Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe)
Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe)
Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe)
Ebook109 pages1 hour

Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dieter en Krynauw, twee graadneges, beland in die kloue van Madame Zenobia toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool – hulle is veral bekommerd oor hulle rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp. Uiteindelik slaag hulle tog daarin om die problem op te los, maar nie voordat hulle angswekkende oomblikke beleef en amper vir Sydney, Dieter se babaskilpadjie, moet opoffer nie. Lekker skerp dialoog, humor en spanning.

Hierdie skooluitgawe van Dieter en Madame Zenobia is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.humanrousseau.com.
LanguageAfrikaans
Release dateAug 30, 2009
ISBN9780798165136
Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe)
Author

Nelia Engelbrecht

Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore. In 1994 begin sy fiksie skryf – kortverhale en liefdesverhale. Haar jeugboek Pandora se boks is die wenner van 'n ATKV-kinderboektoekenning sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur (2009). Sy werk tans as redakteur en skrywer in die Korporatiewe Sake-kantoor van die Potchefstroom-kampus van die NWU.

Read more from Nelia Engelbrecht

Related to Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe)

Related ebooks

Related articles

Reviews for Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) - Nelia Engelbrecht

    Dieter en Madame Zenobia

    (skooluitgawe)

    Nelia Engelbrecht

    Human & Rousseau

    1

    Ons graadnegejaar het nou net minder boring geraak.

    ’n Skooldief – wow, dis cool, fluister Krynauw hier langs my.

    Voor op die saal se verhoog lyk die hoof se gesig soos ’n opgepofte dough­nut met pienk versiersuiker op.

    Verlede week het dié dief die muurhorlosie uit die saal gesteel en gister het ses silwer teelepels uit die personeelkamer verdwyn. Maar die ergste is dat my goue papiermes van my lessenaar af gesteel is.

    Ek kyk na die kinders om ons. Dis nogal weird om te dink een van hulle kan die dief wees.

    Pouse praat almal oor die skooldief. By die snoepie sien ek en Krynauw hoe ’n klomp meisies om Zaanli Viljoen saamdrom.

    Vandat sy kaptein van die ondersestien-netbalspan is, dink almal sy is wonderlik, sê Krynauw terwyl hy aan sy sout-en-asyn chips kou. G’n netbalspeler sal die punch kan vat op ’n rugbyveld nie. Buitendien, dis óns rugbyspan se beker wat in die voorportaal staan.

    Dis waar. Ons het die streek gewen, terwyl Zaanli-hulle net sirkelwenners was.

    Ek is seker ons sal die skooldief kan vang, sê Zaanli vir haar maats net toe ek en Krynauw verby hulle stap.

    Krynauw gaan staan. En hoe wil julle dit nogal doen? vra hy.

    Zaanli kyk hom op en af. Dit gaan ons beslis nie vir jou vertel nie.

    Krynauw frons. Ek wed jou vyftig rand ek en Dieter gaan daardie dief vang – nog lank voor julle.

    Ek stik amper in my Coke. Krynauw se brein makeer seker iets. Die polisie kan dan nie eens die dief vang nie!

    Zaanli loer na my. Goed dan, dis ’n weddenskap, sê sy.

    Ek kry vir Krynauw aan die arm beet. Kom hier, sis ek en sleep hom weg.

    My wange word warm toe ek hoor hoe die meisies agter ons giggel. Vir wat gaan jy sommer ’n weddenskap aan? Hoe dink jy gaan ons die skelm gevang kry? raas ek toe ons op ons gewone bankie langs die tennisbane sit.

    Ek moes iets sê om haar stil te kry, brom Krynauw.

    Sure! En nou lag hulle vir ons, sê ek en staar moedeloos na die stowwerige punte van my skoolskoene.

    Ek het ’n plan, sê Krynauw meteens.

    Ek kyk versigtig op. Krynauw se slim planne het ons al baie in die moeilikheid laat beland. Watse plan?

    Ek is seker die skelm is ’n kind in ons skool, want alles het in die middel van die dag weggeraak terwyl die skool vol kinders was. En niemand het ’n vreemde ou op die skoolgrond gesien toe die goed gesteel is nie. Dit beteken ons moet die kinders dophou.

    En hoe moet ons nogal die hele skool dophou as ons self in die klas sit?

    Ek … ons moet iets uitdink sodat ons kans kry om rond te kyk.

    Soos wat?

    Krynauw sit vir ’n oomblik en dink. Dan grinnik hy. Ek hét dit!

    Hy spring op toe die klok lui. Doen jy maar net wat ek doen.

    Ná pouse is dit Kuns en Kultuur by juffrou Blom. Sy hou ’n groot prent van ’n man in haar hande. Sy staar fronsend na die gesig.

    Ekskuus … waar was ons nou weer? vra sy.

    Krynauw begin proes.

    Ek kyk na die naam op die swartbord: Vincent van Gogh. Ek steek my hand op.

    Ja, Diederick?

    Om ons begin die kinders giggel. Ek háát dit as juffrou Blom my sommer enige naam noem.

    Ek is Dieter, Juffrou. Ek dink ons praat vandag oor Vincent van Gogh.

    O ja, sê juffrou Blom. Hy was ’n briljante kunstenaar wat later krank­sinnig geword en sy eie oor afgesny het …

    Uhhg!

    My nek ruk toe die alleraakligste geluid skielik hier langs my in die bank opklink.

    Oe-e-e! gil juffrou Blom, haar pienk roosknopmond op ’n tuit getrek. Wat makeer?

    Uhhg … ek’s vrééslik naar, Juffrou, kerm Krynauw. Ek dink ek en Dieter het pouse iets geëet wat nie … Uhhg!

    Net voor hy opstaan, pomp Krynauw my hard in die ribbes. Dan ont­hou ek wat ons afgespreek het.

    Uhhg! brul ek ook.

    Ie-e-e! gil juffrou Blom.Julle twee moet liewer dadelik siekekamer toe gaan.

    Ons is skaars by die deur uit, of Krynauw vou dubbel soos hy lag.

    Ek kyk vinnig na die toe deur agter ons. Sjuut! Wil jy hê sy moet jou hoor?

    In die voorportaal loop ons die kantoortannie raak. Tannie Ella loer oor haar goueraambrilletjie na ons. Ja?

    Juffrou Blom het ons siekekamer toe gestuur. Ek dink ons het pouse iets geëet wat ons siek gemaak het, jok ek en loer vinnig na Krynauw.

    Dié hou sy hand voor sy mond asof sy derms enige oomblik by sy mond gaan uitpeul. Vrék-vreeslik naar, mompel hy.

    Siestog, gaan lê ’n bietjie. Juffrou Blom sal nie kinders siekekamer toe stuur as dit nie regtig nodig is nie.

    Toe ons elkeen op ’n bed in die siekekamer lê, frons ek. Ek hou nie daarvan om so vir tannie Ella te jok nie.

    Krynauw waai met sy hand deur die lug asof hy ’n lastige vlieg wegjaag. A-a-g, dis vir ’n goeie doel. Ons gaan mos die skelm vang.

    Ná ’n rukkie loop Krynauw deur toe. Kom, beduie hy, ons moet weg wees.

    Ek sluip agter Krynauw in die gang af. Net toe ons om die hoek van die gimnastieksaal kom, steek ek vas.

    Die deur daar voor het nou net toegegaan.

    So what? vra Krynauw.

    "Daardie deur is altyd toe. Ek het

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1