Huisgenoot

DIE GEHEIM VAN ONS SPEL

DEUR die jare het dit ’n hoogtepunt van hul gesin se jaarlikse kalender geword. Hulle spring op ’n vliegtuig en laat die beskawing agter om hulle ’n paar maande lank in ’n tropiese paradys met suikerwit strande, wuiwende palmbome en kristalhelder water te vestig.

Daar snorkel, swem en sonbaai Nico (47) en Christi Panagio (43) saam met hul dogters, Evah (10) en Shay (8), soms tot twee maande lank.

En wat stel dié gesin in staat om so lank en uitspattig vakansie te hou?

Wel, vir Nico is dit eintlik allermins vakansie, want tussen alles deur werk hy so hard dat die biesies bewe en moet hy tyd afknyp om saam met sy gesin te baljaar. Sy dae is lank, maar al moet hy voor die kameras bontstaan, sorg hy dat hy ook by sy gesin uitkom.

Nico is al jare lank die aanbieder van M-Net se gewilde reeks , en omdat hy weet dié werk neem hom vir lang tye na afgeleë plekke soos die Filippyne of Samoa, het hy en Christi die besluit geneem dat dié hegte gesin hom sal vergesel. Die kinders word vir dié tydperk uit die skool gehaal en deur Christi onderrig, en Nico hoef hom nie daaroor te bekommer dat sy geliefdes

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related