DOEKVOET SE ALLEENREIS
Dit was die Julievakansie, 1955. Ek was 11 jaar oud, amper 12, en in standerd 6. Ek en Ouboet was op Heidelberg in die Unie op skool, maar nou was ons met vakansie saam met pa-hulle Zambezi toe. Daar naby die Chirundubrug was ’n kampeerterrein wat my pa-hulle saam met ander gesinne gebruik het wanneer hulle by die Zambezi gaan visvang het (die Kariba-dam was nog in aanbou).
Reg langs ons kampeerterrein het ’n bosbrand ’n dag vantevore groot skade aangerig. Die ergste was lankal verby, maar hier en daar het stompe nog gesmeul.
In ons kamp was ’n paar tannies en een van hulle was besig om ’n redelike lang besoek aan die emmer agter die grasskerm te bring. Ek moes dringend piepie, maar die tannie kon nie klaarkry nie en ek haas my toe die bos in. Dit was
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days