Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Oorleef Skisofrenie
Oorleef Skisofrenie
Oorleef Skisofrenie
Ebook141 pages1 hour

Oorleef Skisofrenie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Richard Carlson Jr. was gediagnoseer met paranoïese skisofrenie toe hy een – en – twintig jaar oud was. Sy siekte het begin toe hy in vroeë adolessensie was. Moderne psigiatrie het Richard oor ‘n dekade misluk. Toe, na ‘n insident met die polisie het hy regtig verstaan dat sy diagnose werklik is, en het uiteindelik die lang proses om te herstel begin. Meer as tien jaar later het sy lewe geweldig verbeter. Saam met sy behandeling het Richard ook herstel van depressie, obsessiewe – kompulsiewe – versteuring, en lusteloosheid.

Moenie dat dit wat met Richard gebeur het, met jou, ‘n geliefde, of ‘n pasiënt met ernstige geestes siektes gebeur nie. Wees altyd eerlik met mekaar, en met jou psigiater.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateJan 16, 2019
ISBN9781547527717
Oorleef Skisofrenie

Related to Oorleef Skisofrenie

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Oorleef Skisofrenie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Oorleef Skisofrenie - Richard Carlson Jr.

    Vrywaring: Die inligting in hierdie boek moet nie oorweeg word as mediese advies nie. Die skrywer is nie ‘n mediese professionele nie. Geestes siekte lyers moet mediese professionele raadpleeg vir advies.

    Oorleef Skisofrenie is nie-fiksie werk, alhoewel sekere van die feite en ander besonderhede verander is.

    Hoofstuk 1

    Wees Eerlik

    Luister asseblief, want dit is belangrik.  

    Die belangrikste ding wat ek geleer het oor my ernstige geestes siekte is dat jy eerlik met jouself en ander moet wees. Eerlikheid is die hoeksteen van ‘n suksesvolle en vervullende lewe – jy kan nie die behandeling ontvang wat jy nodig het of ware herstelling ervaar daarsonder nie nie.

    Moenie jare van jou lewe mors deur leuens te vertel nie.

    Omdat ek nie eerlik met my psigiaters en familie was nie, het ek nie die gepasde behandeling ontvang vir meer as tien jaar nie. Dit is tien jaar van my lewe wat ek nie kan terug kry nie.

    Moet nie huiwer om dadelik eerlik te begin nie. Jou lewe mag daarvan afhang.

    Hoofstuk 2

    Gebore in New York

    Die ooievaar het my in Ma se arms gesit in die vroeë 1970s. My ouers was middelklas en Katoliek, en ons het in ‘n mooi straat gewoon naby aan ‘n Joodse woonbuurt. Het jy geweet dat mense wat Skisofrenie het meer geneig is om in stedelike gebiede gebore te word en te leef? Ek het meeste van my kinderjare in New York deurgebring, so ek wonder dikwels hoeveel verskil dit gemaak het.

    Ma was ‘n hardwerkende vrou wie by die huis gebly het om vir my te sorg, sowel as vir my jonger broers, Mike en Steve. My pa was ‘n wonderlike vader, wie ‘n goeie voorbeeld vir my gestel het om te volg. Hy het my eenkeer saam na sy werk geneem by die afvalwater versuiwerings fasiliteit. Hy en Ma het albei vir ons gesorg. Die lewe het perfek gevoel.

    My vroegste herinneringe is van my grootouers, wie op die eerste vloer van ons huis gewoon het. My ouers, broers, en ek het op die boonste vloer gebly. Ek het elke oggend in my slaapklere afgehardloop om my grootouers te sien. Oupa het vanaf Pole geïmmegreer toe hy sewentien was. Ouma was in Amerika gebore, maar het in Pole grootgeword. Ek was baie lief vir haar. Een van my helderste herinneringe van haar is waar sy pierogies vir aandete maak. My Poolse erfenis is so belangrik vir my as gevolg van my grootouers.

    My oupa was ‘n uitstekende rolmodel -  ek kon nie wag om groot te word en soos hy te wees nie. Ek het opgekyk na my pa, wie ‘n wonderlike vader was, maar ek onthou Oupa beter. Hy was ‘n aangename man, en ons het saam lang wandelinge in die stad gevat.

    Toe ek vier was het ek eenkeer spore gemaak met my Batmobile in die vars sement wat deur ons buurman, Teddy in sy voorerf gelê is, en Oupa het die spore vir my na die tyd glad gemaak.  

    Oupa was bles, het ‘n dik bril gedra en geruik soos die sigare wat hy gerook het.

    Moenie dit doen nie! het Oupa uitgeroep soos wat hy my deur die venster gesien het, Nee! Ek het egter aangehou om my nuwe Batmobile deur die vars sement te ry. Die Batmobile se wiele en my klein handjies was egter afgedruk in die sement wat droog geword het. Soos wat Oupa na buite gehaas het, het die sonlig deur die wolke geskyn.

    Vroom, vroooom, vroooooom! het ek geroep soos wat ek die Batmobile selfs vinniger gery het. Batman en Robin moet die slegte Joker vang!  

    Oupa het my aan die gewrig gegryp en my speelkar uit die vuilgoed getrek. Ek het uitgeroep in weerstand, Oupa, nee! my rug hol gemaak en vas aan die kar geklou, en probeer om nie ‘n spier te roer nie. Hy het saam met my by die styl trappe afgeloop na ons kelder vir ‘n goeie hande was.

    Maar die Joker! Batman en Robin het my hulp nodig!

    Moenie in die sement speel nie, Richard, het hy geraas. Wanneer hy kwaad was, was sy Slawiese aksent selfs meer uitgespreek.

    ‘Mobile, het ek gesê, en wou nog gespeel het, soos wat hy my moue opgerol het. In plaas van om my speelding vir my terug te gee het hy dit geskrop, en toe my hande gewas.

    Ek moes nogsteeds vir Batman gehelp het, so ek het gevra of ek in die agtererf kon speel. Toe hy my laat gaan het, het ek gehaas na die modder waar ‘n ry groot roosbome gegroei het. My bors het begin brand soos wat ek deur die nat grond na die redding gehaas het.

    Vrooom, vroom, vroooooom! Die Batmobile het na Gotham Bank gejaag.

    Ek het die Joker gestop! Ek is die held!

    My ouers en grootouers was baie lief vir my.

    Hoofstuk 3

    My Jeug in die Noordelike Deel van New York

    Voor ek oud genoeg was om met kleuterskool te begin, het my ouers ‘n huis laat bou in Stormville, wat ‘n klein dorpie was in die Noordelike deel van New York. My ouers wou nie hê dat ek in die stad moet grootword nie, omdat hulle geglo het dat die stad te rof vir kinders was. Hulle wou ook seker gemaak het dat ek ‘n goeie opvoeding gekry het. Dit was 1975, en ons huis het geel mure gehad met wit versiering.

    Pa het ‘n klein dammetjie in ons agtererf gesit, kompleet met lelies, visse en krewe. Pa het die een dag ‘n reuse padda van sy werk af gebring en dit in die dammetjie gesit.

    Vir my was Stormville die beste plek op die hele aarde vir ‘n seuntjie om in groot te word. Ek het soveel pret gehad deur paddas, paddavissies, skilpaaie, slange, salamanders, en ‘n magdom ander diertjies te vang, nie net uit die dammetjie in ons agtererf nie, maar uit strompies en dammetjies in ons woonbuurt. Ek het gemaak of ek in die voorhoede van die weermag was, ek het ‘n konstruksie erf gemaak met speel trokke, en ek het op baie ander maniere pret gehad by ons Stormville huis. Wilde frambose en swartbessies het in ons voorerf gegroei, en hulle het so soet geproe.

    Die een keer het my pa ‘n man met ‘n stootskraper gehuur om ‘n boom uit ons erf te verwyder, en die man het aangebied dat ek sy stootskraper kon bestuur. Ek was te skaam, so ek het geweier. Ek wens ek het nie. Ek het op baie dinge uitgemis terwyl ek groot geword het, omdat ek te skaam was.

    Sal jy daarvan hou om met my stootskraper in julle erf rond te ry? het die man gevra, terwyl hy van die skraper afklim. Hy het ‘n wit t-hemp gedra met gate in, ‘n ou groen werks oorpak en gehawende bruin skoene. Pa het na my gekyk soos wat ek agter hom in hardloop, doodstil. Ek het nie vandag verwag om iets aangebied te word wat soveel pret is nie! Verbeel jou, ek ‘n vyf jarige, bestuur ‘n stootskraper, net soos ‘n regte konstruksie werker. 

    Die kielie gevoel in my bors het gebewe van ongemaklike senuwee. Dit het vroeër daardie middag gereën, en die somer humiditeit het gemaak dat my sweterige t-hemp aan my bors klou.

    Ma het haar hande op haar heupe gesit. Kom uit en vertel die man, ‘Ja’, Richard! het sy gesê.

    Ek het af na my skoene gekyk en Pa het gekniel, en na my gekyk. Moenie skaam wees nie. Jy kan dit ry en sien hoe dit voel, het hy gesê.

    Ek het so gewens dat ek die stootskraper kon ry, maar my lippe was gesluit.

    Sê ‘Ja’, het Ma weereens gesê, en ek het my lyf weg van die vriendelike man af gedraai.

    Ek is skaam, het ek geantwoord, en vir ‘n sekonde na Ma se gesig gestaar. As sy my net vanuit hierdie situasie kon red!

    Dit sal pret wees, het sy aangemoedig. Probeer dit net.

    Ek sal reg langs jou sit, het die man belowe, so niks sal gebeur nie.

    Ek het my kop geskud, en af gekyk na my skoene al wou ek so graag die stootskraper bestuur. Ek het ‘n oomblik later weggestap en skuiling gevind in ons agtererf. Daar het ek met my speel stootskrapertjie gespeel, en riool rondgestoot by my watersuiwerings fasiliteit. Ek was gemakliker om buite die sig van die vriendelike man te wees. Ek het steeds gewens en gewens dat ek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1