Gerrit Rautenbach is ’n onrustige reisiger, reisskrywer en fotograaf wat al op vreemde plekke geslaap het. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op...view moreGerrit Rautenbach is ’n onrustige reisiger, reisskrywer en fotograaf wat al op vreemde plekke geslaap het. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimandjaro. Die diep Namib. Hy het al meer as twintig reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit om oor die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië te berig.
Hy het die heel eerste Suider-Afrikaanse Avontuurgids saamgestel, was die stigtersredakteur van Mooiloop, het ’n aanvallende boerbok in Malawi ore aangesit en op ’n keer het ’n olifant sy lemoene uit sy daktent gevreet. Terwyl hy besig was om ’n storie te skryf. In die tent. Deesdae bly Gerrit saam met sy geliefde KTM-motorfiets in Stellenbosch. Soms . . .
Sy kortverhaalbundel Kopreis het in 2011 verskyn.view less