Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die dingesfabriek 3: Jannus en Kriek krimp
Die dingesfabriek 3: Jannus en Kriek krimp
Die dingesfabriek 3: Jannus en Kriek krimp
Ebook82 pages27 minutes

Die dingesfabriek 3: Jannus en Kriek krimp

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die derde avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op ’n ontdekkingstog gaan.

In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . .

Toe, in Jannus en Kriek onder die see, is hulle met Oupa se duikboot diep onder die Suid-Atlantiese oseaan in, om ’n reuse-eier terug te neem na waar dit gevind is. In hierdie boek wys Oupa Dinges hulle sy nuutste uitvinding: ’n laserstraal wat ’n enkele koringkorrel eensklaps so groot kan laat groei dat ’n mens ’n hele brood daarvan kan bak. Maar dinge loop skeef toe dié SuperMega-Vergroterstraal per ongeluk van ’n spieël weerkaats en Jannus en sy oupa tref. Die twee van hulle begin krimp en krimp . . .

Die derde boek in hierdie reeks. Lees ook Jannus en Kriek op die maan en Jannus en Kriek onder die see.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJun 30, 2014
ISBN9780624068372
Die dingesfabriek 3: Jannus en Kriek krimp
Author

Elizabeth Wasserman & Astrid Castle

Elizabeth Wasserman is ’n patoloog in privaatpraktyk en buitengewone professor in die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie van die Universiteit van Stellenbosch se Geneeskunde Fakulteit. Sy is die skrywer van die Speurhond Willem- en Anna Atoom-reekse, waarvoor sy met die Alba Bouwer Prys vir kinderliteratuur bekroon is. Elizabeth en haar gesin woon in Welgedacht, buite Kaapstad.

Related to Die dingesfabriek 3

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die dingesfabriek 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die dingesfabriek 3 - Elizabeth Wasserman & Astrid Castle

    Vir al die voëltjies, goggas en ander

    gediertes in ons tuin – E.W.

    Ek hoop almal wat hierdie avontuur lees,

    sal só meegevoer word, dat hulle hul verbeel

    hulle het self gekrimp! – A.C.

    Die wêreld van Jannus en Kriek

    Ons helde

    Doopname: Jannewario Frederikus Knoets en Krisantalia Renostrum Knoets, algemeen bekend as Jannus en Kriek. Hulle is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling.

    Adres: Huis Deurmekruis

                Onder Afrit 7 van die snelweg

                Naby die dokke

    Hulle ouers: Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot uitgewe­ry. Soetlief is ’n gevaarlike spioen.

    Hulle troeteldier: ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Sy is ’n wyfiemeerkat, maar haar voornaam is Meneer en haar van is Snoek.

    Hulle oupa: Hy is ’n avon­turier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy kelderlaboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net ’n bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alles wat hy nie kan onthou nie dinges.

    Wie is Zip?

    Is hy een van Oupa se uitvindings? Niemand weet wat hy is of waar hy vandaan kom nie, maar hy het gehelp om hierdie boek te skryf.

    ’n Spinnekop

    Kinders, maak julle boeke op bladsy sewentien oop, sê juffrou Frot.

    Dit ritsel in die klas soos die kinders na die regte bladsy blaai. Dit is Vrydag en buite skyn die son. Wie is nou lus vir skoolwerk?

    Juffrou Frot vroetel in haar handsak en haal die kassie uit waarin sy haar leesbril bêre. Sy maak dit oop. Dan, skielik, weergalm ’n oorverdowende gil deur die klaskamer. Juffrou Frot gil so hard dat Jannus haar kleintongetjie agterin haar keelgat kan sien tril. Juffrou Frot gil so skril dat Kriek se oordromme ratel, net soos Huis Deurmekruis se vensters wanneer die donderweer om die Oostelike Toring blits.

    Juffrou Frot gil, want

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1