Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hierdie mens
Hierdie mens
Hierdie mens
Ebook49 pages10 minutes

Hierdie mens

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sedert Spesmase in 1999, is Hierdie mens Wilma Stockenström se eerste digbundel in 14 jaar. Die toonaard is verfrissend speels en lig, die verse meesal kort en gestroop tot die essensie. Dis toeganklike verse, gekenmerk deur ’n ironiese inslag, en fokus op momentopnames tipies van die later lewe. Die bundel staan dan ook in die teken van afskeid neem, en 'n sterk bewussyn van die onvermydelike naderkom van die einde van die lewe. Met so 'n gelade onderwerp soos die dood word daar speels omgegaan. Daar is 'n duidelike opmerksaamheid oor die proses van ouer word, van swakker word, maar daar is geen swaarwigtigheid, geen tranerigheid. Alles staan eerder in die teken van ’n ironiese self-beskouing, ’n beleë aanvaarding van die onontkombaarheid van die slopingsproses. “’n Sterk versameling van laatwerkverse, gefokus op die natuur en in ’n vroulike teneur, van een van die meesterdigters in Afrikaans.” – Helize van Vuuren
LanguageAfrikaans
Release dateAug 1, 2013
ISBN9780798163743
Hierdie mens
Author

Wilma Stockenström

Wilhelmina Johanna (Wilma) Stockenström is op 7 Augustus 1933 op Napier in die Overberg gebore. Sy matrikuleer in 1949 op Napier en verwerf in 1952 ’n dramagraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk daarna as omroeper, aktrise en dramaturg. Wilma Stockenström is een van die belangrikste skrywers in Afrikaans, en sy publiseer romans, digbundels en dramas. Sy debuteer in 1970 met die digbundel Vir die bysiende leser. Sy het die Hertzogprys vir poësie in 1977 ontvang vir haar digbundel Van vergetelheid en van glans en vir prosa in 1992 vir haar roman Abjater wat so lag. Die kremetartekspedisie, wat in 1981 verskyn het, is egter haar bekendste roman. Dis in Engels, Frans, Nederlands, Duits, Italiaans en Hebreeus vertaal. En in 1988 is die Italiaanse vertaling met die Grinzane Cavour-prys in Italië bekroon. Sy het ook ’n suksesvolle loopbaan as aktrise op die verhoog en in films gehad. Sy woon sedert 1993 in Kaapstad.

Read more from Wilma Stockenström

Related to Hierdie mens

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Hierdie mens

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hierdie mens - Wilma Stockenström

    *Nabook_preview_excerpt.htmleTK0 f6]@@.fe5zs4&'wg}k}d"Va_\H\D&"Z]M1-R#}ao xVŗ봱 $*6 z@ө;?uZ5џ?+ۂݝ!/ \Ȥ[3PP6$8[uC p",sɓ&W"չl=ro.}g*- 5ZxbrǩI M9HiIm#ypuYqE[F=a=nY&} SĢxLJ^Xy^JVM@Mwmuf ރk!P ֯Y̳Lq\spsz o.m=M5kln뫱R DksRs^Z\zMh|4YE+ܢ2U'3喇.xĽ.u濰 
    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1