‘JY RAAK VERLOOF EN DAN TROU JY, EN DAN KOM DIE VRAE OOR BABAS. ONS HET SEKER ’N JAAR LANK SO GESUKKEL’
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer.
Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer.
Sewentien keer se probeer, 17 keer vergeefs. Sewentien keer verslae huis toe ry nadat hulle die nuus ontvang het dat daar weer nie ’n nuwe lewetjie op pad is nie.
Tog het hulle vasgebyt. En vandag is daar ’n kinderlaggie waar daar eens net verdriet was, met nog enetjie op pad.
Te danke aan ’n tweede surrogaatskap kry hul eersteling ’n sussie, en eindelik is hul gewag op nog ’n baba verby, sê Alvin en Anrika Bruinders.
“Die stryd met onvrugbaarheid is uitputtend – emosioneel en finansieel,” vertel Anrika terwyl sy en Alvin oor hul sukkelstryd van die afgelope byna twee dekades praat. “Die aanhoudende vrae oor die jare heen oor wanneer daar ’n baba kom, het ook nie gehelp nie.”
Maar dan blink haar oë van onder die pienk oogskadu, en sy glimlag. Want nou kan sy oplaas jubel: “Ons tweede baba is op pad.”
Op die