Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Onbeskryflike genade
Onbeskryflike genade
Onbeskryflike genade
Ebook218 pages4 hours

Onbeskryflike genade

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Stefaans Coetzee is ’n omroeper, boekresent, pa en man. Hy het ook ’n donker verlede, maar weier om deur daardie onvergeeflike daad gedefinieer te word. Hy is ’n nuwe mens. Hierdie is sy storie, van ’n dronk pa, donker kinderhuisjare en die begeerte om te behoort wat hom in die tronk laat beland. Dit is die verhaal van hunkering na ’n nuwe begin, sy fisieke én geestelike bevryding. Dit is ’n verhaal wat vertel en gelees moet word, ’n boodskap van hoop en onbeskrylike genade. 
 
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJun 30, 2023
ISBN9780796323293
Onbeskryflike genade
Author

Stefaans Coetzee

Stefaans Coetzee is ’n aktivis vir versoening, geregtigheid en restitusie. In Julie 2015 word hy op parool vrygelaat nadat hy 18 jaar tronkstraf uitgedien het. Hy werk as 'n radio-omroeper en is 'n motiveringspreker. Stefaans is ’n ywerige leser en reël elke jaar die Sanctuary Boekefees. Hy bly in Klerksdorp saam met sy vrou en drie seuns. 

Related to Onbeskryflike genade

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Onbeskryflike genade

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Onbeskryflike genade - Stefaans Coetzee

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    Lux Verbi

    Opgedra aan Suid-Afrika, wat my ’n tweede kans gegee het.

    "It’s one thing to believe in yourself,

    but when others around you start to join in and encourage you,

    it’s a totally different dynamic."

    Bart Millard, I Can Only Imagine: A Memoir

    PROLOOG

    Kain. Deesdae dink ek dikwels aan die eerste moordenaar in die Bybel en veral waar hy in Genesis tot God uitroep: My straf is te swaar om te dra. Ek voel sy sug na oor begin. Sien myself in hom. Dit is of sy woorde in my gebede tot God eggo.

    Here, ek is moeg. Ek kan nie meer nie. Die skuldlas is te swaar. Ek wil nie meer ’n bomplanter wees nie. Reeds 27 jaar ná die bomontploffings en sewe jaar uit op parool verkies mense steeds om my voor te stel as Stefaans Coetzee, die bomplanter. Ek wil net Stefaans wees. Stefaans, Here. STEFAANS! Man. Pa. Skrywer. Resensent. Enigiets buiten bomplanter. Enigiets.

    Die meeste gevangenes wat in die tronk tot bekering kom, droom om soos die evangelis en skrywer oom Angus Buchan ’n groot skare op Loftus Versveld toe te spreek. Ek wou eerder soos Jona vlug en êrens op ’n plaas omring deur berge gaan wegkruip. Ek wil nie met elke nuwe ontmoeting sê ek was in die tronk nie. ’n Statussimbool is dit beslis nie. Ek was daar, maar dit is nie wie ek is nie. Ek is nie Stefaans Coetzee die bomplanter nie.

    ’n Vriend het verjaar terwyl ek vir die naweek by hulle in Pretoria was. Hy en sy gesin het die middag saam met vriende gaan kuier. Later die aand het hy gevra hoekom ek nie saam met hulle wou gaan nie. My antwoord het hom geskok. As julle my aan mense voorstel, is dit vir julle belangrik om te noem dat ek in die tronk was. Tog weier ek om my identiteit op die tronk te bou. Hoekom stel julle my nie liewer voor as Stefaans Coetzee, ’n kind van God nie? Sy vrou het my vasgedruk en gesê sy is jammer. Hy ook. Hulle het nie besef hoe dit my kwes nie.

    Ongelukkig is dit nie net hy nie, en nog minder net toe ek pas vrygelaat is. Baie mense doen dit vandag nog asof die tronk die bepalende faktor in my lewe is. Ek steek dit nie weg nie; ek weier net dat dit die kern van my bestaan is. Ek is al sewe jaar ’n vry man en verdien ’n waardige tweede kans. Salomé Kotzé en Danie Jacobs van die Klerksdorp Record het vroeg ná my parool besluit om nie langer in hul beriggewing na die bomplanter of gevangene te verwys nie sodat die publiek my kan leer ken vir wie ek nou is. As almal dit maar wou doen!

    By een manne-aand wou die pastoor selfs weet hoeveel mense ek doodgemaak het. Het dit enigiets te doen met die waarde van Jesus se goedheid? In my oë is elke persoon wat dood is een te veel. Ek was ’n bomplanter en ’n gevangene. Punt. Wanneer ek egter oor God se werke in my lewe getuig, som ek my kinderlewe, die bomontploffings en tronk in vyf minute op. Daarna praat ek oor vergifnis en Jesus Christus se liefde.

    Ek is so moeg om oor die verlede te praat. Ek wil nie langer vry rondloop en saans (in my kop) weer in die tronk slaap nie. Niemand weet hoe die naarheid my ná ’n naweekkamp beetkry nie. Hulle weet nog minder ek drink dan pynpille soos lekkergoed. Vir my is dit tyd om aan te beweeg en waarlik vry te word.

    So noem ek een oggend aan resensent Anschen Conradie dat ek dit oorweeg om handdoek in te gooi ná die verpligtings waarvoor ek reeds ingestem het. Skaars ’n uur later stap ek die koffiewinkel From Shack to Sanctuary binne toe ’n ou tannie stop en my fist bump. Jy moenie dat die media jou derms verder uitryg nie. Sê nee vir die volgende onderhoud en geniet jou mooi vroutjie.

    Ek wens ek kon uitroep dit is volbring.

    Ek wil opstaan as ’n nuwe mens, ’n pa wat my seuns kan leer om nie my foute te herhaal nie. Ek dagdroom van skrywer word en om my voete as resensent te vestig. Tog weet ek alte goed dat die tronk mense interesseer, want dit is ’n wêreld waarvan hulle niks weet nie. Maar ek wil nie oor die tronk praat nie; daarom deel ek net die sagte goed. Oor die bloed en derms . . . dit skree ek in my drome uit. Daar het dinge gebeur waarmee ek moet saamleef. Mý demone. En ek wil dit nou begrawe.

    Ek het ’n onblusbare drang binne-in my om my siel parool te gee. Te skree: Jy’s vry, leef nou! Die bomontploffings van 24 Desember 1996 kan nie die hoogtepunt van my bestaan wees nie. Dit gaan altyd my grootste verkeerde keuse bly. Maar hoogtepunt? Ek weier om dit te aanvaar. ’n Christen se hoogtepunt is juis die dag wanneer hy van sy verkeerde weë wegdraai en Jesus Christus as sy Verlosser aanneem. En wat van: I do, en: You may kiss the bride? Deirdré is beslis ’n hoogtepunt. En David, my seun. So ook sy twee ouer broers, Immanuel en Dian.

    Ek weier dat een daad, een oomblik, een verkeerde keuse my lewenslank definieer. Ek is meer as my verlede. Ja, ek weet ek is onlosmaaklik daaraan vasgebind. Met soveel bloed op my hande kan ek nie my verlede sommer net so afskud nie. Tog kan ek iets byvoeg. Nee, nie kan nie; ek wíl.

    Hierdie is my sug na ’n ligter las by waters waar daar vrede is. Ja, dit is eerstens die verhaal van ’n bomplanter. ’n Monster. Noem die skelwoorde en ek steek my hand op. Skuldig. Dit is egter ook die verhaal van ’n weggooiseun wat nog sy dronkgat pa se tatoes met koki’s wou inkleur. Van donker kinderhuisjare. Die begeerte om te behoort. En uiteindelik my jare lange reis tussen die mure van verskeie tronke landwyd. Dit is die verhaal van my hunkering na ’n lewensmaat, ’n kind en ’n nuwe begin, los van my gru-verlede. Om iemand te wees op wie my drie seuns eendag trots kan wees.

    Ek hou van Kain omdat ek gereeld mense ontmoet wat ook met ’n Kainsmerk rondloop: #enkelma, #dwelmverslaafde, #dronkgat, #vetsak, #egbreker, die lys hou aan. My gebed is dat jy uit my verhaal krag sal put om die klippe waarmee jy gestenig is te gebruik om ’n altaar te bou. Onthou, jy is nie wat mense van jou sê nie. Jy is nie jou verlede nie. Jy is ’n kind van God.

    Ek hou ook van Kain, want al het bloed uit sy hande gedrup, was God hom genadig. Dit is my bewys dat God altyd aan ’n moordenaar aan die kruis genade sal betoon as hy opregte berou het. Ek hoop jy ook.

    Ek is Stefaans Coetzee.

    Ek is ’n kind van God.

    Ek is ’n man en ’n pa.

    Ek is nie my verlede nie.

    HOOFSTUK 1

    Beter ouers

    Ek blameer nie my ouers of my grondpad-verlede vir my gewelddadige leefwyse nie. Daar is immers derduisende mense wat onder swaarder omstandighede as ek grootgeword het. En tog . . .

    Saam met Frank Meeink, soos hy in die artikel A Triumph Over Hate: Meet the Former Skinhead Behind ‘American History X’ vra, wonder ek ook oor the biggest ‘what if’ of all, ‘What if I had better parents’? Gary Chapman sê immers in sy blitsverkoper The Five Love Languages dat elke kind ’n sterk basiese behoefte aan liefde het en om welkom te voel. Jy voel onwelkom en ongeliefd as jou ma mans en jou pa drank bo jou verkies. Kinders vertolk hierdie verwerping as: Ons wil jou nie hê nie.

    Jonathan Lear se boek Love and Its Place in Nature beweer dat kinders geneig is om te sterf as hulle nie liefde kry nie. Ashley Montagu, ’n bekende Britse antropoloog, het selfs gesê: Die kind wat nie liefde gekry het nie, is biochemies, fisiologies en sielkundig baie anders as die een wat wel liefde gekry het. Moeder Teresa skryf dus met reg in A Simple Path: The greatest disease in the West today is not TB or leprosy; it is being unwanted, unloved, and uncared for.

    My verhaal is nie ’n verontskuldiging of selfs veroordeling nie. Dit weergalm eerder as ’n wekroep vir afwesige ouers. Nie net pa’s wat mammas vir jonger bokkies inruil nie, maar ook mammas wat heeldag op die bank lê en Facebook-video’s kyk. As jy die wêreld wil verander, gaan huis toe en wees lief vir jou kinders, was Moeder Teresa se raad. Vandag volg ek haar raad en probeer vir my kinders die ouer wees wat ek nooit gehad het nie. Ek soen, ek druk, ek speel. Met die twee ouer seuns oefen ek nog, maar met David slaan ek die spyker op die kop. Geen droom is belangriker in sy teenwoordigheid nie. Ek skryf donkernag of soggens vroeg wanneer die huis in droomland kuier, want boeke moenie sy tyd in beslag neem nie. Wanneer ek onseker is hoe om liefde te wys (veral met die twee ouer seuns), kyk ek terug na my verlede en doen die teenoorgestelde.

    Ek glo vas as ek in ’n liefdevolle huis grootgeword het, sou ek ’n ander verwysingsraamwerk gehad het om vanuit op te tree toe ek sal lewe, ek sal sterwe, ek sal offer wat jy vra vir my ’n werklikheid geword het. Toe my liefde vir ons my gedryf het om hulle te vermoor omdat hulle die Swart Gevaar is wat nou oor God se eiendomsvolk regeer en ons mense met plaasmoorde van bloedgekoopte grond probeer wegdryf.

    Ek besoek nie graag die verlede nie. Nooit uit eie keuse nie. Selfs toe ek en my pastoorvriend Ferdie Swanepoel in Upington en Virginia gaan bedien het, het ek nie by huise uit my kinderdae vertoef vir Facebook-foto’s nie. Dit veroorsaak natuurlik wrywing in die sitkamer. Ek is bot elke keer wanneer my vrou, Deirdré, uitvra. Kwaad. Wat neuk sy al weer in die geskiedenis rond? Skep nuwe herinneringe en los my verlede.

    Volgens ’n verhoudingsboek wat ek in die tronk gelees het, is Evas deur die bank maatskaplike werkers. Hulle luister en help genees. Mans sluit die hartsgoed in ’n kluis toe en maak dit net oop wanneer ons nog goed daarin wegpak. Ons sluit dit nooit oop vir sitbankgesprekke nie. Ek weet ons mans moet meer praat, maar ons doen nie.

    Maar vir jou – om te verstaan, nie te simpatiseer nie – delf ek weer in die brandkluis van my hart.

    ______________

    My storie begin tydens Suid-Afrika se apartheidsera in Cobaltstraat 147, Virginia, op die Vrystaatse Goudveld. My naam is Stefan Coetzee. My pa is Fielies. Ek het drie sussies en ’n kat. Haar naam is Spokie. Dit is kort voordat ek moes skool toe gaan, of net daarna. Een middag druk my ma ’n paar munte in my hand om lekkers te gaan koop. Fireballs vir ons drie ouer kinders sodat ons kan kyk wie dit die langste in hul mond kan hou. En niekerbols vir my jongste sussie.

    Toe ek terugkom, was my ma weg. Sy het gery sonder om my te soen. Te druk. Of selfs te groet. Ek weet nie hoekom my ouers uitmekaar is nie, maar my pa het altyd ’n sekere trokdrywer se naam as vloekwoord gebruik. Ek sal nooit sy naam vergeet nie. Kort na my vrylating in 2015 het ek op my ma se Facebook gaan loer en gesien hulle is vriende.

    My enigste ander kleintydherinnering aan my ma was toe sy my geleer het om my naam te skryf. Toe ek nog Stefan was. Voordat Jan van der Westhuizen my Stefaans gedoop het. Ons was in die kombuis. Sy het gestryk en ek het by die tafel gesit. Langs my het ’n bondel wasgoed gelê. Ek het my naam met ’n pen op ’n houthanger probeer skryf. S T E F A N.

    Ek het geen ander kleintydherinnering aan my ma nie. Niks nie. Ek wens ek kon oomblikke koester waar sy saans vir my slaaptydstories lees. Of my winteraande snoesig in komberse toedraai. Of my ’n goeienagsoen gee.

    Maar ek het niks nie. Net ’n leemte en ’n onversadigde honger na moederlike liefde.

    En tientalle vrae.

    Hoekom het my ma my nie meer lief nie? Was ek te stout? Weet sy hoe seer ’n kind se hart kry elke keer as hy sien hoe maats se ma’s hulle by die skool aflaai en soen? Het haar nuwe gesin ook ’n seun? Het sy hom lief? Sou sy soms na hom kyk en wonder of ek oukei is?

    Die vrae martel jou lewenslank. Vorm jou. Enigiets trigger die seer. Laat my tjank. Ontlok woede en negatiewe gedagtes. Daarna skop haat in. Ek het myself belowe om ’n aktiewe pa te wees. My kinders mag nooit aan my liefde vir hulle twyfel nie. Hulle moet my eerste wees; daarna werk en sukses. Selfs nou, waar ek droom van skrywer en resensent wees, skryf ek min in familietyd. Géén storie, nie eens hierdie een, is so belangrik nie.

    Terwyl ek in die tronk na die drama I am Sam gekyk het, het ek bly wonder hoe my ma doodeenvoudig net kon aanbeweeg. Haar seun sommer net so afskryf? In die film vertolk Sean Penn die rol van ’n man met spesiale behoeftes wat veg om toesig oor sy dogtertjie. Hoekom het my ma nie vir ons kinders baklei nie? Begin ’n mens so maklik oor? Selfs nadat ek my ma jare later vergewe het, het ek dieselfde neerdrukkende emosies ervaar toe ek en ’n vriend op parool na die Christelike drama I Can Only Imagine gekyk het. Ons albei het getjank. Die film is op die lewe van die Christelike sanger Bart Millard baseer. Bart se ma het hom ook as kind weggegooi, maar anders as Fielies het sy alkoholis-pa hom mishandel.

    Ek het my ma van voor af verafsku en moes haar opnuut vergewe.

    Selfs nou waar ek op 45-jarige ouderdom donkernag David se doeke omruil, kyk ek na sy pofferige roospienk wange en wonder: Op watter stadium het my ma my ophou liefhê? Was dit gedurende die koue wintermaande waar sy oggendure moes opstaan om my doeke te ruil? Of was dit toe ek tande gesny en heelnag gehuil het?

    Andrew Galasetti put uit sy kinderjare in die artikel 6 Lessons I Learned About Being a Man from Growing Up Fatherless. Onder die eerste punt getiteld Having a child makes you a father but not a ‘dad’ skryf hy: "‘What’s the difference?’ you might be

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1