Die laaste trein
HOE het ek hier gekom? Nie op die perron langs die stoomlokomotief nie, maar hier, verlate en koud in die donker nag op die drumpel van ’n finale afskeid. Die verweerde rand van my leernotaboek skaaf vertroostend teen my handpalm. My hare, modderbruin en smerig, val nou al verby my ken. Die laaste keer toe jy my gesien het – September in die reën – het jy gekla dis te kort; jy kan nie jou vingers daarin koek nie. Nou is al brokkie van jou wat aan my oorgelaat is, vasgevang in die nostalgiese kurwes van ink en onthou, weggebêre in my notaboek.
’n Jong vrou se fyn hak skoen word versigtig op die plaveisel neergesit. Haar een hand lê lusteloos in die kondukteur se palm; die ander huiwer teen die kosyn – fyn vingers in swart satynhandskoene wat wonder of sy iets vergeet het. Flitse van ’n porseleinken
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days