Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Regardt: Dis nie luck nie - net genade
Regardt: Dis nie luck nie - net genade
Regardt: Dis nie luck nie - net genade
Ebook303 pages4 hours

Regardt: Dis nie luck nie - net genade

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Regardt se lewe het glad nie naby God begin het nie, maar hy het beslis die pad na Hom gevind. Hy vertel van sy vroegste kinderjare in Bez Valley tot die punt waar sy lewe op die kruin van sy loopbaan, ná 'n onverskillige lewe met drank en 'n vergeefse soeke na 'n dieper sin, heeltemal uitmekaarval. Hy het sy gesin en huis verloor, maar een oggend met 'n babelaas en trane wat oor sy wange loop het hy 'n onvergeetlike ontmoeting met God gehad wat sy hele lewe vir goed verander het. Regardt is die merkwaardige verhaal van 'n man wat nooit sy passie vir die lewe en vir rolprente verloor het nie, maar wat op 'n swaar manier moes leer dat toewyding en gehoorsaamheid aan God die vreugde en sin bring wat hom opgewonde maak oor sy lewe. Vandag is hy gelukkig getroud met Clara Joubert. Die lig van die silwerdoek skyn weer op hom en oor sy lewe sê hy met oortuiging: "Dis nie luck nie - net genade."
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateSep 17, 2015
ISBN9780796318282
Regardt: Dis nie luck nie - net genade
Author

Regardt van den Bergh

Regardt het sy eerste rol in 'n fliek op skool gespeel. Daarna verskyn hy in verskeie flieks en TV-programme. Hy raak later bekend as regisseur van TV-programme soos Vyfster en flieks soos Faith like Potatoes.

Related to Regardt

Related ebooks

Related articles

Reviews for Regardt

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Regardt - Regardt van den Bergh

    Opgedra aan my liewe vrou, Clara, en my wonderlike kinders, Lika, Tinus, Léan en Dawid.

    Voorwoord

    Baie mense het my al gevra of ek dit sou oorweeg om ’n boek te skryf. Dan het ek altyd gewonder waaroor ek sou skryf. Iets vir die gewone leser oor die bekoring van die rolprentbedryf? Of dalk ’n meer ondersoekende tema soos Christenskap in die publieke oog, of so iets? Tog het ek dit nooit regtig oorweeg nie. Dit was miskien omdat ek gevoel het dat ek nie noodwendig iets besonders of buitengewoon waardevols het om te sê nie. In elk geval, waar begin ’n mens as jy 62 jaar in 270 bladsye wil saamvat? Waaroor skryf jy en waaroor bly jy stil, wat sluit jy in en wat laat jy uit?

    Toe Susan Jordaan van Lux Verbi-uitgewers my bel, het ek gaan sit en die versoek deeglik oorweeg. Die uiteinde was dat ek besef het ons almal het ’n storie om te vertel en dat elkeen se storie waarde het. Nie een se storie is waardevoller as ’n ander s’n nie – voor die Here is elkeen van ons se lewe waardevol, ongeag die omvang of inhoud van ons lewensverhaal. Wat die een storie van die ander onderskei, is bloot dat ons elkeen se storie uniek is – elkeen van ons leef sy eie storie. Daarom het ek gevoel dit kan van waarde wees om my hart se reis op hierdie manier met ander te deel.

    Toe Lika en Leán klein was, het ek vir hulle boeke gelees, onder andere The Call of the Wild van Jack London, wat die eerste keer in 1903 gepubliseer is. Hy is ook die skrywer van White Fang (1906). Dit is die wonderlike avontuur van Buck, die halfhond, halfwolf, wat die beste sleehond in die geweste word nadat hy deur die hel en terug is onder die hande van gruwelike eienaars.

    Toe ek ’n paar jaar later dieselfde boek vir my jongste seun, Dawid, lees, het ek eers regtig besef hoe treffend die boek is. Dit was laataand toe ek die laaste deel vir Dawid lees. Hy het lekker toegewikkel onder die komberse gelê. Ek het gelees waar Buck weer die gehuil van die wolwe in die woud hoor. In daardie stadium was Buck die leier-trekhond. Sy baas is baie lief vir hom, hy is vet gevoer en hy lê in die sneeu by ’n lekker warm vuurtjie. Maar daardie keer roer die geroep van die wolwe iets diep binne-in hom. Hy hoor die roepstem van die wolf in hom, sy oer-ontwerp, sy ware identiteit. Die wolfhond luister en in sy binneste wonder hy: Bly hy by sy nuwe eienaar, of antwoord hy op die call of the wild?

    Dawid was al aan die slaap toe ek lees hoe Buck by die wolwe aansluit en deur die ander wolwe ontvang word nadat hy sy leierskap teen die alfa-wolf bewys het. Die trane het oor my wange geloop. Buck het ja gesê vir wie hy werklik was. My trane het geloop soos elke keer wanneer my pa my die storie van die lelike eendjie vertel het. Wanneer die eendjie sy ware beeld in die water gereflekteer sien, het ek as klein seuntjie, sonder uitsondering, elke keer in trane uitgebars. Ek glo vandag nog dat my pa by kere doelbewus die storie vertel het om my in trane te kry. Hy was ’n regte platjie.

    Nietemin, wat was dit wat my so ontsaglik emosioneel getref het? Die ontdekking van die werklike jy. Het ek daardie tyd in my binneste geweet ek gaan eendag in ’n spieël kyk wat vir my die waarheid gaan wys?

    ’n Mens kan kyk en kyk en nie die refleksie raaksien of die roepstem hoor nie, maar iewers in die woud is daar die roepstem wat jy herken. Hy roep jou naam. Jesus het gekom om my te wys hoe ek lyk. Soos Buck moet ek net antwoord op die roepstem en offer wat Hy vra: my amen op die spieëlbeeld.

    Dit laat my dink aan 2 Korintiërs 3:17 en 18, my gunstelingvers in die Bybel en soos dit in die 1953-vertaling staan.

    Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

    Hoor hoe mooi vertaal Francois du Toit dié verse in sy Mirror Bible (www.mirrorword.net):

    The Lord and the Spirit are one; His Lordship sanctions our freedom. A freedom from rules chiselled in stone to the voice of our redeemed design echoing in our hearts!

    The days of window shopping are over! In Him every face is unveiled. In gazing with wonder at the loveliness of God displayed in human form, we suddenly realize we are looking into a mirror, where every feature of His image articulated in Christ is reflected within us. The Spirit of the Lord engineers this radical transformation; we are led from an inferior mindset to the revealed endorsement of our authentic identity.

    Dit is ’n bekvol, maar as ek mooi daaraan dink, is dit ’n goeie rede om hierdie boek te skryf: Daar mag net iewers ’n spieël opgehou word of ’n roepstem in die woud weerklink.

    Ek wil graag dankie sê vir die geleentheid om ’n boek te kon skryf en vir almal wat daarby betrokke was. Eerstens vir my vrou – vir jou liefde, geduld en die baie kere wat ek jou wysheid kon vra en toepas. Dan vir my kinders en hul liefde – Lika, Tinus, Leán en Dawid, julle is uitsonderlik spesiaal! ’n Spesiale dank aan Susan Jordaan van Lux Verbi, die beweegrede agter die boek. Dankie, Susan, dat jy my gebel het en ’n vlam in my kom aansteek het. Ek kan nie nalaat om ook vir al my vriende en familie dankie te sê dat hulle my lewe met my deel nie. Sjoe! Nou begin dit eintlik na ’n afskeidstoespraak klink.

    Ten laaste sê ek dankie vir Danny Fourie, want sonder jou was daar nie ’n boek nie. Dankie vir die besondere navorsing, al die ekstra myle en dat jy my só raakgevat het – en die nuwe vriendskap.

    Regardt van den Bergh

    Junie 2015

    Hoofstuk 1

    Kosmiese appèl

    Kan jy ’n beeld vorm van die groot wye wêreld?

    – Job 38:18

    My pa was nie ’n gereelde kerkganger nie. My ma ook nie.

    Die kerk en die Bybel het nie ’n plek in ons gesinslewe gehad nie. Ons was wel lidmate van die NG-gemeente Linden in Vyfde Straat, maar ons was nie meelewende lidmate nie. Sondae was ’n dag waarop ons by die huis was en my ouers miskien saam met hul vriende gekuier het en my pa besig was met sy voëls waarmee hy geboer het. Hy het in ’n stadium meer as ’n duisend voëls van alle soorte in ons agterplaas gehad. Hy het altyd gesê daar by die voëls is dit soos om in die veld te wees, net baie lekkerder.

    Daar was nie sprake daarvan dat ons almal op ’n Sondagoggend sou opstaan en aantrek om kerk toe te gaan nie. Die kerk was op die buitekring van ons lewe. My pa en ma het nooit saans toe ons klein was vir ons uit die Kinderbybel gelees en vir ons gebid voordat ons gaan slaap het nie. Dit was nie ’n behoefte by my nie, en daarom het ek dit nooit as ’n gemis ervaar nie.

    Tog het my ma ons Sondagskool toe gestuur. Dit was iets wat ek baie traag gedoen het. Ek het altyd ’n verskoning probeer uitdink om nie te gaan nie, want dit was vir my swaar om op ’n Sondag ook nog in ’n klas te moet sit. Ek kan eerlik sê dat ek in daardie jare niks van die Here geweet het nie. Niks! Die Here was vir my soos ’n baksteenmuur. Onpersoonlik. Ek het wel kerk toe gegaan, maar soos die evangelis Reinhard Bonnke dit op ’n keer verduidelik het, kan ’n mens in ’n seepfabriek werk en nog steeds sleg ruik. So was my kerkgang. Die enigste verklaring wat ek nou daarvoor het, is dat die vyand my verblind het. Die duiwel het my daardie tyd met ’n geestelike blindheid geslaan. Ek het geen idee gehad wie die Here is nie.

    Aan die einde van my hoërskooldae moes ek saam met die ander kinders die gebruiklike katkisasie-eksamen doen. Aand ná aand vir twee weke lank moes ons in die konsistorie aanmeld waar die dominee die belydenisskrifte met ons behandel en vir ons verduidelik het wat ons pligte as toekomstige lidmate van die gemeente gaan wees. Die Bybelkennisvrae moes ons ken, want daarvoor moes ons ’n ordentlike punt kry om die ooms van die kerkraad te oortuig dat hulle ons kon aanneem. Die katkisasie is afgesluit met ’n persoonlike onderhoud waar ons afsonderlik voor ’n paar ouderlinge moes verskyn om jou te weeg en hopelik nie te lig te bevind nie. Daarna is ons op ’n Saterdagaand by die kerk aangeneem en die volgende oggend by die kerkdiens voorgestel.

    So het my amptelike verhouding met die kerk tot ’n einde gekom – met ’n sertifikaat met my naam daarop, ’n Bybelvers wat die dominee my gegee het en ’n stywe handdruk van een van die ooms van die kerkraad. Die bekende ds. DPM Beukes, later ’n moderator van die NG Kerk, het die sertifikaat vir my op 25 April 1969 gegee met die teksvers uit Johannes 6:29 daarop: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het (1953-vertaling).

    Jare later toe die Here my geestesoë oopgemaak het, was my bekering ’n allesoorheersende ervaring met God. Ek was intens bewus van die werklikheid van die Here en ek het duidelik besef dat alles wat ek om my sien God se handewerk is. Dit was dadelik vir my duidelik dat God ’n baie groter doel vir my het as wat ek my ooit kan probeer voorstel …

    Ek het van kleins af ’n aanvoeling gehad dat ons deel is van ’n groter geheel; dat ek, Regardt, wat intens bewus was van myself as ’n lewende wese, iewers aan ’n groter doel beantwoord; dat ek met iets op ’n hoër vlak korrespondeer. Daar was van vroeg af ’n verwagting, ’n opgewondenheid by my dat iets met my gaan gebeur. Dit het eenvoudig nie vir my sin gemaak dat ek só bewus was van hierdie ervaring dat ek bestaan en tog kom daar niks van nie. Ek het gevoel daar was iewers uit die kosmos ’n appèl op my om meer te word as wat ek is, ’n persoonlike uitnodiging iewers uit die heelal om deel te hê aan iets of Iemand wat groter is as ek en wat my sal oorleef.

    Daar is definitief ’n sterk geestelike element of aspek van my samestelling as mens, en ek was bewus daarvan lank voordat ek die Here leer ken het. Die geestelike dimensie van ons bestaan interesseer my geweldig. Hierdie geestelike selfbewussyn sou my op baie paaie lei in die soeke na daardie groter doel in die lewe. Onbewustelik het hierdie geestelike bewussyn my voorberei en ontvanklik gemaak vir die oomblik toe daardie kosmiese appèl, daardie persoonlike uitnodiging, in die stem van die Here na my toe gekom het.

    Alhoewel ek hierdie geestelike bewussyn gehad het, het ek het nie geweet waaroor dit gaan nie. My geestelike bewussyn was ook nie noodwendig bevrydend en verrykend nie, want ek was baie meer bewus van die donker wêreld as van die Here Self.

    Wanneer ek nou terugkyk, weet ek verseker dat daar die een of ander geestestryd om my siel gewoed het. Ek onthou hoe ek as jong kind in die bed na die plafon gelê en staar en by myself gewonder het wie ek is en wat ek hier op aarde doen. Die feit dat ek ’n lewende wese met ’n verstand en gevoelens was, en dat daar miljoene ander lewende wesens soos ek is, het my gefassineer. Leef ons almal nou maar so van dag tot dag op ons afsonderlik unieke manier sonder dat daar meer is as ons aardse aspirasies, het ek dikwels gewonder. Ek weet nie of dit altyd ’n gesonde ding was nie, maar ek het gevoel dat daar iets spesiaals gaan gebeur. Ek het gedink ek gaan een aand nog wegdryf. Sommige aande het ek as jong kind in die bed gelê en by myself gedink ek gaan nou letterlik opstyg: Hier gaat ek …

    Waarheen ek sou gaan, het ek nie geweet nie. Ek het geen idee gehad nie. Dit was net so ’n ongelooflike gedagte. Soms het ek in die aand ’n eienaardige ervaring gehad wat onwillekeurig was. Terwyl ek in die bed lê, het ek skielik ’n eienaardige smaak in my mond gekry. Dan sien ek myself in ’n woestyn en hierdie balletjie wat na my toe aangerol kom. Saam met hierdie eienaardige gevoel was daar stemme, so ’n deurmekaar gefluister wat al hoe meer word. Hierdie ervaring het herhaaldelik gebeur, soos ’n herhalende droom, maar ek was helder wakker. Daarby het dit ook gevoel of ek deur honderde naalde geprik word. Ek het met my pa en ma hieroor gepraat, maar hulle kon nooit vir my ’n antwoord hierop gee nie.

    Ek het vir hulle vertel van die snaakse smaak wat ek in my mond kry en dan voel dit of ek in iets wegdryf. Ek is nog daar in die kamer, maar dit voel of ek wil opstyg. Ek het vir hulle verduidelik dit voel of daar ’n klomp spelde in my bed is en dat ek op daardie manier geprikkel word. Daar is seker mense wat dit as ’n demoniese ervaring sou beskryf. Later het ek van astrale projeksie gehoor en gewonder of my ervarings nie iets soortgelyks was nie.

    My pa en ma kon nie vir my verduidelik wat met my gebeur nie. Hulle was nie verbaas oor wat ek vertel het nie, maar eerder pragmaties oor die saak. Het ek dalk nie iets verkeerds geëet nie, het hulle gewonder. My pa het die saak vererger deur vir my te vertel dat my ouma met die helm gebore was. Sy het jare tevore ’n gesig gesien en ek onthou dat ons familie baie daaroor gepraat het. Sy het haar man, my oupa, se dood gesien. Sy het gesien hoe hulle die kis uit die huis dra en ’n stuk sement uit die pilaar op die stoep stamp. Met sy dood het dit presies so gebeur.

    Ek wou bitter graag ’n dieper gesprek oor my ervarings voer, maar ek het nie geweet hoe nie. Tot aan die einde van my laerskooldae was ek intens bewus daarvan dat daar ’n ander wêreld is en dat daar iewers ’n groter doel in die lewe moet wees.

    My pa was ’n entoesiastiese fotograaf en baie lief vir die wildtuin. Ons het bykans elke skoolvakansie Krugerwildtuin toe gegaan. Saans het ons om die kampvuur gesit en my pa het stories vertel wat jou koue rillings sou gee. Een aand vertel hy die vreesaanjaende storie van ’n vrou met lang rooi hare. Hy het natuurlik dié stories iewers gelees, want jare daarna het ek die einste storie in ’n boek gelees en besef waar hy dit gekry het. Nadat hy daardie aand die storie vertel het, daag hy my uit om agter om die naaste rondawel te loop en terug te kom tot waar hulle gesit het. My beloning sou ’n pond wees. Ek wou graag daardie pond hê, want daar was ’n Joseph Rogers-mes in die winkel op Skukuza wat ek bitter graag wou koop. Ek het toe geloop, maar stout soos my pa was, sê hy vir my toe ek so ’n entjie weg is: Regardt, onthou daai vrou met die rooi hare! Pasop vir haar, sy bly in daai rondawel! Ek het verwag dié rooikopvrou gaan enige oomblik daar uitspring, maar ek het omgeloop en teruggekom. My pa het vir my die pond gegee en ek het my mes gekry.

    My pa was lief daarvoor om vir ons sulke spookstories te vertel. Dan het ons kinders en nefies dit weer vir mekaar vertel. Ek onthou hoe ons in die kamer vir mekaar spookstories vertel het. Linda kon nie ’n r sê nie. Dan sê sy iewers in die storie: Waal’s die duiwel? en ons dink sy sê: Daar’s die duiwel! Dan hardloop ons in die gang af, skree soos maer varke en voordat ons nog aan die einde van die gang kom, is my pa en ma daar en skree: Wat gaan aan? Onbewustelik het hierdie stories daartoe bygedra dat ek so gewonder het oor die wêreld wat ons nie kan sien nie.

    My pa en ma het my suster, Linda, toegelaat om blare te lees toe sy klein was. Mense was in verwondering oor haar aanleg. Later het sy vir haar ’n I Ching-heksagram gekoop en dit baie goed leer ken. Dit is ’n Chinese waarsêersboek. Jy gooi drie munte en soos hulle val, so vertel jy vir mense hul fortuin en toekoms. Dit is die tipe goed wat in die huis beoefen is, alhoewel ek dit nie aktief saamgedoen het nie. Ek het gewonder of ’n mens werklik die toekoms kan voorspel of peil. Die sameloop van omstandighede was vir my die onseker spil waarom die toekoms gedraai het. Ek het dikwels van mense gehoor wat in motorongelukke dood is, maar dan het ek gewonder: Sê nou maar daardie persoon het twee minute vroeër of later vertrek, dan sou die ongeluk nie gebeur het nie. Wie besluit oor hierdie dinge, en wie beheer dit?

    Een van die eerste goed wat ek uit my kleinkindertyd onthou, is die bruin glasie en die rooi rubberpypie – ’n asmapompie van daardie tyd. Toe ek twee jaar oud was, was ek redelik siek. Ek onthou die donker kamer en dat dit nie lekker was nie. Hierdie negatiewe ervaring het moontlik bygedra om my gedagtes op myself te rig en ’n intense ervaring van ’n persoonlike bewussyn te fasiliteer en los te laat.

    Later op hoërskool het ander dinge vir my belangriker geword. Ek het die meisies begin raaksien en ek het die esoteriese gedagtes vir erotiese drome verruil. Ek was mal oor enige spansport en veral rugby. Dit het die intense ervarings van vroeër ietwat op die agtergrond geskuif, maar hierdie ervarings uit my kinderdae was deel van ’n patroon. Ek was dikwels verstom hoe gereeld dit in my lewe voorgekom het en hierdie eienaardige bewussyn van myself en my bestaan gevoed het.

    In my tweede jaar op Ikeys as dramastudent, het ek by Cobus Rossouw se ma, tannie Susan, gebly. In daardie jaar was ek in die hospitaal in Kaapstad vir ’n blindedermoperasie. Ná die operasie lê ek in die saal en sien toe ’n man uit die hoek van die saal na my toe aangestap kom. Ek het intens bewus van hom geword; my aandag is na hom toe aangetrek. Ek kyk toe hoe hierdie man tot voor my bed loop en hoe hy ’n boek op my bed neersit en vir my sê: I have been sent to you. Ek ken hom van geen kant af nie. Nietemin, die boek is deur die een of ander Oosterse ghoeroe geskryf met die titel The Way. Deur die loop van daardie jaar het ek ’n bietjie daaruit gelees, maar dit het my nooit werklik geïnteresseer nie. Wat dit wel aan my gedoen het, is dat dit my opnuut van ’n geesteswêreld bewus gemaak het. Hoekom sou dié man na my toe kom met dié boodskap: I have been sent to you?

    In 1981, dit was voor my bekering, skiet ons Vyfster in die Pretoria Sentraal-gevangenis (vandag staan dit bekend as die Kgosi Mampuru II-beheergebied). Ek was die regisseur en dit was die eerste keer dat ek regie gedoen het. In daardie tyd het ek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1