Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurhond Willem en die wilddiewe
Speurhond Willem en die wilddiewe
Speurhond Willem en die wilddiewe
Ebook109 pages1 hour

Speurhond Willem en die wilddiewe

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam! Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle dié keer op eie bodem doenig: in die Bosveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die stropers te help aankeer
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateOct 20, 2011
ISBN9780624053316
Speurhond Willem en die wilddiewe
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Speurhond Willem en die wilddiewe

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurhond Willem en die wilddiewe

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating1 review

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    did not give me what i want . it is is reschedules. they can do better than this. thy don't understand what a person is looking for. i was looking for the English book of "Sperurhond Willem en die wilddiewe" for a school progect . they gave me the oppesite of what i was looking for. i am disarponted in the website

Book preview

Speurhond Willem en die wilddiewe - Elizabeth Wasserman

title.jpg

Tafelberg

Ek wil graag hierdie boek opdra aan

Lolla en Poen du Plessis.

E.W.

Ek dra hierdie boek op aan François Steyn;

’n man se beste vriend, ná ’n hond.

C.V.

speurhond%20willem%20en%20die%20wilddiewe%20-%20kaart.tif

1

Planne

Ek kan sien iets is aan die broei.

Die middag toe ek by die huis kom van die skool af, wag my ma vir my met my gunstelingmiddagete: ’n wegneemhamburger en ’n groot hoop aartappelskyfies. Die rooi-en-geel verpakking lyk skoon uit sy plek in die middel van ons netjies gedekte tafel.

Sy het so ewe ’n potjie met blommetjies ook reggesit.

Is dit nie ongesond nie, Ma? vra ek versigtig.

Ja, dit is seker, sê sy, maar dit is nie asof jy dit elke dag eet nie, nè?

Ek verorber my middagete so vinnig, ek vergeet amper om te wonder hoekom ek so bederf word.

My ma fluit ’n lawwe deuntjie daar van die opwaskamer se kant af.

Onder die tafel druk Willem sy nat snoet teen my been.

Jy kan nie hiervan kry nie, Willem! raas ek. Jy is reeds oorgewig!

Willem sug. Hy stap weg en gaan lê op sy geliefkoosde plek: die groot leunstoel waar my pa graag soggens sy koerant sit en lees oor ’n koppie koffie.

1.tif

Ek wonder of die mense by die werk soms opmerk dat my pa se agterstewe gedurig vol wit-en-swart brakhare is.

My ma kom in die eetkamer in. Sy vee haar hande aan ’n vadoek af en glimlag breed.

Is dit lekker, skattie?

Nie Hoeveel huiswerk het jy? of Het jy al begin leer vir jou aardrykskundetoets? of Jou sokkies het al weer op die badkamervloer gelê! nie.

Ek gluur haar skeef aan. Daar is definitief fout. Vroumense! Mens kan hulle nooit vertrou nie.

Sy vryf my kuif deurmekaar en trek vir haar ’n stoel uit om by my te sit.

Enige oomblik nou, dink ek, terwyl ek my hamburger kou. Enige oomblik nou gaan sy met ’n storie vorendag kom wat goed is vir haar, maar een of ander moeilikheid vir my sal beteken.

Sal jy omgee om vir ’n week of wat by jou tannie Lolla te gaan bly?

Ek sit kiertsregop op my stoel. Uit die hoek van my oog sien ek dat Willem ook sy ore spits.

Willem het groot, slap ore, daarom kan hy hulle nie juis vreeslik spits nie, maar ek weet sommer dit is wat hy probeer doen.

Tannie Lolla! Wanneer kan ek gaan?

My tannie Lolla, my ma se oudste suster, het ’n wildplaas in die noorde van ons land, teen die grens van Botswana. En dan kry ek nog ’n hamburger en skyfies ook!

Wel, jy sien … begin my ma versigtig. Sy lyk effens teleurgesteld dat ek so gretig lyk. Dalk wonder sy ook of die kitskos regtig nodig was.

Met jou pa se bevordering het hy nou al hoe meer verpligtinge by die werk. Hulle het hom gevra om sy besigheid te verteenwoordig by ’n kongres in Europa. Ek wil natuurlik graag saamgaan.

Ek vee die tamatiesous in my bord met my vinger op en lek dit af. Kom ons kyk of ek vandag daarmee kan wegkom.

Ek was nog nooit in Europa nie! sê my ma. Haar oë glinster sommer aan die gedagte van ’n reis na so ’n ver en opwindende plek.

2.tif

Ja, Europa is fantasties! moedig ek haar aan.

Sy gee my daai moederlike glimlag van haar. Die een wat my laat voel ek is oulik, maar glad nie so slim as wat ek dink nie. Ek is seker jy sal ook eendag kans kry om te gaan kyk hoe dit daar lyk. Jy was mos darem al in Suid-Amerika, en in Mauritius!

Wat sy nie weet nie, is dat ek Europa nogal goed ken, maar niks te sê het oor Suid-Amerika nie. My ma en pa dínk wel ek was daar, maar eintlik was ek en Willem op die spoor van daai boef Brummel en het ons ’n hele paar van die groot stede in Europa gesien. En Mauritius was maar vaal in vergelyking met Tromelin-eiland, waar ek en Willem een van die grootste seerowerskatte van alle tye ontdek het.

Maar ek kan my ma natuurlik niks van ons avonture vertel nie. Sy is maar net ’n ma, en sy sal die horriepiep kry.

2

My tannie Lolla

Ek was nog net een keer vantevore op my tannie Lolla se plaas, en toe was ek nog klein. Ek kan dus nie veel van die plek onthou nie. Ek onthou wel ’n hele klomp wilde diere: vlakvarke en kameelperde en renosters. Die geskree van sonbesies en my tannie se koeksisters, wat baie hard en baie soet was.

Vertel my meer van hierdie tannie van jou? wil Willem weet. Ons is terug in my kamer. Ek trek my sokkies uit en smyt dit op my kamervloer neer.

Sy is my ma se oudste suster, maar hulle hou nie eintlik van mekaar nie. Ek

Enjoying the preview?
Page 1 of 1