Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Stukkies van die hemel op aarde: Om God in die alledaagse te sien
Stukkies van die hemel op aarde: Om God in die alledaagse te sien
Stukkies van die hemel op aarde: Om God in die alledaagse te sien
Ebook410 pages4 hours

Stukkies van die hemel op aarde: Om God in die alledaagse te sien

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Stukkies van die hemel op aarde bied fynproewer-leesstof vir mense met ‘n verlange na méér wanneer hulle ‘n geestelike boek optel. Die gedagtes, insigte en humor in die stukke in hierdie bundel verteenwoordig die essensie van Dirkie Smit se verrykende denke en verstommende belesenheid in die teologie en kultuur; van sy lesings, prediking en gesprekke oor baie jare. By die lees van hierdie pragboek kom die leser onder die indruk van die uitsonderlike wysheid en lewensrypheid van hierdie skrywer, denker en mentor van vele.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateApr 15, 2013
ISBN9780796316356
Stukkies van die hemel op aarde: Om God in die alledaagse te sien
Author

Dirkie Smit

Dirkie Smit is bekend as teoloog, skrywer en prediker. Hy was vir ongeveer 20 jaar professor in Sistematiese Toelogie aan die Universiteit van Wes-Kaapland en is tans verbonde aan die Stellenbosse Kweekskool. Hy is ’n lidmaat van die VGKSA en betrokke by verskeie kerklike aktiwiteite, ook ekumenies. Hy doseer Christelike dogmatiek, word dikwels genooi vir openbare optredes en skryf gereeld, ook akademies. Twee en dertig doktorale studente het onder hom proefskrifte voltooi van wie meer as twintig later self dosente geword het.

Related to Stukkies van die hemel op aarde

Related ebooks

Related articles

Reviews for Stukkies van die hemel op aarde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Stukkies van die hemel op aarde - Dirkie Smit

    Stukkies van die hemel op aarde

    Om God in die alledaagse te sien

    Dirkie Smit

    Lux Verbi

    Stukkies van die hemel is oral op aarde te sien.

    Elke braambos vlam van God se teenwoordigheid.

    Maar net hulle wat kyk, sien dit raak,

    en trek hulle skoene uit.

    Die res sit niksvermoedend en brame eet.

    Na die bekende gedig van Elizabeth Barrett Browning

    Ons wag vir die wonderwerk,

    en wonder waarom dit so lank neem om te kom,

    terwyl ons al die tyd omring word

    deur die wonder van doodgewone dinge.

    Anoniem

    Die kuns van die lewe is om

    die buitengewone in die gewone te ontdek,

    die ewige in die alledaagse.

    Die geheim van menswees is om

    genade in die gewone te gewaar,

    verrukking in die vanselfsprekende;

    om grootsheid in die kleine,

    majesteit in die eenvoudige,

    vreugde in die vertroude te leer vind,

    ja, om God in alles, ook in ons naaste, raak te sien,

    naby ons, onder ons.

    Uit: HEILIG?-hoofstuk in hierdie bundel, bl. 15

    Voorwoord

    Here, hoe sou ons u heiligheid kon ervaar

    in die roetine en verveling van elke dag,

    u geregtigheid te midde van die onreg en die leed van die lewe?

    Hoe sou ons u troos kon aanvoel

    as die sorge ons keel en die vrees ons hart beklem?

    Hoe sou ons tog u aanwesigheid met ons

    kon gewaarword in die doodgewone van elke dag,

    die stukkies van u hemel in die gebrokenheid van ons aardse verblyf –

    as U nie Uself aan ons openbaar nie?

    Dié gebed in hierdie wyse, wonderlike bundel verwoord iets van die toonaard van wat ’n mens hier gaan lees. Dit is ’n versameling kortkuns gevul met verwondering oor die ongelooflike kompleksiteit én eenvoud van die wêreld waarin ons leef. God se wêreld. Maar een waarin sy teenwoordigheid en genadige betrokkenheid net sigbaar word vir hulle wat kýk en raaksien op hoeveel vreemde en onverwagte maniere Hy Hom aan ons openbaar.

    Die gedagtes in hierdie versameling help die leser met hierdie soort dieper kyk. Elke essay bekyk ons gewone daaglikse werklikheid vanuit so ’n totaal nuwe hoek dat lesers – onkant betrap! – die res van die dag verras en ontroerd bewus bly van ’n subtiele verskuiwing in hulle gewone sien van sake.

    Uiteenlopende sake, wat ons almal ten diepste raak, word soms vrolik en tong-in-die-kies, soms dodelik ernstig, altyd prikkelend, bekyk: van gebed, drome, lyding, alleenheid, behoort en omgee, Bybellees, kerkwees, vernuwing, werksetiek tot by omhelsing, geskenke, vrygewigheid. En tussen alles deur skitter die vreugde oor God se nabyheid, sy wonderbare menslikheid, sy onbegryplike liefde en genade.

    Die maand-indelings in die bundel gee bloot ’n aanduiding van die tyd van ’n jaar wanneer dit meer gepas sou kon wees om die betrokke stukkie te lees. Die chronologie volg losweg die seisoene van die kerkjaar, sodat daar byvoorbeeld tydens April en Mei onder meer van Pase en Pinkster gepraat word, in November van Advent en die komende Kersgety, in Desember van Kersfees en ’n jaareinde, ensovoorts. Dit is egter maar terloopse verwysings, en lesers sou die stukke ook heeltemal los van die kerklike jaar kon lees en geniet. Sommige van die opstelle volg op mekaar en sluit bymekaar aan, maar elkeen kan ook apart en volkome onafhanklik van die res gelees word sonder dat dit sal afbreuk doen aan die betekenis van die inhoud.

    Ons hartlike dank gaan aan Dirkie vir die bywerk van die stukke vir hierdie bundel en aan Die Burger vir toestemming om dit te publiseer.

    Maak hierdie bundel enige dag, week of maand van die jaar oop en ontdek ’n stukkie goud.

    Lux Verbi-redaksie

    Januarie

    Nagedink oor nuut,

    oor oud,

    oor tyd

    – en oor God se nabyheid.

    ______________________

    Aan die toekoms kan ons min doen,

    skryf die groot geleerde Ninian Smart,

    maar wat ons wel kan verander, is die verlede.

    Ons kan anders daaroor begin dink.

    Ons kan dit verwerk, dit nuut leer sien, dit selfs vergeet,

    agter ons laat, indien nodig.

    Ons kan ons beelde van onsself en van mekaar anders begin teken;

    ons rekonstruksies van wat presies gebeur het, wysig.

    Ons kan alles in’n ander lig begin sien en vrede maak,

    ook met onsself en ons eie lewensloop,

    en só ’n nuwe toekoms ontvang.

    Die strokiesprentkarakter en groot 20ste eeuse denker, Charlie Brown,

    geskep deur Charles M. Schulz, sê dit selfs nog beter.

    In diep gesprek met Linus sê dié:

    "Ek glo dis verkeerd om jou te kwel oor die dag van môre.

    Ons moet liewer net aan die hede dink."

    Nooit, sê Charlie Brown ontstig, "dit sal oorgawe beteken,

    boedel oorgee, moed verloor, sommer gaan lê.

    Nee, ek hoop nog altyd dat die verlede beter gaan word."

    In ’n neutedop

    Voorspoedige nuwe jaar! wens ons mekaar toe. En dikwels ook: Mag dit vir julle ’n jaar van groot dinge wees!

    Groot dinge?

    In Denise Ackermann se [1]After the locusts – Letters from a landscape of faith – méér as die moeite werd om te lees – skryf sy oor haar eie lewe, ervarings en oortuigings. Innig, inspirerend, dikwels ontroerend. Sy delf terug in ’n vol lewe, in baie jare vol gróót dinge.

    Die boek is in die vorm van vyf briewe. Sy skryf aan haar kleinkinders, oor die vraag wie ons as mense eintlik is, sáám met ander en tog elkeen ook so ánders en uniek. Sy skryf aan haar oorlede moeder oor vrae in verband met geloof en oor God. Sy skryf aan ’n jare lange vriendin, oor liggaamlikheid, en hoe belangrik ons liggame vir ons alledaagse menswees is, en oor soveel liggaamlike lyding in ons land. Sy skryf aan haar kinders, oor sake soos swaarkry, treur en klag. En sy skryf aan haar geestelike raadgewer van baie jare, oor die praktyke van inkeer en gebed, waaroor hulle so baie sou dink en praat, en oor ons almal se persoonlike lewensreis. Vyf diep persoonlike briewe, maar tegelyk wonderlike lees- en nadinkstof vir enigeen: oor menswees, geloof, vriendskap, leed, gebed.

    Aan die einde van haar boek volg ’n naskrif vir haar kleinseun. Net enkele paragrawe, kort, maar dis asof die hart van die boek hier klop.

    Sy peins oor die Middeleeuse mistikus Juliana van Norwich se woorde: Alles wat is, sit opgesluit in ’n haselneut – hoe klein en gering ook al. Waarom? Omdat God die neut gemaak het en liefhet. Daarom is dit immers dáár.

    In die neut, soos in alle kleine en onopvallende, alle gewone en vanselfsprekende dinge, skryf sy, skuil die geheimenis van die lewe, omdat dit deel in die geheimenis van God se ewige liefde.

    Dis die lewe, as ’t ware in ’n neutedop.

    Daarom is dít haar wens vir haar kleinseun: dat hy hom steeds sal bly verwonder aan die oënskynlik onbeduidende; dat hy die geheimenis van die eenvoudige sal bly bespeur; dat hy God se liefde in die alledaagse sal bly raaksien; dat hy waardering sal hê vir die grootsheid van die kleine.

    Nou dís mos ’n wens vir iemand anders, of hoe, vir vriende, vir familie, vir mekaar, sommer vir onsself ook? Voorspoedige nuwe jaar, en mag dit vir ons ’n jaar wees van kleine dinge!

    Roetine?

    Genadige God, my siel het geword soos ’n groot pakhuis waarin trokke dag vir dag hulle vrag kom aflaai, ongeorden en holderstebolder, totdat die hele ruimte van bo tot onder gevul is met onbenullighede, gemeenplase, nietighede, vervelende roetine. Leë woorde en sinlose aktiwiteit, oppervlakkige belange en die pretensie van belangrikheid vul my hart in ’n nimmereindigende stroom. Maar dit help nie om daarvan te ontvlug nie. As ek deur die dag by U wil uitkom, sal dit met ’n pad moet wees wat deur my doodgewone bestaan loop . . .

    Só begin die pragtige vertaling van ’n aangrypende gebed in [2]Die groot gebedeboek. Daaglikse gesprekke met God. Dis van die Katolieke denker Karl Rahner (bl. 32).

    Hy sou die afgelope eeu oneindig veel daartoe bydra dat derduisende mense wêreldwyd weer die wonder van menswees ontdek. Gevierd en invloedryk, volgens baie die grootste Katolieke teoloog van die 20ste eeu, bly sy denke diep gewortel in mistieke vroomheidstradisies.

    Hy skryf talle gebede en populêre geskrifte oor wat hy die mistiek van die alledaagse noem. Hy wou sy moderne tydgenote – gesekulariseer, ontnugter, sonder enige aanvoeling vir godsdiens, geloof en die kerk, eensaam vasgevang in hulle rasionalistiese, siniese ervarings van ’n lewe sonder God – probeer help.

    Probeer help om te kan liefhê, om te kan glo, om te kan hoop en om te kan bid. Hy wou sy tydgenote help om die geheimenis van lewe te ontdek en te beleef, dié geheimenis wat hy God noem.

    Ons vind die misterie van God nie buite ons gewone ervarings nie, maar juis daarin. Daarom skryf Rahner – soms diepsinnig, filosofies, met indrukwekkende geleerdheid, maar meesal eenvoudig, gewoonweg, vol verwondering – oor ons alledaagse roetine. Oor werk en slaap, oor eet en drink, oor sit en staan, oor enigiets.

    Want God is juis deel van ons lewe, sê hy. Hy is vír ons en náby ons. As ons tog maar net kan leer luister, tog net kan leer om die fluisterings van die genade in die roetine van elke dag te hoor . . .

    Heilig?

    Die kuns van die lewe is om die buitengewone in die gewone te ontdek, die ewige in die alledaagse. Die geheim van menswees is om genade in die gewone te gewaar, verrukking in die vanselfsprekende. Om grootsheid in die kleine, majesteit in die eenvoudige, vreugde in die vertroude te leer vind, ja, om God in ons naaste raak te sien, naby ons, onder ons. Om ware heiligheid te leer herken.

    Dis ook die geheimenis van die Christelike evangelie – en die aanstoot daarvan. Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, bely Johannes verstom (1:14). God het onder ons kom huis opsit, in ons tyd, sodat ons sy heerlikheid kan aanskou.

    Natuurlik was dit vir mense tot aanstoot, van tóé af al. God se gestaltes onder ons beïndruk ons nie regtig nie. Ons sou sy teenwoordigheid eintlik so anders verwag. Johannes die Doper is skoon besete, kla hulle in die tye van die Evangelies al, totaal vreemd aan die werklikheid. En Jesus is weer te wêrelds, sommer ’n gewone vraat en wynsuiper (Matt 11:16-19).

    Nee, God behoort darem ánders te lyk, ánders te kom, meen ons, meer herkenbaar, Goddeliker, heiliger. Hy moet wees soos óns sou verwag Hy moet wees.

    Eeue lank sou die vroeë kerk met dié wonder en dié aanstoot worstel. Uiteindelik sou hulle dit stamelend bloot bely, sonder om dit te begryp: Die ewige God woon só onder ons. Só vind ons sy troos, hiér, onder ons, in ons huise, en rondom ons elke dag. Ons leef van die genade in die gewone. En só dien ons Hom, in die heiligheid van die hede.

    As ons Christus wil dien, sê Luther, moet ons nie hemelwaarts hunker nie, maar rondom ons kyk. Hom nie dáár gaan soek nie, want Hy is hiér te vinde.

    Maar dis vir ons tot teleurstelling en aanstoot. Hoeveel keer nie juis die rug op die evangelie vanweë sy alte menslike, brose gestaltes en getuies nie? Hoeveel vind dit nie moeilik omdat hulle Christenmense en die kerk te goed ken, te van naby, te veel onder die indruk is van die menslikheid van dié draers van die evangelie nie, ja, dikwels erger as vrate en wynsuipers!

    Predikers, profete, pastore, priesters, pouse lyk, van naby bekyk, maar presies nes ons almal.

    Hoeveel verlang nie ’n ánder belewenis van God nie? ’n Ander soort heiligheid, minder alledaags, meer Goddelik? Al moet hulle ver soek, hoog styg, lank wag, baie deurmaak?

    Soos in die storie van ene mevrou Shapiro van Brookline, Massachusetts. In die Himalajas gaan sy op soek na die heilige wat bly op een van die mees ontoeganklike pieke. Ná talle weke van oneindige ontberings bereik sy einde ten laaste die plek. Maar ’n jong dissipel van die heilige sê hy is baie besig en sy kan hom eers vier dae later sien, om drie-uur die oggend. Intussen kan sy in ’n grot bly wag. Wat sy doen. Ondanks die geweldige koue, al moet sy op die klipgrond slaap, en al het sy slegs wilde bessies en koue jak-melk om te drink.

    Ná ’n paar nagte kom haal die dissipel haar uiteindelik soos belowe na ’n ander grot. En daar sit die heilige inderdaad. Mevrou Shapiro stap summier nader, en sê: Marvin, kom nou ’n slag huis toe!

    Nou, dáár is nou vir jou ’n regte soort heilige, of hoe?

    Dié mevrou Shapiro?

    Goeiedag!

    Elke alledaagse groet was vroeër bedoel as seën. Elke omgangsgroet – of dit nou Môresê!, Goeienag!, Tot siens! of Gelukkige nuwe jaar! is – rus op die oortuiging dat niks vanselfsprekend is nie; dat ons almal afhanklik is van genade en goedheid. ’n Alledaagse groet is altyd die verkorte vorm van iets langers, wat verskillende vorme kan aanneem, van ’n wens, toesegging of bede, tot ’n dankbetuiging.

    As dankbetuiging speel die groet ’n sleutelrol in die Joodse lewensgevoel, in die sogenaamde beraka-gebede of voortdurende lof aan God – letterlik: om God te seën – vir alle barmhartighede. Ook die Nuwe Testament roep ons meermale op om God te seën vir sy ontferming. Vergelyk byvoorbeeld die 1983-vertaling se bewoording van 2 Korintiërs 1:3 (Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe) teenoor die meer letterlike 1953-vertaling (Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus).

    Elke alledaagse groet verwoord die oortuiging dat die lewe met sy goedheid nie vanself spreek nie; dat dit bewustelik met dankbare erkentlikheid ontvang behoort te word, omdat dit ook anders kon wees. Elke groet herinner aan die wonder wat skuil in die gewone, die voorreg in die bekende, die grootsheid in die kleine.

    In talle tale kan ’n mens dié stemming nog naspeur. Die Engelse goodbye beteken letterlik: God be with you. Of die bekende grüβ Gott, soos hulle in die suide van Duitsland graag groet, waar dié daaglikse dagsê op die klank af nogal dubbelsinnig is. Dit beteken letterlik Groet (oftewel dank, of seën vir) God, maar kom waarskynlik van grüβ dich Gott, oftewel God groet jou!.

    In ’n strokiesprent groet twee bergklimmers mekaar, een reeds op pad af van bo, die ander nog op pad boontoe. Dis duidelik in die Tiroolse Alpe. Hulle is eenders uitgevat, Beierse hoede op die kop en leerbroeke tot by die knie, bergklimpikke en tou oor die skouers. Die een wat afkom, groet vriendelik: "grüβ Gott!" waarop die een van onder sê: Ek klim ongelukkig nie só hoog nie.

    Sy dommigheid is klaarblyklik vir lesers snaaks. Maar wat verstaan hy nie? Waarom kry ons lag? Wat is eintlik so snaaks? Is dit sy gebrekkige taalkunde – sodat hy net die letterlike betekenis hoor en nie die idiomatiese ken nie? Of sy primitiewe kosmologie sodat hy dog hy moet êrens heen opklim om God te kan groet? Of dalk sy tekort aan lewenswysheid – dat hy nie sien dat hy God net daar kan dank vir die goedheid van die lewe nie?

    Want rede vir dank het hy genoeg. Vir die pragtige dag in die Alpe, die berge, vars lug en wonderbare uitsig. Vir sy gesondheid, dat hy nog kan bergklim op sy leeftyd. Vir die pik en tou op sy rug en alles wat menslike wetenskap en tegnologie tot ons lewe toevoeg. Vir af dae, vrye tyd, en waarskynlik ook sy werk, waardeur hy dié klere kan bekostig. Vir die kulturele rykdom van sy Beierse hoed en Lederhosen, die sinvolle tuiste wat bekende omgewings daagliks aan ons bied. Vir die vredevolle groet van sy reisgenoot, en dat dié hom nie wil bykom met sy pik nie, maar kommunikasie, gemeenskap, vriendskap met hom soek. Vir die talente van die strokiesprenttekenaar wat hom verewig in ’n prentjie. Vir koerante om te lees. Vir humor wat ons lewe opvrolik.

    Sien, hy tel nie lekker sy seëninge nie – dis dalk wat so snaaks is! Dis nie sy grammatika wat so swak is nie, maar sy somme!

    In dié gees, laat ons tog mekaar leer groet, elke dag, met opregte bedoeling, en in elke moontlike betekenis, vanaf wens tot by bede: ’n goeie dag! Vol goedheid en seëninge van God, en vol dankbare erkentlikheid vir dié oorvloedige seëninge!

    Helperus

    Destyds, in ons studentejare, nooi ons dinamiese dosent in kerkgeskiedenis op ’n keer sy afgetrede voorganger vir ’n gaslesing voor ons klas oor ’n tema waarop dié afgetrede professor onteenseglik dié kundige was, die lewe en werk van die merkwaardige 18de eeuse Kapenaar, Helperus Ritzema van Lier.

    Die geleentheid word toe uiteindelik ’n ware okkasie, vol vreugde en fanfare. Ons klap staande hande om die eerbiedwaardige professor te verwelkom. Hy word uitvoerig aan ons voorgestel – ’n bietjie kamma-kamma, want pas die vorige jaar het hy immers nog vir ons doseer.

    Met geweldige kennis en gesag gaan haal hy ver en vertel boeiend van Helperus se oupas en oumas aan alle kante en verder deur sy voorgeslagte.

    Toe die klok aan die einde van twee periodes lui, word Helperus net mooi gebore.

    En omdat die kursus die volgende week moes vorder, het ons tot vandag nooit van Helperus se lewe en werk gehoor nie.

    Deur die jare herinner dié insident my aan Kersfees.

    Dis ook elke keer weer ’n geleentheid vol fanfare, vol vreugde en roem.

    Ons wag ook die groot oomblik af, in ’n weke lange atmosfeer van eer en respek. Dis alles wel effe kamma-kamma, want dis tog elke jaar se ding, maar wie gee eintlik daarvoor om?

    Met die erediens op Kersdag vul ons die kerke wêreldwyd, ook talle onder ons wat net dié een dag van die jaar daar gesig kom wys.

    Dan word die Kind gebore – en is alles verby. Min mense bly vir die res van sy lewe en werk!

    Maar is dit nie vreemd nie? Die eintlike interessante aan enige lewe is tog wat nog volg, wie ons word, wat ons doen? Watter biografie hou dan op met die geboorte?

    Nee, vir die Christelike geloof is Kersdag nie die einde nie, maar die begin.

    Die regtig interessante en vreugdevolle kom nog! Met dié Kind se lewe en werk. En nee, nie net van destyds nie, maar juis sy lewe en werk van nou nog, vandág. Dis trouens die hele wonderbare punt!

    Die Onsienlike en die onsienlike

    Geloof stap vrolik vorentoe in die donker, in rustige vertroue op God se beloftes. Só skryf Martin Luther êrens in ’n Kerspreek oor die Wyses uit die ooste.

    Van nature wil ons sekerhede hê, bewyse, waarborge, wil ons presies weet en verstaan, en daarom huiwer ons dikwels in onsekerheid en vrees voor die onbekende – voor die dae van môre en oormôre, voor ’n donker nag, voor ’n vreemde toekoms, voor ’n nuwe jaar, ’n nuwe werk, ’n nuwe omgewing, nuwe verhoudinge. Die onbekende bring vir ons onsekerheid en heimlike, selfs openlike vrees, besorgdheid, beklemming in ons hart.

    Maar geloof sien die troue Onsienlike en leef vrolik vorentoe ondanks alle donker. Sê Luther vol vertroue en versekerdheid. En hy herinner sy hoorders en lesers aan die wonder van die Bybelse Kersverhaal, hy nooi hulle – en ons – om met oop oë weer te kyk wat daar vertel word.

    Die sterrekykers het die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien – so vertel Matteus 2:11 – en gekniel en aan Hom hulde bewys, ja, hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre.

    Watter wonderbare woorde! sê Luther.

    Want wat het hulle eintlik maar gesien? ’n Arme ma met ’n arm kindjie in ’n armsalige vertrek. Wat kon gesonde verstand anders sien? Die wêreld wat ons ken, sou rondkyk vir fluweelkussings en ’n skare bediendes, sê Luther, want óns wêreld bring mos gawes aan wie reeds genoeg het en gryp daarvoor brood uit die mond van wie nie het nie.

    Maar die Wyses sien iets onsienliks. En wie hulle wil volg, moet ook die oë leer sluit vir wat glinster, en leer kyk na wat verag is en as dwaas beskou word – armes leer help, vernederdes leer vertroos, naastes in hulle nood leer bystaan.

    En soos altyd loop die kerk van sy dag deur onder Luther se kritiek. Ons moenie so spog met ons kerkgeboue en ons insamelings nie, gooi hy sommer in, want God sê: Wat gee Ek om vir altare en klokke? Wie het julle gevra om kerke te bou? Sit Ek nie gééstelike tempels voor jul oë nie? Dié behoort julle veel eerder te bou en te voed!

    Nee, wie Christus wil sien, sê Luther, moet die onsienlike leer sien, in die gesigte vol vrae, vol verlangens en vol vrese rondom ons, in eenvoud en ’n stal. En waar ons Hom die minste verwag sal ons Hom vind, soos die Wyses destyds, vol liefde en trou, ook in die donkerste donker, en die mees onbekende môres – en nagte.

    Onthou, Hy is naby!

    Bufferplakkers bied nog nie lewensfilosofieë nie. Só moes die strokiesprentkarakter Charlie Brown die kordate klein Linus herinner terwyl hulle peinsend in die vertes tuur. Tussen bufferplakkers en lewensfilosofieë is daar ’n groot verskil. Die een is gevat, die ander is omvattend. Die een laat jou glimlag, die ander laat jou lewe. Die een vermaak vir ’n oomblik, die ander oriënteer vir altyd.

    Maar, ja, sómmige bufferplakkers grens darem sowaar baie na aan filosofieë! Soos dié een op ’n dag in ’n winkelvenster: Jesus is coming. Look busy. Die metafoor daaragter, die assosiasies wat dié spreuk oproep, was sommer dadelik nogal snaaks. Herinner dit nie immers aan ’n klaskamer, met die juffrou êrens heen, en almal-aan ’t-stout-wees-met-allesbehalwe-waarmee-sy-gesê-het nie? En dan die benoude gille. Sy kom! Wat beteken: Stop oombliklik julle wat ook al en lyk besig, of daar is moeilikheid! Ja, sy’s naby! Lyk besig!

    En vir seker verwoord dié bufferplakker daarmee inderdaad ook baie mense se soort godsdiens! Vir baie van ons is dit presies hoe ons glo, dink en leef! En hoe ons vir Jesus sien! Wees gereed vir Jesus se koms deur besig te bly, deur te doen wat goed en ordentlik is. Trouens, hoe baie kere is die gelykenis van die talente (deesdae lees dit muntstukke, in Matt 25:14-30) nie juis só in skole gebruik nie? Om ons aan te por tot vlyt en ywer? Met die dreiging dat die Een wat tydelik weg is na die ver land enige dag onverwags mag opdaag – soos Juffrou – en bewaar dan alle luiaards se arme siele! Ja, vir seker, só dink baie van ons, ook oor Jesus. Nes die bufferplakker in die winkelvenster, dié dag.

    Maar ewe verseker verwoord dit nié die evangelie nie. Dié is immers dat ons gereed bly deur te waak en bid – vér van werk en woel en besig lyk af! Die evangelie is immers dat ons onbesorg kan wees omdat Hy naby is, soos Filippense 4:2-9

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1