Christiaan Mathys Bakkes is in 3 Augustus 1965 op Vredenburg aan die Weskus gebore. Hy matrikuleer in 1983 aan die Pro Arte-kunsskool in Pretoria. Christiaan was ’n staptoerveldwag...view moreChristiaan Mathys Bakkes is in 3 Augustus 1965 op Vredenburg aan die Weskus gebore. Hy matrikuleer in 1983 aan die Pro Arte-kunsskool in Pretoria. Christiaan was ’n staptoerveldwagter in die Krugerwildtuin toe hy in Februarie 1994 sy linkerarm verloor het nadat twee krokodille hom aangeval het terwyl hy in ’n dam geswem het. Nadat hy herstel het, het hy vir vyf maande deur Afrika gereis, vir drie jaar vir die WWF in die Kaokoveld in Namibië gewerk, en daarna by ’n safari-maatskappy wat ekotoere op die Skedelkus aanbied. Tans is hy gids en areabestuurder by Wilderness Safaris in Namibië.
In 1998 het sy debuut, Die lang pad van Stoffel Mathysen, verskyn en daar het sedertdien reeds vier boeke oor sy alter ego, Stoffel, se avonture verskyn. Die meeste verhale is op werklike gebeure gebaseer.
Stoffel by die afdraaipad is in 2005 vir die M-Net-literêre prys vir tekste in kort formaat (kortverhale, kinder- en jeugboeke) benoem.
In 2008 het In Bushveld and Desert: A Game Ranger’s Life ’n keur en vertaling uit sy bundels verskyn.view less