Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Skyn van tuiskoms: 'n Keur uit die gedigte van Lina Spies
Die Skyn van tuiskoms: 'n Keur uit die gedigte van Lina Spies
Die Skyn van tuiskoms: 'n Keur uit die gedigte van Lina Spies
Ebook218 pages4 hours

Die Skyn van tuiskoms: 'n Keur uit die gedigte van Lina Spies

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Lina Spies se debuutbundel, Digby Vergenoeg (1971), is destyds bekroon met sowel die Ingrid Jonker- as die Eugène Marais-pryse. Hierdie keur is ’n erkenning en bevestiging van ’n belangrike en beleë digterskap wat oor byna 40 jaar strek. Lina Spies skryf ’n gedig wat onmiddellik as haar eie geëien kan word. Sy skryf ’n persoonlike liriek met sterk biografiese inslag waarin onder meer familiefigure en jeugherinneringe sterk figureer. Die agttal bundels bevat benewens verse oor die liefde, reis, godsdiens, en ’n verknogtheid aan die aarde en aardse, ook verse oor kuns en figure (dikwels kunstenaars) met wie sy ’n sterk verwantskap voel en in wie se nood sy haar eie kan verreken. Sy skryf ook (naas Ingrid Jonker) van die mooiste liefdesverse in Afrikaans: van die stralende ontdekking van nuwe liefde tot die ontgogeling en ontnugtering van afskeid. Die keuse van gedigte uit haar agt digbundels is gemaak deur die digter Johann de Lange.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780798153751
Die Skyn van tuiskoms: 'n Keur uit die gedigte van Lina Spies

Related to Die Skyn van tuiskoms

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die Skyn van tuiskoms

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Skyn van tuiskoms - Lina Spies

    Die skyn van tuiskoms

    ’n keur uit die gedigte van

        Lina Spies

    tuiskoms.jpg

    Saamgestel deur Johann de Lange

    Lina Spies het die volgende toekennings

    vir Afrikaanse poësie ontvang:

    Eugène Marais-prys en die Ingrid Jonker-prys vir Digby Vergenoeg

    I Digby vergenoeg (1971)

    Uit: Drie laelandse verse vir die nie-ontvangene nooit-geborene

    Met liefde

    i

    Ek kan jou geslag kies

    en die kleur van jou oë

    sonder smeekbede aan ’n opperwese

    Ek kan vir jou ’n naam gee

    wat vir my mooi is

    sonder kwelling oor ’n ouma se voorkeure

    Ek kan vir jou ’n Makkum-bord

    bestel uit Friesland

    met dié naam daarop geverf

    en dit hang teen die muur

    van my verbeelding,

    Droomkind

    Ek hoef my nooit te erger aan ’n snotneusie nie:

    die geboortedatum op die mooi blou bord meld

    die jaar nul.

    iii

    Vergewe my die lewe wat ek aan jou gee;

    my borste swel daar nie van nie

    en die swaard was alleen maar deur my hart,

    nooit in my skede nie:

    ek het so dwaas liefgehad

         dat ek weggekruip het in

              luister na musiek

                   gedigte opsê

                        boeke lees

    My liggaam was soos die Sint Paulus-kerk in Antwerpen

    waar hoere en homofiele rondgedwaal het

    en met die brand selfloos en seksloos

    kosbare kandelare en skilderye

    gered het uit die vlamme

    Hy kon jou wat ek so begeer het

    nie uit my verlos nie

    net maar die vers

    wat brand soos ’n kandelaar

         al het die kerk verbrand

    Op die dood van Riëtte

    In liefde opgedra aan Marius en Angeline

    Die klein wit kaartjie in my hand

    is swygsaam met jou silwer naam,

    geen Bybelteks vir troos, geen in memoriam,

    geen lanferstrepie langs die kant.

    So is dit reg: vir jou was donker net

    die leeu wat swart en vriendelik saans

    kom snuif het aan die agterdeur

    terwyl die kinders van die buurt se oë rek.

    Jy was hartvol, sag en klipdaswarm,

    maar weerloos teen die pad, die teer, die grond

    dat tussen al die draad en harde staal

    net jou handjies met gewone groefies oor kon bly.

    Of was die dood genadiglik die skans

    wat jou vroegtydig reeds moes veilig hou teen

    elke voet wat na ’n hond sou skop,

    elke koeël deur die borsie van ’n duif,

    elke hand wat diertjies op sou stop

    om in museums na mens te kyk

    met koue oë agter koue glas –

    Wat staar die silwer letters ook bedrog?

    Jou kat skuur spin-spin teen my been

    en helder in my sing ons liedjie weer:

    Almal dra ’n jas, ’n jas wat netjies pas!

    Ek lê my hand eerbiedig teen die warm vag:

    Jou groot bruin oë knipoog om die hoek

    en ek hoor jou saggies lag

    Bogrympie vir Cárolie

    Jou ma het soet vokale vir jou naam bedink

    maar dit belet my nie

    om verspotte versies vir jou op te sê nie:

    Karielie Karools

    Die kat speel viool

    Die koei spring dwarsoor die maan!

    Karielie, Karoolsie, my Cárolie-kind,

    jy hoort sowaar op hierdie aarde tuis:

         Jy is sagter as die wolk se pels,

         jy het paddastoelhandjies

         en skoenlappervoetjies

         en jou stemmetjie as jy kos vra

         is koppig soos ’n kappertjie se stingel

         wat hom draai net soos hy wil

         en geen hand of spykerhouer toelaat

         om hom te skik en te bedwing nie.

    Jy het ons uit Verreweide terug kom haal

    waar ons vergeet het van sonbesies en katjiepierings

    en dit onder die denne altyd donker bly.

    Binne-in my het die seer geword

    ’n knapsak, ’n doedelsak, ’n molsak,

    ’n slaapsak, ’n woonsak vir Karielie, Karoolsie, Cárolie-kangaroe

    sodat sy weer my oë kan laat sien

    dat ons deur Soeteweide stap

    en ek weer met ’n voordagstem vir haar kan sing:

          Karielie Karools

         Die kat speel viool

         Die koei spring dwarsoor die maan!

    Uit: Twee gedigte vir Elisabeth Eybers

    Jong dogtertjie

    Sex, which breaks us into voice, sets us calling across

    the deeps, calling, calling for the complement …

    D. H. Lawrence

    Jy staan voor my net met jou heuninglyfie,

    die see se soutsmaak teen jou gladde vel,

    sy kleur voorlopig in jou oë bewaar,

    die sonlig in jou haartjies vasgestrik.

    Van die laaste klere-lastigheid

    het jy sonder seremonie ontslae geraak

    en skaamte-onbewus vertoon die vlesige klein skulp

    met sy dubbelvou na binne tot die smal gleufie

    wat voorlopig alle toegang ontsê,

    nou nog haarloos en oesterpienk totdat op dertien jaar

    die see sal grys word in jou helder oë.

    Dan sal jy gretig en angsvallig

    na die verbode pêrel soek

    maar die see en naakte son

    sal jy nooit weer volledig ken nie

    voordat ’n ander vlam jou tot die laaste

    wit pit teen die blaker brand.

    Belydenis

    Hoe sal ek sê dat ek jou liefhet

    sonder beeldspraak of retorika?

    Die woorde tussen mense kom en gaan

    met so min erns in die spel.

    Ek kan dit met my hande sê,

    maar sal die bloute van jou oë nooit raak,

    jou intonasie en die gebaar

    wat aan ’n mens behoort

    soos die uniekheid van ’n glimlag.

    Ek kan dit met my lewe probeer doen;

    die blaar-filtreerde sonskyn wees,

    maar weet vooraf die lig

    in my sal met die duisternis

    weer sy gemeenskap hou.

    Duits en Engels het drie woorde vir die ding

    wat geen wetenskaplike formule kan vervat,

    geen logiese verband ooit kan verklaar.

    In Afrikaans sit ons nog opgeskeep

    ook met die hulpwerkwoord.

    Wat sal my moeite dus uiteindelik baat?

    Ook ek sal my op die vier woorde moet verlaat.

    Slotsom

    Om jou lief te hê, is meer

    as om ’n versreël te skandeer:

    die ritme van jou neus en ken

    sal hom nooit aan ’n metrum wen.

    Jy is dieper, verder as die sin

    wat agter woorde lê

    en jou geslote hande stiller

    as die stiltes tussenin.

    Jy is geen poësie en geen musiek,

    dus moet ek jou vry van ontleding laat.

    Goddank, geen bundel kan ’n aanspraak maak,

    geen resensie of vertolking jou besit.

    Om jou lief te hê, is anderkant waardering en kritiek.

    Meermin

    Ontydige loseerder, wat soek jy hier by my?

    Weg, jy met jou strandhuisslordigheid!

    Jy dra sand oor my drumpel in

    en kyk vir my uit ’n gebarste spieël.

    Jy wil my dwing om die liefde rond te dra

    soos die onnosel meermin van Hans Andersen –

    ewige pyn in haar mensebene

    waar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1