Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Aanspreeklikheid
Aanspreeklikheid
Aanspreeklikheid
Ebook270 pages7 hours

Aanspreeklikheid

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Jaco Diehl, a writer, lives in Hermanus. He becomes witness to an attempted murder of his neighbour, and gradually he is implicated in other violent episodes: first in Hermanus, then Somerset-West and also Bellville. His life is disintegrating, and he doesn't seem to care. 
Who is responsible for these murders, and what is the truth? Or perhaps the truth is also transformed into fiction, and like the main character, is not to be trusted. 
LanguageAfrikaans
Release dateApr 6, 2020
ISBN9780798181280
Aanspreeklikheid
Author

Jaco Fouché

Jaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe (1996), is in 1997 met die Eugène Marais-prys bekroon sowel as vir die M-Net-prys benoem. Ander werke sluit in: Paartie by Jake’s (1997), Die avonture van Pieter Francken (2005), Twee dae in Mei (2007), Ed van Inligtingstelsels (2009) en Die grysland-verblyf (2010). Van Jaco se kortverhale word in Sarie gepubliseer en hy doen ook vertalings na Engels, o.m. Kleinboer se veelbesproke roman Kontrei, onder die titel Midnight missionary (Zebra Press, 2007). Sy roman, Verstevlei, het die derde prys verower in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd, 2012. Siobhán van die sirkus is Jaco se eerste jeugroman.

Read more from Jaco Fouché

Related to Aanspreeklikheid

Related ebooks

Related articles

Reviews for Aanspreeklikheid

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Aanspreeklikheid - Jaco Fouché

    ’n Roman

    Jaco Fouché

    Human & Rousseau

    DEEL I

    1

    Ek skat ek is aanspreeklik. Dis ’n lastige vermoede, die soort wat ’n mens voortydig met verwagtinge van verpligting opsaal, en tog ook die soort gedagte wat nie vreemd behoort te wees vir ’n vyftigjarige man nie. Met die jare stapel die slegte gevoelens immers op, saam met die slegte herinneringe.

    Eers het ek nie so gedink nie. Ek was maar net ’n getuie van die lewe, ’n gemaklike omstander, spesifiek in hierdie geval bloot iemand in die omgewing van die tipe gebeurtenis waarmee die wêreld redelik bekend is, niks meer nie. Maar nou word ek meer en meer onseker oor my rol. Om tot bedaring te kom lees ek Spreuke. En sien uit na koeler dae en dan die winter.

    Die vrou bly hier in die woonstelblok, die oorlewende. Soms wan­neer ek met die motor in die parkeerterrein inry, sien ek haar en dan lig ek my hand en klim uit om die motorhuisdeur oop te maak. Sy groet terug en loop na haar woonstel wat skuins onder myne geleë is. Ek verbeel my sy is langer as wat sy was; sy is reeds amper ’n kop langer as ek. Haar hare is ligter: die raafswart is getint met vele grys drade, wat goed lyk teen haar donker gesig. Haar gelaatstrekke bly vir my wit, onkundige oog adellik lyk. Ek het nog min vir haar gesê, net Môre of Middag. Oor die voorval het ons beslis nie gepraat nie, hoewel ek my verbeel sy kyk nadenkend na my, net ’n oomblik, asof sy eendag die onderwerp gaan aanroer, gaan probeer uitvind wat ek opgemerk het, wat ek gehoor het, wat ek dink van die dood van haar man. Ás dit haar man was. Soveel omtrent die saak is onduidelik vir my, wat swak is vir ’n skrywer, maar ek het nie die moed om ondersoek in te stel nie en tot dusver ook nie die drang om betrokke te raak nie.

    Ek hoor haar wel met ander mense praat. Vir die opsigter het sy ver­tel: Ek is nou hard-core. Dit moet oor die koeël wees wat haar getref het, in die skouer, onder die sleutelbeen, of so het ek gehoor. Op die dag self kon ek hulle natuurlik nie sien nie, net hoor rusie maak in die woonstel ter­wyl die tuindeur oopstaan. Vat jou goed en gaan weg, het sy driftig gesê. Daarna was dit stil. Toe die slag, verstommend hard. Ek kon nie dink wat maak so nie, maar toe klaar sy die misterie op: Jy het my geskiet!

    My oordeel het my geheel en al verlaat. Ek het geweet ek moet iets doen, toe kyk ek maar hoe laat dit is. Kwart voor drie. Ek het geweet ek moet iemand bel en nie geweet wie nie. Die telefoongids was in my hande en ek kon nie onthou wie se nommer ek wou naslaan nie. Paniek het my lamgelê. Gou egter het ek ander stemme gehoor, in die vierkant voor die woonstel. Harde, gesaghebbende stemme. Iemand met gesag het dus opgedaag en my van iets verlos, indien nie die verpligting nie, dan die verwarring.

    Ek het by die balkondeur uitgekyk na die woonstel se tuin. Daar het die man gestaan, hangskouer, van berou miskien, ’n groot pistool in een hand, sy ander hand oor sy gesig. Hy het om hom rondgekyk. Ek het teruggekoes, bedag daarop dat hy in my rigting kon skiet. Toe hoor ek weer ’n slag en die man het uitgeroep en toe ek weer uitkyk, het hy reeds geval en daar was ’n bloedsmeersel soos ’n teken van die tyd teen die tuinmuur en hy het op die gras gelê en dit was sewe minute nadat ek die eerste skoot gehoor het. Hy sou ure daar lê terwyl mense in uniform deur die blok en die woonstel en die tuin beweeg. Teen donker is hy na ’n bakkie met ’n silwer kap gedra.

    Veral die man was gereeld in daardie tuin. Hy het met hout gewerk en die geduldige gesaag of ritmiese gekap sou opstyg na my woonstel. Hy was verby die fleur van sy lewe en het vir my tevrede met homself voorgekom. Weg was besorgdheid oor hoe hy lyk, want sy gryserige hare was altyd te lank en dikwels het sy gesig in die sonlig soos ’n sterrestelsel gegloei van die baardstoppels. Sy klere was oud, sy hemp soms nie heeltemal toe­geknoop nie. Hy was iemand wat in die woonstelblok tuisgehoort het. Sy opinies was nooit sterk nie en hy het sy kop geskud oor hoe ’n mens deesdae ’n vyfrandstuk moet knyp tot sy oë traan.

    Hy het iets van motorwerktuigkunde geweet, want eendag het hy ’n probleem met my motor geëien as ’n fout met die aansitter, en hy was reg. Hy wou nie die geldnoot aanvaar wat ek hom vir sy raad aangebied het nie, maar ons het daarna meer gedoen as net groet in die verbyloop; ons het gaan staan en vinnig iets gesê oor die tuin of remmerke op die plaveisel of daardie stoute kind in nommer 29 wat oumense koggel.

    Daar was ’n bedaardheid aan hom wanneer ek hom met die vrou hoor praat, iets soos berusting of goeie maniere. Hulle het ’n hondjie aange­hou wat nou weer in die tuin is, ’n dier wat, wanneer dit stil is, op die gras­perkie verskyn en wanneer ek uitgaan buitentoe, onder die struike teen die muur inskarrel. Dis die een wese in die woonstelblok wat skugterder is as ek. Ek sou by ander inwoners hoor dat die man ’n oudsoldaat was met verskeie wapens: haelgeweer, Uzi, handwapens.

    Die vrou is weggeneem hospitaal toe.

    Weke lank was sy nie hier nie. Dit is wat ek weet en ek is seker ’n swak buurman om nie meer uit te gevind het nie.

    Maar ek het hier in Sandbaai, vier kilometer van Hermanus af, kom bly om alleen te wees, sover moontlik. Voorheen was daar ander plekke in my lewe; hierna sal daar sekerlik ook wees. Dis hoe dit dan ook meestal is, die alleenheid wat geen eensaamheid is nie, danksy kort ontmoetings, vinnige interaksie, vlugtige kyke in die verbygaan. ’n Stukkie raad wat my pa my gegee het wat my nog altyd bybly, is dat ’n volwasse man nie sy vriendskappe bedryf asof hy nege jaar oud is nie.

    Ek slaap laat omdat ek laat bed toe gaan, verlei deur films, deur in­gewings wat my aan die skryf kry, word gewoonlik soggens gewek deur geraas in die blok: die skoonmaker voor die venster, opknappings­werk aan ’n ander woonstel – hoekslypers wat skree, hamerslae wat val, teëls wat met eentonige reëlmaat uitgekap word, die selfaangestelde nutsman wat hard praat oor die tuin wat hy op die sypaadjie oorkant die straat maak, die kind in nommer 29 wat uitroep, die knorrige man oorkant my wat blykbaar ’n paar maande in die tronk was en sardonies met die wêreld omgaan, weerstandig, uitdagend, vraend. En hy vra hoe is dit dat dit Valentynsdag is en niemand hou partytjie nie. Dis woonstellewe en ’n mens moet seker dankbaar wees jy lei dit naby die see en nie in ’n oorbevolkte middestad iewers die binneland in nie. My boek kon nog somberder gewees het.

    Dis nuus dat dit Valentynsdag is. Ontstig maak ek koffie en berou die romantiese flaters van my jeug voor ek by die lessenaar gaan sit, op­nuut van plan om die minister se lewe te pak en iets daaruit te maak. Dis ’n warm dag al is die ergste somer verby. As ek die venster toe­hou, sal ek binnekort begin sweet. Maak ek dit oop, moet ek egter die harde, on­eerbiedige stem van die gewonde vrou se nuwe vriend en woon­stel­genoot aanhoor. Hulle werk blykbaar nie, in elk geval nie aan iets konvensio­neels nie, is bedags hier en snags bedrywig, braai dikwels, praat oor dwelms en sê onverstaanbare dinge oor lyding en doodgaan en die pyn van nie met jou pa kan gesels nie, sodat ek op my mond geval voel, so opgevoed, so burgerlik, so stemmig, so oud dat ek iets daarvan kan oorkom. Ek het steeds niks vir die vrou te sê nie, nie eens dat hulle raas en hul bure pla nie.

    2

    Minstens een keer per week probeer ek uitgaan vir inkopies. Vanoggend weer. Dis natuurlik Valentynsdag. Miskien moet ek iewers gaan koffie drink terwyl verliefdes om my met hulle voorregte en vreugde spog.

    Om uit te gaan is ’n lastigheid. Ek moet bad, skeer, ’n hemp stryk, die voordeur agter my sluit, afstap na die motorhuis, die motor uittrek, die deur toemaak en dan ry. In die dorp voel ek beter en kan ek nie begryp waarom ek nie meer dikwels soontoe gaan nie. Daar heers ’n vakansiegees, wat jy verwag van ’n kusdorp. Stap ek met die see langs en kyk ek oor die baai uit, vergeet ek die vae gevoel dat ek iets moet gaan doen, kan ek opgaan in die goeie luime van die toeriste op straat en by die eetplekke.

    Maar die plek, hierdie Hermanus, is deurtrek van verval. Soms is die strate toe. Bande brand. Mense protesteer. Ek sien hulle dans en jil en dreig, bewegende figure anderkant die bewende vlamme. Dan word samesprekings gevoer. Die leiers kom nie goed klaar nie; die protes gaan voort. Dan glimlag hulle saam op foto’s in die saal waar hulle verga­der het en neem hulle voor om oor ’n sekere tyd weer te gesels. Intussen, hope­lik, gaan die protes nie voort nie en ek skuif in my motor verby die baie voetgangers op die sypaadjies en vermy oogkontak.

    Op straat, wanneer daar nie geprotesteer word nie, bespreek mense hulle frustrasies in diverse tale. Ons is tussen iets wat was en die dood van daardie iets. Die nuwe era het nie vorm nie, behalwe dat daar iets skunnigs daaraan is. Mense lyk verdag: behoeftig, of die ene opinies. Welaf mense uit een kleurgroep kontrasteer skerp met diegene uit ander groepe wat lyk of hulle swaarkry – snags word sowel bleek as donker boemelaars uit deuringange en bushaltes verdryf. ’n Verstommend mooi vrou gluur my aan omdat ek na haar staar. In die parkie drom die hawelose mans saam. Op die voetpaadjies langs die kus dwaal sekuriteitswagte tussen die toeriste. In die woonbuurte ry die wagte fiets, radio’s op die heupe. Op die hoeke sit die werknemers van sekuriteitsmaatskappye in hul bakkies terwyl berigte uit luidsprekers in die paneelborde voor hulle blêr.

    Betsy het lekker roosterbroodjies met spek en piesang. Die koffie is nie sleg nie, hoewel te koud. Dit moet die perkoleerder wees: dalk sit hulle dit heeltyd af om krag te bespaar. Deesdae moet almal spaar: krag, water, sosiale energie. Swaarder tye lê voor. Nie net ter plaatse nie. Berigte is volop oor terrorisme, migrasie en die rookspore wat interkontinen­tale missiele deur die atmosfeer kan trek. Die morele situasie dui aan dat iets gaan gebeur. In die media bespiegel mense oor ’n wêreldoorlog. Gelowiges stuur teksboodskappe aan mekaar oor die opbou van wapens in die Midde-Ooste.

    Ek oorweeg dit om die koffie terug te stuur, maar dink aan my goeie verhouding met die vrou. Hier staan sy by my tafel, frisserig soos dit na my mening ’n kosmaker betaam, vriendelik. Wanneer sy lank in die kombuis was – want sy kook self – is haar gesig rooi sodat haar groen oë opmerklik is.

    Hoe gaan dit met die werk? vra sy gesellig.

    Goed. Ek lees nou oor Triëst.

    Wat gebeur daar? Net so gesellig. Ek weet nie of sy belangstel en of sy terg nie.

    Dis waar my karakter dood is, Kersdag 1820.

    Haar linkerhand druk hier by my teen die tafel, die vingers van wis­selende grootte, verdikkings aan die litte.

    Waaraan is sy dood? vra Betsy. Ek neem aan dis ’n romantiese ver­haal wat sentimenteel of ten minste tragies eindig. Dit beter wees. Dis nou ’n romantiese tyd, met Valentynsdag.

    Ek skryf nie romantiese verhale nie. My boek gaan oor Napoleon se minister van polisie.

    So dis als stokou, horingdroë politiek?

    Jy kan so sê.

    Wie wil weet wat tweehonderd jaar gelede in ’n vreemde land gebeur het?

    Hy was ’n interessante figuur. Hy was bekend as die slagter van Lyon. Hy het baie mense laat doodmaak. Ek glo hy het beheer oor die situasie verloor. Dis wat ek argumenteer, in elk geval.

    En dit trek jou aan? Dat hy kon doodmaak? Dat hy kon foute maak? Sy het een hand in die ander vasgeklem, asof sy bang is sy reik onwillekeurig na my.

    Wat my aantrek, is hoe hy hom na die heersende winde kon skik. Hy was ’n man wat ’n situasie kon lees. Telkens het hy hom in prominensie ingewerk, ongeag wie aan bewind was.

    Geweld, sê Betsy. Altyd hierdie gevoel iemand gaan jou aanrand. Wat het hy nog gedoen?

    Hy het die kerke probeer verbied. Kennisgewings in begraafplase opgesit dat die menslike reis hier stop, daar is geen hiernamaals nie. Hy wou Christenskap vernietig.

    Verouderde tema. Sy klink trots op die stelling. Maar dit was ’n an­der tyd. Wat gaan vandag aan? Als keer om. Dis wat my so kwaad maak, al die opinies wat so verander het.

    Ek vermy daardie roete: Ek het ander belangstellings ook. Ek kan met rekenaarstelsels ook werk. Jare gelede is ek opgelei om te programmeer … En ek het nogal van gevegskuns gehou …

    Van die dak hang heelparty rooi en pienk harte en linte, merk ek nou. By tafels sit mense. Miskien is Betsy teleurgesteld oor iets. Die lewe kon seker anders gewees het.

    Buite die restaurant is daar ’n swetterjoel mossies in ’n boom. Die voëltjies kwetter so dat die klank ander klanke verdring. Ek probeer kyk wat hulle so fassineer en iemand toet – ek het amper voor ’n motor in­geloop. Ek merk die bestuurder. Dis die man wat tans in die oorlewende vrou se woonstel bly: lank, bebaard, bedonkerbrild. Dis in werklikheid ’n buurman van my. Die jong man skud sy kop, lag dan oopmond, miskien gemoedelik, miskien koggelend. Dit laat my sleg voel. Ek wens hom on­gerief toe in die nabye toekoms.

    3

    Moontlik het ek te min om te doen, want dis die see waarheen ek my op ’n weeksdag wend, die kilometer lange stuk sand, waar die branders nimmereindigend opstaan en neersloeg en dan in plate blink, koue water oor die stemmig gekleurde sand uitstoot en terugtrek. Twee seuns tier oor so ’n plaat dat die water spat, elkeen op ’n plat, ronde bord wat teen die naaste brandertjie uitklim en met ’n sierlike draai van hulle bene ’n boog water die lug instuur voor al twee kniediep staan, buk om die borde op te tel en uitdraf om die volgende waterplaat aan te durf.

    Bo die waterlyn sit drie vroue bymekaar op handdoeke, in warm klere aangetrek, maer soos houtkruise. By die ablusieblokke staan vier wagte en gesels soos ridders voor die apokalips. Maar dis net my indruk: op hulle eie beskou, sonder my inset, lyk hulle ontspanne. Trouens, iets aan dié wat ontspan, bots met iets aan diegene wat hulle oppas.

    Bo die strook groen en duskant die vaalgroen berg steek die dakke van duur huise uit, die soort plekke wat in ’n revolusie in vlamme opgaan. En dis te verwagte – die optogte sal nog die welaf woonbuurte in beweeg, die klippe sal trek, die vlammetjies sal brandgemaak word, die mense sal in die huise wegkruip en die God van hulle kindertye onthou, op wie hulle intussen die rug gedraai het. Ek loop net duskant die verste lek van die water, seedreuning in my ore, regs van my die groen melkhoutbome en die rotse, links van my die baai en ver weg ’n skuins rooi dak in die hawe.

    Sy is daar, die oorlewende. Sy het ’n swart eenstukbaaikostuum aan wat haar decolletage en skouers bedek, seker om haar wond te versteek. Haar bene is lank onder haar ewe lang lyf, haar hare in ’n hoë poniestert. Ek is bewus van ’n sekere skoonheid terwyl sy naderkom, haar arms voor haar lyf gevou. Sy lyk na die soort mens wat diegene om haar gesond laat voel. Dit is dalk ’n soort trots aan haar wat my aantrek, of bloot sensasie: sy bly ’n mens, ’n vrou, ten spyte van ’n moordpoging. Ek loop afkyk-afkyk nader, onseker oor wat my te doen staan. Haar aandag is by die see en miskien die wolkrif op die horison. Ek kom tot by haar en ons blikke ontmoet, haar oë donker. Was ek ’n storieverteller, het ek gesê onpeilbaar. Haar mond is rooi.

    Middag, sê ek.

    Hallo.

    Sy loop verby. Ek kyk terug, hoor weer ’n slag, toe nog een. Sy het die man in haar lewe verloor.

    Voor my lê iets wits waar die sand nat en grys is. Dis ’n krap, ’n dooie krap, wat leeggedra word deur skulpdiertjies wat daarop wei. So ’n diertjie het ’n wit tuit wat hy in die krapvleis druk. Daar is verskeie, twintig, dertig, wat eet aan dieselfde krap.

    Ek staan daar tot mense naderkom. Dis ’n paartjie, die eerste defini­tiewe paartjie wat ek op Valentynsdag sien. Hulle hou hande vas en kyk na my en die man bars uit van die lag en die vrou kyk giggelend weg. Ek voel dwaas en loop van hulle weg, tot hulle ver is en toe buite sig en ek kan omdraai en teruggaan na my motor.

    4

    By die woonstelblok gaan dit party nagte onrustig. Daar is uitroepe, van uitgelatenheid, ander kere van ongeduld, dronkenskap of moedeloos­heid. Of blote onnadenkendheid, want die mense wat langs my bly, besef nie hulle praat so hard voor my kamervenster wat op die binnehof oop­maak nie. Ek word in die nag wakker en lê in die donker en wag dat dit stil word. Af en toe sit ek die lig aan om te lees, maar dan voel ek soos ’n teiken. Asof iemand my lig gaan merk, nader gaan kom, op asiel gaan aandring, om hulp gaan smeek.

    Ek kry besoek. Dis Peet. Ek sien hom die eerste keer in twaalf jaar. Ons het mekaar ontgroei, deels omdat ek meen hy is onbetroubaar wan­neer hy drink. ’n Listige karakter en ’n poetsbakker, hy. Daar was voorvalle in die verlede, ek wat by hom en sy vrou kuier en gelukkig is, so gelukkig en gekoester soos nog selde in my lewe.

    Ek onthou ’n situasie waar ek dolgelukkig op die vloer lê en sê: As ek julle net kan vertel van die lewe en hoe dit is.

    En die twee van hulle lag histeries en sy vrou sê: Dis so lekker om jou hier te hê, Jaco. En hulle lag weer.

    Eendag sien ek in hulle kombuisie hy sprinkel iets oor die kos wat hy besig is om te maak. Hy sê dis neutmuskaat en vra of ek wil wyn hê. ’n Ander keer praat sy vrou van hoog raak en hou meteens haar hand voor haar mond. ’n Derde keer verklaar ’n ander vriend van hom ná ’n partytjie hy kan nie verstaan waarom hy vanoggend so goofed voel nie. Die rede was eenvoudig dat Peet sy gaste dagga voer: dít is die verklaring vir sy gewildheid en die toeloop van mense in hulle lang, smal woonstel met die skewe teëls in die gang. Dit is geensins die een of ander watwonder­se persoonlikheid wat hy het nie; dis weens dwelms dat hulle kuiers by hom betekenisvol is. Maar maak dit saak? Hy was eens ’n vriend. Is nou geselskap, min of meer.

    Ek luister na dit waaraan hy hom verwonder – sy seuns wat hy slim verklaar, sy vrou wat hy lojaal noem, sy belangstelling in motorfietse, valskerms, ski in Europa, rugby, sokker, ou vriende wat roekelose, avon­tuurlike dinge doen.

    ’n Uur word twee uur. My gesels is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1