Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Skool is 'n riller
Skool is 'n riller
Skool is 'n riller
Ebook303 pages4 hours

Skool is 'n riller

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar-onderwysers en vreemde wesens . . . skoolgaan is beslis nie vir bangbroeke nie. En wie sal tog omgee oor kwaai onnies en huiswerk as hulle nog met toordokters, spoke en reusagtige spinnekoppe ook moet rekening hou?
Hierdie 20 grillekker stories sal jou nekhare regop laat staan en jou laat wens dat die skoolklok vir huis-toe-gaan-tyd sal lui . . .
LanguageAfrikaans
Release dateMar 1, 2017
ISBN9780798174107
Skool is 'n riller
Author

Marianna Brandt

Marianna Brandt het al verskeie kinderboeke die lig laat sien. Vir haar boek Die mieliestronkpop/ The Mealiecobb Doll het sy ’n White Raven nominasie ontvang. Haar vorige boeke by H&R is: Die geheim van die toringkamer, Die Stoutsterte, Van Texel tot Tafelbaai, Markus Stermuis/Marcus Star Mouse, Poot aan wal, Magrietjie Swaaiboude en Diva Veronica. Sy skryf ook bydraes vir opvoedkundige publikasies, plaaslik en oorsee. Marianna woon in Boston, Bellville.

Related to Skool is 'n riller

Related ebooks

Related articles

Reviews for Skool is 'n riller

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Skool is 'n riller - Marianna Brandt

    Saamgestel deur

    Marianna Brandt

    Illustrasies deur

    Luan Serfontein

    Human & Rousseau

    Die studieklok

    V -vrek, ou Hotdog, ons soek vet m-moeilikheid. K-kom ons maak liewer spore, stotter Hamburger waar hy kort op my hakke deur die donker koshuisgang sluip. Hamburger, oftewel Nico Naude, is my beste pel.

    Ons is op dieselfde dag in dieselfde hospitaal gebore. Ons het in dieselfde straat grootgeword. Ons lyk ook amper soos ’n tweeling met ons ligte hare en blou oë. Een verskil is ek is so lank soos ’n flippen hemelbesem en hy is kort en rond. Ons byname het ons al op laerskool gekry.

    Op die oomblik is Nico bang. So bang, hy kan sy broek natmaak. Ek ken hom goed genoeg om dít te weet. En nie verniet nie. Dis ons eerste week as graadagts in Hoërskool Bloubaai en ons is op pad na ons eie begrafnis.

    Oukei, miskien dik ek nou aan, maar as dinge skeefloop, is ons so goed soos twee bloedkolle teen ’n muur.

    Sjarrap, man, knip ek sy gekerm kort en skuifel nog ’n paar treë vorentoe. Voor die buitedeur aan die onderpunt van die gang steek ek vas. My vingers voel-voel na die knop. Uiteindelik vat ek dit raak. Kom ons doen dit net en kry klaar, fluister ek oor my skouer en draai die knop.

    Die stokou deur kraak aardig voor dit met ’n moedelose steun oopswaai. Hard genoeg om die dooies wakker te skud. Ek skrik my besimpeld en trap wild na agter.

    Aaauuu! Hamburger se brul bons teen die gangmure. Aan die manier waarop hy na sy linkervoet gryp en op sy regterbeen rondspring, lyk dit of my tekkie sy groottoon vergruis het, maar daar is nie nou tyd om daaroor te worrie nie.

    Waaroor ons wel moet worrie, is die res van die koshuis wat nou seker helder wakker is. Of ten minste die ouens in die gang langsaan, waar die prefekte slaap. Sê nou iemand kom kyk wat aangaan?

    Ek luister met ingehoue asem. Maar niks. Net die ritseling van die nagwind deur die blare van die paar bloekombome langs die koshuis. Iewers in my agterkop waarsku ’n stemmetjie dis net te maklik, maar ek hou my doof en waag dit na buite.

    Gruisklippies knars onder my skoensole terwyl ek in die rigting van die bome loop. Na ’n paar treë dring dit tot my deur ek hoor niks agter my nie en ek kyk om. In die maanlig, wat spokerig deur die vlieswolke sif, sien ek Hamburger het vasgesteek. Flippit, hy moenie nou uitchicken nie.

    Kom nou, man, raas ek. ’n Mens sukkel nie met ’n prefek nie en ’n dare is ’n dare.

    Tot my verligting begin Hamburger beweeg. Kruppel-kruppel skuifel hy agter my aan tot om die hoek van die gebou. Voor ons lyk die kolonie bloekombome skielik dig en donker en onheilspellend. Ek onderdruk die rilling wat deur my lyf glip.

    H-hoe laat is dit? fluister Hamburger terwyl ons deur die bome vleg.

    Ek haal my selfoon uit en sien my hand bewe effens. Vyf voor twaalf. Nog net ’n paar treë verby die laaste boom en dan …

    Skielik toring dit reg bokant ons. Spierwit in die bleek maanlig. Dis natuurlik nie die eerste keer dat ons dit sien nie, maar so in die middel van die nag lyk dit nogal scary. Amper asof dit ons dophou, dink ek, maar kry dadelik lag vir dié simpel gedagte.

    ’n Geluid laat my vassteek. Dankie tog, gelukkig net die sagte gehoe-hoe van ’n Kaapse ooruil iewers in die bome! Maar dis te veel vir Nico. Hy maak ’n verpiepte tjankgeluid en vlieg om. Te laat! Asof hulle daarvoor gewag het, verskyn drie skaduwees van agter die naaste boomstamme. Ons is uitgevang.

    Tyd om ’n plan te beraam is daar nie. Die middelste figuur spring voor Nico in en hou sy hand in die lug. En waarheen so haastig? wil hy in ’n onheilspellende stem weet.

    My hart sink in my skoene. Daai stem ken ek. En dis die laaste een wat ek nou wil hoor. Sommer die eerste dag op hoërskool het ek agtergekom hoofseun Vince Bruintjies laat nie met hom speel nie.

    Natuurlik kry die stomme Hamburger nie ’n woord uit nie. Staan net daar soos ’n zombie terwyl sy tande opmekaar klapper. Teen my sin voel ek skuldig. As ek hom nie by die ding ingesleep het nie, was hy tien teen een nou veilig aan die slaap in sy bed.

    Ga! ontsnap ’n kreet die tweede donker figuur. ’n Ligstraal skiet uit sy hand en ek moet agter my arm koes om te keer dat dit my verblind. Wat het ek julle gesê? skreeu hy terwyl die lig van sy flits oor ons speel. Paddapoef Nico en paddapoef Stef. Dom genoeg om Bloubaai Hoër se taboe uit te daag. Is dit nou pateties of is dit pateties?

    Ek moes geweet het! Prefek Jac Botha. Die luis wat my gedare het om by die kloktoring in te gaan en die koshuis se studieklok om middernag te kom lui. ’n Doodsonde wat geen Bloubaaier ooit durf waag nie. Beslis nie iemand so laag soos ’n graadagt-paddapoef nie. Hoe kon ek so stupid wees! Ek moes geweet het dis ’n lokval.

    Die derde figuur tree ook vorentoe. Shaun Roux, nog een van die prefekte in beheer van die graadagts se verwelkoming. Sy swart oë boor deur ons. Julle paddapoewe weet dis streng verbode om die studieklok te lui?

    Ek knik vinnig.

    Sy wenkbrou lig gevaarlik.

    J-ja, ons w-weet, stotter ek en gluur onderlangs na Jac wat met ’n vieslike grynslag op sy bakkies na my kyk.

    Ja, WIE? Duidelik is Shaun besig om sy humeur te verloor.

    Ja, Groot Koning, ons weet, Groot Koning, rasper dit uit my keel.

    Dit lyk nie of hy tevrede is nie, maar tot my verbasing kom hoofseun Vince tot ons redding. Miskien moet ons die paddapoewe nog ’n kans gee, sê hy terwyl hy met afgemete treë tot reg voor ons stap.

    Sy stem is laag. Miskien moet hulle net ’n bietjie huiswerk kry. Skielik druk hy sy vinger onder my neus. Miskien moet hulle uitvind hoekom niemand, maar NIEMAND, dit ooit waag om Bloubaai Hoër se studieklok te lui nie, spoeg hy die woorde in my gesig.

    Ek steier agteruit. Al is daar nie ’n vinger onder sy neus nie, steier Hamburger ook.

    Dan kan hulle dit sommer vir die ander patetiese paddapoewe ook vertel, stel Jac voor. Saterdagaand in die studiesaal. Die paddapoefkonsert word vanjaar mos daar gehou.

    Blink plan, beaam Shaun.

    Verbaas kyk ek en Hamburger na mekaar. Het ons regtig só lig daarvan afgekom?

    Hoe moeilik kan dit nou wees? Toe, toe, toe, sê my? aap Hamburger my sarkasties na terwyl ons die volgende oggend met volgelaaide skinkborde na ons etenstafel stap.

    Ek antwoord nie. Wanneer Hamburger homself so opwerk, is dit beter om nie met hom te sukkel nie. Soos ek verwag het, vat hy die geleentheid. Presies wat jy ook gesê het toe jy my omgepraat het om daai simpel dare te doen, stoom hy en plak sy skinkbord op die tafel neer.

    Die meisie aan die oorkant kyk op en wip haar dosyn vlegseltjies vererg oor haar skouer. Toe ek vir haar skewebek trek, gryp sy haar skinkbord en gaan sit by die tafel langsaan.

    Jy oorreageer, my ou, probeer ek Hamburger kalmeer toe sy buite hoorafstand is.

    Gmf! snork hy, nou behoorlik opgewerk. Teen Saterdagaand moet ons weet waarom dit so ’n danige sonde is om die flippen studieklok te lui anders braai die prefekte ons. En wat het ons al uitgevind? Zilz! Nada!

    Ingedagte skud ek die soutpot oor my graanvlokkies. Wat help dit om te stry? Ons weet nog niks. En dis nie omdat ons nie rondgevra het nie. Inteendeel. Dis omdat nie een van die ander koshuiskinders wil praat nie. Kyk net anderpad asof hulle nie hoor nie. Hoekom? Weet hulle rêrig nie? Of is hulle verbied om iets te sê? Ja, dis wat dit is! Die prefekte wil natuurlik hê ons moet ons gatte sien sodat hulle ons voor die hele skool kan afslag. Beslis nie ’n lekker vooruitsig nie.

    Ek sug diep. Uit die hoek aan my oog sien ek hoe die meisie met die baie vlegseltjies haar skinkbord vat en opstaan. Snaaks, ek het haar nie vroeër raakgesien nie, al deel die meisie- en seunskoshuise die eet- en studiesaal.

    Haar vlegsels wip parmantig toe sy neus in die lug verbystap. Dis eers toe sy al by die deur uit is dat ek die papiertjie opmerk wat langs my stoel lê. Het sy dit laat val?

    Ingedagte tel ek dit op en wil dit net opfrommel toe ek sien wat in vet, ronde letters daarop geskryf staan: Juffrou Klaradyn.

    Juffrou Klaradyn?

    My kop slaan oor na vyfde rat. Natuurlik! Dis mos die afgetrede juffrou wat alleen in haar huisie op die hoek van die skoolterrein woon. Nuwelinge word sommer met die intrap gewaarsku om uit die ou fossiel se pad te bly en ek kan verstaan waarom.

    Sy dra altyd swart klere en met haar krom figuur en toiingrige grys vlegsels sal sy nogal tuis lyk op ’n besemstok. Maar soos ek van my ma verstaan, het sy baie jare terug hier kom skoolhou. As daar iemand is wat die storie van die studieklok ken, sal dit sy wees! Hoe gouer ek en Hamburger by haar uitkom, hoe beter.

    Ek moes geweet het Hamburger gaan dink my plan stink.

    Het jy dit nou heeltemal verloor, my ou? baklei hy toe ons laatmiddag koes-koes by die koshuis se sydeur uitglip. As Vince agterkom ons bank studie, is ons so goed soos geskors. En wat laat jou dink die ou heks sal ons help? Kans is beter sy verander ons in brulpaddas.

    Ons bank nie studie nie, skets ek die groter prentjie. Ons gebruik net die tyd vir noodsaaklike navorsing. Ek wil hom gerusstel oor juffrou Klaradyn, maar aangesien ek vermoed hy is reg, hou ek liewer my mond. Toe ons uiteindelik voor haar windskeef huisie staan, moet ek my sweterige hande eers aan my hemp afvee voor ek klop.

    Tot my verbasing swaai die pers houtdeur byna dadelik oop. Juffrou Klaradyn loer deur die skrefie. O, dis julle, sê sy opgeruimd asof sy ons verwag het en maak die deur wyer oop.

    ’n Benoude uitdrukking verskyn in Hamburger se oë en ek moet hom vinnig in die rug stamp om te keer dat hy laat spat. Saam steier ons oor die drumpel. Ons bevind ons in ’n skemer vertrek wat na katpiepie en laventel ruik.

    Juffrou Klaradyn druk die voordeur toe. ’n Swart kat knip sy gloeiende geel oë en spring met ’n miaau van die koffietafel af, waar ’n wolkie stoom uit die tuit van ’n geblomde teepot trek. Juffrou Klaradyn vra: Tee?

    Ek en Hamburger kyk na mekaar terwyl ons probeer om nie te proes van die lag nie. Wie gee nou vir koshuisbrakke tee? Maar ten minste is sy nice. Hopelik kry ons die inligting wat ons soek en kan ons weer aangaan met ons lewens.

    Nee dankie, Juffrou, sê ek vinnig en glimlag op my sjarmantste. Ons het net gekom om …

    Ek weet. ’n Fyn glimlag plooi om haar dun lippe. Julle wil die storie van die studieklok hoor. Dis goed so. Lyk my die ander het lankal vergeet.

    Sjoe, ek het nie gedink dit sal só maklik wees nie. Ek volg haar met my oë terwyl sy ’n koppie tee skink en op ’n riempiesbankie by ’n venster gaan sit. In die lig wat deur die stowwerige ruit val, lyk sy amper deurskynend. Vir ’n paar lang sekondes speel sy met die silwer teelepeltjie tussen haar knopperige vingers.

    Toe begin sy vertel. "My pa het die studiesaal en die kloktoring gebou. Hy was ’n weldoener wat wou hê die jongmense moet hulle studie ernstig opneem. Aanvanklik het dit goed gegaan. Maar toe begin die skool die saal vir ander funksies ook gebruik. Eers die matriekafskeid. Toe die skoolkonsert. Later vir sokkies ook.

    "Uiteindelik kon my pa hom nie meer inhou nie. Hy het voor die kloktoring gaan staan en begin skree: ‘Waag julle skarminkels dit net om weer jollifikasie in die studiesaal te hou en die blou bliksems sal op julle koppe losbars! As hierdie klok ooit weer lui vir iets anders as studie, is Bloubaai Hoër gedoem. Gedoem, sê ek julle!’

    "Die kinders het gekrul van die lag, gekoggel hy is ’n kens ou man. En dit na alles wat hy vir die skool gedoen het! Maar nie vir lank nie. Presies om twaalfuur daardie nag het die studieklok begin lui.

    Deur die slaap het die koshuisouers en die kinders uit hulle beddens gespring en na die vensters gestrompel. Buite was die studiesaal gebaai in die maanlig. Terwyl een slag na die ander deur die naglug dreun, het die kinders na hulle mae begin gryp. Erge krampe en diarree.

    Juffrou Klaradyn bly lank stil terwyl sy haar tee om en om roer. Ek hou my asem op. Wat nou? Dit lyk amper asof sy van ons vergeet het.

    Gelukkig gaan sy verder. Tragies. Die helfte van die koshuiskinders het in die hospitaal beland. Later die nag is die hoofseun dood.

    Ek hoor hoe Hamburger sy asem skerp intrek. My eie mond val skaamteloos oop.

    Juffrou Klaradyn gee ’n rinkellaggie. Sy sit haar teekoppie neer, gooi haar dun grys vlegsels oor haar skouers, staan op en maak die voordeur oop. Nou weet julle. Die vloek wat my pa oor die studieklok uitgespreek het, was nie ’n grap nie. Daarna het niemand ooit weer gewaag om dit te lui nie. En die studiesaal is nooit weer vir iets anders as ernstige studie gebruik nie. Haar stem bewe. Wee die dag as dit ooit weer gebeur!

    Buite in die skerp sonlig kyk ek en Hamburger verdwaas na mekaar. So iets het ons nie verwag nie. Maar ten minste het ons die inligting wat ons nodig het. Ten minste gaan ons die sottekonsert oorleef!

    Die volgende oggend stap ons windmakerig by die eetsaal in. Toe ons by die prefekte se tafel verbystap, moet ek myself keer om nie vir Jac tong uit te steek nie. Ons gaan sit en my oë soek na die meisie met die vlegseltjies. Een of ander tyd sal ek vir haar ’n roomys moet koop. As sy daai papiertjie nie laat val het nie, was ek en Hamburger nou in groot bollie.

    Daar is egter geen teken van haar nie. Die hele oggend kyk ek rond, maar niks. Dis so goed of die aarde het haar ingesluk.

    Daardie middag lê daar ’n papiertjie op my studietafel. Ek snak na asem en kan dit nie vinnig genoeg oopvou nie. Dadelik herken ek die vet, ronde handskrif.

    Sy jok vir julle! lees ek. Dit was sy´ wat die klok gelui het. Dalk was dit ook sy wat die kos met giftige sampioene gedokter het. Sy wou haar pa wreek. Hy is vroeër die aand aan ’n hartaanval dood.

    Studietyd sleep verby. Ek swot niks. Staar net na die briefie wat oop tussen my wetenskapboek se blaaie lê. Nee kyk, nou probeer die girl my met ’n slap riem vang. Die tingerige juffrou Klaradyn ’n hele skool se kinders vergiftig? Ek glo dit nie! Buitendien, toe dit gebeur het, was sy seker self nog ’n skoolkind. Ek stoei nog so met my gedagtes toe die blinkste plan ooit my tref!

    Natuurlik brand ek om vir Hamburger daarvan te vertel, maar hy sit ewe ernstig met sy neus in sy boek en ek moet geduldig wag tot die prefek met sy kneukels op die tafel kap om die einde van studietyd aan te kondig.

    Skaars is ons egter by die deur uit, of ek keer Hamburger vas en druk die brief onder sy neus. Sy oë rek toe hy dit lees, maar toe ek hom van my plan vertel, trap hy amper een van die stoeptrappies mis.

    Het jy nou jou laaste varkie verloor? stik hy.

    Nee, ek’s flippen briljant, kap ek terug. Sien jy nie? Toe die ding met die klok gebeur het, was juffrou Klaradyn nog op skool. Haar pa maak ’n aap van homself en kry ’n hartaanval toe die kinders met hom spot. Sy neem wraak en lui die klok om hulle bang te maak. So eenvoudig as dit!

    O ja, en wat van die kinders wat siek geword het. Die hoofseun wat dood is?

    Bloot toevallig. Voedselvergiftiging miskien, antwoord ek nugter. Maar dink net! Dis die perfekte storie om die spul prefekte mee terug te kry … Ek beduie met my hande terwyl ek my plan stap vir stap verduidelik.

    Hmm, ek weet darem nie … gooi Hamburger wal toe ek klaar is, maar hy kou aan sy onderlip, ’n duidelike teken dat hy besig is om my meesterplan ernstig te oorweeg.

    Teen Saterdagaand het ons alles haarfyn uitgewerk. Soos ek verwag het, is ons item laaste op die program. Tipies Jac en sy trawante! Gedink ons gaan met ons bekke vol tande staan sodat hulle ons die narre van die skool maak.

    Toe nie.

    Ons vertel juffrou Klaradyn se storie, behoorlik gedramatiseer met byklanke, beligting en als. Dit word doodstil in die saal. Die kinders skuif tot op die punt van hulle stoele. Haal skaars asem.

    Uit die hoek van my oog sien ek hoe die prefekte al hoe bleker word. Veral toe ons soos danige profete verklaar dat wie ook al besluit het om die sottekonsert vanjaar in die studiesaal te hou, maar solank kan begin om hulle eie begrafnisse te reël.

    Toe ons klaar is, hang daar ’n aardige stilte in die saal. Gelukkig trek lekker eetgoed die kinders se aandag af en toe die vrolike musiek begin speel, glip ek en Hamburger skelm na buite.

    In die maanlig lyk die witgekalkte kloktoring amper asof dit van binne gloei en ek moet myself keer om nie hardop te lag nie. Niemand gaan hierdie aand ooit vergeet nie! En môre? Môre is ons die helde van die skool en sal geen prefek dit ooit weer waag om met ons te sukkel nie.

    Uiteindelik staan ons voor die lae houtdeur wat na die toring lei. Agter my hoor ek hoe Hamburger rukkerig asemhaal. Hopelik kry hy nie nou koue voete nie. Die vasgeroeste knop is stram in my handpalm en ek moet dit met mening draai voor die mankoliekige deur oopswaai.

    Ons tree oor die drumpel. Binne is dit nagdonker en bedompig. Die plek het seker dekades laas vars lug gekry. Ek skakel my flits aan, terwyl ek my verlekker in die prentjie wat ek voor my geestesoog optower: Binne oomblikke gaan ek die studieklok se tou gryp. Natuurlik gaan almal in die studiesaal hulle besimpeld skrik wanneer die klok begin lui. Veral die prefekte wat vir seker gaan glo die vloek van Bloubaai se studieklok het hulle ingehaal.

    En dan, tra-la-la, die grand finale! Gebaai in ’n pers lig, gaan ek en Hamburger op die verhoog verskyn, in ons hande ’n geheimsinnige bak waarin iets bonatuurliks groen gloei. Dramaties gaan ons die redding uit die penarie aankondig: Die skuldige prefekte kan die vloek van die studieklok systap deur hulle gesigte in die bak paddapoef te druk. Onnodig om te sê, die konkoksie is gedokter met ’n siekgroen kleursel wat vir dae lank aan ’n mens se vel vasklou …

    Nee, genoeg gedagdroom! Ek ruk myself reg en vat die flits vas in my sweterige hande. Dis aksietyd! Die muwwerige ou toring is beknop, maar iewers moet die klok se tou hang … Ek knak my knieë effens en draai my nek om beter te sien.

    Net toe bars ’n oorverdowende gebeier bokant ons los.

    Wat de …? Ek gryp na my ore en die flits tuimel uit my hand. Paniekerig voel ek om my rond en tjank amper van verligting toe ek dit na die derde probeerslag raakvat. Met hande wat woes bewe, lig ek na bo.

    Asof gehipnotiseer volg my oë die ligstraal. Op, op, op tot waar ek die swaar koperklok bo in die toring kan sien. Wat? Dit swaai dan ritmies heen en weer. Moenie vir my sê Hamburger was so braaf om die kloktou beet te kry en dit te lui nie!

    Dan, net voor Hamburger agter my kreun en die eerste maagkramp my ook laat dubbel vou van pyn, tref dit my.

    Daar is geen tou nie.

    Die masker

    K abous! Juffrou Papenfus se stem sny deur die skoolsaal. Jy is al weer uit pas. Het jy dan geen ritme nie?

    Vrek. Kabous voel hoe haar wange vlamvat. Dit maak nie saak hoe hard sy probeer nie, sy kry die simpel danspassies net nie reg nie. Nou gaap almal haar seker weer aan.

    Agter haar word die klavier stil. Kabous weet sommer Melly se vingers lê roerloos op die klawers terwyl sy met ’n ag-shame-uitdrukking op haar gesig na haar, wat Kabous is, kyk. Ja, right! Melly is ’n great pel en als, maar hoeveel simpatie kan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1