Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

René
René
René
Ebook285 pages8 hours

René

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Vier jaar is baie lank, lewenslank, om 'n galeislaaf te wees. René se beste vriend, Gerhardt Pawels het hom oorrompel en as galeislaaf verkoop, op die aand wat René vir Wilmien Van Der Toorn wou vra om met hom te trou.
Na hy suksesvol ontsnap en oom André, die graaf Moreau, ook help onsnap, neem oom André hom aan as sy seun en word hy die jong graaf Alphonso Moreau. Dit is die ideale vermomming om terug te keer en sy eiendom terug te kry en Pawels en sy trawante te laat boet.
Wilmien kan nie van René vergeet nie en besef later dat die lewe voortgaan. Sy raak na drie en 'n halwe jaar later aan Gerhardt verloof, want sy wil graag kinders hê. Gerhardt weet sy het steeds vir René lief. Hulle gaan op 'n ooreenkoms trou.
Wilmien is onmiddellik aangetrokke tot die jong graaf Moreau. Hy herrinner haar so baie aan René en krap haar gemoed om. Hy soen net soos René en hy dans net soos hy. Wanneer hy haar verlei, weet sy, sy wil eerder met hom trou.
Wanneer die jong graaf en Gerhardt bots, kom baie na die swaardgeveg kyk. Daar maak Wilmien 'n skokkende ontdekking en weet René is nou vir haar verlore. Hoekom is die lewe so wreed?
Sal hulle ooit bymekaar kan kom? Hoe gaan sy hom oortuig sy het hom lief, nie vir Gerhardt nie?
Seks word nie grafies beskryf nie.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateOct 25, 2018
ISBN9780463033753
René
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to René

Related ebooks

Related articles

Reviews for René

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    René - Johan Crous

    Copyright © 2018 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN  9780463033753  (Epub)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2018.

    Inhoudsopgawe

    Kopiereg

    Titelblad

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan.

    Hoofstuk 1.

    Hoofstuk 2.

    Hoofstuk 3.

    Hoofstuk 4.

    Hoofstuk 5.

    Hoofstuk 6.

    Hoofstuk 7.

    Hoofstuk 8.

    Hoofstuk 9.

    Hoofstuk 10.

    Hoofstuk 11.

    Hoofstuk 12.

    Hoofstuk 13.

    Biografie

    René

    deur

    Johan Crous

    ISBN  9780463033753 (Epub)

    Erkennings:

    Die elektroniese weergawe van die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 5 gedoen.

    Die omslag is ontwerp met Serif se Affinity Photo vir PC en iPad.

    Ek het ook Microsoft Office en Mobisoft Office vir iPad gebruik.

    Spesiale dank aan Marliëtte Van Dyk van Marleo Publiseerders vir haar hulp, bystand en raad.

    Ek is ook baie dank verskuldig aan Marlaine en Mariëtte wat my aangemoedig het toe ek hierdie boek wou laat vaar.

    Waaroor die boek gaan.

    Vier jaar is baie lank, lewenslank, om 'n galeislaaf te wees. René se beste vriend, Gerhardt Pawels het hom oorrompel en as galeislaaf verkoop, op die  aand wat René vir Wilmien Van Der Toorn wou vra om met hom te trou.

    Na hy suksesvol ontsnap en oom André, die graaf Moreau, ook help onsnap, neem oom André hom aan as sy seun en word hy die jong graaf Alphonso Moreau. Dit is die ideale vermomming om terug te keer en sy eiendom terug te kry en Pawels en sy trawante te laat boet.

    Wilmien kan nie van René vergeet nie en besef later dat die lewe voortgaan. Sy raak na drie en 'n halwe jaar later aan Gerhardt verloof, want sy wil graag kinders hê. Gerhardt weet sy het steeds vir René lief. Hulle gaan op 'n ooreenkoms trou.

    Wilmien is onmiddellik aangetrokke tot die jong graaf Moreau. Hy herrinner haar so baie aan René en krap haar gemoed om. Hy soen net soos René en hy dans net soos hy. Wanneer hy haar verlei, weet sy, sy wil eerder met hom trou.

    Wanneer die jong graaf en Gerhardt bots, kom baie na die swaardgeveg kyk. Daar maak Wilmien 'n skokkende ontdekking en weet René is nou vir haar verlore. Hoekom is die lewe so wreed?

    Sal hulle ooit bymekaar kan kom? Hoe gaan sy hom oortuig sy het hom lief, nie vir Gerhardt nie?

    Hoofstuk 1

    1749.

    Madagaskar, aan die Noord-Westelike kus.

    Die seeluggie is yskoud so naby aan die Madagaskar kus en laat die slawe bibber. Die El Eamia, die hout galeiskip, lê stil, om die slawe hul paar uur nodige slaap te laat inkry. Malik Salie, die skip se slawedrywer van gemengde ras, stap vir oulaas tussen die slawe deur, al met die wye loopplank langs. Hy is al gewoond aan die stank van die slawe en hy is tevrede dat hy niks vreemds ruik nie. Die skip kraak ritmies met die golwe se beweging. Dit is duidelik en hard genoeg om te hoor, maar die slawe hoor dit nie. Hulle het lankal hul lus vir die lewe verloor.

    Dit is nou laagwater. Hulle sal met die volgende laagwater die galei op die sandbank laat loop. Die plan is om die skip te karantyn. Die romp se onderkant is aangepak met seewier en skulpe wat op die romp leef, asof dit 'n rots is, en dit het 'n drastiese uitwerking op die skip se spoed deur die water. Dit bied heelwat weerstand teen die water. Op die lang duur sal dit die romp beskadig en dan moet die skip onttrek word. Skeepswurm floreer in hierdie omstandighede en moet vermy word. Hulle sal die hout vol tonneltjies boor en verswak.

    Slaaf C3, bibber van die koue wat deur die roeispane se groot, oop luike kom. Soos sy medeslawe, is hy naak aan die roeibank vasgeketting. Hy voel nie meer die vernedering van sy naaktheid nie. Hy voel nie meer die vernedering dat hy homself voor sy medeslawe moet verlig of ontlas nie. Hy koester die weeklikse seewater waarmee hy homself kan was, al is daar nie seep of 'n afdroog handdoek beskikbaar nie. Slegs sy haat hou hom aan die gang, tesame met die gereelde, ongenadiglike klap van die sweep oor sy naakte rug.

    C3 is een van die min gelukkiges wat nie soos die meerderheid gekastreer is nie. Hy was vasgeketting as slaaf, vier jaar gelede, toe hy in die fleur van sy lewe was.

    Hy lig sy kop toe hy die slawedrywer se voetstappe hoor. Hy is magteloos om te koes of te keer. Die geluid van die leer kats oor sy kaal rug, kan deur die hele skip se slawe dek gehoor word. Hy staar na die slawedrywer met openlike haat en hy sien sy wit tande soos hy van genot gryns. Hy slaan vir C3, elke keer as hy by hom verbystap. Hy is 'n sadis en geniet dit om die opstand in C3 te probeer wek. Hy beskou dit al reeds as 'n persoonlike uitdaging om C3 tot opstand te lok en om hom dan te kielhaal. Baie min slawe het die kielhaal vonnis al oorleef. Die meeste bloei dood of word deur die haaie opgevreet. Hy onthou daardie middag, vier jaar gelede toe die jong man aan hom oorhandig was.

    C3, se baard is lank, en vuil. Slegs haat en weersin keer dat hy tou opgooi. Hy dink nie meer aan homself as René nie. Hy is slegs 'n nommer. Hy verafsku die vuilheid van sy eie liggaam. Hy verafsku elke oomblik as die natuur roep. B3 agter hom moet sy bene oopmaak om te keer dat sy uitwerpsels hom nie moet tref nie, net soos hy vir D3 Voor hom moet. C2, langs hom is na aan sestig. Hy is 'n Franse edelman, graaf André Moreau.

    René, moenie ingee vir die gespuis nie. Dit is waarvoor hy wag. Hy lok jou uit om op te tree, sodat hy kan toeslaan.

    Dit is so moeilik oom André. Ek weet nie hoe lank ek nog sal kan uithou nie. My hele wese roep uit om op te tree.

    Nou is juis die tyd wat jy moet uithou. As ons die skip gaan karantyn, gaan hy jou nog verder dryf as ooit. Moenie hom enige aanleiding gee om jou te kan straf nie.

    Ek hoor jou oom André.

    René en oom André kan privaat praat, want al die ander galeislawe is Arabiere en hulle is nie Hollands of Frans magtig nie. Die ander Hollanders en Franse is almal lank reeds dood. Daar is sewe slawe al gekielhaal in die vier jaar wat René hier aangehou word. Nog drie is dood in die twee jaar wat oom André langer as René 'n slaaf is. Ses het eenvoudig moed opgegee en gesterf.

    Oom André is van die min oorlewendes van 'n skip wat geroof is. Die El Eamia is 'n rowergalei. Die bemanning van die skip kom uit verskeie nasies, onder leiding van Sheik Abubakar Suleiman, 'n genadelose wreedaard en renegaat. René dink met afsku aan die laaste skip wat verower is. Die elf slawe wat tot die banke toegevoeg is, is almal ten aanskoue van die galeislawe gekastreer deur Malik Sali. Hy het die bloeiende wonde met 'n rooiwarm stuk yster doodgebrand. René weet Malik het vergeet hy is nie gekastreer nie, anders sou hy dit lankal gedoen het.

    Die absolute, totale uitputting, haal hom in en hy raak aan die slaap. Hy lê vorentoe oor die roeispaan wat links ingehaak is en regs by die romp uitsteek. Voor hulle weer kan roei, moet hy eers die spaan uithaak en dan sal die buitekant die water kan raak. Sy moegheid maak dat die harde stuk hout vir hom so sag soos 'n kussing voel. Dit beroof hom nie meer van slaap soos in die begin nie, ook nie om te sit en slaap nie. Die hout spaan is glad geslyt deur sy hande.

    Kaap De Goede Hoop.

    Die reëndruppels val sag en reëlmatig teen die ruit. Die groot huis, hoog op in Heerengracht Straat, doof die reën se geluid, maar die venster laat die geluid deur die voorhuis gaan.

    In die kaggel brand 'n klein vuurtjie wat net genoeg hitte afgee dat Wilmien Van der Toorn die aand kan geniet. Dit is nie meer so koud nie, want die Lente is stadig maar seker hier. Die hekelpen wikkel tussen haar vlytige vingers en sy nader die einde van die eerste deel van haar nuwe projek. Oorkant haar sit haar beste vriendin, Wilna Van Der Stel, 'n verlangse niggie van oorlede oom Van Der Stel, die voormalige goewerneur.

    Wilna, kan ek vir ons nog 'n koppie tee skink?

    Sy kyk op van haar hekelwerk en glimlag vir haar.

    Dankie, dit sal lekker wees.

    Sy lui die klokkie en wag vir Anna om te kom. Anna werk vir Wilmien Van der Toorn en is meer 'n vriendin vir Wilmien as 'n werker. Anna werk vanaand die laat skof en sy en haar man het kwartiere op die perseel.

    Juffrou het my laat roep?

    Anna, ja. Kan ons nog 'n bietjie tee kry asseblief, dan kan jy maar die res van die aand af neem.

    Sekerlik Juffrou, jy is bedagsaam.

    Na sy die tee bedien het hoor hulle hoe sy die deur sluit voor sy gaan slaap.

    Jy is baie danig vir haar Mien.

    Ja, sy is na aan my hart. Sy werk al lank vir ons en ons het groot respek vir haar.

    Mien, jy wil nie gewoonlik daaroor praat nie, maar het jy nooit weer van René gehoor nie?

    Wilmien sit lank stil met die koppie tee in haar hand voor sy antwoord.

    Nee, ek het nooit weer van hom gehoor nie. Ek was so seker van hom gewees. Ek was oortuig dat hy my gaan vra om te trou en toe verdwyn hy net sonder om te groet. As hy my net gesê het hy sien nie kans nie, sou ek verstaan het, maar hy het niks gesê nie.

    Ja, dit was maar vir almal 'n skok om te hoor hy het sy spogplaas aan Gerhardt verkoop. Niemand het dit ooit verwag nie, nie eers sy ouers nie. Ek wonder wat van hom geword het. Nie eers sy ouers weet nie en hulle voer nou 'n sukkel bestaan. Oom Renier en tannie Adelle is sulke lieflike mense. Ek kan nie dink wat hom kon besiel het om pad te gee en hulle net so aan hul lot oor te laat nie.

    Die oom is die beste skoenmaker in die Kaap, maar hy raak oud en dit is harde werk.

    Het jy hom nog lief?

    Ja, ek sal hom altyd lief hê. As hy my gevra het sou ek ja gesê het. Ek sal hom nooit vergeet nie.

    En Gerhardt?

    Wilna, die lewe gaan voort. Ek kan nie vir ewig op die rak sit en wag vir René wat weg gegaan het nie. Ek raak nie jonger nie. Gerhardt is my tweede keuse, maar ek is realisties. Ek sal seker maar moet aan beweeg en het so besluit. Ek kan nie vir altyd wag nie.

    Ek stem saam met jou Mien, jy moes 'n keuse maak. Tweede beste is steeds beter as niks.

    Gerhardt is goed vir my. Hy weet dit is 'n kompromie en dit pas hom. Hy weet ek het René lief en hom nie.

    Madagaskar.

    Die harde slag van die drom ruk die slawe uit hul slaap. Hulle sit almal regop. René is meteens wawyd waker. Hy weet hy gaan die sweep kry as hy nie onmiddellik ontwaak nie. Onder leiding van Malik, kry elke slaaf 'n stuk harde brood en 'n drommetjie met sop. René wurg dit in en dan kry elke slaaf ook water om te drink. Omdat dit Sondag is, kry elke slaaf 'n emmer seewater om te was. Die water mag wel sout water wees, maar René voel tog beter.

    René hoor die voetstappe agter hom. Hy hoor die kats voor hy dit voel of homself kan staal. Die nege riempies fluit en klap oor sy kaal rug. Die brandpyn is intens en is ook genoeg om René finaal te laat knak. Vier jaar se opgekropte emosies en haat het sy tol finaal ge-eis. Hy gryp na die roeispaan en ruk dit met al sy krag na die loopplank, in Malik se rigting. Die spaan se punt tref Malik teen sy kop en werp hom tussen die ry slawe aan die ander kant van die loopplank.

    Malik val sy lip oop. Sy oogbank aan die kant van sy kop begin dadelik opswel. Die twee seerowers agter Malik keer dat die slawe hom beseer en hulle help Malik op. Hy tel die kats op en dan reën die houe oor René se rug. Hy hou eers op toe René sy bewussyn verloor.

    Bring hom boontoe.

    Die twee rowers maak die ketting om René se enkel los en dra hom na bo, na die dek. Malik bring self die tou. Die tou is gehawend vanweë die feit dat hierdie tou die straftou is, die tou waarmee die kielhaal proses uitgevoer word. Die tou is al agtien keer hiervoor gebruik en dit is gehawend. Die skulpe onderaan die skip sny 'n tou net so erg soos dit die slagoffer se liggaam uitmekaar gaan sny. Die matrose trek die slagoffer stadig oor die skulpe, wat sy liggaam stadig uitmekaar sny. Die meeste slagoffers ervaar die trauma so erg dat hulle verdrink. In die tropiese gedeeltes word heelwat deur haaie opgevreet sodra hulle begin bloei.

    Die El Eamia het 'n volle laag skulpe en mossels onder aan sy romp. Die skulpe en mossels is goed gevestig en maak reeds die skip stadiger en swaarder. Die kiel van die skip is twaalf duim dik en steek ook twaalf duim onder die skip uit. Tydens die bou van die skip is die kiel met vier anker pilare toegerus. Dit is ook twaalf duim wyd en twaalf duim laer. Hierdie ankerblokke het gekeer dat die skip van die bou stellasie afgly terwyl dit gebou was.

    René word wakker. Hy weet nie hoe lank hy bewusteloos was nie. Hy sien die skip is sowat twee honderd jaarts van die strand af. Op die strand is daar 'n paar geboue, wat eerder na skure lyk, of aanhou geriewe vir slawe. René weet hy kan nou niks doen om die pynlike dood te keer nie. Hy gaan nie vir die Arabiere die genot gee om te pleit nie. Die skulpe gaan sy liggaam oop sny en dalk gaan die haaie hom opvreet voor hy anderkant kan uitkom. Hy mag dalk verdrink ook.

    Gooi die tou.

    Malik gooi die tou na twee seerowers. Al die rowers staan en kyk wat gebeur. Die twee ouens gee die tou aan onderdeur die boegmas en laat dit dan sak tot in die water. Met twee lang hout pale maneuver hulle die tou totdat dit in die middel van die skip onderdeur gaan en bo-op die dek deur die twee mans vasgehou word.

    René versit hom nie toe die twee rowers hom aan sy hande vat nie. Hy sien Sheik Suleiman staan langs Malik. Die dikker rower van die twee, bind die tou om sy linker hand en die ander een om sy linker voet vas. Dit is nou finaal. Hy weet hy gaan sterf, en pynlik ook. Miskien is dit beter so. Hy kan tog nie ontsnap nie. Net jammer oom André gaan alleen oorbly. Dit is net jammer hy kan nie wraak neem nie.

    Hulle stoot hom na die bakboord reling. Soos hy na die reling beweeg verslap die bakboord kant van die tou en hy weet die ander kant skuur oor die skerp skulpe. Die skulpe skraap oor die tou, soos dit oor sy liggaam ook gaan skraap. Hy voel die stamp en val oor die reling.

    Die water is helder soos glas en hy sien die koraal rif vêr onder die water. Die water is nie koud soos hy verwag het nie. Hy voel die trillings soos die rower aan die stuurboord kant pluk. René kan sien die tou loop tussen die skulpe deur en sit vas. Dalk het hy 'n kans!

    René swem na die kiel en draai die tou drie keer om die ankerblok van die kiel. Hy draai dadelik die tou om sy voet, wat nog slap hang, ook daarom. Nou hang alles af van hoe hard hulle trek. Hy kan sy asem net vir nog 'n minuut ophou. Dan gaan hy verdrink. Die tou ruk los deur die skulpe en span styf. Hy kan sien hoe die tou ruk en dan breek. Die tou het van die skulpe gebreek en hy sien die skool vissies wat daaraan byt.

    Die tou aan sy voet span ook snaarstyf voor dit breek. Meer vissies takel die skip se romp. Die twee gebreekte punte van die tou sleep agter hom aan soos hy swem. René begin benoud raak en swem na die skip se roer. Hy sorg dat hy onder die romp bly sodat niemand op die dek hom moet sien nie. Die twee stukke tou sleep agter hom aan.

    Los hom Malik. Die haaie het hom lankal opgevreet. Hy kon nie daardie rukke teen die romp oorleef het nie. Julle kan mos self sien hoe die haaie die tou deurgebyt het.

    Dit is jammer hy is so gou dood. Dit sou die slawe goed gedoen het om te sien hoe hy lyk voor hy sterf.

    Het jy die slawe versorg?

    Ja Sheik, ek het.

    Ons het hul krag nodig.

    René haal diep asem onder die oorhang van die skip se kiel. Hy rol die tou op in 'n bal. Hy het so ongeveer dertig voet na hy die twee stukke aanmekaar geknoop het. Hy gooi die bal na die bokant van die roer, maar hy slaag nie. Hy hou aan water trap en rol die tou weer op. Hy hou vas aan die roer om eers uit te rus voor hy die derde keer gooi. Die tou trek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1