Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Poort 4: Krygers
Die Poort 4: Krygers
Die Poort 4: Krygers
Ebook240 pages3 hours

Die Poort 4: Krygers

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

“Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het, het ek mag oor jou.” Hy kyk minagtend na Leonardo. “Julle emosies is julle swakheid; julle ondergang.”
Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. ’n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig. Ek knip my oë en die pers verdwyn. “Om vir mekaar om te gee, maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is nie ’n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry nie.”

Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit ’n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewakerkring vir altyd kan vernietig.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJun 11, 2017
ISBN9780624077572
Die Poort 4: Krygers
Author

Nelia Engelbrecht

Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore. In 1994 begin sy fiksie skryf – kortverhale en liefdesverhale. Haar jeugboek Pandora se boks is die wenner van 'n ATKV-kinderboektoekenning sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur (2009). Sy werk tans as redakteur en skrywer in die Korporatiewe Sake-kantoor van die Potchefstroom-kampus van die NWU.

Read more from Nelia Engelbrecht

Related to Die Poort 4

Titles in the series (4)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Poort 4

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Poort 4 - Nelia Engelbrecht

    Die Poort: Krygers

    Nelia Engelbrecht

    Tafelberg

    "Onthou, julle is almal superheroes in disguise.

    Moenie bang wees om julle eie krag te

    ontdek en te gebruik nie."

    – Kali Theron, Bospoort

    1

    Oee-ee! gil Nomsa langs my. Die hele plek gaan afbrand!

    Oepsie. Ek het genuine nie bedoel om die hotel se dak aan die brand te steek nie. Ek het na die houtteiken gemik en net toe ek dink die oog-ding gaan nie werk nie, kyk ek na die hotel se kant toe en toe werk dit. Soort van per ongeluk.

    Wat de hel het jy aangevang, Kali? Leonardo gooi sy hande in die lug terwyl weerlig in sy swart oë blits.

    Net daar strip ek my moer totally. Dink jy ek het dit aspris …

    Ek skrik die res van my woorde weg toe ’n weerligstraal die deel van Poveglia-eiland verlig waarop ons veronderstel is om ons Kragte en Magte te oefen. ’n Sekonde daarna volg ’n donderslag wat die mense seker tot op Venesië se Sint Markus-plein kan hoor.

    Dan begin dit reën soos dit seker laas gereën het net nadat Noag die lot diere in die ark gelaai het.

    Jy kan bly wees die reën blus die vlamme en red jou gat, blaf Leonardo.

    Hy’s al die hele dag so blafferig – seker omdat ek vanoggend vir hom gesê het ek kan nie nou saam met hom of, for that matter, enige ander ou op die planeet ’n item wees nie, want dit interfere met my duties as Bewaker.

    Kom ons Reis liewer terug hotel toe! roep Leonardo se niggie, Adriana, in Engels uit en gryp Caleb se hand.

    Jason, Caleb se tweelingbroer, sit sy arm om Nomsa se skouers. Wag, ons gaan saam, sê hy ook in Engels, maar met ’n baie sexy Amerikaanse aksent.

    Poef! Poef! verdwyn die twee couples en los vir my en Leonardo en Tara alleen.

    Leonardo, I think you did it! roep Tara uit terwyl sy ’n nat haarsliert uit haar gesig vee.

    Wat bedoel jy? vra Leonardo fronsend.

    You made it rain. Om die vuur dood te maak.

    Leonardo skud sy kop. Nee, ek dink nie so nie.

    Iets is weird. Ek trek my oë op skrefies. Ek en Tara is al papnat gereën, terwyl daar nog nie ’n druppel van ’n dag oud op Leonardo geval het nie. Net soos toe Tara ’n paar dae terug ’n hengse wind veroorsaak het terwyl daar nie eens een haartjie op haar kop geroer het nie.

    Tara is reg, sê ek. Kyk, jy reën glad nie nat nie.

    Leonardo kyk af na sy droë klere en vat aan sy hare. Wow. Vir ’n oomblik vergeet hy hy is ’n grommende Rottweiler, en glimlag terwyl hy na die wolke kyk. Dis amazing.

    So twee maande terug sou ek dit freaking weird genoem het pleks van amazing, maar dit was voor ek een van Bospoort se Nuweling-Bewakers geword het. Intussen het ek uitgevind dat weirdness actually relatief is. Vat maar die merke wat ek op my lyf gekry het. Twee sirkels – en op party plekke meer as twee – wat mekaar oorvleuel. Weird, ja, maar nog nie so weird soos die Magte en Kragte wat daarmee saamgaan nie.

    Maybe kan ek dit laat hael ook, sê Leonardo en steek sy hande in die lug. Komaan!

    In plaas daarvan dat dit begin hael, reën dit nou sagter.

    Ek dink nie dit werk so nie – it has something to do with our emotions, sê Tara.

    Sy’s reg. Laas toe sy ’n mini-tornado veroorsaak het, was dit omdat sy pissed was toe sy uitgevind het ek is nie net lief vir my eie ou, Zak, nie, maar ook vir Leonardo, op wie sy al lankal ’n crush het. Nie dat dit nou meer saak maak nie, want ek het intussen mos my hele complicated love life opgegee.

    So, ek moet eers hoog de hel in raak oor iets, sê Leonardo.

    Maybe oor Kali agter haar Bewaker-duties wegkruip, omdat sy te banggat is om tussen my en Zak te kies, sein hy en gluur na my.

    Wat? vra Tara fronsend.

    Jis, ook maar goed sy het nie die sein opgetel nie. In my kop bou ek blitsvinnig ’n muur tussen my en haar gedagtes. Wil jy nou vir Tara embarrass, of wat? sein ek dan vir Leonardo terug.

    Leonardo ignoreer my totally en kyk na Tara langs hom. Laat ek sien … Dalk moet ek dink aan my oupa en ouma Contarini se liegstorie dat my ma in ’n motorongeluk dood is toe ek ’n baba was, terwyl sy nog al die jare op freaking Mitigon aangehou word.

    Dit begin harder reën.

    O, ja, en ook dat my oupa my verbied het om deur die Poort te gaan om my ma te gaan haal.

    Ek sense hoe sy hartklop vinniger raak en die bloed in sy are begin borrel.

    Of maybe moet ek fokus op die Ander wat ons nou die aand probeer doodmaak het. Chanda-Mundia se donnerse cronies.

    My hart ruk toe ek sien hoe hy sy hand op sy bors sit, presies daar waar die Ander hom ’n paar aande gelede in die restaurant in Venesië geskiet het. Gelukkig kon ek my Kragte gebruik om hom en Jason, wat ook beseer is, te Heel.

    Ek sien nog nie hael nie, roep Tara bo die gedruis van die reën uit.

    Ek sien ook nie hael nie, maar daar is iets vreemds in die see agter Tara en Leonardo aan die gang. Deur die vlae reën is dit moeilik om te sien waar die grys van die see ophou en dié van die lug begin, daarom vat dit my ’n sekonde om uit te figure wat besig is om te gebeur.

    Ek probeer uitroep, maar die klank steek in my keel vas. So vierhonderd meter van die eiland af is ’n deining wat lyk of dit op steroids is, want dit word baie vinnig al hoe hoër.

    Agter julle! kry ek die woorde uiteindelik uit.

    Tara gil toe hulle omkyk en die wal water sien wat al hoe meer na ’n mini-tsoenami begin lyk.

    Shit, waar kom dit vandaan? roep Leonardo uit.

    Dis jy – jy het dit gemaak, so jy moet dit stop! skree ek terug.

    Tara gryp Leonardo se arm. It’s going to flood the island!

    Leonardo, doen iets! gil ek.

    Soos wat? Jy’s mos Hoofmeisie-Bewaker – kry lewe en doen self iets!

    Stop bickering – ons moet dit keer! roep Tara.

    Maybe kan ek die deining vries of iets. Soos toe ek die Ander wat op die Oosterland-seilskip was in standbeelde verander het. As ek net kan onthou hoe … My gedagtes fladder soos budgies in ’n hok rond. Oukei, Kali, fokus. Zoom eers in op die deining. En dan? Sherbet, ek het nie ’n clue nie.

    Oom Giovanni gaan ons nooit, ooit vergewe as sy hele eiland wegspoel nie.

    2

    Ek trek my asem diep in en maak my oë toe. Oukei. Here goes.

    Die koue van die water slaan my asem weg toe ek die deining met my gedagtes tref. Die grys wal sluk my in. Die soutwater brand my keel, my longe. Dieper. Ek moet nog verder inzoom, tot waar die deining se hart in die donker dieptes klop. Ek sak al hoe dieper weg, totdat ek die sagte sand van die seebodem voel. Daar word alles roerloos stil.

    Kali, is jy oukei?

    Ek maak my oë oop toe ek Tara se stem hoor. Shitters, die deining is nog steeds daar. Maar dit lyk tog … Ja, sowaar. Dit word nie meer hoër nie.

    Dit het intussen opgehou reën en bokant ons skyn ’n pieperige sonstraal deur ’n gat in die wolke. Mind you, so met die bietjie sonlig lyk die wal water nog meer scary.

    Now what? vra Tara.

    Nou try ek my nuwe Kragte tot die probleem uitgesort is, sê Leonardo.

    Sy poging om selfversekerd te klink, werk nie heeltemal nie. Jy het nie ’n clue wat jy gaan doen nie, het jy? vra ek.

    Ek sê mos ek sal iets uitfigure. Leonardo kyk fronsend in die rigting van die hotel. Hopelik voor my oupa-hulle omdraai en die berg water raaksien.

    Ek herken Giovanni Contarini se grys kop tussen die hotelpersoneel wat voor die hotel staan en armswaaiend opkyk na waar die dak gebrand het. Tussen die punt van die eiland waarop ons staan en die hotel is net ’n smal kanaal. As iemand omkyk …

    Skielik draai oom Giovanni om. Ek tree agteruit toe sy sein my soos ’n vuishou teen die bors tref.

    Nuwelinge! Kom onmiddellik hierheen!

    Die laatmiddag ruik na verbrande dakteëls en die skroeireuk van woede.

    Shit, sê Leonardo. Ons het seker nie ’n keuse nie.

    Ons drie vat hande en wit mis begin om ons dwarrel.

    Maybe moet ons net hier bly, sê ek terwyl ons in die veilige wattewêreld van die Portaal staan.

    Te laat, sê Tara toe die mis begin verdwyn.

    Oom Giovanni wag alleen voor die hotel. Jis, ek sweer hy het die hotelpersoneel binnetoe gestuur sodat daar nie ooggetuies is as hy ons vermoor nie.

    Yskoue woede blink in oom Giovanni se swart oë. Wie het my hotel aan die brand gesteek? vra hy in Engels.

    Sorry, Oom, ek … begin ek.

    Kali didn’t mean to … sê Tara.

    Dit was ’n ongeluk …

    Ons bly al drie stil toe oom Giovanni sy hand lig. En die water? Wie se ‘ongeluk’ is dit?

    Uit die hoek van my oog sien ek hoe mense uit die hotel peul en in die bote wat in die kanaal voor die hotel vasgemeer is, begin klim.

    Ek het my nuwe Kragte … sê Leonardo.

    Leonardo het dit nie aspris …

    It was not as if …

    Stil! Oom Giovanni kyk ons omtrent middeldeur. Ons ontruim die hotel totdat dit veilig is. Tara, jy kom saam. Kali en Leonardo, julle sorg dat daardie fratsgolf verdwyn, en vinnig ook!

    Ek bly by hulle, sê Tara en kyk die kwaai Italianer vierkantig in die oë.

    My oupa is reg, Tara, dis te gevaarlik, sê Leonardo sag. As iets gebeur, sal ek en Kali fine wees – jy nie.

    But I want to help …

    Voor sy klaar gepraat het, storm Nomsa op ons af. Wat gaan aan? Hoekom moet ons … Dan sien sy Leonardo se handewerk raak. Oe-ee! Wat is dit daai?

    ’n Effense foutjie – niks wat ek nie kan oplos nie, antwoord Leonardo en kyk na Jason wat skuins agter Nomsa staan. Vat vir Nomsa saam met jou na een van die bote toe, Jason.

    Dit is kwalik ’n ‘foutjie’, Leonardo, sê oom Giovanni kil voor hy na Adriana en Caleb draai wat ook intussen nadergekom het. Adriana, sorg dat almal in die bote kom. Capisce?

    Adriana kyk haar oupa agterna toe hy driftig wegstap. Wow, neef Lenny, jy beter die probleem fix, anders onterf Oupa jou nog voor sononder, mark my words.

    Wow, dude, dis awesome! Caleb staar vol bewondering na die deining wat amper drie verdiepings hoog bokant die eiland uittroon.

    Sal julle oukei wees? vra Tara terwyl sy bekommerd na Leonardo kyk.

    Of course, jy weet mos ek het kieue in plaas van longe. Kali ook.

    Kieue in plaas van longe. Régtig? Soort van, ja. Weirdness is after all die storie van my lewe. Ek en Leonardo en Adriana, hulle oupa en twee van hulle ooms kan onder water asemhaal. My eie meerminstatus het ek ontdek toe een van die Ander my ’n ruk gelede in die rotspoel buite Bospoort probeer verdrink het.

    Bospoort. Hart-seer sny soos ’n dun draad deur my. Ek verlang na my pa en my kwaai ma en my liewe Zak wat maybe een van die Ander is, maar maybe ook nie en ek mis my Kristoffeltjie-hond …

    Kali!

    Leonardo se stem laat my ruk van die skrik. Oukei. Reality check. Ek is nie in Bospoort nie, ek is op die Venesiese eiland, Poveglia, en ek het nie naastenby ’n clue wat om met Leonardo se effense foutjie aan te vang nie.

    3

    Enige planne? vra Leonardo terwyl ons op die kant sit van die muur wat skuins uit die see boontoe loop.

    Nee, en jy, genius?

    Ek dink nog.

    Die gedeelte waarop ons sit, is ’n agthoekige puntjie aan die suidekant van die eiland. Eeue gelede het die Italianers ’n fort hierop gebou om die Groot Lagoon voor Venesië teen invallers te beskerm, maar al wat daarvan oorgebly het, is die mure wat skuins uit die see boontoe loop en die grond bo-op.

    As ’n golf na vlakker water toe beweeg, begin die onderste deel van die golf stadiger beweeg as die boonste en dan tiep die bokant om en word dit ’n brander wat breek, begin Mister Wikipedia useless inligting met my deel.

    So what?

    As ons die seebodem reg onder die golf dieper kan maak, gaan die golf hopelik baie kleiner word en nie so woes breek nie.

    Sure, want ons het mos onderwater-bulldozers waarmee ons dit gou kan doen.

    Laas toe ek gecheck het, het jy ’n sinkgat opgevul. Maybe kan jy weer iets in daai lyn doen.

    My mond val sommer oop. Seriously? Jy weet net so goed soos ek dit was ’n vloekskoot – ek wou net keer dat ons twee tot onder in die sinkgat val. Dat dit reggekom het en my ma-hulle se swembad weer van iewers uit die gat opgepop het, was net ’n surprise.

    Wel, dan moet jy jouself maar weer surprise … en vinnig ook, want dit lyk vir my of die golf al weer hoër word.

    Sherbet, hy’s reg. Ek sal iets moet … Voor ek klaar gedink het, verskyn Nomsa en Tara ’n entjie van ons af.

    Leonardo staan op en sit sy hande in sy sye. En nou? Het ek nie gesê julle twee moet in die bote bly nie?

    Hei, moenie MY kop afbyt nie, dis Tara wat ’n bee in haar bonnet het, sê Nomsa terwyl hulle naderkom.

    Ek het gesense julle het hulp nodig, sê Tara. It has something to do with soil or sand.

    Leonardo laat sak sy hande. Jy’s reg.

    Nomsa se oë word al hoe groter terwyl hy hulle van sy plan vertel. Oe-ee, as long as I don’t have to dig the holes – al daai wurms en goed in die grond is totally disgusting, sê sy en skud haar skouers soos sy gril.

    Sorry, Nomsa, but I sensed that your Powers have something to do with the earth – dit is hoekom jy saam met my moes terugkom, sê Tara. Dan draai sy na my. I also had to give you this, Kali.

    Ek vat die klippie by haar. Dit lyk soos die een wat die Amerikaanse tweeling se ma, tannie Awenasa, so twee dae gelede saam met ’n skulp, ’n veer en ’n stokkie waarvan die een punt verbrand is, vir my gegee het. Simbole van water, wind, vuur en grond. My totemitems, het sy gesê.

    As mens na die vier elemente kyk, maak dit sin, sê Leonardo. Tara kan met wind werk, ek met water en Kali met vuur. Al wat oorbly, is Nomsa en grond.

    No bloody ways! Nomsa kyk na my. Kali, daar moet ’n ander manier wees.

    Dalk kan ek ’n aardbewing veroorsaak wat die golf insluk? Sowaar. As iets my genuine die hel in maak, kan ek so hard gil dat die aarde bewe.

    Leonardo skud sy kop. Nee, dit kan meer golwe veroorsaak. Nomsa sal moet help.

    Die kleur in Nomsa se wange verander van ’n diepbruin espresso na ’n valerige latté. Weet julle hoeveel kieme en … Hei, waarheen gaan jy?

    Tara het omgedraai en stap nou weg van ons af. Dan gaan staan sy en kyk af. You have to dig here, Nomsa. Sy kyk op. Dan moet jy die grond dra … Sy stap nader aan die water. Tot hier.

    Forget it! roep Nomsa uit.

    "Verdomp, Nomsa, doen

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1