Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Middernag
Middernag
Middernag
Ebook371 pages6 hours

Middernag

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

 Die oorskot van ’n verminkte vierjarige word in die vroeë oggendure in ’n Frutti Tutti-roomyskarretjie in Harrismith ontdek. Kaptein Brummels besluit oornag om Parkwegstasie se bulhond, Sollie Mtembu, saam te sleep om ’n oudkollega van hom met die ondersoek te help. Sollie lyk dalk na ’n onervare sersant wat dikwels oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.
Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. 
 
LanguageAfrikaans
Release dateJul 27, 2020
ISBN9780798180559
Middernag
Author

Sidney Gilroy

Sidney Gilroy het in die Oos-Vrystaat groot geword. Sy debuutroman, Klikbek, het in 2019 by H&R verskyn. In 2020 verskyn die opvolg, Middernag, wat in 2021 met die kykNET-Rapport-filmprys bekroon word. Sidney is ’n projekbestuurder in die ingenieursbedryf en woon tans op Hartenbos.

Read more from Sidney Gilroy

Related to Middernag

Related ebooks

Related articles

Reviews for Middernag

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Middernag - Sidney Gilroy

    Human & Rousseau

    Vir Anna

    Hy is te diep in. Veels te diep.

    Sersant Sollie Mthembu is tam. As hy sy oë toemaak en ophou spartel, is dit verby. Hy besef dit nou: hy sterf vannag. Reëndruppels val koud en hard teen sy gesig. Om hom woed ’n storm wat met elke weerligstraal die Drakensberg se steil kranse in die verte verlig.

    Die diep water van die Sterkfonteindam suig hom in. Sy bene kramp. Sy broek en hemp hang aan hom soos nat lakens. Heen en weer pluk die stroom sy hulpelose liggaam.

    Van hier af is die damwal ’n veraf droom. ’n Soliede swart streep op die donker horison. Hy snak na asem, gryp sy broek se belt agter sy rug vas en beur sy skouers na bo.

    Hoe lank kan hy nog uithou?

    Help! Hees verdwyn sy stem in die niet.

    Hy probeer sy skoene afwikkel. Hy moet harder skop. Hy moet sy kop bo water hou. Die tou sny in sy polse in. As hy sy oë toeknyp, sien hy Entle slapend in haar bedjie. Nyandi in die dokter se spreekkamer, Naledi se lyfie op die sonarskerm.

    Hy kan nie vannag sterf nie. Hy mág nie.

    Elke nuwe golf word ’n tsoenami wat ysig teen sy gesig klap. Dit spoel oor sy kop. Onder die water hoor hy sy eie hart teen sy oortromme hamer.

    Hy baklei met alles in hom. Help my!

    Elke asemteug word ’n mond vol water.

    In die verte sien hy liggies blink. Hy móét daar uitkom.

    As hy vannag sterf, sterf sy. Soos die ander twee.

    Hoofstuk 1

    ’n Week vroeër

    Die Besige Bytjie Kleuterskool se speelgrond wemel van kinders. Hulle sit laggend in groepies of spat jillend uitmekaar om oor klimrame en geverfde buitebande te klouter. Hittegolwe dans teen die hek waar dagtassies in ’n ry staan. Langsaan wag ’n moeë onderwyseres, dankbaar dat dit Vrydag is. Die Desembervakansie is nou net ’n herinnering en Januarie in die Noordoos-Vrystaat is ’n taai, lang, droë maand.

    Binnekort sal die parkeerarea oorkant die straat ’n stowwerige wolk word: Harrismith se ouers in motors.

    In die sandput, buite sig en weg van die rumoer, sit ’n donkerkopkleuter alleen. Behalwe vir die persoon wat voor haar hurk.

    Geniet jy dit, Anneri?

    Die kind draai die roomys in die rondte voordat sy die stokkie uit haar mond trek. Ja, knik haar kop. Wat van die oranje ys oorgebly het, is ’n pap, stroperige klont wat sy weer gulsig na haar lippe toe bring.

    Wil jy nog een hê?

    Asseblief, sê Anneri Woltemade gretig.

    Ek kan vir jou nog ’n roomys gee.

    Nou? Klewerige vingers vee oor haar hemp.

    Nee. ’n Gerusstellende glimlag, ’n hand wat oor die kind se wang streel. Later eers.

    Wanneer? Anneri gee ’n laaste lek en staar na die stokkie in haar hand.

    Ek sê jou wat, dalk het ek nog roomys by my. ’n Gevroetel in ’n sak, dan word leë hande gewys. Gits, kyk nou net! Ek het gedink daar’s ’n paar oor, maar dis klaar.

    Die kleuter se gesig is die ene teleurstelling.

    Weer gly die hand oor haar wang. Moenie hartseer raak nie, Anneri. Dit is mos jou naam, of hoe? Ek het vergeet.

    Ja. Sy sê die rympie op wat kennelik by haar ingeprent is: An-ne-ri Wol-te-ma-de, Smit-straat 25. My pa se naam is Davey en my ma is Mariëtte. Sy tel op haar vingers af. My pa se nommer is 0-6-6-2-2-5-0-9-3-0.

    Oe, maar jy is slim! Sê vir my, hoe gaan dit nou by die huis? Julle het mos getrek. Is dit nader aan die skool vir jou?

    Nee. Die woonbuurt se naam kom in lettergrepe uit: Wil-ge-park.

    Natuurlik, ek weet waar dit is. Oorkant die rivier, nè?

    Ja.

    Het julle ’n groot huis?

    Nee, nie so groot nie.

    Het julle ’n hond?

    Nee, word die koppie geskud.

    En diefwering?

    Wat’s dit?

    Voor die vensters. Is daar tralies?

    Party. Die kind beweeg onrustig. Wanneer kry ek nou nog ’n roomys?

    Wel, ek moet dit eers gaan haal.

    Oukei, sê Anneri teleurgesteld. Gaan jy dit Maandag skool toe bring?

    Ek sê jou wat, waar is jou kamer by julle huis? Het jy nou jou eie kamer?

    My kamer is onder in die gang. Dis my boetie s’n ook, maar hy is ’n baba. Hy slaap by Mamma en Pappa.

    Jy het seker ’n groot venster wat straat se kant toe kyk?

    Ja, knik die koppie.

    Is daar ’n muur om die huis?

    Net ’n draad.

    So, jy sal kan sien as ek na jou huis toe kom om vir jou nog roomys te bring?

    Verwarring bewolk die kind se gesig. Dan ’n glimlag toe die besef insink. Ja, ek sal kan sien. Wanneer kom jy?

    Eers vanaand. Gaan slaap jy vroeg?

    Ja, wanneer Pappa sy storie wil kyk.

    Is Pappa se program agtuur?

    Weer knik die koppie.

    Dan bring ek die roomys vanaand slaaptyd vir jou. Ons gaan nie vir Mamma en Pappa sê nie, hoor? Ek glo nie hulle sal daarvan hou nie.

    Die kleuter se oë raak groot. Ja, want ek mag nie in die aand swiets of roomys eet nie.

    Dit sal net ons geheim wees, ek belowe. Luister nou mooi, Anneri. Vanaand as jy alleen in jou kamer is, kyk by die venster uit. Ek sal in die tuin vir jou wag.

    Die kind se gesig verhelder. Met roomys?

    Ek sal sommer twee of drie vir jou bring.

    Die koppie knik en die ogies skitter van afwagting.

    Soet wees, Anneri. Sien jou vanaand!

    DINSDAG

    Hoofstuk 2

    Dinsdagoggend net ná middernag is Harrismith grootliks in donkerte gehul. In die verte verrys die plat berg wat oor die landskap waak. Die hoofstraat is grafstil. Vier van die straatlampe is buite werking.

    ’n Kat verskyn uit die niet in die kurkerige mik van ’n akkerboom en klim teen die stam af. Hy draf ligvoets oor die straat tot op die breë sypaadjie. Hy beweeg vinnig en sekuur verby heinings en swartsakke. Onder die yl takke van ’n raasblaar stop hy eers om aan die effense windjie te ruik. In die agtergrond knor ’n trok op die N3-snelweg, verwissel van rat en brul verby.

    Die kat wag tot die klank verdof, glip dan onderdeur ’n tuinhekkie. Só donker is sy gestreepte pels dat hy onsigbaar raak tussen die struike, blombeddings en hope dooie blare. Wantrouig trap hy oor die tuinslang asof dit ’n styfgespande kabel is. Die grasperk is dor en steek sy gekussingde pote.

    Hy spring tot op die stoepmuur. Sy ribbes wys deur sy vel en daar is ’n duidelike holte waar sy maagvel na sy lieste span. Hy volg die muur om die huis, soekend vir ’n oop venster.

    Sy het die huis gesluit.

    By die agterdeur sak sy neus na die matjie. Terwyl hy die reuke inneem, bak sy ore vorentoe en agtertoe. Niks roer tussen die verdorde malvas en vygies nie. Die geluid waarvoor hy luister, ontbreek: geen rot of veldmuis wat van agter die asblik piep nie.

    En hier is niks om te vreet nie, net eergister se vuil, leë piering. Gewoonlik los sy die kos by die agterdeur. Hy ruik aan die ander drie pierings waarin krummelrige hopies verdorde katkos oorgebly het. Lek daaraan, maar dis smaakloos en sonder voeding.

    Vies spring hy op die vensterbank. Hy luister en kyk, sy neusvleuels gesper. Deur die vliese in sy verhemelte proe hy die naglug. Die lug is stowwerig.

    Hy is honger, hy moet eet.

    ’n Vlermuis swiep verby, eers hoog en dan in ’n lae boog oor die agtererf. Die kat raak ongeduldig. Soos ’n lap wat die wind afwaai, land hy op die plaveisel. Hy gee twee vinnige treetjies en gaan staan, skouers gelig, sy stert in ’n S gedraai vir balans. Die vlermuis fladder tussen hemel en aarde. Hy sluip gebukkend agterna, sy oë twee kopligte in die lig van die maan.

    Te laat. Sy vlieënde aandete verdwyn oor die takke van ’n bloekomboom.

    Hy meet die betonheining van die erf langsaan. Met ’n vloeiende sprong is hy bo-oor. Toe hy sy balans vind, hurk hy instinktief. Sy bek gaap oop. Hy ruik wyfiekat. Mens. Rot. Padda. En iets wat onder die kleierige grond gevrek het.

    Hy skuur sy snorbaarde teen ’n varing se verlepte blare. Krul hom op in die holte waar die grond meegee om die wortels te ontbloot. Hy sluimer in.

    ’n Vreemde klank in die straat. Eers is die tjie-tjie-tjie skaars hoorbaar, maar dit word geleidelik harder. Hy hou die sypaadjie dop. Die neulende klank word die buitelyne van ’n figuur en ’n fiets. Die voorwiel raas met elke omwenteling.

    Hy lig hom uit sy wegkruipplek. Die reuk op die bries spoor hom aan. Bloed. En vleis. Wat ook al op die fiets gestoot word, is kos.

    Die kat trap versigtig oor droë akkerblare en ingekrimpte seringbessies. Hy volg die figuur met die fiets in die straat op. Toe die fiets plotseling tot stilstand gebring word, vries hy op die plek, sy lyf laag teen die grond.

    Die figuur los die fiets se handvatsels en draai stadig om. Staan oënskynlik doelloos en verdwaald. Onrustig. Begin straataf beweeg, in die kat se rigting.

    Dié trek sy lyf plat teen die teer; die eerste dreigende beweging sal hom laat wegspring. Die figuur buk af, steek ’n hand uit, fluister: Kietsie, kietsie.

    Die kat se hare rys van sy stert tot sy snoet toe hy aan die vingers ruik. Die oë wat hom aanstaar, is koud en leeg.

    Toe die hand nog nader kom, vlug hy.

    Konstabel Godfrey Jantjies se kop ruk op. Die luierende pas waarteen sy ou kollega die polisiewa deur Harrismith se strate stuur, moes hom aan die slaap gesus het.

    Godfrey het van die see gedroom. Die kort vakansie in Margate saam met die kinders. Die soel blougroen waters van KwaZulu Natal, skaaptjops op die rooster en koue oostewinde wat mistige reën teen die karavaan se ruite waai. Rotspoele. Die soet reuk van frangipani. Seesand.

    Hy vee spoeg van sy ken af en vryf sy oë oop. Staar na die verbleikte strepe voor hom in die pad. Hy is nie by die see nie. Dis diep in Januarie. Die kinders is terug by die skool en sy voorkop is papnat, sy hemp klam en hy ruik sweet aan konstabel Fourie wat langs hom sit.

    Hy is by die werk. Dis 02:17 en hulle is besig met patrollie. Die Nissan Hardbody se wiele knars oor die laaste stukkie van Springbokstraat op die rand van Bergsig, Harrismith se rykmansbuurt. ’n Katspoegie weg begin die vallei styg om in die pieke van Platberg te eindig.

    Die Nissan kruie voort totdat Bergsig agter hulle lê. Regs by die gholfbaan. Westerson, ’n kleinerige buurt versteek tussen die padbrug en die klubhuis. Die huise en erwe is amper onsigbaar. Kragonderbreking. Net die gevangenis se soekligte hang soos sterre bo die sederbome se toppe.

    Die blou lig op die Nissan se dak gooi ’n onaardse skynsel oor die sypaadjies. Stasiebevelvoerder Boere Bester se idee. Mense moet Harrismith SAPD in die strate sién patrolleer. Sigbaarheid, manne, sigbaarheid!

    Godfrey loer vlugtig na sy selfoonskerm. Geen nuwe whatsapp van sy vrou af nie.

    Hy haat nagskof. Patrollie nog meer. Dis ’n gesukkel om wakker te bly. Vroeër die aand het hulle darem opwinding gehad: ’n aanranding in 42nd Hill, ’n poging tot inbraak in die onderdorp. Sedert middernag is die strate verlate; Harrismith slaap.

    Toe Fourie tevrede is dat Westerson en omgewing geen bedreiging inhou nie, neem hy die brug wat oor die N3-snelweg span, verby die begraafplaas, op met Murraystraat tot waar dit die hoofstraat kruis. Links op in Warden, al die pad terug Bergsig toe. ’n Vervelige sirkel.

    Godfrey sug hard genoeg sodat sy kollega dit moet hoor, sê dan: Die krag is terug.

    In hierdie deel van die dorp, ja. Fourie kyk op sy polshorlosie. Teen drieuur kan ons iets by die Wimpy gaan kry.

    Godfrey laat hang sy arm by die bakkie se venster uit, vee met sy hand deur die warm lug. Selfs met die ruite oop sypel slegs ’n drukkende hitte die kajuit binne. Die trae wind laat wieg skaars die latte van die wilgerbome agter die laerskool se sandsteenklaskamers.

    Kom ons gaan kry koffie, sê Fourie toe hulle nog ’n rondte voltooi het.

    Jy’s seker laf! Ek soek koeldrank. Met baie ys. Godfrey vee oor sy voorkop en lek sy droë lippe. Jissie, hoe lank gaan hierdie droogte nog hou?

    Fourie antwoord nie, skud net sy kop terwyl die Nissan spoed optel. Hy laat flikker die kopligte om ’n rondloperkat skrik te maak. Die kat skiet weg om in iemand se tuin te verdwyn.

    By die Wimpy koop Godfrey ’n botteltjie Coke. Hy sluk ’n kwart weg voordat hy vir ys vra wat hy by die botteltjie se nek inforseer. Hy en sy spanmaat kyk hoe die vroegoggend-padgebruikers Bergview Rusplek binnekom, hul brandstoftenks opvul en dan weer vertrek.

    Terug in die patrolliewa rol Godfrey die botteltjie tot onder sy bobeen sodat hy dit in die waai van sy knie vasknyp. Stadigaan word die materiaal nat en vorm ’n koel kol teen sy vel.

    Hoekom het hierdie blerrie bakkies nie aircon nie? sug hy toe Fourie met ’n stomende papierkoppie vol koffie langs hom inskuif.

    Hulle ry stilswyend voort. Fourie mik weer vir die hoofstraat.

    Godfrey wens heimlik die radio wil begin kraak, dat Harrismith SAPD se radio-operateur hulle iewers heen sal ontbied. Maar dis net die ander patrollievoertuie wat weggeroep word, meestal na die township of ’n ligging langs die snelweg.

    Ek gaan vir patrollie op die highway vra, sê hy naderhand moedeloos. Hy dink vlugtig aan die rye bome langs die N3. Niemand sal hom sien as hy daaronder wegkruip nie.

    Gmpf, snuif Fourie snot tot agter in sy keel voordat hy dit hoorbaar afsluk en die Nissan na derde rat toe oorskakel.

    Godfrey staar moeg deur die voorruit. Die huise, breë strate en bome bly ’n donker waas van rustigheid. Wat goed is. Oor ’n paar uur is sy skof verby en kan hy gaan slaap.

    Doelloos kruip die Nissan deur die dorp. Wardenstraat. Verby die NG Kerk Moedergemeente, die biblioteek en tandarts. Links op in Hamiltonstraat. Verby die Spar. Reguit op met Bergweg. Deur die duikweg tot in die rykmansbuurt. Teen die steilte op tot waar die teerpad doodloop. Links by die grondpad wat na die botaniese tuin lei. Dan weer af in Springbokstraat, al die pad verby die gholfbaan se klubhuis.

    Godfrey vee verveeld deur die foto’s op sy foon.

    Aan die onderpunt van Wardenstraat praat Fourie eers weer. Wat staan daar voor in die pad?

    Godfrey bekyk die dowwe wit vorm. Dit lyk soos ’n fiets.

    Met ’n waentjie vooraan?

    Lyk so.

    Wat soek dit in die middel van die pad? Fourie kyk op sy horlosie. Halfvyf in die oggend?

    Toe hulle naby kom, word dit duidelik: ’n trapfiets met ’n koelhouer vooraan, soortgelyk aan die karretjies waarmee roomys en koeldrank in Harrismith se strate gesmous word.

    Ek sal uitklim, sê Godfrey toe dit blyk dat sy spanmaat van plan is om in die Nissan te bly sit. Hy neem sy flitslig saam met hom.

    Stoot hom na die kant van die pad toe, beduie Fourie deur die venster. Die eienaar sal hom weldra kom haal. Lê seker iewers sy roes en afslaap.

    Godfrey kyk op in Wardenstraat, na waar dit ’n entjie verder by du Plessisstraat aansluit. Die tuine, heinings en stoepe aan weerskante vertoon nou minder donker. Oor sowat ’n uur sal die son op wees.

    Die fiets met waentjie is verlate. Op die kante van die koelhouer pryk vrolike prentjies en kleurvolle letterwerk: Frutti Tutti Pops te koop! Roomyse in vrugtegeure. Die saal van die fiets is blink gesit. Die stuurwiel hang sywaarts en die pedale rus op tienuur en vieruur, asof die drywer midde-in sy vaart in wasem verander het.

    Toe hy naby die waentjie kom, ruik Godfrey iets wat hy al dikwels voorheen in sy lewe geruik het, ’n versmorende reuk wat soos niks anders ruik nie. ’n Reuk wat geen seep uit jou klere kan was nie.

    Die briesie draai en die stank vul sy neusholtes. Kon die melkerige roomyse dan suur geword het? Dit word deesdae so warm dat die teer smelt. Toe hy oor die fiets leun, weet hy vir seker: niks ruik so sleg soos die dood nie. En vanoggend kom dit uit hierdie waentjie wat veronderstel is om roomyse te karwei.

    Hy skuif die deksel oop en skyn sy flitslig na binne. Vroetel met die swartsak om dit oop te kry. Die inhoud laat hom terugsteier, terwyl sy maag opruk van naarheid.

    Hoofstuk 3

    ’n Knal trek deur Gelderlandstraat 37 in Bayswater, Bloemfontein. Koevoet die boerboel vlug met platgetrekte ore van waar hy agter die grys bleskopman in sy japon gestaan het.

    Kaptein Maartin Brummels het pas die laai van die staankas in die gang toegebliksem. Daar is nie meer Grandpa’s oor nie. Hy het een nodig. Gisteraand se rooiwyn en die oproep wat hy nou net ontvang het, vereis dit. Dit gaan ’n lang dag by Parkweg-polisiestasie word.

    In die sitkamer steek hy sy laaste sigaret aan, skiet die leë boksie tot agter die televisiekas. Koevoet snuffel nuuskierig agterna. Brummels skroef die drinkbare jogurt wat hy uit die yskas saamgebring het oop en verstel sy japon sodat sy lieste darem bedek is. Lang, soet slukke uit die bottel volg. Hy kyk na die tyd op die televisieskerm. 05:43. Die leë bottel eindig op ’n hopie gefrommelde Grandpa-papiertjies langs sy uitskopstoel.

    Wat het Harrismith se stasiebevelvoerder gesê? ’n Kind se lykie. Dalk vier jaar oud. In die hoofstraat gevind.

    Sy Dinsdag begin soos ’n Maandag te voel. ’n Onbeholpe speurder in Harrismith soek al sedert die naweek na ’n dogtertjie wat uit ’n huis in Wilgepark verdwyn het. Haar ouers is rasend van bekommernis. Brummels het die berig gelees. Almal het.

    Whitey van Coller van Oggendpos bel sekerlik Harrismith SAPD se lyne blou. Met sy pofferige vingers, ongeskeerde dubbelken en boepens aas hy vir sensasie.

    En nou dit. ’n Dooie kind in ’n koelhouer op ’n roomysverkoper se fiets.

    Die nuus uit dié stil dorpie was skokkend, om die minste daarvan te sê. Boere Bester, stasiebevelvoerder en oudweermagpel van Brummels, het onseker geklink. Boere is nie die tipe ou wat die media te woord moet staan nie. Hy het reeds angstig geklink toe hy Brummels Saterdagoggend geskakel het om hulp te vra met die vermiste dogtertjie.

    Brummels het Anneri Woltemade se dossier telefonies met die ondersoekende beampte bespreek. Ivor Groesbeek, Harrismith se enigste speurder. Hy fokus uitsluitlik op die dorp, terwyl die ander drie speurders Qwaqwa, Warden, Kestell en Van Reenen bedien – op sigself ’n kakspul.

    Ná Brummels afgelui het, het hy vir Mike gebel, buiten homself die langsdienende speurder by Parkweg.

    Mike, onthou jy ’n Groesbeek-knaap wat nou in Harrismith werk?

    Ivor Groesbeek? Ja, kaptein, ek onthou hom, het Mike uitasem gesê en uit die pad van die ander Parkrun-hardlopers getree. En toe rammel hy die storie af wat Brummels se geheue verfris het.

    Ivor Groesbeek het ’n ruk lank in Parkweg gewerk. Een van ’n string konstabels wat sersante in Bloemfontein kom word en soos cowboys hul hand aan speurwerk waag. Net om later stert tussen die bene terug te kruip na die godverlate dorpies waarvandaan hulle gekom het. Vrot speurwerk. Onvolledige dossiere. Sake wat op die nippertjie op tegniese punte deur landdroste of regters afgeskiet word.

    Niemand kry ’n tweede kans by Brummels nie. Hy pos hulle sodra hy snuf in die neus kry. Ivor was geen uitsondering nie. As hy reg onthou, het ’n sielkundige verslag destyds die man se oorplasing na Harrismith aangehelp. Ivor het onopgeloste woede. Ivor ly aan posttraumatiese stres. Ivor werk te hard. Ivor gaan eendag net knak. Ivor moet met handskoene hanteer word. Ivor pas nie in Bloemfontein aan nie.

    Iemand wat Brummels en Parkweg nie kan gebruik nie.

    Bye-bye, Ivor.

    En nou sit die skepsel steeds met Anneri Woltemade se dossier in sy hande en Boere Bester vra wéér om hulp.

    Brummels is Saterdag saam met Ivor deur die verklarings in die SAPS 3M-vorm. Die saakdossier. Die ruggraat van die soektog wat verklarings, die voorgeskrewe polisievorms, patologieverslae en die ondersoekdagboek bevat. Uiteindelik sal die hele lêer voor ’n regter of landdros eindig – mits Ivor ’n verdagte kan uitwys wat tot ’n lasbrief vir inhegtenisname kan lei.

    En dis waar die probleem lê. Volgens vanoggend se gesprek met Boere het Ivor se dossier nooit daai hekkie geclear nie.

    Scan en mail vir my alles wat jy het, was Brummels se voorlaaste opdrag aan die onbeholpe speurder.

    Hy kon sien die ouers se handtekeninge is amper krampagtig op die SAPS 55-vorm aangebring, die dokument vir vermiste persone wat die polisie toestemming gee om Anneri se foto en gegewens met die land se polisiestasies te deel. Die Woltemades het nie soos useless ouers voorgekom nie, die kind was nie misplaas of verwaarloos nie. Hy het geskat sy sou voor sononder gevind word. Sy is nie. En teen Saterdagaand het hy onwillig vir Ivor aangesê om Anneri se foto in sirkulasie te plaas.

    Tot gisteroggend was daar niks behalwe die berig in Oggendpos nie. Dit sal in die B-gedeelte van Anneri se ondersoeklêer eindig. En in die A-gedeelte is tot dusver net ’n stapel verklarings wat Ivor Saterdag by mense in die dorp afgeneem het, van die huishulp tot Anneri se kleuterskoolonderwyseres.

    Brummels ken Harrismith. ’n Anglo-dorpie aan die voet van Platberg, ’n kolos van dolomiet en sandsteen wat bo die vlaktes van die Vrystaat uittoring. Slegs ’n paar kilometer verder val die plato saam met Van Reenenspas met bykans 1 600 meter tot in KwaZulu-Natal. Die N3-snelweg omsoom die ou dorp en sny deur die nuwer woonbuurte, met die Wilgerivier wat lui aan die westekant verbykronkel. ’n Rustige middelklasdorp tussen sandsteenkoppe, uitgestrekte weivelde en die Drakensberge blou op die horison.

    Eers ’n vermiste kind en drie dae later ’n moordtoneel. ’n Lykie in ’n swartsak.

    En Ivor Groesbeek is die ondersoekbeampte.

    Brummels wil nie die afleiding maak nie. Maar hy moet.

    Sure, kinders raak weg in die Vrystaat, all the time. Geskeide paartjies wat mekaar wil bykom en met ’n kind verkas. ’n Alkoholis of ’n addict wat syne of hare verlê. Ja, kinders raak weg, om later aan die verkeerde kant van die stad of dorp tussen die drek gevind te word. Pasgebore babas wat in bondels bebloede handdoeke lê. Gewoonlik vind hulle die ma in die naaste informele nedersetting of skoolkoshuis, nooit baie ver weg van waar die kaal, ontblote lyfie gelos is nie. Ongewenste asems.

    Maar nie vierjariges nie. Nie sommer nie. En nie in die toestand wat hierdie lykie gevind is nie.

    En nie Anneri nie. Sy het ’n ma en pa wat oral na haar soek. Die hele blerrie dorp soek na haar. Naarstiglik. Sy kom uit ’n goeie buurt. Sy gaan na ’n kleuterskool waarvan die ouers in groepe op WhatsApp, saam met die Pink Ladies en Facebook en AfriForum en God-weet-wie-nog, haar probeer opspoor. Sy is nie ’n weggooikind nie.

    Oggendpos het gisteroggend die voorblad aan Anneri afgestaan; selfs die naweek se rugby en die volgende politieke sirkus is na bladsy twee en drie geskuif. Vrydagnag se kinderontvoering is tans die grootste enkele gebeurtenis in die Vrystaat se kollektiewe sosiale geheue. En Whitey van Coller gaan dit melk.

    Sedertdien het Ivor Groesbeek, Harrismith SAPD en hý by Parkweg fokkol uitgerig.

    Brummels druk die sigaret dood sodat gloeiende vonkies oor die koffietafel spat.

    Kinders gaan dood. Bloedjong kinders ook. Hy sien die stroewe gesigte van die welsynwerkers as Kinderbeskermingsdienste in die hof moet getuig.

    Hoe oud? het hy vroeër vanoggend vir Boere gevra.

    Ek skat nie ouer as drie of vier nie.

    Kinders word vermoor. Dít weet hy.

    Hoe?

    Sy vriend het gekug. Dit lyk asof ’n dier haar beetgehad het.

    Brummels staar na die gekrabbelde notas wat hy tydens die oproep gemaak het. Hy ken die kolonel, hulle twee het destyds harde klippe gekou op die grens. In sy kameraad van ouds se stem kon hy die onsekerheid hoor.

    Ek het lanklaas só iets gesien, Maartin.

    Drie of vier jaar oud. Wit. Vroulik. Vermink.

    Jissis. Hier is iéts. Brummels voel dit in sy water.

    Hy trek sy foon nader. Ivor moet al wakker wees.

    Stuur vir my Anneri Woltemade se foto, gee hy opdrag oor WhatsApp.

    Terwyl hy wag, slof hy na die toilet. Hy staar beteuterd na die frommels vel om sy geslag tot die druppels spetterende geel straaltjies word.

    Boere Bester is ’n goeie man, dink hy.

    Ek meen, ek is ’n kolonel, Maartin, en jy is ’n kaptein. Ek kan die saak aan jou delegeer, niemand sal ’n oog knip nie. Jy weet self hoe min hulpbronne ons het. Ek ken vir Ivor. Hy gaan nie regkom nie. Die laaste ding wat ek kort, is dat die Valke hier moet opdaag. Of dat my stasie op ’n koerant se voorblad deur die modder gesleep word.

    Sou hulle?

    Dit hang af. Die dorp is op die rand van histerie.

    Tot hier in Bloemfontein is dit groot nuus.

    Nou, kan jy dink wat gaan gebeur as die lyk in die swartsak Ivor se vermiste …

    Don’t jump the gun. Wat sê jou speurder?

    Niks. En toe Brummels sug: Ivor is nie ’n slegte outjie nie, maar ek moet al sy dossiere double-check.

    Weet mense al wat julle vanoggend gevind het?

    Nee.

    Hou dit so.

    Maartin, jy weet hoe dit deesdae gaan, nuus versprei vinniger as ’n veldbrand. Ek het jou en Parkweg se hulp nodig.

    Natuurlik sal hy help. Die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit is op sy knieë. Harrismith SAPD se hulpbronne is besig om te keer dat mense uit die township langs die snelweg nie elke trok afbrand of die land se belangrikste slagaar na die Durban-hawe afsny nie.

    Terug in sy leunstoel herroep hy Anneri se ondersoeklêer. Daar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1