Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Huppel en sy maats
Huppel en sy maats
Huppel en sy maats
Ebook109 pages1 hour

Huppel en sy maats

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

In die middel van die wêreld, in die middel van ’n vlei, het ’n vrolike knapie by sy oupa gebly. Sy naam was Huppel, en sy één groot begeerte was om tog ’n maatjie te hê. Sy oupa beduie toe mooi vir hom hoe hy moet maak om ’n maatjie te kry. En toe Huppelkind doen wat sy oupa sê, kry hy meer maatjies as wat hy ooit van kon droom. Hy maak kennis met Fiefman en Diefman, met Vlak-Floors en Vlei-Floors, met Wielie en Walie, met Haak en Steek, met die Boekwurms en die Slaapkousies . . . en met die Wilde Wolman en sy stories oor die Land van Wol en Hare – wolhaarstories as daar ooit was! En dan, natuurlik, met die Stokou Storieman, vir wie mens presies op die regte manier moet vra as jy wil hê dat hy vir jou ’n storie moet vertel. Ja, jy moet die WOORDE sê: “Orie gedorie Storieman, vertel ’n storie AS JY KAN!”
En ’n storie vertel, dit kón W.O. Kühne! Daarom dat sy Huppelkind-stories vandag nog onder ’n klein groepie klassieke Afrikaanse werke vir kinders gereken word. Sedert die eerste Huppel-boek in 1958 verskyn het, was hulle gunstelinge. Hierdie versamelbundel met illustrasies deur die bekroonde Alida Bothma, sal sorg dat ook vandag se kinders die tydlose bekoring van Huppelkind en sy maats kan leer ken.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 17, 2016
ISBN9780624078470
Huppel en sy maats
Author

W. O. Kühne

Wilhelm Otto (W.O.) Kühne is in 1924 naby Graaff-Reinet gebore. Hy is hoofsaaklik bekend vir sy Huppelkind-stories. Dit is eers as stories in Klein Burger gepubliseer. Dit verskyn vanaf 1958 tot 1960 as ses afsonderlike Huppel-boeke by Tafelberg. In 1982 is ’n versamelbundel, Huppel en sy maats gepubliseer. W.O. Kühne was in 1960 die eerste ontvanger van die C.P. Hoogenhout-toekening vir Huppel verjaar. Hy het ook ’n hele paar ander kinder- en jeugboeke geskryf soos Kassie Krog in die knyp (1960), Die kring van Keerom (1962) en Die wonderbaarlike motor van Barnabas Bombas (1981). W.O. Kühne is in 1988 oorlede.

Related to Huppel en sy maats

Related ebooks

Related articles

Reviews for Huppel en sy maats

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Huppel en sy maats - W. O. Kühne

    W.O. Kühne

    Huppel en sy maats

    Geïllustreer deur Alida Bothma

    Tafelberg

    Huppelkind

    Oupa sê so

    In die middel van die wêreld in die middel van ’n vlei het ’n vrolike knapie by sy oupa gebly. Sy naam was Huppel.

    Die huisie in die middel van die wêreld in die middel van die vlei se naam was Aan-die-Beek.

    En die straatjie voor die huisie in die middel van die wêreld in die middel van die vlei het ook ’n naam gehad. Sy naam was Krom-en-Skeef.

    Huppel se oupa was ’n visser.

    Bedags het hy sy hoeke in die diep kuile tussen die riete laat sak. Snags het hy sy nette in die stroom gespan. Dan sit Huppel maar in die middel van die vloer, in die middel van die huisie, in die middel van die wêreld, in die middel van die vlei en speel.

    O, en hy wens tog so dat hy ’n maatjie kan hê.

    Eendag wag hy totdat sy oupa van die stroom af kom, en toe vra hy vir hom waar hy ’n maatjie kan kry.

    In die middel van die week in die middel van die nag kom sy oupa terug.

    Sy pet is nat en sy baard is nat. Sy trui is nat en sy broek is nat. Daar is water in sy groot stewels en hy stap sliep-slop, sliep-slop.

    "Oupa, Oupa, sê vir my,

    waar kan ek ’n maatjie kry?"

    Oupa skud die water uit sy snor uit. Hy hang sy nat pet en sy nat trui aan ’n haak agter die deur op. Hy keer sy groot stewels oor ’n balie om en hy sit hulle voor die vuur neer om droog te word. Toe gaan sit hy self voor die vuur in sy diep ou stoel, en hy tel vir Huppel op sy skoot.

    My kind, sê hy, hier in die middel van die wêreld in die middel van die vlei is nie ander kinders nie. Maar ek sal vir jou sê wat jy kan doen.

    Toe nou, Oupa, sê nou gou!

    "Nou luister dan mooi. Môre, in die middel van die dag, gaan stap jy ’n lang, lang ent oor die vlei. Jy stap en jy stap en jy stap totdat jy by die diep kuil vol soet water kom. By die diep kuil vol soet water wat nooit opdroog nie, lê ’n ou, ou stomp tussen die biesies. Jy moet op die stomp gaan sit.

    Maar jy moet doodstil sit, so stil soos ’n muis – nog stiller as ’n muis. Jy moet nie roer nie. Jy hou net jou oortjies en jou ogies oop. Verstaan Oupa se kind nou mooi?

    As ek doodstil sit, so stil soos ’n muis, nog stiller as ’n muis – sal daar dan maatjies kom, Oupa?

    Maatjies! My liewe kind, maak jy maar soos Oupa sê. Jy sal self sien, daar sal soveel maatjies kom dat jy hulle op al die vingers van jou hande en al die tone van jou voete nie kan tel nie.

    Sowaar, Oupa?

    Sowaar, my kind.

    O, en toe is Huppel tog so bly. Ek wens dit was al môre, Oupa. Ek sal doodstil soos ’n muis op die ou stomp tussen die biesies gaan sit, nog stiller as ’n muis, op die ou stomp tussen die biesies langs die diep kuil vol soet water wat nooit opdroog nie. En ek sal wag vir die maatjies wat nog meer is as al die vingers aan my hande en al die tone aan my voete. O, Oupa, ek wens die son kom al op, sommer so in die middel van die nag. Wie kan al die maatjies tog wees?

    Jy sal wel sien, my kind. Maar onthou net, as iemand langs die pad jou vra wie jy is, moet jy mooi sê: ‘Ek is my oupa se Huppelkind van Aan-die-Beek van Krom-en-Skeef.’ Toe, en nou moet jy gaan slaap.

    O, en Huppel is tog so bly,

    môre gaan hy maatjies kry.

    Hy raak sommer dadelik aan die slaap. Toe dit lig word, spring hy uit sy bed en trek sy klere aan. Toe onthou hy dat hy agter sy ore moet was, en hy doen dit gou eers. En toe is dit al in die middel van die dag, en hy spring weg na die diep kuil vol soet water wat nooit opdroog nie.

    Bo in die groot boom

    Met ’n wip en ’n trap seil Huppel oor die polle – trippel-trippel deur die grassies, huppel-huppel oor die plassies.

    Hy pyl diékant toe en die wolke seil daardie kant toe, en die vleiwind pluk aan sy kuif. O, hy voel so lekker verspot.

    Huppel-huppel saam met die wind,

    trippel-trippel, Huppelkind.

    En kerplaks! Daar stamp hy sy toon teen iets. Kyk nou hoe seer is dit.

    Wat kan dit wees? Hy buk en hy soek onder die polle rond, maar hy sien niks.

    Nou het hy ’n beter plan. Hy draai

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1