil die knyptang inlê om motoriste met enorme boetes en ander swaar strawwe te dwing om e-tol te betaal. Boetes vir ’n enkele rit kan duisende rande beloop en motoriste kan hul lisensies verloor. Die Gautengse e-tolstelsel het in Desembe

Related