Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Met my honde: 'n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne
Met my honde: 'n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne
Met my honde: 'n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne
Ebook179 pages2 hours

Met my honde: 'n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word? In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel. Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 14, 2023
ISBN9780624093954
Met my honde: 'n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne
Author

Hilda Van Dyk

Hilda van Dyk started out as a crime reporter at Beeld. She covered numerous big murder cases and court cases over the years. She worked as Huisgenoot's news editor in Gauteng for five years. She stays with her husband and two children in Cullinan, Gauteng. 

Related to Met my honde

Related ebooks

Related articles

Reviews for Met my honde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Met my honde - Hilda Van Dyk

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    TAFELBERG

    Aan Mario, wat my inspireer om nooit tou op te gooi nie. Hy veg die afgelope drie jaar sy eie oorlog.

    Mag daar meer goeie dae as slegtes wees.

    Inleiding

    Die Oekraïne is al jare lank ’n obsessie by pres. Wladimir Poetin van Rusland. Poetin glo die Russe en die Oekraïners is een volk, soos wat hy in Julie 2021 in ’n essay geskryf het. Dié essay is op sy webwerf gepubliseer.

    Poetin wil ’n Russiese invloedsfeer handhaaf oor sy bure, wat Oekraïne en Belarus insluit. Daarby is Oekraïne vir Poetin ’n bufferstaat tussen Rusland en enige militêre bedreiging deur Navo, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.

    Navo is in 1949 deur die VSA, Kanada en verskeie Europese lande gestig om vrede in Europa te bewaar en lidlande teen die bedreiging deur die Sowjetunie te beskerm. Die verdrag bepaal dat indien een lidland deur ’n derde party binnegeval of aangeval word, alle Navo-lande sal mobiliseer om daardie land te verdedig.

    Oekraïne was vroeër deel van die magtige Sowjetunie, wat in 1991 ontbind het. Ná die val het Rusland en sy buurstaat, nou ’n onafhanklike Oekraïne, eintlik noue bande behou voordat daar in 2014 ’n vyandelikheid ontstaan het.

    Die probleme het gekom met die Oekraïense verkiesing in 2014. Die pro-Russiese president het op 21 Februarie 2014 saam met die land se parlementêre opposisie ’n ooreenkoms geteken vir ’n vroeë verkiesing. Die land het toe al vir weke gebukkend gegaan onder protesoptogte. Dié betogings en burgerlike onrus, wat sedert November 2013 geheers het, is aangevuur deur die Oekraïense regering se besluit om die ondertekening van ’n politieke verdrag met die Europese Unie op te skort en pleks daarvan nouer bande met Rusland te smee.

    Die Oekraïense parlement het egter hul president in ’n staat van beskuldiging geplaas en van sy mag as president gestroop.

    Leiers van die Russiessprekende oostelike streke van Oekraïne het hulle by die voormalige president geskaar. Dit het gelei tot die begin van die Pro-Russiese onrus in die land. Russiese magte het Oekraïne binnegeval en in Maart 2014 die Krim-skiereiland aan die noordelike kus van die Swartsee onwettig geannekseer.

    Russies gesteunde separatiste het later daardie jaar beheer oorgeneem van die twee nywerheidstreke Donetsk en Loehansk op die grens tussen Oekraïne en Rusland. Die twee streke het ’n volksrepubliek van Rusland geword.

    President Wolodimir Zelenski van Oekraïne het op 14 September 2020 dit duidelik gemaak dat die land hoop op ’n Navo-lidmaatskap.

    Rusland het teruggekap met ’n paar eise: Oekraïne mag nooit ’n Navo-lid word nie, die land moet sy Navo-steun opskort en die Navo-troepemag in Oos-Europa moet verminder word. Volgens Poetin sal dit Rusland se nasionale sekuriteit bedreig as Oekraïne by Navo aansluit.

    Maar toe Navo aan die begin van 2022 wéér steun bied aan Oekraïne met onder meer wapens en militêre opleiding, was dit olie op die vuur.

    Maande lank het die wêreld toegekyk hoe ’n enorme Russiese troepemag op die grens tussen Rusland en Oekraïne saamtrek. Militêre voertuie soos tenks en ander swaar wapentuig is ook na die grens gestuur.

    Sedert die eerste bomaanval in Februarie 2022 op ’n lughawe buite Kijif, die hoofstad van Oekraïne, het die Russiese leier dit nog nie één keer ’n oorlog genoem nie – hoewel dit ’n grootskaalse inval vanuit die noorde, suide en ooste op Oekraïne was. Dit is die grootste militêre konflik in Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog.

    Volgens Poetin wou hy Oekraïne met sy spesiale militêre operasie demilitariseer en denazifiseer.

    Sy verklaarde doel was eenvoudig: hy wil mense beskerm wat agt jaar lank al onderwerp is aan wat hy afknouery en volksmoord deur die Oekraïense regering noem.

    Voorwoord

    Ek het Kobus in 2019 in Oekraïne ontmoet ná my aanstelling as die Suid-Afrikaanse regering se ambassadeur in die land. As beroepsdiplomaat sou ek ook dien as nie-residensiële ambassadeur vir Armenië, Georgië en Moldowa. Al vier lande het gebuk gegaan onder bevrore konflikte, wat nie lank daarna nie vir Oekraïne ’n baie warm oorlog sou raak.

    Die meeste Suid-Afrikaners wat toe in dié land was, het persoonlike konneksies deur familiebande gehad, soos dat hulle met Oekraïners getroud is. Kobus was ’n uitsondering op die reël aangesien hy verlief geraak het op Oekraïne, die land self. Met ons eerste kennismaking was dit reeds duidelik dat ons baie in gemeen gehad het, soos dat ons albei op Stellenbosch studeer het en lief was vir sport, veral rugby en krieket, en hy natuurlik vir sy hondekinders. Ons het ook baie gemeenskaplike vriende gehad. Kobus het ’n paar keer vir ’n vinnige koffie by die ambassade kom inloer, wat meestal ontaard het in ’n ernstige analise van die huidige stand van sake in krieket. Dit was 2019, so daar was baie om te bespreek met die Wêreldbekers in krieket sowel as rugby wat in dieselfde jaar plaasgevind het. Gedurende die Wêreldbeker-rugbytoernooi het ek nog Suid-Afrikaners leer ken by die Ierse watergat waar my landgenote gaan rugby kyk het. Die meeste van hulle sou ek heel waarskynlik nooit ontmoet het nie, aangesien almal onafhanklike lewens gebou het in hul nuwe land en die ambassade net sou kontak indien daar ’n konsulêre of ander amptelike behoefte opduik.

    Kobus word dikwels die krieketnomade genoem en dis dié swerwersbestaan wat hom nie net die beste insigte in krieket en sport gegee het nie, maar ook in die lewe. Hy het ’n verfrissend onskuldige uitkyk op die lewe en dít is een van die groot redes hoekom skoliere en kinders in die algemeen altyd sy geselskap opsoek. Maar dit blyk ook duidelik uit sy boek ’n mens moet nie sy vermoë om ernstige situasies op te som en dienooreenkomstig te handel onderskat nie. Sy beplanning en tydsberekening, inaggenome sy omstandighede, verantwoordelikhede en beperkte infrastruktuur, het alles daartoe bygedra dat hy Oekraïne op sy eie terme kon verlaat. Dít is die ernstige sy van Kobus wat in die boek deurkom, ten spyte van die gemaklike manier waarop hy hierdie ongelooflik moeilike tyd aan die leser beskryf.

    Hy het al ’n paar nuwe besigheidsidees in sy lewe beproef, maar dit was sy liefde vir krieket wat telkens tot ’n deurbraak gelei het. Terwyl hy krieket gebruik het om kinders Engels te leer, het die krieket met ’n selfversekerheid vorentoe gebeur om op ’n eie bestaansreg aan te dring. Dit het gelei tot die stigting van die Oekraïense Krieketfederasie, waarvan Kobus die president was. Vir my as ambassadeur was dit ’n wonderlike nuwe geleentheid om aan Suid-Afrika meer blootstelling te gee deur sport. Ons het reeds deur middel van rugby baie deurbrake gemaak in ons verhoudinge met Georgië, wat in 2023 in die Curriebekerreeks sal speel. Kobus se visie vir krieket in Oekraïne het moontlike toekomstige deelname aan die T20-reeks en die Olimpiese Spele ingesluit. Dié drome was binne sy bereik, aangesien sy planne skooldeelname – ’n voedingsbron vir die groei van die sport – ingesluit het. Om die lewe verder te verbeter het Kobus ook ’n pos as skoolhoof by ’n privaat skool gekry, waar hy baie gelukkig was en hy sy belangstellings en talente kon uitleef. Oekraïne het sy huis geword.

    Al hierdie drome is op 24 Februarie 2022 vernietig toe Rusland die land binnegeval het. Hoewel ek en Kobus gereeld gepraat het, het my verantwoordelikhede gefokus op die welstand van Suid-Afrikaners in Oekraïne. Die meeste Suid-Afrikaners met familiebande hier kon met die hulp van hul eie kontakte die land verlaat, maar daar was tog mense wat bystand nodig gehad het met konsulêre probleme soos paspoorte of visums wat verval het of toegang tot openbare vervoer.

    Toe die oorlog op 24 Februarie 2022 uitbreek, het ek die studente in Charkif belowe dat ek nie die land sou verlaat voordat hulle landuit of veilig was nie. Gevolglik was ek saam met my vrou, drie kinders en twee honde tot 1 Maart in Kijif terwyl die bomme oral om en in die stad ontplof en die skote selfs in ons woonbuurt geklap het. Voor ek uit Kijif vertrek het, het ek en Kobus nog gepraat oor sy planne en hy het verduidelik dat hy nie sonder sy honde sou ontruim nie. Ons het ook verskillende opsies bespreek wat hom sou help om te oorleef terwyl hy sy planne beraam. Ek onthou spesifiek Kobus het reeds voor die oorlog vir my gevra dat ingeval hy iets oorkom, ek tog net moes sorg dat sy honde by goeie mense geplaas word en as ’n eenheid of gesinnetjie bymekaar bly. My vrou, Chrisna, het sy versoek ter harte geneem en belowe om seker te maak sy wens word uitgevoer.

    Die dag toe hy laat weet hy is op pad uit Kijif, was vir ons ’n groot verligting. Net twee Suid-Afrikaners was toe nog in Kijif en albei het weens private redes geweier om die stad te verlaat (maar het die land wel later ongedeerd verlaat).Kobus het intussen sy pad deur Oekraïne gemaak. Toe sy bestuurder met sy Oekraïense identifikasiedokument wegry, het ons ook gepraat en ek het onderneem om vir hom ’n amptelike brief te skryf om sy situasie te verduidelik indien hy dit nie terugkry nie. Op die ou end was dit nie nodig nie.

    Kobus se laaste grensprobleem was op pad Kroasië toe. Wat sake begin moeilik maak het, was dat lande in daardie stadium eenvoudig oorweldig is deur oorlogmigrante en gesukkel het om die grootskaalse vraag na hulp te hanteer. Hoe verder wes die lande, hoe ingewikkelder het die proses geraak. Suid-Afrikaners en ander mense wat nie Oekraïens of ’n Europese burger was nie, was onderhewig aan die derdeland-beginsel en is summier aangesê om na hul eie land terug te keer. Vir Kobus was hierdie opsie buite die kwessie, want hy wou nie van sy honde geskei word nie. Maar hy is gewoond aan uitdagings en, net soos ek hom ken, het hy inderdaad ook dié struikelblok oorkom. Die Hongaarse en Kroatiese ambassadeurs in Oekraïne het uit hul pad gegaan om te help dat Kobus Kroasië kon binnegaan.

    Kobus vertel ’n storie van liefde, menslikheid en oorlewing. Sy vasberadenheid om dit waarvoor hy lief is te beskerm, is net nog ’n onbeskryflike voorbeeld van so baie verhale wat ’n mens se hart raak en hoop gee gedurende moeilike tye.

    André Groenewald

    HOOFSTUK 1

    Oekraïne, die land wat my hart gesteel het

    Daar was ’n tyd in my lewe dat ek nie eens geweet het van die bestaan van Oekraïne nie. Wat nog te sê van Kijif.

    Dit was ’n land en ’n stad waarvan ek nog nooit gehoor het nie; ek het die naam nie eens iewers raakgelees nie.

    Maar vandat ek die eerste keer in Kijif geland het, was ek verlief.

    Op die stadshorison met sy goue koepels. Op sy lanings met hul groen bome. Op sy rye en rye koffiewinkels. Op sy mense.

    In my hart weet ek Kijif was bedoel om oor my pad te kom. Dit is die stad wat my huis geword het. Die plek wat so mooi pas by wie ek is.

    Dit is ook die stad wat vir my ’n gesin gegee het. Al is daardie gesin nie die normale familie soos die meeste mense dit ken nie. Maar die gesin wat altyd opgewonde is om my te sien, al was hulle heeldag alleen by die huis. My familielede vir wie ek die belangrikste in hul lewe is. Diegene wie se oggendsoene en aand-slaap-teen-die-lyf-met-hul-asempies-in-my-nek die lekkerste lekker is. Die gesin saam met wie ek deur ’n oorlog kan gaan. Dit was vir my van die begin af klinkklaar.

    Al weet ek nou ek was bedoel om in Kijif te wees, het ek heel per ongeluk daar beland.

    In 2013 was ek nog gelukkig in Kaapstad. Krieket was my lewe en ek was bevoorreg genoeg dat krieket my loopbaan geword het. Vir meer as 20 jaar het ek klubkrieket in die Westelike Provinsie en die Boland gespeel. In dié tyd het ek ook sowat 11 Suid-Afrikaanse winters in lande soos Engeland, Skotland en Holland vir klubs gaan speel en só my brood verdien.

    Ek was bekend in Kaapse krieketkringe. My huismaats was onder andere die oud-Protea-snelbouler Brett Schultz en John Dobson, wat nou die Stormers se afrigter is. Mense soos die oud-Proteas Daryll Cullinan, Gary Kirsten, Jonty Rhodes, Brian McMillan en Adrian Kuiper en die legendariese Springbokrugbyspeler James Small was my vriende.

    Ek was vir 14 jaar die direkteur van krieket by die Universiteit van Kaapstad voordat ek die hoof van die fakulteit van tegnologie en tale by die Wynberg Boys’ High School in Kaapstad geword het. ’n Jaar later is ek aangestel as die hoof van sport en liggaamlike opvoedkunde (LO) by die Herzlia Highlands Primary School en die Herzlia High School in Kaapstad.

    Toe kom ’n droomwerk oor my pad:

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1