Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Skadustemme
Skadustemme
Skadustemme
Ebook97 pages1 hour

Skadustemme

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Bangmaakstories...

...deur François Bloemhof, Jaco Jacobs en vele meer.

Skadustemme, saamgestel deur Lelani Fourie, is Crystal Lake Publishing/Uitgewers se eerste Afrikaanse projek. Ons ‘n Suid-Afrikaanse uitgewer wat hoofsaaklik Engelse boeke wêreldwyd verkoop, en ons het gedink dis tyd om ook aan die internasionale Afrikaanse mark iets in Afrikaans aan te bied. Of jy steeds in SA is of dalk oorsee, daar’s niks lekkerder as ‘n paar bangmaakstories reg uit die hart van Suid-Afrika af nie. 

Inhoud:

  • Voorwoord deur Lelani Fourie 
  • “Bewyse” – François Bloemhof 
  • “Hond” – Douwlina du Plessis 
  • “Woud” – Fred Charly 
  • “Puin. Bloed. Vliegtuie wat in Vlamme Neerstort” – Jaco Jacobs 
  • “Informant van die Ander Kant” – Evert Louw 
  • “Balke toe” – Karen van Vuuren 
  • “Kira” – Martin Steyn 
  • “Die Man met die Cowboyhoed” – Bennie Olivier 
  • “Die Ding op die Dak” – Hanté du Toit

Met jou ondersteuning weet ons dat daar nog vele Afrikaanse boeke onder die Crystal Lake vaandel sal uitkom. Moenie ons Engelse boeke misloop nie. Ons gaan binnekort selfs in Italiaans publiseer. 

Met trots aangebied deur Crystal Lake Uitgewers – Stories uit die donkerste dieptes

LanguageAfrikaans
Release dateApr 21, 2017
ISBN9781386258766
Skadustemme

Related to Skadustemme

Related ebooks

Related articles

Reviews for Skadustemme

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Skadustemme - Francois Bloemhof

    INHOUDSOPGAWE

    VOORWOORD DEUR LELANI FOURIE

    BEWYSE

    François Bloemhof

    HOND

    Douwlina du Plessis

    WOUD

    Fred Charly

    PUIN. BLOED. VLIEGTUIE WAT IN VLAMME NEERSTORT.

    Jaco Jacobs

    INFORMANT VAN DIE ANDER KANT

    Evert Louw

    BALKE TOE

    Karen van Vuuren

    KIRA

    Martin Steyn

    DIE MAN MET DIE COWBOYHOED

    Bennie Olivier

    DIE DING OP DIE DAK

    Hanté du Toit

    BIOGRAFIEË

    MAAK KONTAK MET CRYSTAL LAKE PUBLISHING

    VOORWOORD

    Met tye kan mens net terug staan en breed glimlag oor die mense en geleenthede wat oor jou pad kom of wat sommer soos ’n wafferse hitchhiker blatant duimgooi. Dit sal my altyd laat dink aan die aanhaling: Does the walker choose the path, or the path the walker.—Garth Nix, Sabriel.

    Skadustemme se saadjie is geplant en het wortel geskiet tussen vinnige koffiekuiers na die afloop van die BSV se gebruiklike Donderdagbyeenkomste.

    Joe Mynhardt, bestuurder en eienaar van Crystal Lake het op een van daardie Donderdae met die voorstel gekom. Crystal Lake was en is steeds besig om te groei en fokus oorwegend op Donker Engelse Fiksie. Tussen die twee van ons het ons besluit om die Afrikaanse vaarwaters te probeer en om in te skakel wou ons die eerste bundel met oorwegend rillers en spookstories vul.

    Baie van die skrywers in die bundel het ek die laaste paar jaar as gevolg van my verbintenis met die BSV ontmoet. Elkeen, wonderlike skrywers en storievertellers in eie reg. Graag wil ek net dankie sê aan hierdie skrywers wat die projek saam met ons aangepak het. Julle is great!

    Aan die lesers wat die bundel koop en lees wil ek ook net dankie sê en ek hoop julle geniet die stories wat ons in die pot saamgeroer het. Sonder lesers is dit net nog woorde op papier.

    Lelani Fourie

    BEWYSE

    François Bloemhof

    Nog ’n alleen aand, dink Amanda Rossouw terwyl sy op die groot dubbelbed deur ’n tydskrif lê en blaai. Dit is die soveelste keer dat sy na dieselfde foto’s kyk, maar dis twintig oor elf en veels te laat om vulstasie toe te ry en nuwe leesstof te koop.

    Dis nie hoekom jy binne wil bly nie, dink sy. Moenie jouself probeer bluf nie. Dit was altyd om en by dié tyd, het hulle afgelei, dat hy die vroue doodgemaak het . . .

    Amanda skiet die tydskrif opsy. Toe die bladsye ophou fladder, kom hang die stilte weer oor die huis. Gaan sit en TV kyk? Nee. Sy skakel die radio op die bedkassie aan, maar in plaas van musiek klink ’n aanbieder se opgeruimde geklets op en dit laat haar net nog allener voel. Sy skakel dit af.

    Altyd ongeveer dié tyd, op ’n naweeksaand . . . en hier is dit weer Saterdagaand en die res van die wêreld is besig om pret te hê.

    Jy het geen rede om bang te wees nie, troos sy haarself; dis al drie maande sedert die laaste moord. Sedert die laaste lyk gevind is. Al die vroue was wit en tussen dertig en veertig, met vaalblonde hare en ’n sekere volheid van lyf.

    Net soos sy.

    Haar selfoon maak ’n bliepgeluid. Wie sal so laat SMS? Maar sy onthou dis nog nie noodwendig vir ander mense laat nie, nie op ’n Saterdag nie.

    Sy ken nie die nommer nie.

    Sy lees die SMS. En word koud.

    Is jy alleen?

    Geen naam daarby nie.

    Amanda raak aan die bewe. Bedaar! sê sy vir haarself. Dis seker grapmakers. Maar hoe het hulle haar nommer gekry? Dis niemand wat sy ken nie, want dan sou die persoon se naam gewys het. Is die boodskap spottend bedoel? Of so dreigend soos sy dit ervaar?

    Toe dink sy aan ’n veel erger vraag, wat haar wil laat glo dit kan nie grapmakers wees nie: Hoe het die persoon geweet sy is alleen? Sy kry beslis die indruk dat die een weet.

    Sy oorweeg om Wie is dit? terug te SMS. Maar dis beter om dit te los.

    Nou voel die huis nog groter. Leër ook.

    As Frikkie tog hier was.

    Sy dwing haarself om egalig asem te haal. Rustig nou. Jy’s skoon verspot.

    Sy vee die SMS uit. Druk die selfoon in haar kamerjas se sak. Dit was tog maar grapmakers, besluit sy. Hulle pons sommer nommers in en stuur daai simpel vraag die wêreld vol om mense te ontstel. Hulle sit iewers en lag. Kinders.

    Sy kyk na die oop kamerdeur, waaragter die gang donker is. Die hele res van die huis is donker. Sy kan hoeka nie goed hoor nie, daar kon al iemand by die voordeur ingekom het, iemand wat haar omstandighede ken, en al haar bewegings.

    Stop dit. Daar’s niks om voor bang te wees nie.

    Net as Frikkie tuis was, het sy in hierdie kasarm veilig gevoel. Frikkie. Ai tog, Frikkie.

    Die verkleiningsvorm van sy naam was sy vriende se idee van ’n grap en sy het hom ook so genoem. Bonkige, sterk Frikkie Rossouw. Frikkie Rossouw met die groot hande wat haar so saggies kon vashou.

    Dooie Frikkie Rossouw. Sy kon dit nie glo toe twee mans daardie dag hier aankom en sê hulle het slegte nuus nie. Hy is omgery, het hulle gesê, toe hy ’n straat oorgesteek het. Dit was ’n saak van onmoontlikheid dat hy dood kon wees—hy sou eendag doodgaan, soos almal moet, maar sekerlik eers jare na haar. Sy het nooit oorweeg dat sy die een kon wees wat agterbly nie.

    Nou lê sy alleen op hierdie dubbelbed wat Frikkie so kon oorneem. Amanda onthou hoe sy haar soms vererg het as sy in die middel van die nag wakker skrik en daar is niks plek vir haar nie.

    As jy tog net terug kon wees, Frikkie. Kom lê die bed vol, dis joune.

    Sy staar na die wit muur. Hulle twee se troufoto behoort hier te hang, nie in die sitkamer nie.

    Toe staan sy maar op en loop sitkamer toe—skakel ligte aan so ver as wat sy gaan—en gaan sit só dat sy na die foto kan kyk. Dis die enigste keer dat sy Frikkie in ’n pak klere gesien het. Hy het net daardie dag een gedra, vir haar. Dit span styf oor sy breë skouers. Donker hare, blou oë, amper te sagte oë vir so ’n hardelyf-man.

    Op die ou end was hy nie hard genoeg nie.

    Toe die skril geluid hier reg langs haar kom, skree sy. Sy vang haarself in die spieël en skree amper weer van skrik vir hoe beangs sy lyk.

    Sy wil ook lag. Om jou so op te werk!

    Die selfoon

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1