Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Plunder
Plunder
Plunder
Ebook151 pages1 hour

Plunder

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In dié jongste bundel van Krog ontwikkel sy voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut. Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede. Soos Alfred Schaffer sê, daar is gewoonweg niemand in Afrikaans wat só skryf nie. Sy wys wat digkuns moet en kan wees.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 20, 2022
ISBN9780798183543
Plunder
Author

Antjie Krog

Anna Elizabeth (Antjie) Krog is op 23 Oktober 1952 in Kroonstad gebore. Sy is 18 jaar oud toe haar eerste digbundel, Dogter van Jefta, in 1970 verskyn. In 1972 verskyn Januarie-suite en dit is in 1973 met die Eugène Marais-prys bekroon. Sy behaal 'n BA-graad en honneursgraad in Engels (1973) aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1976 verwerf sy 'n MA-graad in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Haar digbundel Jerusalemgangers is in 1987 met die Rapportprys bekroon en in 1990 ontvang Antjie die Hertzogprys vir poësie vir Lady Anne. In 1993 is sy aangestel by die tydskrif Die Suid-Afrikaan, en in 1995 begin sy as politieke verslaggewer by die SAUK te werk. Antjie lewer van 1996 tot 1998 verslag oor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Sy verwoord haar ervarings oor die proses in Country of my Skull wat in 1998 gepubliseer is en wat met onder meer die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys ontvang. In 2003 word die bundel Met woorde soos met kerse, wat haar Afrikaanse vertalings en herbewerkings van poësie uit Suid-Afrikaanse inheemse tale, en een van die San-tale, bevat, aangewys as die wenner van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut se driejaarlikse wedstryd. Kwela Boeke publiseer in 2004 die digbundel Die sterre sê 'tsau' en dit haal die kortlys van die M-Net-prys vir poësie vir 2005. Kleur kom nooit alleen nie is in 2001 met die eerste RAU-prys vir skeppende skryfwerk bekroon. Sy is sedert 2004 'n buitengewone professor in Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Read more from Antjie Krog

Related to Plunder

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Plunder

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Plunder - Antjie Krog

    9780624089810_FC

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    Antjie Krog

    plunder

    Human & Rousseau

    Oor die uitleg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van plunder mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    vir John – soos altyd

    1.

    dit kom nie meer op my af nie

    dit kom nie meer op my af nie

    die geluid

    die geluid van ’n gedig

    kom nie meer op my af nie

    *

    weelderig span die somer haar windbloudoek

    dit dein van appels, rose en gerwe

    in die ou boord hang pruime as donker vermoedens

    sluk jou hart af, my lief    ons eet spriet

    *

    ’n bottergat kom knus    ’n sperwer

    kantel in silwerblaar-amandel

    ’n afskeidnemende wêreld is al wat priem

    tussen soveel opgesaalde woorde

    ag, my verspilde taal en afgrondvers

    die klokke van die westerkerk

    galm soos soetanes deur die nat

    *

    hoe verlore gly ons deur ons eie hande

    hoe pervers die daglig in jou wimpers

    wanneer laas was ons lewerbruin van lus

    preigroen in ons eie doening

    wanneer laas ’n nuwe asemveld

    en cochenille-rooi ons prooi

    daardie wakkerte betrag ons nie meer nie

    *

    vlamme spat soos bloeiende swaardlelies

    oogbalwit vat die virus vlam

    vuur knetter tot in die longbuidels

    sissend deur aortas borrel bloed

    *

    die winterbome se senuweestelsels

    strek roerloos deur die lug wat braak lê:

    die kankerneste van duiwe

    die klierneste van vinke

    *

    dit kom nie meer op my af nie

    alles is yster    alles het verstyf

    ek lees hoe ander skryf:

    naeltjiebruin, berlynblou, en romig, romig jou nek

    jou lang, lang, lang bene vervul my met raserny

    maar op my?

    op my kom dit eenvoudig nie meer af nie

    eenmalig het ek behoort tot die brandendes

    nou wil my stem iets dryf

    sidder dit walglik klammerig van omgee en vergifnis

    writing retreat

    liefste

    op ’n vreemde, reënerige, neerdrukkende dag

    het ek jou verlaat

    is jy bewus daarvan dat ek jou mis?

    dat ek somer agtergelaat het vir winter?

    sou dat ek jou hier raakloop

    waar jy skielik om ’n hoek kom

    jy is in my boeke met jou toestemming

    hoe gaan dit met jou?

    hoe dikwels dink ek nie aan jou nie

    dat jy hier moet wees

    ek wag op nuus soos altyd

    om al oënde te vervorm

    alles hoorbaar in die mond te neem

    die inkarteling van jou naeltjie

    die liglek van larinks

    poësie vertel die sakrale as die nag oor die aarde val

    ek ontdek dit een mistige oggend in Mei

    lig, maar geen hemel

    sien, maar geen afstand

    ’n soort jag agter drome aan

    en waarop kom ek af:

    geskep uit ’n duisend blare en grasse

    hangend in die lug?

    ’n tonnel      ’n pad

    ’n deurgang van druppels lig

    asof mens vir die eerste keer op ’n plek kom, te laat

    elke beweging gebreek ál met die spoorlyn langs

    berkebome weerspreek enige rigting

    van pyn en uitgelewer wees

    van ingedagte en vreesbevange wees

    dit het gebeur: die oomblik van ophou

    min van ons soet vermoeienis het oorgebly

    net insekte wat ons verledes verwerk

    wat doen jy? sekerlik lesend op jou selfoon?

    ons gaan ’n nuwe era binne, ’n ander soort vrees

    iets onsigbaars     ek skryf maar net wat ek kan

    asseblief, moenie vergeet dat ek jou nooit sal vergeet

    sonder om jou kennis te gee nie

    dis wanneer ek weg van jou is

    dis wanneer ek weg van jou is

    dat ek skielik oorval word

    deur ’n vrees: hoe sou my lewe

    sonder jou wees?

    want skielik sien ek jou van ver af

    hoe jy nou by die huis

    jou sekure onopvallende gang gaan

    met die silwer poniestert op jou rug

    en weet hoe ek my hele lewe lank nog

    op jou kon vertrou

    op jou oordeel

    jou moerige morele kompas

    jou onversetlike empatie

    jou onbuigbare begrip en respek vir my

    jou x-straalverstaan van my diepste verrottings

    jou korte-mette-taalgebruik

    jou sagte hart    jou harde tong

    en dat ek altyd en altyd

    van waar ook al ná wat ook al

    na jou kan terugkeer

    en dat jy bly sal wees om my te sien

    ek weet ook dat jou binnekant

    vol kommer is en stres

    jou magteloosheid wat jy vir jouself hou

    en dat jy soms, as jy alleen is, dink

    dat ek jou nog nooit lief genoeg gehad het nie . . .

    dat ek jou gekies het as ’n heenkome

    en nie as die volvoering van vurige liefde nie

    ek omhels jou deur al die versperrings van die gedig

    met sulke spytige verwyte het ek geen

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1