Eendag, nie so lank gelede nie, het Jacobus Petrus Adriaanse, of sommer net Cobus, Beer geword. ’n Skoolbynaam waarteen hy eers geskop het, was soos ’n nuwe baadjie wat hy kon aantrek. Dít besef hy in retrospek.
Cobus? Dit roep beelde van ’n aktuaris op, ’n ou wat met “nommers” werk. “Nommers” was nooit Beer se ding nie. Beer? Daar’s krag in die naam. Ook ’n speelsheid. “Die antieke mense, Eerste Nasies van Amerika, het bere gelykgestel met mense,” sê hy.
Nou ja, hy erken hy is dalk meer soos die vriendelike beer Baloo in Jungle Book as ’n grommende grys- of kille ysbeer. Lief vir lag, goedgeaard en goedhartig, volgens sy vriende. Nes Baloo, swem en eet hy graag. Hy is harig ook, waarskynlik die rede vir sy bynaam. As die rockgroep Zinkplaat se tromslaner, was sy hare op soek na ’n identiteit:’n (W)afro, die “w”’n kopknik na sy Kaukasiese afkoms. En later rastalokke. Dit was ook al ’n stemmige jy-kan-my-kopvel-sien: Destyds het hy op Facebook aangekondig psoriase, ’n outoïmmuunsiekte, het sy kopvel aangetas. “Mens moet die toestand normaliseer,” verduidelik hy waarom hy dit aan die groot klok gehang het.
, dink jy toe hy die trappies by die Blue Peter-hotel in Blouberg se buitelug-restaurant afstap. Op sy gemak, met ’n stoppelbaard en sy dik, met-silwer-besaaide hare loslit om sy kop. Op sy