Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings
Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings
Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings
Ebook135 pages2 hours

Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie lewensreis word voortgesit: gebore in Alexanderbaai, maar-soos dit maar gaan as jy klein is word jy saamgeneem- waarheen het jy geen seggenskap nie en nog minder beheer oor- het.

In Upington beland saam met ‘n gesin wat alreeds groot was. Dit was ‘n soort van ontsnappings poging deur my pa. Met die koms van my verstand en bewus wording van my omgewing het ek my in Upington bevind. Blykbaar was ek in ‘n kar gelaai en weggeneem uit my geboorte omgewing.

Soos die ligte van bewuswording in my brein aangekom het, en geleidelik stukkie vir stukkie soos dit met die terugdink na vore kom, is daar aanvanklik los brokkies en later meer aaneenlopende stroke van tydslyns gewaarwordinge.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 21, 2018
ISBN9780463239414
Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings
Author

Andri Nieuwoudt

Dr Andri Nieuwoudt MB,ChB, MMed(O&G) LKOG (SA) Matriek: in Hoërskool Namakwaland 1967. Het Ginekologie en Verloskunde praktiseer sedert 1984, eers as konsultant by Tygerberg Hospitaal, Parow, daarna sedert 1986 in Stellenbosch Hospitaal en Hottentots Holland Hospitaal. Sedert 1988 was hy in privaat ginekologiese praktyk in Somerset Wes en Stellenbosch tot 2002, waarna hy as voltydse konsultant in Ginekologie en Verloskunde in Ziekenhuis Zorgsaam te Terneuzen Nederland aangestel was tot sy pensioenering in Desember 2016.

Read more from Andri Nieuwoudt

Related to Ek Onthou

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ek Onthou

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ek Onthou - Andri Nieuwoudt

    Boek 2

    Ek Onthou:

    Ervarings herinnerings

    Andri Nieuwoudt

    Outeur: Andri Nieuwoudt

    Omslagontwerp: Andri Nieuwoudt

    Geset in Times New Roman 12 pt

    Alle regte voorbehou

    Kopiereg ©Andri Niewoudt

    ISBN 978-1-928413-92-9

    Eerste Uitgawe 2018

    Hierdie boek mag nie sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat bandopname, mikrofilm of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

    Gedruk deur

    Malherbe Uitgewers

    Inleiding:

    Hierdie lewensreis word voortgesit: gebore in Alexanderbaai, maar-soos dit maar gaan as jy klein is word jy saamgeneem- waarheen het jy geen seggenskap nie en nog minder beheer oor- het. In Upington beland saam met ‘n gesin wat alreeds groot was. Dit was ‘n soort van ontsnappings poging deur my pa.

    Met die koms van my verstand en bewus wording van my omgewing het ek my in Upington bevind. Blykbaar was ek in ‘n kar gelaai en weggeneem uit my geboorte omgewing. 

    Soos die ligte van bewuswording in my brein aangekom het, en geleidelik stukkie vir stukkie soos dit met die terugdink na vore kom, is daar aanvanklik los brokkies en later meer aaneenlopende stroke van tydslyns gewaarwordinge. Daar is stukkies waar ek met ‘n speelkarretjie in die kerk sit onder banke saamgestel uit houtplanke en baksteen stutte, met sandvloere. Later die stukkie waar ek onthou dat die eerste en vir lank enigste kersgeskenk ‘n ou padrollertjie dinkeytoy was wat - dit staan helder vasgebrand in die geheue- nie as deel van ‘n kersboom aand’ was nie, maar ek later moes gaan haal by mevrou Dominee en sy dit moes soek en later met ‘n onge-ergte vat hier vir my gegee is. Daar is die speelbome wat naamuitkrap" bome genoem was, daar was die keer wat daar slange op die werf gekry was en ‘n hele klipmuur afgebreek was om alle slange uit te roei. Ook kom brokke voor van skoolbus ry en later die oopmaak van Oranje Noord Laerskool in Sub B met soggens self skool toe kan stap en saam met die kinders wat meer naby aan ons gewoon het. Naskoolse maats kon gemaak word -iets wat nie tevore moontlik was nie.

    Daar is die onthou van saans met die tweeling broers al drie op ‘n fiets – ek voor op die handles, Kleinman op die dwarsbalk en Ouboet wat trap- na die Dorp drie keer per week vir bokslesse. Daar word onthou van die woon in ‘n buitewyk langs ‘n kanaal waar die water nou en dan leeg getap was en waar paddas uitgehaal is en in die gemeenskaplike kamer in ma se potte gesit word. Die paddas het so geraas saans dat ma agtergekom het waar die potte heen verdwyn het en kinnergatte laat brand het. 

    Die toilet was ‘n buitetoilet met nog ‘n nagwa diens. Een van die onthou brokkies is van die bok in die agterplaas wat soms ‘n man gejaag het as jy toilet toe wil gaan, ook van Koos wat altyd begelei moes word en bang vir die donker was. ‘n Gesinsgrappie was Koos wat wou gaan, die donkerte sien en verklaar hy sal maar poep tot gister, maar vanaand gaan hy nie uit nie (Koos het net een tyd geken en dit was gister –nogal, as man daaraan dink, heel besonders, want ‘n kind weet meer van dit wat was af as wat hy hom sal bekommer oor dit wat kom!)

    Nog veel ander brokkies van onthou en bewuswording het later aan mekaar gelas begin word soos ek gegroei het, tot dit ‘n aaneenlopende lyn begin word het. Skoolgaan was nooit moeilik nie, Bybelverse leer Sondagoggende voor kerk in die chaos wat 8 kinders bring wat aangetrek en skoongemaak moes word voor daar gery kon word, was wel. Kuier by ouma en oupa in Alheit saam met ma was een van die hoogte punte van die tyd. Met die inkom van gewaarwording van die omgewing het dit ook begin deurskemer in die kinner wêreld dat daar iets soos arm mense en mense met meer voorregte was. Daar was in die groep van kinner vriende wat ‘n swembad by die huis het, wat elk sy eie kamer het, wat sy eie fiets het en kaste vol speelgoed. Tog het dit op die stadium meer ‘n geleentheid gewees om dit saam met die kinners te geniet eerder dat dit met afguns te beskou.

    Oupa en Ouma van Pa se kant was ook in die huis met Ouma wat gedurig kla en verwyt en oupa wat so deurmekaar was dat ons hom telkens moes gaan soek het. Daar was ook die broertjie wat een jaar ouer is en blykbaar met geboorte probleme ondervind het sodat hy verstandelik agter geraak het: moes ook opgepas word en het ook weggehol as hy die kans kry met dan die gaan soekery. Vir my was dit ‘n groot probleem. Die twee broers net ouer as die verstandelik vertraagde broer was ‘n tweeling wat als saam gedoen het en nie vir my by wou hê nie, want ek sal natuurlik ‘n laspos wees en als vir ma gaan sê. Die verstandelik vertraagde broer sou, as hy normaal was, die broer wees waarna ek verlang het. Uiteraard kon dit nie en sal dit ook nooit wees nie.

    Eensaamheid vir my was later deel van my lewe, al het ek in ‘n groot gesin gewoon. Ek het eendag in ‘n kas weggekruip om te kyk of hulle sal agterkom as ek nie daar is nie: onnodig om te sê dat almal verlig was dat ek nie in die nabyheid is om almal te versondig nie. Daar is nie na my gesoek nie en ek het maar later uit sy kas geklim en met my lewetjie voortgegaan. Kompensasie was toe die broertjie na ‘n inrigting in Howick geneem was en die gesin jaarliks na Durban gegaan het vir drie weke om ma naby hom te bring. Soet bitter tye. Armoede het gesorg dat als selfgemaak moes wees: die kap agterop die bakkie, die tent en al die ander benodighede. Vir my was dit egter iets wat in die onbewustheid van kindwees later eers tot besef gebring was. Nie toe nie. Daar was ‘n brokkie van seksueel bewus word sonder dat ek toe geweet het waaroor dit gaan. Alwyn Burger vertel dat hy by sy ma hulle se kamer ingegaan het en afgekom het op sy pa wat sit en sy ma wat lê –beide sonder klere. Die storie het vasgehaak in my kop sonder dat ek veel daaroor nagedink het. Alwyn se pa het egter op ‘n dag ‘n einde aan die vriendskap gebring toe ek saam met Alwyn pak gekry het oor iets wat nie meer onthou word nie. Wat wel onthou word is dat dit nie so werk nie: as daar rede voor was moes die oom vir pa vertel het en die sal dan slaan. Alwyn-hulle was armer as ons. Die pa was dronk toe dit gebeur het.

    Ek het in die tyd van mens word ‘n ervaring gehad wat as skuld gevoel klassifiseer word. In Middelpos was daar twee winkels- die een was van kerkmense (die Gribs), die ander nie. Daar is pertinent aan die kinders opdrag gegee om net by die kerkmense se winkel te koop. Ongelukkig was dit so dat die Gribbe vyebome gehad het en is ek betrap toe ek een of twee vye gepluk het. Weghol het my gat gered, toe. Maar ‘n deur van ewige stryd is ge-open: ek sou nooit daarna weer by Grib se winkel sigarette of wat ek ook al gestuur word om te gaan koop, koop nie. Liewers by die anner winkel, al was dit soms duurder en pa nie kon verstaan waarom daar minder kleingeld was nie. Dit was die begin van ‘n gewaarwording wat later elke keer bo water kom as die gewete van my inwerk op my doen en late. Diep vasgebrand.

    Ek het in die tyd ook die waarde van om middelste kind te wees besef: as die groot kinders iets lekkers kon doen waarvoor die kleintjies te klein is, was ek groot. As daar weer voordeel in is om klein te wees, was ek klein. Die besef het tot ander slinkshede gelei wat lewenslank my lewens organisatoriese spel geword het. 

    Uiterstes van temperature soos dit in Upington beleef word het ook sy tol geëis in die onthou/bewustword kanale. Soggens moes daar soms in die winter vuur gemaak word op die waterpype buite omdat die water gevries was- dit word onthou. So ook die koue op kaalvoete met Ingram kamfer cream wat aangesmeer word op gebarste hakke en op die bokant van die voete. Vure wat gemaak is as daar vir die bus in die koue gewag moes word met klippe wat in die vuur warm gemaak is en dan met koerant papier toegedraai word en saam skool toe gaan om die hande warm te hou. 

    Karretjies was daar nie maar karretjie is gespeel: bakstene het lorries geword as dit aan eenkant hoekig afgekap is. Klippe met die regte vorm is gesoek om as karre te dien. Die klipkar was dan ook sommer padskraper en ongelukke as die klipkarre in mekaar vasry het groot sports gewees.

    Krisis bewust word was daar ook: die vrees as die Oranje afkom en sy walle oorstoot, die patrollie ry van pa dan op die walle om te kyk waar die gevaar van deurbraak die grootste is. Die onthou van landerye wat onder water is, die brug oor die Oranje wat verspoel het en die vreesaanjaendheid van ‘n Oranje in vloed met beeste en boomstompe en die hele Vrystaat se modder water wat see toe gaan.

    Ras bewustheid was ook daar. Die kinders van Blikkiesdorp het nou en dan Boere julle moere geroep. Die man en sy maters het nie geweet wat dit beteken nie, maar dit was ‘n teken om die kinners te jaag. Gelukkig het hulle die meeste van die tyd weggehol en net eenkeer van ‘n klein grensoorloggie kan onthou word. Die bandiete het soms langs die pad gewerk en dan het die man-hulle van ma se brood gaan omruil vir die mielies wat die bandiete gekry het etenstyd. Dit het tot vreemde vriendskappe gelei en was die man soms spyt as die bandiete op ander plekke moes werk en skielik nie meer daar was nie.

    Die Upington jare was gemengde jare van swaarkry sonder dat ek daarvan bewust was en goeie tye waarvan ek wel bewust was. Dit was egter die tyd in die groei proses waar brokke van onthou begin saamvloei het in ‘n stroom van bewustheid van mens wees. Selfs die besef dat almal dood sal gaan het ook ingekom toe daar ‘n motorongeluk op die Upington- Kakamas pad was waar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1