Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Poort 1: Bewakers
Die Poort 1: Bewakers
Die Poort 1: Bewakers
Ebook183 pages2 hours

Die Poort 1: Bewakers

Rating: 1 out of 5 stars

1/5

()

Read preview

About this ebook

“Die poort is oop.”
Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit.
Ek sweer iemand het haar iewers in ’n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas.
Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme.
“Jy het haar ook gesien,” sê sy. “Hulle het haar kom haal.”
Sy trek haar ogies nog kleiner. “Die stomme baba. Hy gaan nou sonder ’n ma grootword.”
Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. ’n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie.
“Ek weet nie wat Tannie . . .”
“Jy wéét,” val sy my in die rede. “Jy sién. Nes ek.”
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 6, 2016
ISBN9780624077480
Die Poort 1: Bewakers
Author

Nelia Engelbrecht

Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore. In 1994 begin sy fiksie skryf – kortverhale en liefdesverhale. Haar jeugboek Pandora se boks is die wenner van 'n ATKV-kinderboektoekenning sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur (2009). Sy werk tans as redakteur en skrywer in die Korporatiewe Sake-kantoor van die Potchefstroom-kampus van die NWU.

Read more from Nelia Engelbrecht

Related to Die Poort 1

Titles in the series (4)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Poort 1

Rating: 1 out of 5 stars
1/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Poort 1 - Nelia Engelbrecht

    Die Poort: Bewakers

    Nelia Engelbrecht

    Tafelberg

    Vir Elmarie, wat my aan die wonderwêreld

    van fantasie bekendgestel het.

    1

    Dis so weird dat ek sommer ophou huil oor oupa Jacques.

    Die swartkopvrou met die stootwaentjie het agter die groot eikeboom verbygeloop en toe kom net die stootwaentjie aan die ander kant uit. Sonder die vrou. Lyk of die baba in die waentjie net so verbaas is soos ek. Hy kyk rond; soek natuurlik sy ma.

    Sy staan seker nog agter die boomstam. Sy moes vir oupa Jacques geken het, want hoekom anders sal sy by sy roudiens wees?

    Mind you, almal in Bospoort het vir oupa Jacques geken, dié dat die kerk so vol was. Vandat ek kan onthou, was hy een van die dorp se dokters. Veral die weduwee-tannies was mal oor hom – sulke nice wewenaars soos hy is seker maar skaars op Bospoort.

    Die kleintjie in die stootwaentjie swaai nou sy arms en skop met sy voete. Sy mond trek skeef. Hy gaan enige oomblik begin skree.

    Kali, fluister my ma.

    Dis my beurt om ’n wit roos op die kis agter in die lykswa te sit.

    Baai, Oupa, jy was die beste oupa ooit.

    Niemand het die hartaanval verwag nie. My pa het gedink hy en Oupa gaan nog vir baie jare saam in die praktyk werk. Maar ons het skaars by Oupa ingetrek, toe pak sy hart op.

    Iets steek in my bors. Hart-seer. Dis asof ek nou eers die woord regtig verstaan. Voor ek kan keer, snik ek kliphard. Klomp mense kyk na my. My gesig lyk seker soos ’n pienk poffer. Ek kan dit nie help nie; my traankliere werk partykeer oortyd. Ek het seker al twintig tissues nat gehuil vandat ons by die kerk aangekom het. Dis totally embarrassing.

    Zak sit sy arm om my skouers. Shame, hy lyk self sad, dan probeer hy my nog troos. Dis …

    Voor ek klaar kan dink, trek die kleintjie in die waentjie los en begin skree. Sy ma is nog missing in action. Jeerlikheid, kan sy hom nie hoor nie? En is daar nie ’n tannie iewers wat hom kan gaan optel en stilmaak nie?

    Maybe moet ek vir Zak se ma, tannie Esmé, vra – sy faff vreeslik oor kleintjies. Dis seker omdat net Zak, die laaste van haar vyf kuikens, nog in die nes is. Ek rek my nek. Waar is sy?

    Net voor ek vir Zak kan vra waar sy ma is, maak die man van Avbob die lykswa se deur toe en gaan klim voor langs die bestuurder in. Ek moet wegkom, want as ek moet kyk hoe hulle met my oupa wegry om hom te veras, gaan ek weer van voor af begin huil.

    Ek kry Zak se arm beet en begin loop. Om ons begin die mense in die rigting van die kerksaal stap vir die tee en begrafniskos. Tussen hulle sien ek Nomsa Chipunza se neongeel mini en die lang, skraal Tara McGonigal se bos bruin hare. Dié twee is van Zak se pelle wat die afgelope weke ook myne geword het.

    En nou? Waarheen gaan ons? vra hy. Ons het gesê ons kry vir Nomsa en Tara in die kerksaal.

    Ons kan hulle netnou daar kry; ons moet net eers daardie kleintjie se ma soek sodat sy hom kan stilmaak.

    Watter kleintjie?

    Die een wat so skree.

    Ek hoor niks.

    Sowaar. Hy’t opgehou skree. Wel, laat ek net gaan kyk. Dit het vir my gelyk of sy ma hom daar langs die boom gelos het.

    Toe nie. Daar is nie meer ’n teken van die ma of die kind nie. Sy het hom seker intussen weggestoot.

    Zak vat my hand. Kom, jou ma-hulle gaan wonder waar jy is.

    Sy gorgeous bruin oë is sag, sy hand groot en warm om myne. Ek leun vir ’n oomblik met my kop teen sy skouer. Ek gaan my oupa baie mis.

    Ek weet. Ek ook.

    Hy het ons nog geleer fiets ry.

    Ja, ek onthou.

    Stukkies van baie somervakansies flash voor my verby. Ek ruik Marmite-toebroodjies. Ons het dit altyd geëet in die boomhuis wat Oupa vir ons gebou het. Ek knip my oë. Ek moet tog net nie weer begin tjank nie.

    In die saal laai Zak sy bordjie vol toebroodjies en worsrolletjies en koeksisters. Gaan jy nie vir jou iets kry nie?

    Ek skud my kop.

    Jou ma het gesê ek moet kyk dat jy eet. Sy sê jy het gister laas geëet.

    My ma moet bietjie van my case afklim, dis wat.

    Jou ma worry oor jou. Sy weet hoe lief jy vir jou oupa was en dan is daar nog die trekkery ook. Jy mis seker jou pelle in Pretoria.

    Nogal.

    Aimee. Van almal mis ek haar die meeste. Die trekkery het gesuck, al het ek van altyd af geweet ons gaan aan die begin van my graadelfjaar Bospoort toe trek sodat my pa my oupa se praktyk kon oorneem.

    Ek het my ma-hulle omtrént ’n harde tyd gegee oor die trekkery, veral as ek ’n nice ietsie wou hê soos ’n Sissy Boy-jeans of ’n ou Gap-toppie. Ek moet sê, my pa het nogal geval vir die arme-Kali-wat-so-depro-is-act, maar met my ma het ek nie veel luck gehad nie.

    Miskien was dit omdat my hart nie totally in die pity party was nie. ’n Groot stuk van my hart was al klaar in Bospoort by oupa Jacques. En natuurlik by Zak, my kleintyd se speelmaatjie wat intussen vreeslik sexy geword het.

    Ek gaan vir my sap haal – wil jy ook hê? vra Zak.

    Seblief, ja.

    Van waar ek sit, kan ek my pa en ma aan die oorkant van die saal sien. Hulle staan met ’n klomp mense en gesels. Van almal herken ek net vir tannie Esmé en vir oom Lukas, Zak se pa, maar dit lyk of my ma-hulle almal ken – wat seker nie vreemd is nie. My ma en pa het al twee hier grootgeword.

    Die poort is oop.

    Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit.

    Ek sweer iemand het haar iewers in ’n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas.

    ’n Vreemde, muwwe reuk hang om haar – soos die klam mure van ’n plek wat al jare lank toe staan. Aan die onderkant van die geel skedel lyk haar gesig soos ’n afgeblaasde ballon en tussen die plooie loer swart kraai-ogies vir my.

    Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme.

    Jy het haar ook gesien, sê sy. Hulle het haar kom haal. Spits geel tandjies hang aan tandvleis wat soos ou polonie lyk. Sy trek haar ogies nog kleiner. Die stomme baba. Hy gaan nou sonder ’n ma grootword.

    Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. ’n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie.

    Ek weet nie wat Tannie …

    Jy wéét, val sy my in die rede. Jy sién. Nes ek.

    Voor ek kan koes, sit sy haar benerige hande oor my ore.

    En hoor, sal jy ook. Binnekort.

    Iets sterkers as die lamheid in my lyf laat my opspring. Daar is swart spikkels voor my oë. Shitters, hulle word al hoe meer. Ek skud my kop. Nou spring hulle nog heen en weer ook. Dan kom die teëlvloer vinnig nader en slaan my teen my skouer en die kant van my kop.

    Kali!

    Dis my pa se stem. Ek maak my oë oop. Hoekom hang hy so teen die plafon? Dan kry ek my breinselle in ’n reguit ry. Dit is ek wat op die vloer lê en na die dak kyk. My pa buk oor my.

    My ma se gesig verskyn langs my pa s’n. Haar lang blonde hare hang langs haar gesig af. Sy kyk verwytend na my.

    Sien jy nou – ek het jou mos gesê jy moet iets eet.

    Hel, kan sy nie net vir ’n oomblik ophou moan nie? Ek kom regop en vat aan my kop. Ouch.

    Hier, drink bietjie van die sap. Zak hou ’n glas lemoensap uit na my. Daar’s ’n vreeslike frons tussen sy beautiful oë.

    Ek vat die glas by hom en drink. Ek stik amper toe ek agterkom daar staan ’n kring mense om my. Party – soos Nomsa en Tara – lyk geworried, maar die meeste lyk net nuuskierig. My wange word warm. Jeerlikheid, ek het sowaar flou geword. En my naam met ’n hengse plank geslaan.

    Ek sukkel soos ’n dronk hoender regop. Eers toe ek weer op die stoel sit, onthou ek van die ou tannie. Die stoel langs my is nou leeg. Ek kyk rond, maar sien haar nêrens nie. Ek sal seker ook nie terwyl die laaste klomp nuuskierige agies nog om ons rondhang nie.

    Hier. My ma druk ’n bordjie eetgoed in my hand. Jy staan nie op voor jy alles geëet het nie.

    Ek is nie honger nie, brom ek.

    My ma glimlag liefies vir die paar mense wat nog om ons staan. Dan blits haar blou oë na my kant toe. Sy leun nader. As jy nou regtig voor al hierdie mense wil baklei, moet jy net sê, fluister sy, vat haar hare agter haar nek saam en trek dit oor haar linkerskouer vorentoe.

    Dié hare-ding beteken dat sy hoog de hel in is. Omdat ek nie ’n nog groter scene wil maak nie, steek ek ’n hele melktertjie in my mond. Dit keer sommer ook dat ek dalk iets sê wat ek nie moet nie.

    Bospoort is ’n one horse town en nuus trek teen die spoed van wit lig. Dit vind ek die volgende dag by die skool uit.

    Soos elke oggend vandat die skool vier weke terug begin het, kry ek en Zak vir Nomsa en Tara voor skool agter die houtwerksentrum.

    You won’t believe it, sê Nomsa, daai simpele Nokwazi vertel vir almal jy was gister so heartbroken by die begrafnis dat jy sommer gefaint het en amper in die graf in geval het.

    Ek vervies my amper in ’n ander bra size in. Daar wás nie eens ’n graf nie.

    Dis wat ek vir haar gesê het, ja. Anyway, jy het darem mooi ladylike gefaint. Laas toe een van my aunties by ’n begrafnis uitgepass het, het almal haar groot pienk panty gesien. Ek sê jou, we were scarred for life.

    Nomsa is kastig ’n Afrika-prinses. Sy sê haar voorvaders was van die oorspronklike heersers van die Zimbabwe-ruïnes. ’n Vet liegstorie, as jy my vra.

    Zak se vingers vleg deur myne. Kali is altyd ’n lady, sê hy vir Nomsa en glimlag vir my.

    Die kyk in sy oë laat my melkkos en kaneelsuiker ruik, soos dié wat my ma in die winter maak.

    Tara kom vorentoe en gee vir my ’n drukkie. Ek is regtig jammer oor jou oupa, sê sy sag. Nes Nomsa kan sy ook goed Afrikaans praat, al is hulle in die Engelsmedium-klas.

    Ebony en Ivory, my twee favourite girls, sê iemand skielik agter my. Ek swaai om.

    Die donker ou is skraler as Zak, maar enige tyd net so sexy.

    Leonardo! Nomsa se vlegseltjie-hairdo kom net tot by die ou se bors toe sy hom ’n drukkie gee.

    Hoog tyd, pel, ek het al gedink jy bly vir altyd in Italië, sê Zak toe hulle hande skud.

    Dan is dit nou die famous Leonardo.

    Nomsa het gesê hy is so slim dat die hoof maar anderkant toe kyk as hy die eerste paar weke van elke jaar afvat om in Italië rond te hang.

    Ek sien ons Irish beauty is nog net so mooi, sê Leonardo en sit sy arm om Tara se skouers.

    En jou mond is nog net so glad, antwoord Tara en lig haar een wenkbrou. Verbeel ek my, of bloos sy?

    Leonardo, dis nou Kali Theron, sê Zak.

    Die donker ou draai na my en kyk my op en af. H’m, ek onthou jou. Dit was die Desembervakansie van 2007 – die jaar toe ons nie Italië toe was nie. Zak se ma het vir ons hotdogs gemaak en jy het ’n streep tamatiesous op jou wit rok gemors. Hy kantel sy kop skeef. Jy was so ’n Liewe Heksie-rige dogtertjie, maar gelukkig het jy jou neus intussen mooi ingegroei.

    Net jammer jy het nie jou bakore ingegroei nie, kap ek terug.

    Mooi so, Kali, sê hom, kom dit van Nomsa.

    Moenie dié grootbek kop toe vat nie, jy was ’n baie cute dogtertjie, sê Zak en grinnik.

    Die klok lui en terwyl ons vierkant toe stap, vra Zak vir Leonardo uit oor sy kuier by die familie in Italië.

    Wat ’n arrogante vent. Ek onthou die dag waarvan hy gepraat het. Die simpele seunskind met die groot ore

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1