Die Bosveld ís ons woning
Verby plase met name soos Valkevallei en Knoffelfontein, verby leiklipgroewe, wildplase, beesplase – al langs die Klein-Maricorivier. Die landskap daal effens, en daar lê Zeerust. Dis nou as jy dit uit die suide benader, soos ek op ’n dag in Mei.
Coetzee-Rust is waar die naam vandaan kom: Eers die plaas van ene Casper Coetzee in 1858, en later Diederik Coetzee, wie se idee dit was om ’n dorpie hier te stig. En so het dit gebeur. In 1867 is erwe verdeel en teen 1880 is dit tot dorp verklaar.
En nou? Nou is ek hier.
’n Nartjie uit Mangope se boord
Ek het vir Vermaak Senosi belowe wanneer ek eendag langer as ’n halfuur op Zeerust is, gaan ek vir hom kom kuier.
Vermaak is ’n boskok vir Bhejane 4x4 Adventures wat toere saam met Weg aanbied. Hy is meer as net ’n towenaar agter die potte: Hy verwelkom jou altyd om die etensvuur met ’n glimlag, en is vol stories.
Ek ry dorp-uit in die rigting van die Skilpadshekgrenspos met Botswana. Ná ’n ent draai ek regs by Lehurutshe. Hierdie gebied was in die verlede deel van Bophuthatswana.
As jy op jou padkaart kyk, sal jy byna geen dorpe hier gemerk sien nie, maar die werklikheid is anders: Kort-kort ry ek deur ’n uitgestrekte, netjiese dorp waar die huise ruim erwe het, groot bosveldbome skadu gooi oor wagpunte by kruispaaie en vee los loop tussen kinders op pad skool toe.
Ek kry vir Vermaak by die polisiestasie op die dorpie Motswedi. Ons ry na sy huis vir tee en beskuit.
Wil ek nie een van die dogters van Lucas Mangope, die ontslape leier
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days