Huisgenoot

WAT OORBLY VAN DROOM

‘KOM, klim, ek gaan wys julle waar is Theuns se gunstelingplek op die plaas.”

Oom Willie Jordaan klim agter die stuur van die 4x4 en ons ry die steil pad uit. Oor die klipperige pad, stadig en skud-skud. Deur ’n hek, nog ’n hek, nog ’n hek. Op pad is daar ’n bord teen ’n boom.

Droompad

Kom saam.

Hoër as die wolke, tussen die sterre en die maan, in die oneindigheid. In die melkweg die Skepper en ons saam.

“Wie het dit geskryf?” vra ek.

“Ek het,” sê oom Willie.

Ons kruie verder op tot by die bopunt. Klim uit en stap nader. Die uitsig slaan jou asem weg. Damme water lê so ver soos die oog kan sien. Daar is ’n duisend skakerings van groen. ’n Houthuisie met ’n stoep wat ’n paar jaar gelede gebou is staan bonkig op die rant.

Wanneer die son later bloedrooi sak, sê oom Willie: “Dis alles net genade.” En dan: “Maar daar is soveel vrae. Vyftig. Hy was maar net 50.”

Oom Willie en tannie Maryna Jordaan het die afgelope twee dekades as’t ware deel van die Afrikaanse musiekbedryf geword. Toe Theuns in 2000 vir die eerste keer op die gratis verhoë by die KKNK opgetree het, was hulle daar. Later Aardklop, Skouspel, feeste die land vol. Altyd net daar. Nie opdringerig nie. Nooit verwag dat hulle spesiaal behandel moet word nie. Net daar om hul seun te ondersteun. Oom Willie en tannie Maryna; Theuns se pa en ma.

Met Theuns se begrafnis op 27 November verlede jaar was oom Willie alleen daar. Theuns se suster, Linda,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
’n Huis Met ’n Uitsig
DIS nié die Vanrhynsdorp wat ’n mens in toeristebrosjures sien nie. Die vlakte lê eindeloos voor jou uitgestrek en daar is nie ’n veldblom in sig nie. “Spitsverkeer op Vanrhynsdorp is wanneer daar vyf karre is,” sê Maria Lakay en wys uit haar ruim si
Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot1 min read
Maak Jou Eie Papier
Verwyder alles uit die houtraam en plaas dit op ’n oppervlak met die kleiner opening na bo. Plaas die maasdraad bo-op sodat dit die oop deel van die raam bedek. Kram dit dan reg rondom vas. Skeur die papier in klein stukkies en plaas dit in die menge

Related