Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Verwronge Wraak
Verwronge Wraak
Verwronge Wraak
Ebook335 pages8 hours

Verwronge Wraak

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die strate van Kaapstad word geterroriseer deur 'n reeksmoordenaar wat jong vrouens vermoor en hul liggame nakend laat. Elkeen het 'n koeëlwond in die kop. Die Polisie besluit om daadwerklike ondersoek te doen en nader kaptein Wouter Malan, 'n ervare reeksmoord speurder van Boland.
Na Wouter sy vrou uitvang op video na sy drie dae agtermekaar vir hom gelieg het en met sy vriend geslaap het, skei hy van haar en aanvaar 'n verplasing na Kaapstad. Hy wil nou niks met vrouens te doen hê nie.
Hy word as 'n span ingedeel met adjudant-offisier Ivanka Pool, 'n beeldskone vrou wat op haar beurt niks met mans te doen wil hê nie, want sy het 'n liefdesteleurstelling gehad.
Van die eerste dag af behandel Wouter haar as sy gelyke. Sy moet self besluite neem en sy moet selfs hul motor bestuur. Wouter kom vir haar op by sy seniors en dring aan daarop dat hy vir haar as sy assistent wil hê. Onder sy leiding maak sy ook 'n paar deurbrake in die ondersoek.
Wanneer hulle op pad is na 'n slagoffer se huis, hoor Ivanka sy gesprek met sy eks vrou en besef hy het net so seer gekry as sy. Sy is nie al een wat die seer ken nie. In hul ondersoek na die moordenaar leer hulle mekaar respekteer en word vriende.
Daar is 'n lang pad om die moordenaar op te spoor. Hy is slu en hulle kan nie vooruit verwag wat hy gaan doen nie. Wanneer hy 'n kollega vermoor is dit oorlog. Dan doen die moordenaar wat Wouter nie kon voorsien nie.....

Hierdie weergawe is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateMay 22, 2016
ISBN9780620712811
Verwronge Wraak
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Verwronge Wraak

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Verwronge Wraak

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Verwronge Wraak - Johan Crous

    Verwronge Wraak

    Deur Johan Crous

    ISBN 978-0-620-71281-1 (epub)

    ISBN 978-0-620-71282-8 (mobi)

    ISBN 978-0-620-71283-5 (pdf)

    Hersiene weergawe

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Opgedra aan & Erkennings

    Waaroor die boek gaan

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Hoofstuk 15

    Hoofstuk 16

    Hoofstuk 17

    Hoofstuk 18

    Hoofstuk 19

    Hoofstuk 20

    Hoofstuk 21

    Hoofstuk 22

    Nabetragting

    Biografie

    Copyright © 2016 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-0-620-71281-1 (epub)

    ISBN 978-0-620-71282-8 (mobi)

    ISBN 978-0-620-71283-5 (pdf)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2016

    Opgedra Aan:

    Hierdie boek word opgedra aan Melizandé Celine. Sy ondersteun my en glo in my vermoë. Melizandé het reeds geglo toe ek nog sterk getwyfel het. Melizandé jy sal nooit weet hoeveel dit vir my beteken nie.

    Erkennings:

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Omslag is gedoen met Paintshop Pro X8 en Photoshop CS6

    Die boek is geskryf op Mobisystems se Office Premium Suite.

    Waaroor die boek gaan:

    Die strate van Kaapstad word geterroriseer deur ʼn reeksmoordenaar wat jong vrouens vermoor en hul liggame nakend laat. Elkeen het ʼn koeëlwond in die kop. Die Polisie besluit om daadwerklike ondersoek te doen en nader kaptein Wouter Malan, ʼn ervare reeksmoord speurder van Boland.

    Na Wouter sy vrou uitvang op video na sy drie dae agtermekaar vir hom gelieg het en met sy vriend geslaap het, skei hy van haar en aanvaar ʼn verplasing na Kaapstad. Hy wil nou niks met vrouens te doen hê nie.

    Hy word as ʼn span ingedeel met adjudant-offisier Ivanka Pool, ʼn beeldskone vrou wat op haar beurt niks met mans te doen wil hê nie, want sy het ʼn liefdesteleurstelling gehad.

    Van die eerste dag af behandel Wouter haar as sy gelyke. Sy moet self besluite neem en sy moet selfs hul motor bestuur. Wouter kom vir haar op by sy seniors en dring aan daarop dat hy vir haar as sy assistent wil hê. Onder sy leiding maak sy ook ʼn paar deurbrake in die ondersoek.

    Wanneer hulle op pad is na ʼn slagoffer se huis, hoor Ivanka sy gesprek met sy eks vrou en besef hy het net so seer gekry as sy. Sy is nie al een wat die seer ken nie. In hul ondersoek na die moordenaar leer hulle mekaar respekteer en word vriende.

    Daar is 'n lang pad om die moordenaar op te spoor. Hy is slu en hulle kan nie vooruit verwag wat hy gaan doen nie. Wanneer hy 'n kollega vermoor is dit oorlog. Dan doen die moordenaar wat Wouter nie kon voorsien nie.....

    Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

    Hoofstuk 1.

    Dit is vroeg in die oggend, en soos gewoonlik gaan Erna Little en Martin, haar man, vir hul oggend se draf. Hulle begin hul dag, deur om half ses te gaan draf. Hulle sluit die elektronies beheerde hekke van hul woning in Michael Straat drie-en-dertig, Tamboerskloof, in Kaapstad. Erna gee die pas aan. Martin is sterker en vinniger as sy en gevolglik maak sy die besluit en Martin val by haar in. Hy hou daarvan as sy skuins voor hom hardloop want hy hou haar agterstewe dop. Sy vrou van net meer as sewe jaar bly hom bekoor.

    Hulle hardloop tot by Kloofnekweg en draai regs, in Tafelberg se rigting. Die opdraande pad laat beide binne oomblikke sweet. Hulle hou egter die pas vol en kort voor lank draai hulle links in Tafelbergweg. Hulle kan weer asem haal want die pad is minder steil. Hulle volg die kronkels en dan volg hulle die pad na die kabelkarretjie se gebou. Hulle draf verby die indrukwekkende gebou, wat nou weens die vroeë uur verlate is.

    Hulle volg die kronkels. Erna weet die omdraaipunt is nie meer vêr nie. Dan draai hulle om en is die pad afdraande en kan hulle ontspan.

    Erna, ek wil gou water afslaan. Kan ons by die uitkykpunt gou so maak?

    Natuurlik Martin.

    Die uitkykpunt is 'n gruis gedeelte, links van die pad in die rigting wat hulle draf. Dit is veral gewild onder vryers in die aand. Hulle kom by die gruis gedeelte tot stilstand en Erna buk vooroor om asem te haal. Martin stap na 'n boom, haal sy meneer uit en begin homself verlig. Wat 'n verligting. Hy sien iets en frons. Toe hy klaar is stap hy effens links en sien haar lê. Dit is 'n naakte vrou. Hy tree terug.

    Erna, hier lê 'n dooie vrou. Ons moet die polisie skakel.

    Waar? Ek wil sien.

    Moenie nader gaan nie.

    Hy wys met sy vinger en sy sien die lyk.

    Hulle draf terug om te gaan skakel. Hulle draf vinniger as normaalweg. Nie een sê 'n woord nie. Toe hulle die kabelspoorstasie se parkeerarea nader is hulle lekker moeg en hul asems jaag. Hulle sien daar staan 'n polisie patrollievoertuig geparkeer met die woorde "Table Mountain" op die kant. Die twee polisiemanne staan en praat met 'n man in groen uniform, dit lyk soos 'n Parkeraad beampte.

    Erna en Martin draf tot voor die naaste een. Hy is 'n adjudant-offisier. Op sy naamplaatjie is die naam Brandt. Hy hou op praat en kyk na die twee hardlopers wat ooglopend met hom wil praat.

    Môre, Adjudant, ons het gaan draf en by 'n parkeerplek gerus en 'n lyk van 'n naakte vrou gesien.

    Sal u vir ons wys asseblief? Gert jy moet ons eers verskoon. Pieter, sit agter-in asseblief.

    Reg Adjudant.

    Hy maak die agterste deur oop vir sy kollega en die konstabel klim agter-in. Hy hou self die deur vas en wil nie hê die deur moet toegemaak word nie. Erna en Martin klim voor by die adjudant in. Hy roep op die radio na hy weggetrek het.

    Charlie Golf kom in vir Romeo Charlie sewe.

    Stuur vir Charlie Golf.

    Kry solank jou nommers gereed. Ek gaan na 'n toneel van 'n beweerde liggaam. Ons weet nie meer nie. Ek sal van die lug af wees, maar ek vertel jou nou sodra ek meer weet.

    Reg so Adjudant.

    Hy kyk na die egpaar.

    Wat het julle gesien?

    Martin praat.

    Ek het water afgeslaan, en sy het vir my gewag. Ek het teen 'n boom gestaan en iets het my oog gevang en ek het na links beweeg om beter te sien. Daar lê 'n naakte vrou. Ons het net op die gruis gebly en nie nader gegaan nie.

    Ek gaan nou in die pad stilhou. Ons mag dalk getuienis beskadig as ons daar ry. Daar mag dalk spore wees. Ons sal u besonderhede neem om van u 'n verklaring te neem. U het niks om voor te vrees nie, want u het mos net die liggaam ontdek en gerapporteer.

    Ons het dit verwag.

    Die adjudant parkeer op die teeroppervlakte langs die gruis parkeerplek, waar hulle beduie het. Hulle bly op die teer.

    Pieter, neem solank haar verklaring, sodat ons hulle tyd nie onnodig mors nie. Hulle moet nog gaan werk.

    Dankie Adjudant, u is bedagsaam.

    Ek is adjudant-offisier Johan Brandt, hy is konstabel Pieter Du Plooy.

    Ek is Martin en sy is Erna Little. Ons draf bedags hierlangs.

    Waar het u gestaan?

    Hy wys na die boom aan sy regterkant.

    Ek het daar gestaan en my straal teen die boom geslaan. Ek het die liggaam daar links gesien. Sy lê so tien meter laer, ek kan nie veel sien nie. Ek het vir Erna gewys en na julle gekom.

    Hulle stap na regs en loop soos hy beduie het. Die adjudant sien die nat merk waar hy gestaan het en hy sien die liggaam. Hy sien ook dat daar 'n wond aan haar kop is.

    Dit lyk na 'n moord Meneer. Kom ons gaan terug sodat ons nie die toneel verder versteur nie. Ek sal sommer u verklaring neem sodat ek nie u tyd mors nie. Die speurders gaan 'n rukkie neem om hier te kom.

    Martin stap saam na die voertuig. Hy en Erna luister hoe hy die speurders ontbied.

    Charlie Golf, kom in vir Romeo Charlie sewe.

    Stuur Adjudant.

    Dit is positief. Dit is 'n moord. Luister nou mooi. Ek soek geen nuuskierige agies hier nie. Enige een my senior kan kom kyk as hulle eers my sakboek teken dat hulle by my oorneem. Kontak kaptein De Beer, die senior diens offisier, SB, kolonel Bouwers en die Groepshoof. Laat die fotograwe en forensiese mense ook kom. Stuur vir my nog 'n voertuig om skares hier weg te hou. Bring nog kordoneringsband asseblief.

    Na beide Erna en Martin se verklarings geneem is, vertrek hulle weer en draf vinnig. Hulle moet wikkel om nie laat te wees nie. Hulle sal maar hul ontbyt moet verbeur.

    Adjudant Brandt en die konstabel span 'n stuk geel band oor die pad so twintig meter weg van die toneel, aan die kabelspoor se kant en wag dan geduldig. Johan is ervare genoeg om nie nuuskierig te wees nie.

    Pieter hou die lyn dop. Niemand gaan hier verby nie. Ek vat die verantwoordelikheid.

    Goed Adjudant.

    Johan begin rond kyk of hy iets sien. Op die oog af lyk alles normaal. Hy maak notas in sy sakboekie oor wat hy waarneem. Hy het reeds die twee getuies se name en adres opgeskryf en dat die man teen die boom geürineer het. Hy stap verder rond, maar hou op die teer oppervlakte. Hy sien 'n gebreekte tak teen die berg se kant en sien 'n spoor van 'n breë band. Dit lyk na 'n viertrek. Hy fluit vir Pieter en wys 'n driehoek. Pieter verstaan en bring 'n geel polisie kegel. Hy plaas dit voor die merk, maar steeds op die teeroppervlakte. Johan weet dit kan dalk 'n ou merk wees, maar hy sal nie kanse vat nie. Kaptein De Beer het al voorheen sake opgelos waar hy eerste op die toneel was en iets waargeneem het.

    Johan is lus vir rook, maar hy weet hy mag nie. So hy hurk en wag geduldig. Iets blink in die son en hy stap nader. Hy sien dit is 'n punt twee-twee doppie. Hy vra vir nog 'n kegel en plaas dit bo-oor die doppie.

    Johan wag nog geduldig. Hy hoor die sirene voor hy enige iets sien. Hy sien 'n wit Toyota voertuig aangejaag kom. Daar is 'n magnetiese blou lig bo-op die dak vasgeplak. Johan stap nader. Hy sien die motor kom tot stilstand en direk agter hom kom 'n patrolliewa. Kaptein Wynand De Beer klim uit en saam met hom is adjudant Ivanka Pool. Beide het hul speurder identiteitsbaadjies bo-oor hul klere aan. Johan hou die vrou dop. Sy is beeldskoon. Hy bewonder haar stappie. Haar heupe swaai volmaak. Sy is so 'n mooi vrou, maar net jammer sy is soos sy is. Sy wil niks van mans weet nie. Sy het 'n liefdesteleurstelling gehad en vertrou geen man nie. Sy maak geen geheim daarvan nie.

    Môre Johan, wat het jy vir my?

    Môre Kaptein, môre Ivanka. Twee drawwers het gedraf en die man het daar teen die regterkantse boom gefluit. Hy het 'n naakte lyk langs die kant waargeneem. Die vrou saam met hom, sy vrou, het ook tot by die kant geloop en gekyk. Hulle het ons kom roep. Ek het daar regs om geloop dat hy my kon wys en ons het weer daarlangs terug geloop. Ons het reeds hul verklarings vir jou geneem kaptein, want hulle moet nog gaan werk. Ek kon sien die vrou het 'n wond teen die kop. Ek het niks verder gesien nie. Ek het 'n doppie waargeneem en die een kegel oor dit gedruk, en daar waar jy die ander kegel sien is 'n gebreekte tak en dit lyk soos 'n viertrek bakkie se band. Dit is al wat ek vir jou het Kaptein. Ek wou nie die gruis gedeelte versteur nie. So as jy by my oorvat kan ek jou help om die ander weg te hou.

    Dankie Johan, jy en jou maat het goeie werk gedoen. Wys gou die doppie asseblief.

    Johan wys die doppie deur die kegel op te lig.

    Dit is 'n punt twee-twee. So dit is dan ons derde moord. Lyk my ons mag dalk met 'n reeksmoordenaar sit.

    Johan, ek en Ivanka gaan nou nader stap. As enige iemand kom, al is dit die generaal self, laat hulle wag. Ek sal hulle kom haal.

    Reg so Kaptein.

    Kom Ivanka.

    Wynand en Ivanka stap soos Johan beduie het. Hy kyk stip na die gruis en sien daar is ook spore. Hy gaan staan op die rand en sien die lyk. Hy kan niks meer hiervandaan sien nie. Hy stap weer terug tot by die boom waar die hardloper gestaan het en nader die lyk daarvandaan. Sy is naak en het geen sigbare merke buiten die skietwond nie. Hy kyk na haar privaatdele. Hy sien geen sigbare tekens van nattigheid nie, so hy kan nie sê of sy seks gehad of verkrag is nie. Soos die ander twee vrouens wat ook met dieselfde kaliber doodgeskiet is, is hierdie een ook mooi. Hy wonder of hulle net so gaan sukkel met haar identiteit.

    Wat dink jy Ivanka?

    Sy is net so mooi soos die ander twee en geen items waarmee ons haar kan identifiseer nie. So ons sit met nog 'n groter probleem. Hierdie kan dalk die slagoffers wees van 'n reeksmoordenaar.

    Ek dink dieselfde. Kom ons stap terug. Die forensiese deskundiges moet maar hulle ding kom doen.

    Kaptein, sodra generaal Alexander hoor dit is 'n reeksmoordenaar, gaan hy ballisties raak.

    Ja, hy sal seker.

    Hulle kom eers teen half twaalf daar weg. Hulle is skaars terug in hul kantoor toe die boodskap kom dat luitenant-kolonel Marais hulle wil sien. Gert Marais is hul eenheidshoof.

    Hulle stap na sy kantoor. Hy groet vriendelik toe hulle aan sy deur klop.

    Kom sit gerus. Ek moet julle oor tien minute na die generaal neem. Hy wil hierdie sake opgelos hê.

    Kolonel, met alle respek. 'n Moord word nie opgelos met die klap van 'n vinger nie, die moordenaar word eers gevang as hy genoeg foute begaan het.

    Wynand, jy beter nie dit aan die generaal vertel nie.

    Kolonel, ek sal nie. Kan hulle nie 'n ervare moordspeurder trek nie? Daar is tog speurders wat beter is as ek.

    Wynand, jy weet mos hoe dit werk.

    Ja Kolonel.

    Kom ons stap solank. Ons mag nie laat wees nie.

    Hulle stap na die ou Arbeidersgebou, geleë te Korporasiestraat nege-en-twintig. Hulle moet by die sekretaresse van die generaal aanmeld en wag. Daar is iemand by die generaal in sy kantoor. Hulle wag tien minute en dan lui haar telefoon. Sy tel op en luister, en dan wys sy na sy deur.

    Kolonel, julle kan maar deurstap.

    Hulle stap na sy kantoor aan die einde van die gang en stap in na hulle geklop het. Hulle stap in en kry hul takbevelvoerder, kolonel Piet Bouwers by die generaal sit. Hy sit by die langwerpige konferensietafel wat langs sy lessenaar pryk. Gert Marais groet namens hul almal.

    Middag Generaal.

    Generaal-majoor Jan Alexander, die groepshoof van agt polisiestasies, laat hulle sit.

    Middag, sit gerus. Ek verneem die modus operandi is presies dieselfde as die vorige twee, maar hierdie keer het ons 'n doppie ook.

    Wynand antwoord.

    Dit is so Generaal, ons het ook bandafdrukke en 'n voetspoor. Adjudant Brandt het die toneel beveilig en geen getuienis is deur nuuskieriges vertrap nie.

    Kolonel Bouwers, ek weet kaptein De Beer het hierdie sake oorgeneem omdat ek hom gevra het, en ek weet sy keuse is om nie hierdie saak te ondersoek nie. Ek het met ons Provinsiale Kommissaris onderhandel en Maandag begin 'n nuwe man by julle, kaptein Wouter Malan. Hy is die man wat die reeksmoorde op Worcester opgelos het. Hy het sewe sulke reekse ondersoek en al sewe opgelos. Hy gaan by De Beer oorneem. Hierdie juffrou sal sy maat wees. Kolonel, boek hierdie sake aan hom uit. Juffrou, ek wil jou en hom Woensdag om tienuur spreek. Ek wil hê hy moet op hoogte wees met die dossiere en my inlig wat hy voel en wat hy nodig het. Hierdie saak is nou prioriteit. Sorg dat hy ordentlike vervoer kry. Is dit duidelik?

    Ja Generaal.

    Hoofstuk 2.

    Drie maande gelede.

    Wouter Malan groet sy vrou, Maryna Malan, die ses-en-dertigjarige, blonde eiendomsagent met wie hy al twaalf jaar getroud is.

    Totsiens Maryna, ek gaan vandag Swellendam toe en sal heel dag uit wees.

    Totsiens Wouter, ek gaan Rawsonville toe en sal besig wees tot drie-uur. Ons het 'n aanbieding by 'n groep boere. Veilig ry. Liefies jou.

    Lief vir jou ook Maryna.

    Hy soen haar teer en ry kantoor toe. Koos Jooste, 'n speurder sersant, wag al vir hom. Beide is verbonde aan die speurtak van Worcester en spesialiseer in moordondersoeke.

    Yes, Koos, is jy reg?

    Ja Kaptein. Ons motor is vol brandstof en ek het die magtiging om ons area te verlaat.

    Koos, gee jy om as ek gou op pad by Gert Grootlieg aangaan?

    Ek het nie 'n pyn nie Kappie.

    Kom ons ry.

    Hulle draai links in Stockenstroom Straat en hou voor nommer sewe-en-sestig stil. GG Elektronika Sekuriteit is die besigheid van Gert Du Preez, of Gert Grootlieg, soos sy vriende hom noem. Hy lieg nooit, maar die tegnologie wat hy verkoop, is soms so ongeloofwaardig, dat hy lank reeds die bynaam verwerf het.

    Stap jy saam Koos?

    Nee Kappie, ek sal 'n kankerstokkie liefkoos.

    Gert is soos gewoonlik bly om Wouter, sy beste vriend te sien.

    Wouter, kom binne.

    Môre Gert, jy was gister so geheimsinnig dat ek my nuuskierigheid nie meer kan hou nie. Ek gaan nou deur Swellendam toe en het eers gou hier omgekom.

    Wat gaan jy in Swellendam maak?

    Ek gaan 'n verklaring neem in 'n saak. Ek sal moontlik waardevolle inligting kry.

    Nog 'n opgeloste moord agter jou naam, dit sal jou reputasie net goed doen.

    Gert Grootlieg, gaan ons nog lank nonsens praat of gaan jy nou vertel?

    Wouter, jy kla al hoe lank dat jou omheining en hekke opgerig is, maar dat Google se straat foto's nog jou ou plek wys. Hulle doen vandag in jou omgewing die opgradering. Ek hoop jou tuin is netjies.

    Ja, dit is. Wanneer kan ek die nuwe fotos sien?

    Vanaand.

    Hoog tyd. Het jy toe al die klein kameras ingekry? Die kleintjies wat jy orals kan wegsteek.

    Ja, hier is hulle.

    Hy haal een uit 'n laai uit. Dit is swart en so groot soos 'n ertjie en het 'n lang draadjie aan. Hy sit 'n klein kassie langs dit neer so groot soos 'n sigaret houertjie en een so groot soos 'n halwe vuurhoutjie dosie.

    Die kameratjie kan jy iewers wegsteek en dit met hierdie klein kissie verbind. Dit het 'n battery lewe van ses-en-dertig uur. Dit werk slegs as daar beweging is en dus kan die battery dae lank hou. Dit saai na die grote uit. Die grote kan jy op laai los. Hier is 'n USB sok. Jy druk 'n skoon geheue stokkie daarin en alles wat die kamera afneem word op die stokkie gestoor. As jy meer as een kamera het, word die beeld onder meer as een naam gestoor.

    Hoe goed is die beeld?

    Kyk hier.

    Hy haal 'n stokkie uit 'n soortgelyke eenheid en druk dit in die televisieskerm wat eenkant staan. Die beeld kom op en Wouter sien wat pas tussen hom en Gert gebeur het. Die klank is ook aanvaarbaar.

    Sjoe, die klank is ook aanvaarbaar.

    Ja, jy moet net die addisionele klankopnemertjie by aanskakel.

    Sjoe, ek sal dit darem kan gebruik, maar dit sal so moeilik in die hof bewys kan word. Maar wat kos dit? My gat jeuk om dit te besit. Ek sal lekker grappies hiermee kan maak.

    'n Stelletjie met twee kameras en twee sensors is vier duisend rand. Kameras en klank is agt honderd rand addisioneel. Ek sal jou tien persent afslag gee. Die stel kan ses kameras hanteer. As jy 'n volle stel van eenheid en ses kameras neem kan ek dit bied teen vyfduisend, maar nie vir ander nie.

    "Ek sal daaroor dink Gert, maar jy laat my nou geld uitgee. Jy is net soos Maryna. Sy verkoop eiendomme aan mense wat nog twyfel en jy duur speelgoed. Ek is gelukkig nie jaloers op my vrou wat meer geld maak as ek nie. Sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1