Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Stories van Ouds
Stories van Ouds
Stories van Ouds
Ebook96 pages1 hour

Stories van Ouds

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Stories van ouds is 'n kort verhaal bundel wat 14 kort verhale bevat. Al die verhale is gebasseer en geinspireer op ware verhale, uitgehaal uit die diepste herrineringe van mense en aangepas om die leser se verbeelding te prikkel. Die kort verhale vertel 'n storie uit 'n sekere tydsera waarin mense gewoon het. Stories vanuit die tweede wêreld oorlog, toe daar nog nie televisie was nie, tot en met tye van nou onlangs in 2019. Geniet die boek met al sy nostalgiese herrineringe.

 

LanguageAfrikaans
PublisherMarleen Swart
Release dateOct 1, 2020
ISBN9780620878524
Stories van Ouds

Related to Stories van Ouds

Related ebooks

Related articles

Reviews for Stories van Ouds

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Stories van Ouds - Marleen Swart

    Voorwoord

    Stories van ouds is ‘n kort verhaal bundel wat 14 kort verhale bevat. Al die verhale is gebasseer en geinspireer op ware verhale, uitgehaal uit die diepste herrineringe van mense en aangepas om die leser se verbeelding te prikkel.

    Die kort verhale vertel ‘n storie uit ‘n sekere tydsera waarin mense gewoon het. Stories vanuit die tweede wêreld oorlog, toe daar nog nie televisie was nie, tot en met yskaste net begin ingefasseer was in die huisvrou se lewe in.

    Die sterretjies langs name van mense en plekke, is name wat verander is maar krediet word gegee aan elke persoon wat ‘n bydra gelewer het aan die verhale, op die einde van hierdie boek.

    Lekker lees en geniet die nostalgiese herrineringe.

    Inhoudsopgawe

    Die eerste Spietkop.

    Hoe ry die boere, sit-sit so.

    Hoe maak mens iemand nugter?

    Kruitjie, roer my nie.

    Spinne-wales

    Klippe vang hul base

    Die blou oog

    Gedoop met modder

    Vishoek deur die oor

    Trieng! Trieng!

    Naby die hart

    Die oond

    Die lang baard

    Die eier

    Spesiale dank aan elkeen wat hul stories vertel het.

    Die eerste Spietkop.

    DIS IEWERS IN DIE 1950’S en kleine Herman met sy maats, kuier by Oom Piet Claasen. Oom Piet is iemand wat hou van stories vertel uit sy eie ervarings, met ‘n humoristies onderklank. Kleine Herman met sy maats, kuier gereeld by Oom Piet en hang aan sy lippe terwyl hulle luister na die oom se stories.

    Oom Piet vertel: Dis in die 18de eeu en oral waar jy kyk, sien jy perdekarre ingery kom by Kaapstad. In hierdie dorp, was daar ‘n sirkel waarom die verkeer moes ry en skuins gaan parkeer het, om stil te hou. In daardie jare het jy meer perde voete hoor klap teen die grond, as wat jy die gebrom van enjins gehoor het.

    Nou mannetjies, vertel oom Piet verder. "Oom Spietkop was al werksaam in daardie jare. Hy het daarvan gehou om spoedlokvalle in plek te stel, om seker te maak dat niemand die spoedgrens oortree hetsy met ‘n perkekar or motorvoertuig. Die spoedgrens was vyf myl per uur gewees. My vriend Klaas en ek, het later aan ‘n kar gebruik om te kom waar ons wil wees. Maar hierdie kar se brieke het nie lekker gewerk nie. So ons moes dit so op ‘n manier gooi, sodat ons hierdie kar van ons gestop kon kry. Die ratte moes terug gegooi word en die rem pedaal gepomp-pomp word, dan kon ons nou lekker gestop kry met hierdie kar," vertel Oom Piet aan kleine Herman en sy maats.

    Jong! Maar hierdie dag toe sit Oom Spietkop mos en wag vir sy volgende prooi, daar in Kaapstad.

    Ou Piet*! Daar staan oom Spietkop, sê Klaas. Ons sal moet passop!

    Ja broer, sê ek met ‘n sug aan Klaas, wetend dat hierdie kar van ons nie lekker stop nie.

    "Aai mannetjies, soos die duiwel dit nou wil hê, span hierdie oom Spietkop homself nou in om vir ons met onse karretjie te stop. Al hoe nader ons kom aan Oom Spietkop, sien ek hoe wink-wink hierdie man vir ons om ons kar te stop. Maar daar’s nie remme. So ek sê toe vir ou Klaas dat hy sy deur moet oop maak en dan sy linkervoet uitgooi by die deur. Ek sal dieselfde doen met my regtervoet en dan trap-trap ons so, om die kar gestop te kry. Nou ja! Dis wat ek en ou Klaas toe nou maar doen.

    Ou Klaas* maak sy deur oop aan die passasierskant, gooi sy linkerbeen en voet uit en begin te trap-trap. Ek maak toe dieselfde met my deur, gooi dit oop en so trap-trap ek nou maar ook om gestop te kry. Ek sê toe vir ou Klaas*: Ons gaan daar bo by die sirkel verby gaan, dan draai ons daar om en kom so terug na oom Spietkop!

    So gemaak ons toe dan, met hierdie kar wat ons probeer rem met onse voete op die pad. Dis net stof waar jy kyk, soos wat die skoene op die grondpad vrywing veroorsaak met die trap-trap. Die kar beweeg om die sirkel en ons kom toe met die genade van Bo, gestop by Oom Spietkop met ‘n gehoes en ‘n geproes van die stof. Tot die brille op die oge (oë), is vol stof. Haal die bril af, sakdoek uit die sak en vryf die bril se glasies skoon van al die stof. 

    Nou hoe het julle nie gestop toe ek vir julle gewys het om af te trek, nie? vra Oom Spietkop aan ons.

    Nee man! sê ek vir Oom Spietkop. Ek het iets gesien maar ek het nie geweet wat ek sien nie. Toe sê ou Klaas* vir my hier langsaan, dat ek moes gestop het want dis die Spietkop. En dis toe ons so ‘n draai daar om die sirkel gemaak het en kom stop het hier by jou.

    Ek wonder tot vandag toe nog, of hierdie oom Spietkop geweet het dat ek hier met die hele vark geskiet het. Nou ja! Fluit, fluit, hierdie storie is op ‘n end. Nou moet julle die pad vat! Nou toe, laat jul gaan," sê Oom Piet* aan die kinders.

    Kleine Herman en sy maats was baie bly dat hul vanmiddag besluit het om by Oom Piet* aan te geklop het. Hul sal nooit vergeet van Oom Spietkop en die trap-trap van die voete langs die kar, nie. Kleine Herman en sy maats kan nie wag tot volgende keer nie.

    Hoe ry die boere, sit-sit so.

    Die jaartal op die almanak wys 1940, in die kombuis op ‘n plaas naby Nylstroom. Dingaan dag lê op die horison en die osse moet gespan word voor die waens wat die kos, voorraad en mense moet trek vir die volgende paar dae, in na die dorp se kant toe. Dis tyd vir die kwartaalikse kerk byeenkoms te Nylstroom, hul naaste dorp.

    Reinhardt* was die hoof en pa van ‘n gesin van vyf. Hy het een dogter en twee seuns gehad. Hy is oppad uit na die kraal om die osse te gaan inspan, vir die volgende twee dae se trek na Nylstroom toe. Dis Donderdag vandag en teen sonsondergang more aand, behoort hulle in die dorp aangekom het.

    Reinhardt gaan stap vir stap in sy gedagtes, deur alles wat gaan gebeur met die trek langs oppad dorp toe. Half pad deur die trek oppad dorp toe, gaan hul stop by die river. Hier gaan hulle uitspan na hulle die osse vasgebind het sodat hulle nie wegloop nie en die nag slaap in die tentwa. Die volgende oggend word vure doodgemaak, die osse word weer ingespan en die pad word weer aangedurf na ‘n warm koppie boeretroos wat sy vrou Madelein* gebrou het.

    Skat! Kom drink gou jou koffie voor ons die pad aandurf, onderbreek die geroep van Madelein vanuit die huis, Reinhardt se gedagtes. Ja, ja, brom Reinhardt terwyl hy huis se kant toe stap. Hy hou nie daarvan as sy denke geonderbreek word nie. Hy is maar ‘n georganiseerde ou mannetjie en wanneer hy geonderbreek word, kan dinge dalk net vergeet word en die pad is lank en ver. Om iets te vergeet, bly agter en moet hul sonder dit klaar kom.

    Ossewa

    (Prentjie: http://www.mieliestronk.com/vervoersa.html)

    Die reis is al ‘n paar uur onderwyl. Die osse beweeg maar stadig deur die gras en oor die vlaktes. Die boude is nou al deur gesit en die kinders besluit om so bietjie van die wa af te spring. Hulle tel klippies op om mee te speel. So nou en dan hardloop hulle agter ‘n bos in, kruip so bietjie weg en hardloop dan weer na die ossewa se kant toe. Kleine Marthie geniet dit so baie om saam haar broers so te speel al om die ossewa, wat trek na die dorp se kant toe.

    Die son sak nou vining en Marthie hoor die gesuis van die rivier se water al hoe harder en harder raak. Sy weet hul is nou naby aan hulle uitkamp plek. Pa Reinhardt is al reeds besig om ver vooruit te kyk, na die rigting waar Marthie die gesuis van die waters hoor. So entjie aan en hul is daar. Die kinders is baie bly, pa Reinhardt sit ‘n klip agter die wa se wiel en die osse word losgemaak vanuit die jukke. Hy neem hul

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1