Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Krake
Krake
Krake
Ebook288 pages5 hours

Krake

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

As hy die finansiële state het, kan hy begin. Dan kom die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hul base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy maag. Dis soos wanneer ’n jagter die slot oopmaak en die patrone in die magasyn druk. Vir hom is só ’n finansiële dokument die reuk van forensiese geweerolie. Daar is geen waarborg dat hy sal tref of selfs ’n skoot sal inkry nie, maar dis die begin van die jag. Roux Venske, hy is dié jagter. Jare in die staatsdiens, eers die polisie en toe forensies, maar nou vryskut. Die oproep wat hy van Nono Baloyi gekry het, maak hom nie juis opgewonde nie. Hy het nie ooghare vir die nuwe politieke elite nie, hulle is vir hom net so erg soos die voriges. Maar toe kry hy, terwyl hy met haar goed besig is, dié state. Dié van Vincent Mabena, een van die rykste mense in die land. En die jag begin. Krake is ’n goed geoliede geweer van ’n spanningsroman. Vlot, blitssnel, doodsekuur, maar met ’n polsslag wat saamval met die hartklop van hierdie komplekse land en al sy mense.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 1, 2014
ISBN9780624070849
Krake
Author

Peet van Staden

Peet van Staden het so te sê bygestaan toe die ou Suid-Afrika sy asem uitgeblaas en die nuwe sy asem onder ’n gedawer ingetrek het. Dit het hom presies die agtergrond verskaf vir die skryf van ’n verhaal soos Krake. Hy was veertig jaar joernalis, die laaste sewe-en-twintig jaar daarvan ’n senior lid van die SAUK se TV-nuusredaksie. Aanvanklik was hy nuusskrywer, van 1985 af meer as dertien jaar lank bulletinredakteur, en in sy laaste twaalf jaar voor aftrede as uitvoerende regisseur oorhoofs in beheer van Afrikaanse TV-nuus. As skoolseun en student was hy al joernalis. Daarna was hy aanvanklik koerantman, en het as sportskrywer by Die Vaderland en Rapport gewerk.

Related to Krake

Related ebooks

Related articles

Reviews for Krake

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Krake - Peet van Staden

    Vir Elise

    uit erkenning vir alles,

    insluitend die vertroue

    1

    Sy selfoon lui. Hy sit sy bos sleutels neer en trek die foon uit sy sak. Soos met sy meeste oproepe staan daar op die skermpie net Onbekend. Op sy nommerlys is daar net vier inskrywings onder hulle regte name, en nie een het hom die afgelope ses weke gebel nie. Dis seker weer een wat sy geld soek. Invorderaars bel soggens vroeg of saans.

    Roux.

    My naam is Baloyi, en ek wil graag met jou praat. Dit kan vir ons al twee voordelig wees. Dis ’n vrou en sy praat Engels. Die aksent klink Suid-Afrikaans, maar uit ’n privaat skool. En daar is iets by – Brits? Amerikaans? Sy klink redelik jonk, maar haar stem is sterk, gesofistikeerd, selfversekerd.

    Waaroor moet ons praat?

    Dit sê ek liewer vir jou self. Ontmoet my halftwaalf môre in Melville. Ek sal die adres vir jou ’n paar minute voor die tyd SMS.

    En sê nou ek kom nie?

    Wat ek van jou weet, laat my dink jy moenie nee sê vir ’n bietjie hulp nie.

    Ja? En hoe weet ek wie is …?

    Hy hoor net die selfoon se dooddruktoon. Sommer so neersit! Wie de hel dink sy is sy? brom hy. En wat bedoel sy met haar hulp? Of dan: Hoe weet sy hy het hulp nodig? Die duiwel weet hy hét.

    ’n Oomblik staan hy besluiteloos en vryf oor sy ongeskeerde ken. Hy kyk op sy enigste horlosie – die foon s’n – en tel die sleutels op.

    Die oggendverkeer waar hy noordwaarts ry, is ligter as van voor af, want selfs teen dié tyd tou die laaste van die daaglikse honderdduisende mense nog Johannesburg toe, na die groot werkplek. Maar ook in sy rigting gaan dit druk. Eers naby die Hartbeespoortdam raak die verkeer rustiger en kan hy begin dink aan dié rit wat hy nou al so lank beplan en telkens weer uitstel.

    Dis nou al maande dat hy dreig om te ry, maar telkens kry hy ’n werkie of daar val iets anders voor. Selfs vanoggend toe hy al so te sê op pad was, bel daardie vervlakste vrou – wat is haar naam nou weer? Baloyi, ja – met haar aanbod. Hy dwing hom om nie te begin bespiegel oor die aard van die bietjie hulp waarvan sy gepraat het nie. Toe hy besluit het om sy eie paadjie te loop, wou hy die tyd en ruimte kry vir persoonlike dinge soos dié rit. Maar wragtig, hy het nie voorsien dat dit so bars sal gaan om ’n bestaan te maak nie.

    Sy eerste reaksie was om die rit sommer weer uit te stel. Maar nou is hy op pad. Sy bakkie is vol brandstof. Baloyi kan wag tot môre.

    Hy ry oor Brits, dan by die Rooikoppiesdam verby. Beestekraal. Op Assen draai hy links weg op die Northampad.

    Wat gaan hy kyk? Wat gaan soek hy? Die plek of die mense? Kilometers lank wonder hy.

    Dit maak g’n saak nie, sê hy hardop. Antwoorde is wat hy soek.

    Alles lyk vreemd. Drie keer vra hy pad.

    Uiteindelik hou hy op ’n kaal werf stil. Hy klim uit en kyk rond. Niks lyk vir hom bekend nie. ’n Swart hond met ’n lang stert blaf en kom aangeslenter. Op die stoep sit ’n man op ’n flenter gemakstoel hom en aankyk.

    Hy loop nader en groet. Eers vra hy na die gesondheid en die beeste en hoeveel reën daar in die somer was. Uiteindelik sê hy hoekom hy daar is.

    Dit kos hom ’n uur se praat, vyftig rand en uiteindelik ook ’n bottel brandewyn. Die hoofman van die gemeenskappie hou die bottel styf vas en roep oor sy skouer na waar drie knape van kwalik tien kaalvoet by ’n muur drentel.

    Die grootste een kom nader.

    Die hoofman gee vir hom opdragte in Tswana. Die seun vra ’n vraag. Sy antwoord kom in ’n meewarige stemtoon en met ’n armswaai.

    Die man draai hom na die besoeker. Dié seun sal jou die plek gaan wys.

    Dankie. Hulle skud hand en wens mekaar in Tswana ’n voorspoedige reis en ’n rustige verblyf toe.

    Al drie seuns sit al op die rand van die bak toe hy by sy voertuig kom. Hoe ry ons? vra hy vir die grote.

    Die knaap beduie met die hand: eers af verby die mielielandjie, dan regs en oor daai nekkie.

    Nou goed. Maar julle moet vashou. Die pad is sleg, netnou foeter julle af. Hy wag dat hulle knik, klim in en skakel aan. Stoffies slaan onder die wiele uit.

    Agter die nekkie draai hulle by ’n lelike gruisgat weer regs. Teen die rant hou hy stil wanneer die seun teen die bakwand klap. Hy klim uit en kyk rond.

    Die winterson skyn warm en skerp.

    Dis sekerlik die verkeerde plek, sê hy vir homself. Hy herken dan niks nie … Hier is niks nie: g’n huis, g’n kraal, g’n dam nie. Veral g’n boom nie. Daar was tog ’n vrugteboord én baie koeltebome. Hier is net plek-plek soetdorinkies, kaal tot waar die boerbokke kan bykom, die grond onder poeier getrap. Turfgrond maak so, het sy pa altyd gesê. Omdat die grond so rek en krimp weens die vog, skeur die wortels en die bome verdwerg.

    Nee, dis sekerlik die verkeerde plek.

    En tog. Die opstal was ook onder ’n rant, teen só ’n helling. Dit is dieselfde swart grond. Ondertoe, rivier se kant toe, word die turf die bolaag: swaar en swart en blink van die vog. Wanneer dit uitdroog, verhard dit soos beton.

    As dit dieselfde plek is, moet hier tog iets oor wees van die opstal. Hy moet dan soontoe gaan kyk. Die kraal was seker dáár.

    Hy loop daarheen, oë soekend tussen die polle wit gras na die oorblyfsel van bouwerk.

    Die seuns drentel agterna. Vreemdelinge beteken geleenthede, hier waar so min is.

    Hy sien die huisfondament; meet met die oë waar die buitegeboue was; loop dan kraal toe. Hier – nee, ’n bietjie links – was ’n groot kareeboom. Sy eerste voël daar geskiet, ’n glasogie. Met sy kettie met die haasrekke. Die velletjie het hy van ’n manskoen afgesny wat hy in die wastafel met die klipblad in die badkamer uitgesnuffel het … en daarvoor later by sy ma deurgeloop.

    ’n Potsierlike stomp trek sy aandag. Ja wragtig! Dis die krom hoekpaal van die kraal. Sy pa het die ander maar laat spot oor sy hoekpaal. Ja, praat julle maar. Sy pa se stem was rustig. Dis olienhout dié, krom, maar sterker as staal. Miere vreet net die bietjie spinthout buite om. Die pithout is te hard vir hulle. Julle sal sien, dié paal sal staan lank nadat ek al onder die kluite is.

    Sy pa. Hy sluk.

    Daar moet nog iets te sien wees van die boorgat. Hy kyk links en regs. Hier was tog … ja, ’n yslike woud tussen twee leivore waar hy sy speletjies uitgeleef en hom een middag teen ’n rinkhals vasgeloop het. Diékant was daar ’n bamboesbos wat ’n gruisgat oorgeneem het … seker waar daai boskasie nou staan.

    Hoe kan dit alles verdwyn het, sommer so binne ’n dekade of twee?

    Die spinnerakke wys hom uiteindelik die boorgat tussen die dor veldgras. Die gat is duidelik met grond toegegooi, maar reën het van die grond ingespoel. Spinnekoppe het dit kom toespin.

    Hy gaan sit by die verspoelde opening op sy hurke en krap met ’n stok in die grond.

    Dis nou Lemoenfontein. Dis nou wat oorgebly het van soveel swoeg en droom en hoop. Hy sit ’n ruk net so, sy gedagtes soekend, dralend, sonder dat dit ooit op die paadjie tussen oorsaak en gevolg beland.

    Uiteindelik staan hy op en loop terug na sy bakkie. Die skaduwees lê skuins weg van die sakkende son af.

    Agter die stuurwiel sit hy weer ’n ruk stil. Uit gewoonte haal hy sy selfoon uit sy broeksak, kyk hoe laat dit is en of iemand hom gesoek het. Die skerm is leeg. Nie eens ’n smous probeer goedkoop lugtyd aan hom afsmeer en geen Nigeriese swendelaar stel hom in kennis dat sy selfoonnommer in ’n loting ’n miljoen pond gewen het nie.

    Hy roep die lys oproepe op wat hy gekry het en kyk na die boonste Onbekend voordat hy die bakkie aanskakel.

    2

    Hy hou stil in ’n smal dwarsstraatjie met ’n koelte en parkeer so dat hy moontlike grypdiewe betyds sal kan sien aankom.

    Drie minute later gee sy selfoon ’n trilling en die SMS-piep. Hy tik op die skermikoon en lees: Bookshop in melville called infinite books. In eighth ave near corner coffee shop.

    Hy wag nog vier minute, skakel die bakkie aan en ry ’n paar blokke nader na die boekwinkel toe. ’n Karwag met rooi oë belowe plegtig hy sal mooi na die bakkie kyk.

    Hy loop die twee blokke na die boekwinkel toe; knik vir die vrou by die lessenaartjie langs die deur. Ek kyk ’n bietjie rond.

    Goed. Haar oë val dadelik terug na die boek wat sy sit en lees.

    Die winkel is leeg. Teen die mure is rakke tot teen die staalplafon. In die middel van die winkel is daar drie laer rye rakke, almal propvol. Oorkant die lessenaar is een met glasdeure en ’n slot aan, vermoedelik vir die skaars boeke.

    Hy kyk na een of twee boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die een is vol notas met balpuntpen en die ander se bindwerk is al voos geblaai. Hy kyk na die prys – sweerlik ná aan wat nuwes kos. Goed, gekos het toe hy laas boeke kon koop.

    Hy kyk na die selfoon: tien minute laat. Sê nou sy daag nie op nie? Hy besluit om nog vyf minute te wag.

    ’n Ouerige vrou, met ’n gebreide mus op haar kop en ’n tjalie van dieselfde wol oor haar krommerige skouers loop in en begin tussen die rakke snuffel. Sy het ’n blou lapsak met worshond-motiewe daarop. Die vrou by die voordeur kyk kwalik op.

    Nog twee minute.

    Hy voel die ouer vrou se teenwoordigheid eerder aan as dat hy haar sien. Sy staan by die kopkant van die rak en roep hom met haar oë. Hy kyk nou eers behoorlik: die mus en tjalie laat haar ouer, gewoner lyk. Sy het ’n deftige swart baadjie en langbroek by ’n wit bloes aan en ondertoe ’n paar hoëhakskoene wat sweerlik meer kos as sy kruideniersware die afgelope drie maande. Die hakke laat haar langer lyk. Haar gesig is jonk, haar oë skerp en intelligent. Haar grimering lyk professioneel, en onder die mus sien hy hare wat in rytjies boontoe om haar kop spiraal soos die katedraalkoepel op die Rooi Plein.

    Hy loop nader. Jy is laat.

    Nee, ek het gesien toe jy aankom, maar ek wou seker maak jy word nie agtervolg nie.

    Wie sou my nou wou agtervolg?

    Sy beduie met haar hand. Los dit maar. My naam is Nono Baloyi, en ek weet jy is Roux Venske. Ek weet ook dat jy moeilik is om mee oor die weg te kom. Maar ek verstaan dat jy jare lank vir die staat goeie werk gedoen het waarvoor jou kollegas die erkenning gekry het. Ek hoef nie te weet of jy daaroor bedank het, of omdat jy nie lus was vir die nuwe bedeling nie.

    Die ou bedeling was al vir my te veel.

    En sedertdien sukkel jy, want ook die vryskutwerk word vir die begunstigde groep gegee?

    Hy trek skewemond.

    Toemaar, albei kante voel deesdae die werklikheid van die nuutjie. Ek is ’n senior bestuurder in ’n afdeling van die staatsdiens waarvan jy nie veel hoef te weet nie. Daar het ek sekere spesialiste nodig, byvoorbeeld forensiese ondersoekers. Ek soek iemand met ervaring van finansiële ondersoeke. Jy is genoem. Koppig of nie, ek verstaan jy ken die werk en ’n mens kan op jou reken. Blykbaar het jy ook nog bruikbare kontakte op ’n paar belangrike plekke. Ek wil jou op kontrak aanstel. Jy word betaal, goed betaal, as ’n konsultant onder die naam van ’n beslote korporasie. Voordat jy antwoord: alles is wettig, maar dis hoogs vertroulike werk. Ek verwag dat versigtigheid ook by jou tweede natuur moet wees. As jy één keer onverskillig optree, steek ek jou net so vinnig in die pad as wat ek jou aangestel het. Verstaan?

    Dis duidelik.

    Blykbaar kan jy ook op jou eie werk. Dis goed, want jy moet die werk van jou huis af doen. Ons skakel per e-pos. Ek gee ook vir jou ’n selfoonnommer waar jy my enige tyd kan bel wanneer dit rêrig nodig is. Wanneer ons self met mekaar móét praat, hou ons dit kort. Daar is nie tyd vir geselsies nie. En dit sal gebeur soos nou, maar elke keer op ’n ander plek, en nooit in die openbaar nie.

    Sy is so vervlaks selfversekerd. Hy wil iets sê oor die openbare ontmoeting sodat die gesprek minder eensydig verloop, maar hy kry sy woorde nie agtermekaar nie. Hy lig net sy wenkbroue.

    Sy skud haar kop. Mense is so naïef. Weet jy hoeveel veiligheidskameras het ’n plek soos Johannesburg? Ek bedoel nie net die sakemense en die polisie se netwerke teen misdaad nie. Het jy al die veiligheidskameras by ’n gewone voorstedelike vulstasie getel? By elke winkelsentrum dek kameras elke hoek en elke ingang. Omtrent elke huis het deesdae kameras. Duisende karre is daarmee toegerus. Hoeveel selfone is daar in Johannesburg wat foto’s, klank- en video kan opneem?

    Ja-a.

    Wat sê jy van my aanbod?

    Natuurlik aanvaar ek dit. Jy sê dan jy weet hoe ek moet knyp met geld. Maar ek wil sê dit gaan oor meer as geld … Hy kyk haar stip aan. Dit gaan ook oor die ding dat ’n mens iets beteken, dat jy bestaansreg het … dis wat ek die meeste mis nadat ek padgegee het. Maar eerlik, is die verskriklike vertroulikheid nie ’n bietjie oordrewe nie?

    Ek is ’n versigtige mens. Dis hoekom ek is waar ek is. Ons ondersoek skelms wat groot geld by die staat steel. Hoe minder hulle vooraf weet, hoe moeiliker is dit vir hulle en hoe veiliger is dit vir my. Buitendien, almal spioeneer op almal. Niks is meer vertroulik nie. Die staat spioeneer. Die Ontvanger het toegang tot alles. Banke spioeneer. Selfoonmaatskappye verkoop lyste nommers aan enige smous of marknavorser. Omtrent elke rekenaar het spioenasieprogramme in. Skelms kan hulle maklik inwurm.

    Kry ek my opdragte per e-pos, want dan moet ek my adres vir jou gee?

    Ek het jou e-posadres. Trouens, ek het toegang tot alles op jou rekenaar, wat beteken omtrent enigeen kan dit lees. Sy gooi weer ’n oog oor die winkel en buk oor haar drasak. Hier is my kontaknommer en die e-posadresse wat jy vir my en jou moet gebruik. Memoriseer dit en vernietig die nota. Hier is ook vir jou ’n rekenaar en selfoon wat jy net vir my werk moet gebruik. Dis sonder spioenasieprogramme.

    Behalwe natuurlik jou eie spioenasieprogram?

    Natuurlik. Sonder ’n groet loop sy uit.

    Hy kyk haar agterna en dan af na die pakkaas wat sy vir hom gegee het. Hy staar daarna terwyl die gewaarwording by hom posvat: Hierdie tien, twaalf minute het my lewe omgedop. Nou is ek in ’n ander rigting op pad. Vir ’n oomblik veeg sy gedagtes soos ’n windvlaag oor Lemoenfontein se ruïnes, en dan is sy aandag weer volledig by wat pas in die nou ruimte tussen die rakke in die boekwinkel gebeur het. Hy dink aan die vergoeding wat Nono Baloyi genoem het. Ja wragtig, min wittes was in die ou bedeling só bevoorreg.

    3

    Roux Venske sit by ’n lessenaar in die tweede slaapkamer van sy troshuis in Randburg. Dis sy studeerkamer-kantoor. Uit die hoek van sy oog sien hy die selfoon se skerm verhelder. Daar is een lui en dan stilte. Hy druk die knoppie en kyk na die oorsprong van die gemiste oproep. Herman Botes.

    Daar bestaan nie ’n Herman Botes nie, altans hy ken nie so iemand nie. Dis die skuilnaam van een van sy belangrikste bankkontakte. ’n Gemiste oproep van hom beteken ’n afspraak oor tagtig minute. Tensy hy self met ’n gemiste oproep reageer. Die maand bepaal in watter van vier plekke hulle bymekaarkom. Sulke voorsorg amuseer hom heimlik: Nono Baloyi se versigtigheid syfer deur.

    Hy kyk op die foon hoe laat dit is en maak ’n vinnige sommetjie. Tyd vir koffie. Hy maak een beker en wag kruisbeen dat dit deurloop.

    Dit is nou byna twee jaar sedert hy Nono in Melville ontmoet het. ’n Hele paar van sy ondersoeke is al afgehandel, en meer is aan die gang. Hy brei sy kontakte wyd uit, want die wêreld van geld en skelms in Suid-Afrika groei en verander so vinnig dat ’n mens kwalik kan byhou. Die belangrikste is dat Nono al meer as een keer gesê het hy doen goeie werk. Hy werk hard, dis vir seker, maar die geld kom ook in. In so ’n mate dat hy allerhande dinge wat hy tevore self moes doen nou kan láát doen.

    In die mikrogolfoond maak hy ’n bietjie melk warm en gooi dit by die koffie. Hy drink dit staan-staan en vat sy sleutels.

    Minute later draai hy oos en ry tussen winterkaal plataanbome deur wat die blokke plaveisel op die sypaadjies met hulle wortels skeef druk.

    Ná nog ’n kyk in die truspieël draai hy links in Parkhurst, weg van die toeloop na Vierde Laan se eet- en kuierplekke. Die beknopte voorstad herleef kol-kol soos ’n ou perskeboom. Vierde Laan is waar die jonges eet en kuier, Sesde Straat die plek waar kopers die nuwe ontwerpe en leefgiere te siene kan kry. Tussenin staan kolle vierkantige huisies in wisselende stadiums van herlewing.

    Naby só ’n kol hou hy stil en loop twee kort blokke. Daar is lewe, maar geen teken dat dit sakepersele is nie. By wat lyk na ’n huis wat nog maar halfpad opgeknap is, draai hy die deurknop op die sypaadjie en loop in. Binne is ’n knus kuierkroeg met gedempte lig en geselskap. Soos in New York, waar dié mode ontstaan het, lok die kroeg mense uit ’n binnegroep; mense wat dalk op die internet daarvan gelees het en sedertdien net vir diegene daarvan vertel met wie hulle bereid is om saam te kuier.

    Hy mik na ’n sitplek, maar verander dan oënskynlik van plan en loop regs om na die kleedkamer. Dis leeg en hy gaan by die linkerkantste van twee toilette in. Vier minute later gaan die kleedkamer se deur oop. Voetstappe loop na die urinaalgedeelte van die kleedkamer en dan terug. ’n Vingernael gee twee kloppies aan sy deur. Hy tel tot by tien en laat die toilet spoel.

    ’n Man staan by die regterkantste van twee urinale in die hoek. Venske gaan staan links en trek sy gulp oop.

    Die man se linkerhand glip by Venske se baadjiesak in en druk iets daarin. Kan ons praat? vra hy.

    Jy weet dié ontmoetings is net om inligting oor te dra. Maar hulle sê dis teen die wet om kameras in kleedkamers te installeer. Praat maar gou. Wat pla?

    Venske ken Sanjay Dwarika – die Herman Botes op sy selfoon – teen dié tyd goed. Die man is vir hom nuttig maar taamlik neuroties.

    Ek is bang.

    Jy is altyd bang, soos dit gewoonlik gaan met iemand met ’n vrot gewete. Waarvoor dié keer?

    Dis daardie bankstate wat ek vir jou moet kry …

    Ek dag ons het lankal ooreengekom dat dit vir jou makliker en veiliger is om dit te kry as om vir die Ontvanger en vir jou bankbase te verduidelik van jou bedrog? Maar jy mag van plan verander. Wil jy liewer tronk toe gaan?

    Ja, ek bedoel nee, maar …

    Die deur gaan oop en hulle staan by die urinaal en luister hoe iemand by die verste toilet inloop. Water spoel, en die binne- en buitedeur gaan om die beurt oop en toe.

    Venske gaan loer dat hulle alleen is en kom staan weer by die urinaal. Ek sê weer vir jou: Solank ek veilig is en jy vir my die inligting kry wat ek nodig het, sal niemand van jou skelmstreke hoor nie. Dis nou genoeg daarvan.

    Ja, maar jy weet nie wat het ek daar in jou sak gesit nie. Daar is ’n ekstra stel state op die stokkie. Dis ’n rekening waarop ek afgekom het toe ek die ander vier vir jou gesoek het. Jy vra mos altyd ek moet my oë oophou vir rekenings met probleme of so. En laat ek jou sê dié een stink. O, tog! Dis een van die rykste en magtigste mense in die land. As hy hoor wat ek vir jou gegee het, is ek dood en nie net in die tronk nie.

    Hy sal dit nie by my hoor nie. Hou jy maar net jou bek. Venske druk die spoelmeganisme en sê: Wag vyf minute voordat jy loop. En kry beheer oor jouself.

    Daar is ’n geweerkluis in sy kantoor, opsigtelik in die hoek van die vertrek, maar Roux Venske gaan langs sy lessenaar op sy knieë af, lig die hoek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1