Huisgenoot

Boeke vir die feestyd

BIANCA FLANDERS

Prinses Pampoenpit

My gunsteling in Afrikaans is Kô lat ons sing, ’n keur uit Adam Small se digbundels. My lewensmaat sê hy is die Shakespeare van ons tyd en ek stem heeltemal saam.

Dis moeilik om my Engelse gunsteling te kies, want ek het miljoene, maar Patsy deur Nicole Dennis-Benn is op die oomblik boaan my lys. Ek is mal oor haar skryfstyl, en haar karakters is so ingewikkeld en vol foute en pragtig.

Met die Prinses Pampoenpit-storie wil die aktrise Bianca Flanders vir meisies vertel reguit hare is nie ’n droom om te jaag nie.

SIDNEY GILROY

Klikbek

Ek het tydens die inperking vreeslik na ’n eenvoudiger tyd verlang waar my vryheid nie van die volgende twiet of FB-status van ’n minister afgehang het nie. Ek kies toe boeke wat lank voor my geboorte verskyn het: Die snydokter van Stalingrad deur Heinz Konsalik omdat dit goed is om daaraan herinner te word dat dit al erger gegaan het; daarna lees ek Toni Morrison se Song of Solomon vir ’n derde keer om hoop se nerf te kan voel.

Ontmoet speurder Sollie, nuutste lid van die saakoplossers in die Afrikaanse krimiwêreld, maar moenie ’n held verwag nie.

JOHANNES DE VILLIERS

Blydskap

Karel Schoeman se geskiedenisboeke kan maar droog wees, maar lees soos ’n spanningsroman. Hy neem jou op reis met matrose wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related