Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Minki in die middel
Minki in die middel
Minki in die middel
Ebook58 pages21 minutes

Minki in die middel

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek.

Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.

Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?

LanguageAfrikaans
Release dateJul 6, 2020
ISBN9781776250097
Minki in die middel
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Minki in die middel

Related ebooks

Related articles

Reviews for Minki in die middel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Minki in die middel - Jaco Jacobs

    cover.jpgMinki_karakters.jpgMinki_in_die_middel_titelblad_01.jpg

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    1

    Drie geure roomys

    Dit is ’n sonnige somermiddag.

    Minki is buite in die tuin. Sy het besluit dis vandag die perfekte dag om vir Spaghetti te leer toertjies doen.

    Dames en here, ons bied aan – Spaghetti die Sirkushond! kondig Minki aan. Sy hou ’n oranje hoepel in die lug. Spring, Spaghetti.

    Spaghetti draai sy kop skeef en kyk na die hoepel.

    Minki se twee beste maats, Natalie en Lara, sit op die gras. Hulle kyk hoe Minki vir Spaghetti toertjies probeer leer.

    Spring, Spaghetti, sê Minki weer.

    Spaghetti gee ’n vrolike blaf. Skielik spring hy op. Voor Minki kan keer, lek hy met sy lang pienk tong oor haar wang.

    Sjjjlorrrp!

    Jig, Spaghetti! roep Minki laggend uit. Sy vee ’n blerts slobberige, slymerige hondespoeg van haar wang af. Ek het nie bedoel jy moet teen my opspring nie.

    Minki1_Hf1_1.jpg

    Natalie en Lara lag hulle byna slap.

    Spaghetti se tong hang uit asof hy saam lag.

    Minki hou weer die hoepel in die lug. Spaghetti gaap. Dan draai hy om en gaan lê in die skaduwee van die groot ou eikeboom.

    Siestog, ek dink hy kry te warm om toertjies te doen, sê Natalie.

    Minki vee oor haar voorkop. Natalie is reg. Dit is baie warm vanmiddag. Gelukkig het sy haar hare net verlede week lekker kort laat sny.

    Skielik kom ’n vrolike liedjie oor die tuinmuur aangesweef.

    Tienge-lienge-lienge-lieng!

    ’n Oomblik later storm twee brullende monsters uit die huis.

    Raaaaurrr! brul hulle. Ons soek rrroomys!

    Een monster het ’n gesig vol gifgeel hare en die ander een het horings. Albei

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1