Huisgenoot

HOERA VIR BRAAIVLEIS & GRONDPAD!

TOE sy kort ná hul spogtroue op ’n wynlandgoed in Franschhoek saam met haar Amerikaanse man uit Suid-Afrika weg is, het sy nooit gedink ’n volle 21 maande sou verloop voor sy eindelik weer die goue Afrikason op haar vel sou voel nie.

Daarom was Demi-Leigh Tebow nog nooit so dankbaar om terug te wees op eie bodem, braaivleis te eet en selfs om op ’n grondpad te ry nie.

Ná haar en Tim Tebow se troudag in Januarie 2020 het die voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Heelal in Florida, Amerika, gaan nesskop.

Tog bly Suid-Afrika haar tuiste, vertel sy – wel, soortvan …

“Hulle sê mos: Home is where the heart is. Wanneer ek daar is, is my hart ’n bietjie hier. Wanneer ek hier is, is my hart weer ’n bietjie daar,” vertel sy eksklusief aan Huisgenoot vanuit die luukse hotel The Table Bay in Kaapstad met sy prentjiemooi uitsig op die V&A Waterfront en Tafelberg.

Demi-Leigh (26) kuier saam met haar ma en stiefpa, Anne-Mari en Johan Steenkamp, in die Moederstad nadat sy die vorige week by haar pa en stiefma, Bennie en Elzabé Peters, in Potchefstroom deurgebring het.

Haar tuiskoms nadat die pandemie lank haar reisplanne deurmekaargekrap het, is bittersoet. Aan die een kant is daar die vreugdevolle herontmoeting met familie en vriende; aan die ander kant was dit die eerste keer sedert haar gestremde halfsussie se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related Books & Audiobooks