Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Bloedsomer
Bloedsomer
Bloedsomer
Ebook378 pages5 hours

Bloedsomer

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Vroeg in Desember word die oorskot van twee jong vroue ontdek en oornag bevind sy haarself as die hoofondersoeker in ’n raaiselagtige moordsaak.
Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriag van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster in die eerste slagoffer se hand vandaan?
 
LanguageAfrikaans
Release dateFeb 23, 2024
ISBN9780798184229
Bloedsomer
Author

Sidney Gilroy

Sidney Gilroy het in die Oos-Vrystaat groot geword. Sy debuutroman, Klikbek, het in 2019 by H&R verskyn. In 2020 verskyn die opvolg, Middernag, wat in 2021 met die kykNET-Rapport-filmprys bekroon word. Sidney is ’n projekbestuurder in die ingenieursbedryf en woon tans op Hartenbos.

Read more from Sidney Gilroy

Related to Bloedsomer

Related ebooks

Related articles

Reviews for Bloedsomer

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Bloedsomer - Sidney Gilroy

    9780798184229_FC.jpg

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    Human & Rousseau

    Vir Tersia

    The world is a vampire.

    – Billy Corgan, Bullet with Butterfly Wings

      Proloog  

    2005

    Die bietjie vog in die winternaglug lê gekelk oor die vallei. ’n Spookagtige miswolk omvou die eensame figuur op die voetpad.

    Kleintjie Klaasens kry koud. Vir die tweede keer vandat sy langs die grootpad afgelaai is, begin haar sandale van haar voete afglip. Sy kom tot stilstand. Versigtig, met die babadogtertjie op haar rug, buk sy af om die riempies weer om haar enkels te bind.

    Sy bibber toe sy orent kom. Die kind wriemel onder die kombers. Sy strek albei arms na agter om te voel of die verflenterde kombers nog Albaster se gesiggie bedek.

    Gerusgestel dat sy steeds slaap, stap Kleintjie voort. Op die horison wil die eerste sonstrale net-net deur die mistigheid breek. Agter hulle vonkel die sterre flou bo die kliprantjies. Die pad deur die veld is donker.

    Sy stap al lank en die gewig trek haar skeef. Gras vee klam teen haar kuite. Met elke tree wat sy gee, skiet daar krampe deur haar bene. Moordenaarskuil is ’n groot plaas. Kon sy verdwaal het? Sy het voorheen nooit verder as die plaashuis of die huis met die rooi sinkdak gegaan nie. Soms dorp toe. Agter op die trok het sy kwalik opgelet watter paaie hulle ry. Vanoggend net ná vier het die taxi haar by die grootpad afgelaai, kilometers van die plaas se ingang. Sy het gedink dat sy hierdie plaas soos die binnekamers van haar hart ken, maar in die donker is dit so anders.

    Die mis wat nou in slierte om haar verdamp om die nuwe dag aan te kondig, voel meteens dreigend. Dit is asof sy die val en styg van Moordenaarskuil se valleie nie meer herken nie. Asof haar voete huiwer om die regte rigting te vind.

    Sy kom weer tot stilstand. Probeer ’n greep op haar omgewing kry. Op hierdie plaas was sy, Arend en Beulah vir ’n leeftyd vasgevang. Nou krepeer hulle in die sinkhuis in Ottersgat. Haar man gaan by die dag agteruit. Vandat Beulah weg is, verlaat die lewe hom stukkie vir stukkie. Haar familie is aan flarde. Sy is desperaat. Gisteraand het sy besluit dat sy na Boetiger Heemstra se uitgestrekte grond sal terugsluip met dít wat van hulle oorgebly het. Sy moet vóór daglig daar uitkom. As hy op haar afkom voordat sy die opstal bereik, maak hy haar dood. Die maand oue kind ook.

    Met ’n besliste trap van haar regtervoet beur sy vorentoe. Hoe verder sy teen die vallei se helling uit vorder, hoe meer verdring sy die gedagte dat sy nou ’n vreemdeling vir Moordenaarskuil is. Sy trek haar oë op skrefies. Dis net voor sonop en die bome by die kuil vorm ’n versameling van bekende skadu’s agter haar. Sy kan die pad nou sien.

    Waar die voetpad klipperig tot in die vallei uitsak, voel die omgewing nog bekender: ’n landskap van omgedopte sooie en weikampe. Fyn klippies wat onder haar sole knars. Die warm reuk van vars beesmis. ’n Kalf wat in die verte bulk. Die styfgespande doringdraadheining langs die pad. Die laning wattelbome wat tot voor mevrou Heemstra se wye groen grasperk strek. Dié pad eindig net op een plek.

    By die laaste wattelboom kom sy tot stilstand. Sy staar na die lommer. Dan na die stam. Onder die dor repe boombas is haar kind se naam in die sagte vlees uitgekerf. Syne ook.

    Kleintjie het eers van die onteenseglike bewyse bewus geraak toe Beulah se maag met ’n bult begin staan en sy huilend daaroor bely. Daar was vir haar meisiekind geen troos in die wete dat dít wat sy wil hê, nooit mag wees nie. Nagte aaneen het Beulah omgehuil omdat hul name nooit saam op ’n ander plek mag wees nie. Sy en Arend praat en praat. Smeek selfs. Beulah luister nie. En toe gebeur die onvoorkombare: Hulle word uit die karige huis en van die plaas af verjaag. Maande later skenk Beulah in Ottersgat se kliniek geboorte aan Albaster. Alleen.

    Asof Moordenaarskuil en haar verlede met baas Heemstra dinge is wat die kind van haar gesteel het, wil haar dogter niks met Albaster te doen hê nie. Uiteindelik verdwyn Beulah soos ’n dief in die nag. Sy en Arend sit met die vrug van daardie gebeure.

    Kleintjie stap tot voor die boom. Sy druk haar vinger onder die bas in om dit weg te trek. Presies waar sy verduidelik het dit sou wees, staan Beulah se naam verewig in die stam. Haar oë rus op die letters van hul name wat met ’n skewe, hoekvormige hartjie geraam is. Sy voel die grofheid van die hout teen haar handpalm en hoe tenger die dooie bas aan die boom bly klou. Dit sal maklik wees om dit van die boom af te stroop sodat almal Beulah se naam langs syne kan sien. Boetiger en al sy werkers kom binnekort hier verby.

    Sy draai van die boom af weg. Nee. As sy een ding van die Heemstras geleer het, is dit dat hulle ’n geheim sal hou en uit hul pad sal gaan om dié wat weet, se monde te snoer. Sy en Arend is bewyse daarvan.

    Minute later slaan die reuk van gesnyde gras en kreosoot in haar neus op. Die lammerkampe agter die stoor. Die buitelyne van die dieseltenks langs die motorhuis. Fyn dou kleef aan die struike en blomme in die tuin. Sy stap teen die ogiesdraadheining af tot by die hek. Versigtig lig sy die ketting wat om die stutpaal gedraai is. Die hek swaai oop en die skeiding tussen werf en plaas verdwyn. Haar sandale laat donker spore op die nat gras. Voor die stoep huiwer sy.

    Sy tel Albaster van haar rug af. Vou die kombers oop. Vir oulaas kyk sy na die babatjie in haar hande. Sy wil haar só onthou. Haar wange wat blink verby haar neusie rond. Haar vel ligbruin soos kalfsleer. Die reuk van kattekruie en aqueous cream wat aan haar lyfie kleef.

    Die dun velletjies wat oor haar potblou oë span, bly toe. Sy is onbewus van die euwels van hierdie wêreld. Van die sukkelbestaan van haar voorsate en die las wat haar ma moes dra, weet sy niks. Dalk sal sy ’n ander soort lewe lei.

    Here, pas haar op, fluister Kleintjie oor die donserige kombers toe sy haar op die voetmatjie neerlê. Laat baas Boetiger en mevrou Heila se harte sag word. Laat hulle vir Albaster soos hul eie aanneem. Laat die baas vir my en Arend laat terugkom na hierdie plaas. Laat ons ook weer ’n plek van ons eie in hierdie wêreld kan hê.

    Toe die oggendson se strale soos rooi vingers aan die verste horison raak, staan sy weer vir die taxi en wag.

      Hoofstuk 1  

    Donderdag 7 Desember 2023

    11:19

    Sy het presies R25,00 by haar. Dit is nie genoeg nie.

    Clarissa loop koponderstebo by die winkel in. Onderlangs loer sy na die kruideniersware op die rakke. Tamatiesous. Pasta. Blikkies groente en vis. Rys. Meel. Toe sy verby die verhitte vertoonkaste stap, grom haar maag. Die slaptjips, gebraaide wors en gebakte maaltye lyk heerlik. Sy probeer die hongerpyne wegdink. Doelbewus stap sy op die rak met die brood af. Haar oë gly oor die verskeidenheid brode in blou en rooi plastieksakke. Agtien rand vir ’n bruinbrood. Sy lig die sakkie van die rak af.

    In die ry by die kasregister voel sy hoe die ander kopers se oë op haar rus. Sy het nog haar klere van gisteraand aan. Een van die twee stelle wat sy besit.

    Vyf rand se airtime. Vodacom, vra sy toe sy aan die voorpunt kom.

    Buite die winkel leun sy met haar rug teen die muur om van die rukkerige wind te ontsnap. Van hier af lyk die strand bra leeg. Daar is reën op pad. Om haar stap mense haastig na hul motors. Die plastieksakke wat hulle dra, bult van die vleis, wyn, klaargemaakte slaaie en pakke lekkergoed.

    Met die bruinbrood onder haar arm, haal sy die Mobicel S2-foon uit haar broeksak. Sy sleutel die kode vir die lugtyd in. Wag vir die SMS wat haar laat weet dat sy vir ongeveer sewe minute met iemand sal kan praat.

    Jakes antwoord amper onmiddellik.

    Wat soek jy? Dis Donderdag. Jou shift begin eers môreaand. Daar is nie nou vir jou clients nie. Die girls share nie.

    Hei, Jakes, groet sy hom.

    Waarom bel jy? Ek het julle gewaarsku om nie hierdie nommer sommer te gebruik nie.

    Ek … ek weet. Jammer, Jakes. Ek het net gedink dat jy my met iets sal kan help.

    Help? Hy gee ’n snork. Met wat? Het die cops jou gekry?

    Nee, antwoord sy vinnig. Dis iets anderster.

    Nou praat!

    Ek is bietjie short op cash.

    Ek skiet jou niks voor nie. Jy weet hoe dit werk. Jy ken die reëls. Jy kan vir jou volgende shift wag.

    Gisteraand se ouens het nie vir die kamer betaal nie. Toe ek vanoggend daar uit is, het die hotelbestuurder my voorgekeer. Ek moes die rekening betaal. Al my geld is op.

    Jakes word stil. Angstig tel sy die sekondes af. Sy het nie geld oor om nog lugtyd op die foon te laai nie.

    Jy sal in die rooi wees as ek jou help. Ek laaik dit fokkol. Dan moet jy eers weer werk. Dan leen jy weer. Julle haal nooit weer in nie. Só fok dit voort. As dit nie drugs is nie, is dit kakstories soos dié. Ek is nie jou pa of ’n bank nie.

    Ek belowe! Dis wat gebeur het. Toe ek wakker word, was hulle weg. Ek moes amper duisend rand opdok, antwoord sy hom. Ek het daai geld nodig, Jakes. Môre is my afspraak by die dokter. Hy sien my nie verniet nie. Die ARVs kos geld.

    Gmf. Dis nie ek wat jou daai ding gegee het nie. Julle weet julle moet precaution gebruik. Ek leen jou níks.

    Die foon gaan in haar oor dood, of so klink dit. Desperaat tik sy op die toetsbord om te kyk hoeveel lugtyd sy nog het. Genoeg vir twee minute.

    Jakes, moenie aflui nie! Luister net. Ek verwag nie dat jy vir my geld moet leen nie.

    Nou wat dan? kom sy stem weer.

    Connect my net, dis al wat ek vra. Connect my met iemand wat my sal kan help.

    Jy weet waar die clinic is. Gaan daarheen.

    Hulle sal my nie weer help nie. Nie só vinnig nie. Jy ken mense. Jy moet my help.

    Luister, girl. Dis nie my skuld dat jy jou pille aan tikkoppe verkoop nie. Niemand deel daai tipe pille for free uit nie. Nie eers ons dokter nie. By almal gaan jy betaal. Selfs by die dokter wat ek ken.

    Ek wil nie dat jy met ’n dokter moet help nie. Ek kort net die cash.

    Ek het myself duidelik gemaak. Ek skiet jou niks voor nie.

    Ek soek nie geld by jou nie. Connect my net met die regte persoon.

    Sodat jy by hulle cash kan kry?

    Ja.

    Oukei. ’n Side job. No problem. Wie het jy in gedagte?

    Arno.

    Jakes skaterlag.

    Jy is nie Arno se tipe goose nie.

    Ek het iets anders vir hom.

    Wat nogal?

    Inligting.

    Dit klink asof Jakes dink. Sy druk die foon stywer teen haar oor toe die sein begin piep wat aandui dat haar lugtyd amper op is.

    Asseblief. Dis ’n once-off. Arno betaal vir sulke tipe inligting. Ek weet dit.

    Ná wat soos ’n leeftyd voel, praat Jakes uiteindelik weer.

    Ek sal by hom hoor, but I don’t promise anything.

    Dankie, Jakes. Dankie!

    Keep your phone charged.

    Sy kan nie sê of Jakes afgelui het en of haar lugtyd opgeraak het nie. Toe sy van die winkel af wegstap, laat gly sy haar hand by haar broeksak in. Haar vingers vou om die albaster. Daar is honderde grotte langs die kus af. Hoe sal hy weet dat die een waarheen sy hom gaan stuur, leeg sal wees?

      Hoofstuk 2  

    Vrydag 8 Desember 2023

    07:10

    Cobus Smit is een van die eerste besoekers wat vanoggend in die parkeerarea van Mooibaai se swemstrand stilhou. Flink klim hy uit, loop na die kattebak en lig opgewonde die toestel uit. Vir ’n wyle vroetel en verstel hy aan die hommeltuig. Ná enkele minute maak sy nuwe speelding uiteindelik die nodige konneksie sodat hy dit van sy selfoon kan beheer.

    Die hommeltuig begin woer en vibreer. Gou dreun dit teen die blou hemelruim uit.

    Cobus hou sy selfoonskerm dop. Die nuwe 16K-kamera wat hy onlangs op die tuig gemonteer het, stuur beelde van verbysterend hoë gehalte na hom toe terug.

    Die kameralens swiep oor die enkele sonbaaiers op die strand en dan is dit net blou see. Honderd meter verder gewaar hy beweging in die water. Hy stuur die tuig soontoe. Ingenome glimlag hy vir die skool dolfyne wat deur die branders duik. Die beelde op sy selfoon is so duidelik dat hy die ronding van die dolfyne se donker oogballe kan sien.

    In die boonste hoek van die skerm staan die hommeltuig se batterylewe nog op 80%. Hy kan nog lank en ver daarmee vlieg.

    Cobus laat keer die tuig na die strand terug. Spoedig verveel die beelde van mense wat sambrele opslaan en handdoeke neerlê hom egter. Hy stuur dit in die rigting van die kranse neffens die strand. Volg die dowwe, ligbruin naaf van die staproete tussen die renosterbosse op sy skerm.

    Op die horison flikker iets. Hy stuur die gemonteerde kamera soontoe.

    Die hommeltuig snel oor die landskap, wat nou meer na veld as fynbos lyk. Teleurgesteld besef Cobus dat dit maar ’n verlate windpomp se spane is wat so in die son geblink het. Duidelik sien hy die stellasie toe die tuig nader daaraan vlieg.

    Nog nader sien hy iets anders: Daar lê iets tussen die voetstukke van die windpomp. ’n Hond? Dalk iemand se vullis? Dis donker en inmekaargebondel. ’n Rilling trek deur hom toe die tuig so naby aan die stellasie kom dat hy roesvlekke op die staalwerk kan sien. Dis nie ’n dier nie. Dis ’n mens. ’n Bebloede, lewelose mens.

      Hoofstuk 3  

    Vrydag 8 Desember 2023

    08:03

    Petunia Moraleng staan met ’n klein swart handsak styf onder haar arm geklem. Sweet rol oral teen haar lyf af. Dit was ’n volle 1 480 tree van die koshuis af tot hier. Sy het getel.

    Sy kyk teen die sypaadjie af. Haar blou uniform kleef aan haar rug vas. Nêrens is daar ’n kraan te sien nie en sy gaan dood van die dors. Geïrriteerd kyk sy op haar polshorlosie. Waar bly die agent?

    Petunia meet die meenthuiskompleks met haar oë. Dit is een van baie min op hierdie rustige vakansiedorpie aan die Suid-Kaapse kus. ’n Ent weg glim die vroegoggendson oor die uitgestrekte see. Sy skud haar kop afkeurend. Sy moet nog gewoond raak aan die blou uitsig oral om haar. Selfs vanuit haar nuwe kantoor by die Mooibaai-polisiestasie is blou water al wat sy heeldag lank sien. Sy wil-wil verlangend begin terugdink aan Parys in die Vrystaat se stowwerige strate, die uitgestrekte veldlandskap en die groen stroke mielies, toe die eiendomsagent se bloedrooi Mini Cooper om die hoek verskyn.

    Die klein, vierkantige kar stop langs haar en die ruit gly met ’n zjoerts-geluid af.

    Môre, mevrou Mothabeng.

    Moraleng, antwoord Petunia bitsig. Jy is laat.

    Asof sy haar vir ’n nier gevra het, kyk die eiendomsagent Petunia verward aan. Ag, natuurlik, ek is jammer, mevrou Mo-ra-lêng! glimlag sy soet voordat sy om, verby en agter Petunia kyk. Waar is mevrou se motor? Ry asseblief agter my aan. Die elektriese hek maak vanself toe.

    Ek stap sommer in, dankie, antwoord Petunia en swaai haar handsak oor haar skouer.

    Ietwat verdwaas en al loerende in die truspieëltjie, ry die eiendomsagent tot voor die eenheid in die meenthuiskompleks wat te huur is. Die hek rol rukkerig agter Petunia toe. Dit neem haar ’n rukkie om die plek waar die rooi Mini geparkeer staan te bereik. Die agent staan gereed met ’n knipbord waarop ’n klomp papiere vasgeklamp is.

    Hier is die meenthuis dan, kondig sy trots aan, vroetel met ’n bossie sleutels en sluit die voordeur oop.

    Is dít die plek? vra Petunia toe die agent haar stralend na binne beduie. Dit lyk treurig anders as die res van die wonings. Geen swierige pilare voor die deur nie. Geen blombeddings waarin pronkertjies of afrikaners blom nie. Geen wye vensters wat op die geplaveide rylaan uitkyk nie. Hierdie blyplek is ’n vierkantige blok van sierstene met ’n anonieme voordeur in die middel van die voorste muur. Ek dog jy sê hierdie is ’n meenthuis?

    Weer verskyn ’n verdwaasde uitdrukking op die gesig van die jong vrou met die kabouterhaarstyl.

    Dit ís ’n meenthuis, mevrou.

    Hoekom lyk dit dan nie soos die ander in die kompleks nie?

    In die groot spieël wat in die ingang hang, sien Petunia haarself en die eiendomsagent. In aansien kan hulle nie verder van mekaar verwyderd wees nie. Die agent is slank, ’n aks onder ses voet en sy het rooi-rooi lippe en baie-baie onderlaag aan. Oorkant haar staan ’n kort, mollige vrou wie se donker hare in ’n stywe poniestert agter haar ore verdwyn. Haar boesem veg teen die knope van haar knap uniform. Haar gelaat grimeringloos.

    Uitdagend vou Petunia haar voorarms voor haar saam. Ek hoop nie jy is besig om my tyd te mors nie …

    Nee! Glad nie, mevrou, stamel die eiendomsagent. Hierdie meenthuis is net in ’n ander styl gebou. Dis al. Kom in!

    Dit lyk soos ’n nagedagte, sê Petunia toe sy instap.

    Hierdie is die laaste beskikbare blyplek in Mooibaai wat ek vir u kan wys, mevrou, antwoord die agent terwyl haar oë verbouereerd oor die knipbord in haar hande gly. Die meenthuis het ingeboude kaste, ’n gasstoof en fantastiese afwerkings.

    Het dit altyd so gelyk?

    Hoe, mevrou?

    So … Met ’n geplooide voorkop beduie Petunia om haar heen. So vierkantig.

    Die agent kruis haar arms om die knipbord sodat dit ’n buffer tussen hulle vorm. Dit was voorheen ’n bootstoor, mevrou. Dit is onlangs eers in ’n meenthuis omskep. Die eienaar het dit baie stylvol laat doen.

    Petunia leun terug totdat haar agterstewe teen die muur rus. Die plek lyk soos ’n boks waarin mens Kentucky koop. Soos ’n garage, herhaal sy. Ek dog jy sê dié een het alles waarna ek op soek is?

    Dit het, mevrou.

    Dit lyk dan nie eers soos ’n meenthuis of ’n woonstel nie.

    Kom ons loer eers verder voordat ons té negatief raak? glimlag die agent. Dalk hou mevrou nog daarvan.

    Hoeveel slaapkamers?

    Dis ’n tweeslaapkamer, mevrou.

    Prys?

    Net so bietjie bo mevrou se prysklas.

    Petunia kyk op haar polshorlosie. Dae aaneen ploeter sy te voet agter die agent aan om die een blyplek ná die ander op Mooibaai te besigtig. Vir elkeen van die ses wat sy tot dusver gesien het, het Petunia nee dankie gesê. Aanvanklik beleefd. Maar hoe verder sy moes stap, hoe laer het haar vlak van vriendelikheid én entoesiasme gedaal. Haar voete is seer. Sy is moeg. Sy mis die luuksheid daarvan om haar eie kar te hê en sy is gatvol daarvoor om in die enigste beskikbare verblyf op dié klein dorpie te moet bly: ’n kamer in ’n skoolkoshuis.

    Hoe blerrie moeilik kan dit wees om ’n blyplek tussen die afgetredenes en skatrykes in die hartjie van die Tuinroete te kry, wonder Petunia. Alles is óf onbekostigbaar óf ’n onleefbare, beknopte krot.

    Sal ons deurstap, mevrou?

    Ek moes in Parys gebly het, mompel sy.

    Skies, mevrou?

    Toemaar, beduie sy. Stap jy voor.

    Die agent stap in die nou gangetjie af. Petunia se gesig val. Vinnig keer die agent se oë terug na haar knipbord.

    So, hierdie was eers ’n bootstoor, soos ek genoem het, maar kyk net hoe mooi het die eienaar die binnekant omskep nadat hy sy boot verkoop het. Die towerfee met die eina-denim en kort, spykerige hare beduie na die bruin teëlwerk en as-bakstene asof hulle in Rome staan. Pragtig. Plus ’n see-uitsig van die tweede verdieping af.

    Petunia kyk oor haar skouer en beduie met haar kop. Hoeveel mense bly hier langsaan?

    Jitte, mevrou, ek is nie nou doodseker nie. Die agent forseer ’n glimlag. Ek dink die ander woonstelle is maar dieselfde grootte as hierdie een. Tweeslaapkamer-eenhede. So, seker nie baie mense nie …

    Seker nie baie nie, herhaal Petunia bot.

    Skies, mevrou?

    Sy wil iets in die lyn van Ek waai nou sê, maar kyk die agent net aan. Blyplek op Mooibaai is skaars, het sy die afgelope weke met ’n skok besef. Sy sal beslis nie in Ottersgat gaan bly nie en vir ’n Airbnb het sy waaragtig nie geld nie. Plus, die kaptein sal haar not a damn weer afgee om blyplek te gaan soek. Haar nuwe bevelvoerder het dit baie duidelik gemaak dat dit nie sý skuld is dat kaptein Petunia Moraleng nou doodgewoon weer konstabel Moraleng is nie. Die speursersant onder wie sy moet werk, het nog minder simpatie met sy pas oorgeplaaste handlanger se verblyfsomstandighede. Sy onthou nog die bitterheid van haar en JP Hendriks se eerste ontmoeting.

    Ek het vir ’n assistent gevra, het hy gesê. Iemand met ’n agtergrond in forensiese dienste en die bestuur van misdaadtonele. Nie ’n quitter van Parys in die Vrystaat nie. You’ll have to pull your weight around here, constable.

    Quitter van die Vrystaat af … Het speursersant JP enigsins ’n idee wat in die Vrystaat gebeur het en hoe sy amper met ’n kriminele rekord opgeëindig het? Sy was lus en bliksem die vent van sy gepoleerde loafers af en sommer ook uit sy cargo-broek uit.

    Maar wat kon sy terugsê? Sý was die een wat hoed in die hand by majoor Modise gaan smeek het vir ’n oorplasing en degradering in plaas van ’n permanente afdanking vir haar aandeel in die Parys-polisiestasie se Covid-19-PPE-skandaal. En toe die instruksie kom dat sy Parys en die Vrystaat vir Mooibaai en die Suid-Kaap moet verruil, kon Petunia nog minder iets daarna balk.

    Hier sit sy. Sy is eenduisendtweehonderd kilometer van die Vrystaat af en tot dusver kan Petunia nog geen lig aan die einde van die tonnel sien nie, laat staan nog ’n uitkoms gewaar. As sy die persoon in daai blerrie stasie in Parys kry wat haar saam met DVD by IPID gaan verkla het, draai sy daardie een se nek om! Die hofsaak was lank. Sy is onskuldig bevind, maar nalatig. Die degradering het stil-stil gebeur. Van kaptein terug na ’n doodgewone konstabel. Sy skaam haar dood.

    Die lopery deur die boot-meenthuis duur nie lank nie. Dis ’n klein plek. Daar is ’n ingangsportaal, volgens die agent. Dit is egter niks meer as ’n nou gangetjie wat in ’n kombuis uitloop nie. Daar is geen skeidsmuur nie. Oop en bloot staan die stoof, opwasbak en ’n drietal kombuiskaste. Die kaste hang skeef en vooroor, asof dit enige oomblik van die mure gaan afwetter. Die stoof het beslis al beter dae, en moontlik die apartheidsera, gesien. Die eienaar het ooglopend van ’n tweedehandse mark gebruik gemaak om dié plek oor te doen.

    Daar is die stoof, sê die agent asof Petunia blind is. En om daardie hoek is daar ’n gastebadkamer en langsaan ’n vol-badkamer. Die krag is vooraf betaal en die geiser is groot. Het mevrou kinders?

    Nee.

    O. En ná ’n ongemaklike stilte: Kom ek wys vir u die res.

    Petunia se oë gly oor ’n gang wat stomp eindig, ’n slaapkamer, ’n badkamer met ’n bad en ’n stort, en nog ’n toilet. Dis blou. Die lugskakelaars is vergeel. Die plafon bestaan uit houtbalke; die soort wat sy laas in huise uit die tagtigs gesien het. Die oudmodiese kraankoppe se deklaag van chroom skilfer af.

    Waar is die agterdeur? vra sy toe hulle klaar is met die grondvlak en die agent rondtrippel asof sy kaalvoet op warm kole staan.

    Daar is nie een nie.

    Is dit wettig?

    Is wat wettig, mevrou? antwoord sy soet voordat sy ’n kuif (wat nie daar is nie) agter een bakoor probeer invee en haar kop kantel asof sy vir Sarie se voorblad poseer.

    Is agterdeure nie verpligtend volgens wet nie? Wat doen ek as die plek aan die brand slaan? Moet ek deur ’n venster spring?

    Asseblief nie, mevrou! lag die agent en raak aan Petunia se voorarm. Sy trek haar hand vinnig terug toe sy sien hoe die konstabel haar aangluur. Ek sal die herstel van die ruit van die deposito moet aftrek.

    Gmf, snork Petunia.

    HOP-huise het ook nie agterdeure nie, mevrou …

    Sy moet toegee die agent is reg. Oukei. Wat’s daar nog?

    Kom ons gaan kyk na die boonste vlak!

    Toe hulle bo kom, is dit die eerste keer hierdie week – nee, hierdie maand – dat Petunia ’n vlammetjie van hoop iewers in haar wese voel flikker.

    Die boonste vlak bestaan uit ’n enorme, oop vertrek met ’n hoë plafon wat skuins afloop. Die kamer word afgerond met ewe groot vensters aan weerskante. Sonlig val in ’n breë strook oor die geelhoutvloerplanke. So anders as die donker grondvlak, ontvou hierdie vertrek met ruimte en baie lig. Anderkant die vensters span die bloue oseaan tot by Mooibaai se mees oostelike punt.

    Sy stap tot by die verste venster, kyk reg bo-oor die buurman se meenthuis. Boomtoppe. Die vallei en die Outeniekwaberge in die verte. ’n Rustige, mooi aansig. Petunia kan haar ’n paar meubelstukke in hierdie vertrek verbeel. Mooi gordyne. Selfs dalk ’n day-bed waarop sy middagslapies sal kan neem. Die trappe is darem nie só steil dat dit haar knieg sal pla nie. Watwou. Sy kan sommer hele naweke hier bo deurbring! As sy net ’n yskas in die hoek sit en dalk ’n grootskerm-TV …

    Haar dagdromery word versteur. Tip-tip-tip raas die agent se gepunte stewels agter haar.

    Lieflik, nè? koer sy. En as mevrou eers die kolossale slaapkamer en baie kaste gesien het …

    Hoeveel kos hierdie plek? knip sy haar kort.

    Agtduisend rand ’n maand. Ander koste uitgesluit.

    Die bedrag laat ’n droewe smaak in Petunia se mond posvat.

    Ander koste?

    Die elektrisiteit, riool- en vullisverwydering en die munisipale heffings is ook vir die huurder se rekening.

    En hoeveel is dit?

    Nie meer as tweeduisend-vyfhonderd ’n maand nie.

    En nie minder as …?

    Tweeduisend-vyfhonderd ’n maand, mevrou. Daar is ’n minimum koste aan verbonde.

    "Is daar ’n opsie om dit gemeubileerd

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1