Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Beelde wat nooit vervaag nie
Beelde wat nooit vervaag nie
Beelde wat nooit vervaag nie
Ebook136 pages5 hours

Beelde wat nooit vervaag nie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die skrywer besoek al sedert 1961 die Nasionale Krugerwildtuin. In die tydperk het hy baie wonderlike ervarings gehad. Hy het dit neergeskryf omdat dit hom die herinneringe weer laat herleef het. Daarna het almal wat die boek gelees het hom aangemoedig om die boek te publiseer.

Die boek is tans beskikbaar in die kampe van die Nasionale Krugerwildtuin

LanguageAfrikaans
Release dateJul 5, 2012
ISBN9780620424448
Beelde wat nooit vervaag nie
Author

Piet Du Plessis

P J du Plessis is a teacher, teaching both Afrikaans and English. He has written 11 published books and 35 published short stories. Eight different publishers and four different magazines have published his titles.He believes in making reading an enjoyable experience. All his books have been written in Easy to understand language.

Read more from Piet Du Plessis

Related to Beelde wat nooit vervaag nie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Beelde wat nooit vervaag nie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Beelde wat nooit vervaag nie - Piet Du Plessis

    In Julie verlede jaar (2011) was dit presies vyftig jaar sedert my eerste besoek aan die wildtuin. Intussen was ek meer as ‘n honderd keer daar.

    ‘n Vriend het een keer die mening gelug dat ek ‘n skatryk man kon gewees het as ek nie soveel geld spandeer het om wildtuin toe te gaan nie. Ek het geknik, want hy sou nie verstaan dat ek skatryk is nie, nie ryk aan geld en goed nie, maar ryk aan herinnering. Met my is dit soos die digter gesê het:

    Ryk aan herinnering, ryk in verbeelding, 

    Ryk in onthou van die vroeër tyd"

    (‘n Hand vol gruis uit die Hantam. C Louis Leipoldt)

    Ek wil graag ‘n paar van hierdie herinneringe deel.

    Groete,

    Piet du Plessis

    Hoofstuk 1

    Die eerste keer

    Van kleintyd af is ek ‘n dromer. Ek kan nog goed onthou hoe ek, as kleuter, ure lank na die bye sit en kyk het terwyl my maats besig was om te speel. Ek wou graag weet waar hulle vandaan kom.

    Naby my ouma se huis was die molle op ‘n stadium aktief. Ek onthou nog goed hoe ek ure lank kon sit en wag met die hoop dat ek net een keer ‘n mol sou sien, net soos wat vandag se kinders begeer om ‘n bekende rolprentster of sportheld te sien. Ongelukkig het die mol nooit sy verskyning gemaak nie en dit het my ‘n goeie dertig jaar geneem voordat ek ‘n mol in lewende lywe gesien het.

    Ek was veertien jaar oud toe my oom en tante vir my ouma, en ek en my jonger broer, genooi het om vir vier dae lank die wildtuin te besoek.

    Ons is by Numbihek in. Daar het my oom ‘n speletjie begin wat ek vandag nog sonder uitsondering speel as ek in die wildtuin kom: ’n Pakkie Smarties vir die een wat die eerste dier sien, het hy beloof toe ons deur die hek is.

    In die kar was daar twee wakker kinders, twee volwassenes in hulle dertigs en een ou vrou … en wie het die pakkie Smarties gewen: Die oudste van ons almal. Dit was ‘n gesin vlakvarke in die veld en wat later voor ons oor die pad gehardloop het.

    Die ou wildtuin is nie juis baie mooi die tyd van die jaar nie, het my tante ons voor die tyd gewaarsku. Dit was winter en daar was geen blare aan die bome nie; die bietjie gras wat daar was, was vaal en droog. Maar dit was mooi. Die bekoring wat daardie vaal doringbome en verdroogde gras vir my ingehou het, bly my steeds al die jare by. Ek het geen boom se naam geken nie, en my oom en tante moes meeste van die diere vir ons uitken, maar ek was in ‘n wêreld waarvan ek nog net gedroom het.

    Die wonder van die wildtuin is dat mens soms wil sê: A, ek het nou ontsnap van die werklike lewe. Maar dit is tog so verkeerd. Die wildtuin is die werklike lewe. Dit is soos die wêreld moes wees, waar elke deel van die natuur in perfekte harmonie saam leef om die ratte van die hele wêreld glad en sonder ruk of stoot te laat draai

    Ons het in die vier dae net een olifant gesien, maar die wildtuin is altyd gereed om sy beste te lewer vir die wat geduldig is. Die olifant het hier naby ons, sy reuse kop teen ‘n boomstam gedruk en met die grootste gemak die boom omgestoot. Ek is vandag nog seker dat hy vlugtig vir ons geloer het, voordat hy met sy slurp tussen die ontblote boomwortels rondgevroetel het.

    Die volgende drie nagte het ons in Onder-Sabie ruskamp gaan slaap. My oom het meer van die kleiner kamp gehou. Hoe minder daar was wat deur mense gemaak is, hoe beter was dit.

    Hy het die pad tussen Skukuza en Onder-Sabie met reg Eloffstraat genoem. Dit was, en is, steeds die besigste pad in die wildtuin. Daar was ons op die tweede dag gelukkig genoeg om ‘n leeuwyfie te sien en op die heel laaste dag ‘n luiperd.

    Op die pad is daar ‘n piekniekplek: Mkhuhlu. Vandag is daar gasbraaiers en ‘n kafee waar mens alles (tot ‘take-aways’) kan koop. Daar is moderne toiletgeriewe en gemaklike piekniektafeltjies en stoele.

    Daardie jare was daar net braaiplek en ‘n toilet wat so half tussen die bome weggesteek was. ‘n Wildtuinwerker het regdeur die dag ‘n reuse vuur aan die gang gehou. Mens het dan net ‘n skopgraaf vol kole geneem en in jou braai gegooi voordat jy begin braai het. Vandag het jy net nodig om jou gasstofie oop te draai en ‘n vlam daaroor te hou. Baie gerieflik en dit beskadig nie die omgewing deurdat omgevalle boomstompe daaruit geneem word nie. Maar ai, die houtvuur was darem maar lekker.

    Die ander was nog besig om te eet toe ek verskoning vra en na die toilet toe stap. Die plek was in daardie tyd glad nie omhein nie, en toe ek uit die toilet kom, sien ek ‘n dowwe wildspaadjie wat ‘n ent van daar af in die rigting van die rivier lei. Daar was geen mens naby nie en ek het stilletjies tot daar geloop. Nooit in my lewe sal ek seker weer daardie selfde gevoel ervaar nie. Skielik was ek deel van die natuur. Grasse het teen my bene geskuur en ‘n wag-‘n-bietjie het my vir ‘n oomblik vasgegryp. Die reuk van gras, bome en ander plante was sterker as op enige ander plek.

    Toe skrik ek.

    Wat sal jy nou doen as daar ‘n luiperd uit kom het my oom ‘n ent agter my gepraat. Hy het intussen ook klaar geëet. Ek het my skouers opgetrek en teruggeloop. Die vervoering was verby.

    Ek het nie geantwoord nie, kon nie antwoord nie. Want vandag nog kan woorde nie daardie antwoord gee nie. Die wonder van die bos lê nie net in wat die oog kan sien en die neus kan ruik nie. Dit lê in daardie gevoel van eenheid met die natuur … en die bewustheid van die gevaar om jou heen, is onlosmaakbaar deel van daardie eenheidsgevoel.

    Die gevoel het ek ook jare later ervaar toe ek deur die wildtuin moes stap om petrol te kry.

    Ons is twee dae later uit die bos uit en terug stad toe. Maar in my is ‘n nuwe liefde gebore. Na daardie besoek was ek seker al meer as ‘n honderd keer in die wildtuin, maar tot vandag toe nog, maak ek my oë toe as die wêreld vir my te veel word. Dan ry ek die stowwerige paaie in my gedagtes, of sit by ‘n watergat terwyl die tarentale hulle aandgroet in die skemering uitroep. Of ek staan in die donkerte in ‘n ruskamp nadat ‘n reënbui die versengende droogte verlig het - en dan weet ek hoe die digter gevoel het die dag toe hy geskryf het:

    "Uit slote en plas, uit die geurende gras,

    styg ‘n danklied op ten hemel;

    en dis net of ek hoor hoe die kriekies se koor

    weergalm uit die sterre-gewemel."

    (Uit ‘Die Vlakte’ – Jan F Celliers

    Hoofstuk 2

    1967

    Die braaivleisboom

    Ons voorouers het ook so geloop, het ek gedink. Die kinders het buite gespeel, die mans het ‘n draai gaan loop en die vrouens het die kuikens in die hok gaan sit … net so sonder beskerming.

    Waarom is ek dan bang? Hier is maar net 1 600 leeus. Die kans dat een van hulle net hier sal wees waar ek nou loop, is maar baie skraal. Die wildtuin is geweldig groot, dis min leeus vir so ‘n groot gebied. En hier is nog minder luiperds en hiënas. Olifante is nie vleisvreters nie.

    Dit het my nie juis beter laat voel nie.

    Die bos het voor my uitgestrek. ‘n Leeu sou my sien lank voordat ek hom sien. Ek het om my rond-gekyk. As ek net ‘n geweer gehad het, of iets. Of as ek net die bos beter geken het. Mens voel maar klein en magteloos in die wildtuin. Al wat ‘n groot brein hier beteken is ‘n ekstra happie vir ‘n honger hiëna.

    Dit was in 1967. Ek onthou dit omdat dit die jaar was dat ek my eerste kar gekoop het. My baas was teleurgesteld. ‘n Elf jaar oue kar. Hoekom het jy nie eers met my gepraat nie? Dit was ‘n 1956 Ford.

    ‘n Paar maande daarna het ek en drie van my kollegas dit reggekry om saam-saam ‘n week verlof te neem. Dit was in die tyd dat immigrante by die duisende na Suid-Afrika gestroom het om hier te kom werk. Bruce het van Engeland af gekom, Costa was ‘n Griek. Andrew was darem ‘n Suid-Afrikaner, maar het nog niks meer as Johannesburg en Durban gesien nie.

    Ons het die pad gevat Noorde toe, tot so ver as Beitbrug, sodat ons darem kon sê ons het Rhodesië (Vandag Zimbabwe) al gesien.

    Daarna is ons terug tot in Louis Trichardt waar ons in die Hotel Louis oornag het, teen R3 per persoon, bed en ontbyt. Die volgende dag het ons na die soutpanne gaan kyk en ‘n klomp ander besienswaardighede in en rondom die dorp. Vir vier ouens wat in die stad grootgeword het, het die plattelandse dorpie baie bekoring ingehou … wel vir my altans. Ek kan nou nie juis onthou of die ander drie dit ook so baie geniet het nie.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1