Johann Nell is in die Boland gebore en word groot op Oudtshoorn. Hy studeer op Stellenbosch en behaal later ’n onderwyskwalifikasie en M.A. In Afrikaanse letterkunde aan die Univer...view moreJohann Nell is in die Boland gebore en word groot op Oudtshoorn. Hy studeer op Stellenbosch en behaal later ’n onderwyskwalifikasie en M.A. In Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Johann en sy gesin woon al vyf-en-twintig jaar in Bloemfontein waar hy tans in die farmaseutiese bedryf werk. Musiek (hy is 'n kerk-orrelis), kosmaak, seevakansies en ritte in die Kruger-wildtuin is van sy gunstelingtydverdrywe. Hy en sy gesin reis graag na Europa waar hulle nuwe plekke sien en ander kulture ontdek. Sondag op 'n voëlplaas is Johann se debuutroman, en vertel ’n verhaal wat afspeel op ’n volstruisplaas in die Kangovallei, naby die Kangogrotte in sy geliefde Oudtshoorn.view less