Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Regsdraaie: Allegaartjies van my reis in Suider Afrika
Regsdraaie: Allegaartjies van my reis in Suider Afrika
Regsdraaie: Allegaartjies van my reis in Suider Afrika
Ebook266 pages13 hours

Regsdraaie: Allegaartjies van my reis in Suider Afrika

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie is letterlik n nege maande reis van digby 40 000 kilometer van regtige regsdraaie op die regte oomblikke deur Suider Afrika.

Dis n allegaartjie van stories, gebeurtenisse, herinnerings en ervarings met sy getroue Colt 2.8 Tdi 4x4 op grondpaaie, modderpaaie, teerpaaie en eindig met n 1400 kilometer ompad linksdraai.

In die tyd het hy verlief geraak op die Kaokoveld en in sy eie woorde sê hy, “ Dis die plek wat God eerste geskape het en die bietjie wat oor was het hy aan die res van die wêreld uitgedeel.” Groot woorde gewis.

Elke storie in die boek is van sy eie ervaringe op die oop pad en die sienings daarin is sy eie. Dit is sy reis. Geniet dit saam met hom, want dit was great gewees.

LanguageAfrikaans
PublisherJacandel
Release dateJun 7, 2018
ISBN9780620797689
Regsdraaie: Allegaartjies van my reis in Suider Afrika
Author

Jacandel

Ek is baie jare terug in die Paarl gebore en het ook daar skool gegaan. Weermag en n paar wye draaie volg tot ek uiteindelik ontdek dat ek met groente wil boer. Dit is nou na ek amper n jaar in Europa en Israel rond gekerjakker het. Terug in Suid Afrika word ek na baie jare se klaas speel die baas van my eie plaas in Vioolsdrift. Daar was ek in staat om vir agtien jaar myself uit te leef in my boerdery en dan boonop die Richtersveld in my “agterplaas” te hé. Na my Pa se ontydige afsterwe in 2014 verloor ek my mojo en verkoop die plaas drie jaar later om my droom uit te leef van, om deur Afrika te reis. My belangstellings is wyd en probeer ek my lewe ten volle leef. Deur die jare was daar so een of twee dames wat die hartsnare getokkel het, maar soos n vriendin vir my sê,”jy is unpinnable” en “go for it.” Ek het een lewe en leef dit ten volle, hoekom nie en dan is ek boonop aan die verkeerde kant van vyftig, so daar is minder jare oor as wat verby is. Ek is en was nog altyd n adventurer at heart. n Baie goeie pêl sé ek is one of a kind. Dis wie ek is en o ja ek het uit die bloute uit begin skryf....... Kan ek dit oorvertel!

Related to Regsdraaie

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Regsdraaie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Regsdraaie - Jacandel

    1.png

    REGSDRAAIE

    ALLEGAARTJIES VAN MY REIS IN SUIDER-AFRIKA

    JACQUES LE ROUX

    © Jacques Le Roux 2018

    Regsdraaie

    Gepubliseer deur trackingjacandel.com

    Melkbosstrand, Kaapstad

    jacandelbdy@gmail.com

    ISBN 978-0-620-79768-9

    eISBN 978-0-620-79948-5

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm deur elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skryf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring en –ontsluiting.

    Uitleg en publikasie-fasilitering deur Boutique Books

    Hierdie boek word met liefde, groot dankbaarheid en herinnering opgedra aan my pa en ma.

    REGSDRAAIE

    Hierdie is letterlik ’n 40 000 km-reis van regte regsdraaie op die regte oomblikke deur Suider-Afrika. Die eerste regsdraai was uit die Richtersveld, rigting Wildtuin gewees. Kwansuis oor Ma gatvol is vir water dra en wens sy kan net iewers in die Wildtuin gaan sit. Onthou, ek is op pad Namibië toe en was my plan om van links na regs deur Suider-Afrika te reis. Nou is dit andersom. Was die eerste regte move.

    Die tweede regsdraai gebeur hoog bo, by Vumba, in die oostelike hooglande van Zimbabwe. Toe die son oor Mosambiek opkom, is ek op die regte oomblik, op die regte plek, gatvol vir Zimbabwe en ’n regsdraai volg, na ’n baie spesiale plek met die naam van Gorongosa – en ja, dis in Mosambiek. Was eintlik op pad na Mana Pools en al haar noordelike trawante, en nie vir ’n oomblik spyt nie.

    Die derde regsdraai volg na die groot gatslag in Tanzanië. Op ons, dis nou ek en Ma, se merry way na Ruaha, die tweede prys, is daar weer eens ’n crossing wat voor ons opdoem. Links, Ruaha en regs na Arusha, oftewel die groot pryse, Serengeti en Ngorongoro. ’n Sekonde was te lank en neem ons binne ’n breukdeel die besluit dat dit ’n regsdraai gaan wees. Vliegtuigreëlings weer eens in sy moer in, maar dis gedoen met ’n smile op ons gevrete.

    ’n Paar klein regsdraaitjies, soos na die wildste plek waar ek al was, naamlik Gonarezhou, en met ’n lang regsdraai om die berge anderkant Morogoro om by die plek van my kinderdroom, Selous, uit te kom, beland op die koop toe, so tussendeur in die pakkie.

    In Zambië kom ek voor ’n kruispad te staan: Reguit aan na Suid-Luangwa, of ’n regsdraai na die woude en watervalle van Noordoos-Zambië? What a question! Dit bring my by kabouters en feetjies en vlermuise en baie, ek bedoel sommer régtig baie, reën en watervalle en paddastoele en weer eens Lake Tanganyika. ’n Baie goeie move en nie vir een oomblik ’n suurgevreet daaroor gehad nie.

    Nog ’n kruispad-regsdraai volg toe ek moes besluit gaan ek deurstoot na Kafue, of gaan ek die noordelike sirkelroete voltooi? Natuurlik noord en so ontdek ek Lake Kashiba, ’n baie betowerende meer, en dan was daar ’n ontmoeting met ’n baie special lady, genaamd Miss Sheila Siddle, stigter van Chimfunshi. As dit nie vir dié regsdraai was nie, was die voorreg my nooit beskore nie.

    Dit was die laaste groot regsdraai, en toe nog so ’n paar kleiner regsdraaie, soos na onder andere Khaudum, en dan natuurlik die een van Okangwati na die hart van die Kaokoland toe. Weet nie hoe ek die regsdraai na die tweede laaste paragraaf kon afskuif nie, want dit was vir seker een van die beste regsdraaie ooit, veral toe ek in my veld van drome inry. Die plek wat God eerste geskape het en die bietjie wat oor was, het Hy aan die res van die wêreld uitgedeel.

    Ek sluit my reis af met – kan ek dit oorvertel? – ’n moerse ompad-linksdraai. Dis nou wat ek noem skoon oorlamsgeid. Lees die boek om uit te vind of die linksdraai die moeite werd was.

    WIE IS EK?

    Ek is baie jare terug in die Paarl gebore en het nie baie van skool gehou nie. Weermag volg, en ’n kort tydjie by ’n kollege eindig met ek wat voortydig aangesê word om die instansie te verlaat. Hier gewerk en daar gejol tot ek uiteindelik ’n pampier agter my naam kon kry – dis nou behalwe vir my matrieksertifikaat, wat ek wel deurgekom het. Seeing is believing. Besit vandag nog daardie sertifikaat.

    Doen die Europa-ding en eindig in Israel sonder ’n sent. Daar ontdek ek wat ek wil doen en met my terugkeer na Suid-Afrika begin ek met groente boer. Eers vir iemand anders, tot die boer my fire, wat ’n baie goeie move vir hom was, want sien, hy het drie vrek mooi dogters en het sekerlik nie kans gesien vir die ongekunstelde boer in sy midde nie. Snob!

    Toe word ek ’n geleentheid gebied deur my pa en koop ’n stukkie grond in Vioolsdrift. Agtien jaar vlieg in ’n oogwink verby, maar nie voor ek my in my plaas kon uitleef nie. Van niks tot ’n oase en is nie min trots op wat ek daar vermag het nie. Het wonderlike ondersteuning deur die jare gehad van my ouers, broer en suster en ’n klomp vriende.

    Na my pa se ontydige afsterwe in 2014 verloor ek my mojo en verkoop die plaas begin 2017 om my droom na te volg: dit is om deur Afrika te reis. My belangstellings is wyd en leef ek my lewe ten volle. Ek het net een lewe so, hoekom nie?. Dankie Cheryl. Ek is aan die verkeerde kant van vyftig, so daar is minder jare oor as wat verby is, so leef dit. Dankie Estela.

    Ek is en was nog altyd ’n adventurer at heart. Dankie Pa en Ma.

    Dis wie ek is.

    Jacques van trackingjacandel.com.

    WESKUS

    COMING FULL CIRCLE

    Dis D-dag 2 Mei 2017 en ek vertrek op my reis na travelling everywhere slowly. Dit was nog altyd ’n droom van my om te doen wat ek nou gaan doen. Coming full circle.

    Ma besluit om my op die eerste skof te join. Dit kan ’n week wees, of miskien selfs die hele trip, ek weet nie hoe lank die eerste skof kan wees nie. Sy is altans meer vuur as wat ek vlam is en gaan ons in elk geval net tot by Yzerfontein waar ons die eerste week gaan uitspan, en dis maar ’n druk en ’n knor weg. Na die laaste paar moeilike maande is dit ’n wonderlike breek vir ons albei. Die karavaanpark bied ’n welkome tuiste waar ek kan begin besin oor wat ek alles saampickle. Man, oh, man, wat ek saampickle is hopeloos te veel, maar dis ’n storie vir later.

    Skuimende wit branders, ’n eindelose sandstrand, blou lug, koue water, lekker kos en goeie geselskap maak dit ’n onthouweek. Saterdag besluit ma dat sy nie meer van haar probleme kan weghardloop nie en dat sy verantwoording van haar lewe moet begin neem en gaan terugkeer Melkbos toe. Verantwoording neem van jou lewe op 81! Is sy nou lekker befoeterd op haar ouderdom! Trots op jou mamma. Ons eerste week saam eindig met ’n onvergeetlike vreetervaring by die Strandkombuis. Gebraaide geelstert, rooksnoek, king prawns, mossels in knoffelbotter, calamari, ’n dik hake broth, varsgebakte brood en baie ander en to top it all, koeksisters en moerkoffie vir poeding. Waar was my pa nou? Het dit werklik oordoen, en die strandlangs se terugstap het gehelp dat die kos so bietjie sak. So neem ons afskeid van die plek van die seekosvreters. Dankie Ma, dit was ’n goeie begin, en het die eerste skof nie lank geduur nie, maar weet Ma wat, Ma was saam met my en dis al wat saak maak.

    Met gemengde gevoelens ry ek Maandag terug Melkbos toe. Hartseer dat sy huis toe gaan, en bly (miskien meer verlig) dat sy weet wat sy moet gaan doen om aan te gaan met haar lewe – of altans ek hoop so.

    Na die aflaai is dit reguit Velddrif toe, waar ek by Kuifkopvisvanger teenaan die Bergrivier kamp opslaan. Op dié stadium slaan ek letterlik elke keer kamp op, want verstaan, daar is sommer baie goeters in my bakkie. Nie te lank nie of my bones word gerattle deur die Sishen-trein wat neffens die kampplek verby dreun. Believe you me, daai dreuning is hard en hou dit net nie op nie. As ek dit vooraf geweet het, sou ek seker nooit daar gaan bly het nie, maar nou ja, ek wou nie weer al daai goed oppak nie.

    My visstok is ingepak en met die aanhoor van die elwe loop, lê daai lyn sommer chop-chop in die water. Wat is dit met my en visvang, want my sukses op daardie front hou op die oomblik wanneer die sinker die water tref. Seebarber op seebarber op weer eens ’n seebarber, maar dit was lekker en het dit nie regtig saak gemaak nie. Die mense van die Weskus is lekker mense, hulle is harde mense, hulle is what you see is what you get-mense, hulle is storievertelmense, hulle is mense net soos ons, maar tog ook so bietjie anders, en dis wat hulle so uitsonderlik maak. Die Weskus is ’n arm gemeenskap en lê hulle rykdom opgesluit in die visindustrie, die landbou en ook natuurlik die wind, wat ’n konstante drinkebroer is, elke dag. Stadig-draaiende windturbines in skrille kontras met die onmiddellike landskap verlei die oog. Dit pas nie in nie, maar tog is dit daar en ek laaik dit sommer baie.

    Die onderskeie landskappe wedywer met mekaar om die blou lug se maat te wees. Wat hulle nie weet nie, is dat ou vervalle geboue in die middel van koringlande, klipkoppies in die middel van nêrens, en dreunende, slanende branders almal bymekaar kom in ’n gloeiende oond van harmonie. Dit hoort nie bymekaar nie, maar tog is dit daar en dit werk. Dis die Weskus. Lewe dit en geniet dit, so eenvoudig.

    Paternoster is besoedel en so anders as ’n paar jaar gelede. Jy kan nie poep teen donnerweer nie en is vooruitgang onvermydelik en gewoonlik op die plekke waar jy dit die minste wil hê. Vir my is die hart van die ware Weskus besig om te verdwyn.

    Net af in die pad is Tietiesbaai en sal ek altyd baie fond memories van daai plek hê, dating back na my army dae. Speak no evil, hear no evil and see no evil. Ek was nie mak in daai jare nie. Met flaminke besig om ’n riel te dans terwyl die volmaan sy betowering oor die water uitstrooi is dit tyd om te gaan. Stadig maar seker kom ek in ’n groove in en dit was die idee van twee maande teen die Weskus.

    Verlorenvlei is ’n plek van baie herinneringe uit lank gelede, ja, uit kleintyd uit. Ek en André in ’n kano of op ’n roeiboot besig om die vlei vroegmôre te verken en dan soms eers laatmiddag terug te keer. Ons bad was ’n plaasdam en tesame met die gemelk van koeie met oom Hans en ’n klomp ander goed sal die herinneringe saam met my bly for life. Oorlede Zirk Berg het nie verniet gesing nie: Dis hoe dit hier is, aan die Weskus. Wat ’n wonderlike kinderlewe het ons nie gehad nie. Een ding is seker, hier was sedertdien baie boerderyontwikkelinge en is die renosterveld stadig maar seker besig om sy gat te sien. Ongelukkig is dit die enigste manier om voedselsekerheid te verseker en staan die natuur in die pad van dié wat rykdom najaag. By Vensterklip, waar ek die volgende paar dae gaan uitspan, word ek weer eens getrakteer op ’n flamingo dans, so ver as wat die oog kan sien.

    Elandsbaai met sy legendariese left break word deur surfers van regoor die wêreld besoek. Redelinghuys, net om die draai, is die middelpunt van die aartappelbedryf in die Wes-Kaap en dan praat ek nog nie eers van Leipoldtville met sy pragtige kerk nie. Die Weskus is nie so eentonig soos mense beweer nie. Gaan krap onder sy vel en ontdek die diamante wat daar is, en glo my, daar is sommer baie meer as wat ek hier oor geskryf het. Gaan en ontdek dit, want onthou, hier kom niks op ’n skinkbord nie, jy moet werk vir dit, pappie.

    Ek besef weer eens dat ek hopeloos (en lê ek die klem op ho-o-o-o-pe-lo-o-o-os) te veel goed saamkarwei. Tyd om huis toe te gaan, voor dit te ver raak en ek die goeters teen die pad weggooi. Eintlik is ek ’n droë-pram-kind en soek net ’n verskoning om weer by Mamma uit te kom. Om vir oulaas ’n lekker bord boerekos te kon eet en op ’n sawwe bed te kon slaap voor ek dié keer for good weggaan, was baie goed gewees. Nou is ek uiteindelik op pad berge toe. Tomorrow is a privilege, so live today as if tomorrow doesn’t exist.

    Koeksisters en moerkoffie.

    Kuifkopvisvanger.

    Verlorenvlei.

    DIE MAJESTUEUSE SEDERBERGE

    Sederberge. Wat ’n groot woord is dit nie. Van ek kan onthou, is die naam soos ’n mooi meisie en speel dit mind games met my. Hoe ek ook al daarvan probeer vergeet, help dit niks nie, want ek raak net meer gemesmeraais. Ek praat van die berge, nie die mooi meisie nie. ’n Plek van kleurvolle en interessante rotsformasies. Om deur Nieuwoudtspas te ry voel soos ’n homecoming. Ek love die berge.

    Ek bly by Jamaka Organic Farm en Resort vir ’n klompie dae en wat lekker is, is dis net ek alleen in ’n moerse groot kampeerterrein. The story of my life! Lekker. Ek het baie besoekers gehad in dié tyd daar en is my geveerde vriende voor in die koor vir kossies ontvang. Gevlekte ooruile hou my company in die aande en so af en toe kom lê die ultimate killer ook besoek af. Muskeljaatkatte het my darem al baie ergernis in die verlede verskaf met totale uitwissings van my hoenderbevolking toe ek nog geboer het. Hulle is darem maar mooi. Sommer die eerste dag misgis ek my lelik met die steiltes van die hiking trail waarop ek is. Opdraandes is beter as afdraandes vir die paar opgekrokte knieë van my en hou ek maar net aan met stap, hopende vir ’n mooi afdraandjie. Toe nou nie, maar die vergesigte van bo af het opgemaak vir enige ongerief. Dit is ongelooflik hoe een bietjie mooi al die fisiese seer op daai oomblik kan wegvat. Ook so in ons hartslewe, en moet ons te midde van die seer probeer vasklou aan die mooi, al is dit hoe moeilik. Dit kan ’n foto, ’n glimlag, ’n mooi herinnering, ag dit kan enigiets wees, en dan sal jy goed oftewel beter voel. Dit werk altans vir my. Vorentoe gaan dit ’n geval wees van, hou knieë, hou!

    Verdeel my dae so op dat ek by al die plekke kan uitkom wat moet. Nieubrau Craft Brewery is eerste op die hit list en daar ontmoet ek ’n sekere blonde en haar vriendinne, wie se name ek nie kan onthou nie. Hulle het my onder die tafel ingedrink en is my beursie omtrent gemartel soos daardie biere gevloei het. Het darem die foresight gehad om Blonde saam met my terug te neem na my kampplek en toe knak ek haar daai aand oor ’n knetterende vuur. Dit was die heel beste bier wat ek nog in my lewe gedrink het. Gotcha!

    ’n 180 km round trip deur plekke met name soos Wupperthal, Eselsbank, die Biedouwvallei, Traveller’s Rest en Clanwilliam is ’n moet op enigeen se radarskerm. Die berge is hoog

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1