Huisgenoot

JULIUS, WAAR IS JY DAN?

DIE imposante dubbelverdiepinghuis – ’n spogwoning in een van Suid-Afrika se gesogste buurte – was veronderstel om hul veilige hawe teen die lewe te wees. Dit was die kroon op hul lang verhouding, dit waarna hulle nog altyd gesmag het – maar ook die plek wat hulle teen die seerkry van die lewe sou beskerm.

Tog het die vier mure van dié huis in Sandhurst nou na ’n soort tronk begin voel. Die laaste maande hier is geken aan bittere teleurstellings en nagte se trane, aan kommer en wroeging, aan woede, spanning, verliese en vrae sonder antwoorde – aan verskriklike pyn.

Hier word selde meer gelag, sê Hannon Bothma gebroke.

Van die drome wat die Glam Guru en sy vervreemde man, Julius Swart, hier gedroom het, is net skerfstukke oor – nou is dit die herinnering aan hoe ongenadiglik álles hier, selfs die liefde, eers ontspoor en toe in duie gestort het. “Ek is uitgemergel,” sê Hannon. “Ek is moeg, beangs, stukkend. Ek is op.”

Toe die TV-man in April 2022 aan Huisgenoot vertel het hoe sy huwelik – en sy verhouding van meer as 30 jaar – eers versuur en toe dramaties verbrokkel het, was hy seker hy is op die allerlaagste punt in sy lewe.

Slegter kon dit sowaar nie gaan nie, het Hannon gedink. Volgens hom het Julius se ontrouheid hul liefde laat ontspoor, en sy slegte gewoontes en gedaanteverwisseling het hul huwelik op skeidokumente laat uitloop.

Erger as die verlies, was die onderonsie in dieselfde maand en in dié einste huis wat daartoe gelei het dat Julius op 9 April daardie jaar ’n aanrandingsklag teen die Glam Guru aanhangig gemaak het.

Hy het ná weke se spanning beheer verloor toe Julius ’n sigaret in hul slaapkamer aangesteek en Hannon hom gestamp het toe dié hom die soveelste keer woedend gekonfronteer het. Hy het vir sy lewe gevrees toe Julius ’n deur afgeskop het, het Hannon toe vertel. Hy was onmiddellik spyt toe sy horlosie Julius se voorkop tref – hy het geweet hulle het álbei geknak.

Maar dit wás nie sy allerlaagste nie, weet hy nou. Want in die weke en maande sedertdien was daar hernude konflik en frustrasies – en nou is die spanning tot op mespunt gedryf: Julius is al byna twee maande vermis.

‘DIS ASOF HY SONDER ’N VOETSPOOR VERDWYN HET. DAAR IS NIE ANT-WOORDE NIE, NIE LEIDRADE NIE – NIKS, NET

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Help Familie Met Geldprobleme Só
◗ Sommige mense werk net nie goed met geld nie. Leer hulle hoe om te begroot. Soms verg dit net ’n paar aanpassings, soos besnoeiing van onnodige koste en ’n plan vir rekeningbetalings. ◗ Ondersoek maniere vir die persoon om meer te verdien. As jy se
Huisgenoot3 min read
Pas Daai Tandjies Mooi Op
OM JOU kind tandarts toe te vat kan ’n groot gedoente wees. Soms is dit jou eie vrese wat jou kind gespanne laat voel – volgens die International Journal of Paediatric Dentistry sal die tandartsvrese van een lid van ’n gesin die ander ook beïnvloed.
Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se

Related