Huisgenoot

ONS KAALFOTO-NAGMERRIE

‘AANDAG HET ’N VERSLAWING GEWORD. AS EK NIE ÊRENS GEHOOR HET HOE SEXY EK IS NIE, KAN EK NIE SLAAP NIE’

ROXY Ek was net 13 jaar oud toe ek “stuur” kliek op die eerste eksplisiete foto. Die ontvanger is Dan, ’n aantreklike en gewilde seun wat vier jaar ouer as ek is.

Die feit dat hy vir my boodskappe begin stuur het, het my goed laat voel, maar die oggend nadat ek die eerste foto van myself in my onderklere gestuur het, voel ek vuil. Maar ek wil nie Dan se aandag verloor nie. Ek sê vir myself hy hou van my. Hy hou so baie van my dat hy meer foto’s wil hê. Meer eksplisiete foto’s. Die versoeke verander in eise, en as ek nie daaraan voldoen nie, skryf hy …

Rox, jy is so koud.

Ondanks die duidelike absurditeit van die woord, is ek vreesbevange om koud genoem te word. Wanneer Dan my koud begin noem omdat ek nie naakfoto’s stuur nie, maak dit my opreg seer. Hy het al baie gevra sedert daardie eerste foto, maar ek het altyd verskonings uitgedink om daaruit te kom en om sy belangstelling te behou: “Ek pas kinders op”, “my suster is bang en slaap in my kamer” – enigiets.

Maar hy glo dit nie. Vanaand sê hy:

Rox, as jy nie foto’s stuur nie, gaan ek vir mense moet sê jy is superkoud.

Hy gaan vir almal sê ek is koud, dan versprei

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related Books & Audiobooks