Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Andries kom tot rus
Andries kom tot rus
Andries kom tot rus
Ebook289 pages5 hours

Andries kom tot rus

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Ou Kaapse verhaal.
Andries Dreyer, wees, optelkind en wewenaar, begin swerf na sy aanneem ouers uitgesterf het. Sy aanneem moeder het hom die waarheid vertel dat sy nie sy eie moeder is nie. Hy soek orals na sy werklike ma.
Hy raak na twee jaar moeg en koop vir hom 'n plaas. Hy ontmoet die kwaai buurvrou, Martie, 'n kinderlose buurvrou. Sy staan hom by is die soektog na sy eie ma. Wat hy ontdek verstom hulle.

Hierdie boek is interaktief. U as leser kan dus met die kliek van 'n skakel die keuse uitoefen of u die Erotiese Weergawe (Seks word beskryf) en of u die Romantiese Weergawe (Seks word nie beskryf nie) wil lees.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateMay 30, 2016
ISBN9781311954749
Andries kom tot rus
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Andries kom tot rus

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Andries kom tot rus

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Andries kom tot rus - Johan Crous

    ANDRIES KOM TOT RUS

    deur Johan Crous

    ISBN 978-1-311-95474-9 (epub)

    INHOUDSOPGAWE

    Titelblad

    Kopiereg

    Opgedra aan

    Waaroor die boek gaan

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3 Eroties.

    Hoofstuk 3 Romanties

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5 Eroties.

    Hoofstuk 5 Romanties

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Slot

    Biografie

    Copyright © 2015 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-1-311-95474-9 (epub)

    Originally Published as the fourth book in my anthology, Omnibus 1:

    ISBN 978-0-620-68367-8(e-pub)

    ISBN 978-0-620-68368-5(mobi)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Melizandé Celine, images sourced from http://pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2015

    Opgedra aan:

    Hierdie boekie word opgedra aan my moeder, Marianne.

    Erkennings:

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die boek is geskryf in Office (Word) en Mobisystems Office Premium en die buiteblad is gedoen met Corel se Paintshop Pro X8 en Photoshop CS6.

    Waaroor die boek gaan:

    Andries Dreyer, wees, optelkind en wewenaar, begin swerf na sy aanneem ouers uitgesterf het. Sy aanneem moeder het hom die waarheid vertel dat sy nie sy eie moeder is nie. Hy soek orals na sy werklike ma.

    Hy raak na twee jaar moeg en koop vir hom 'n plaas. Hy ontmoet die kwaai buurvrou, Martie, 'n kinderlose buurvrou. Sy staan hom by in die soektog na sy eie ma. Wat hy ontdek verstom hulle.

    Nota:

    Hierdie boek is interaktief. U as leser kan dus met die kliek van 'n skakel die keuse uitoefen of u die Erotiese Weergawe (Seks word beskryf) en of u die Romantiese Weergawe (Seks word nie beskryf nie) wil lees. Volg net die instruksies tot waar u enige aanduidings sien.

    Hoofstuk 1.

    1868.

    George.

    Die eensame ruiter nader die beboude gebied te perd. Hy is geklee in 'n broek en baadjie en velskoene. Hy het 'n vilt hoed op sy kop en aan sy sy pryk 'n jagmes. Agter op sy perd is sy tas en 'n kombers. Hy is op die oog af in sy laat twintigs. Hy is so ongeveer ses voet en vyf duim en ooglopend 'n sterk man.

    Andries Rudolph Dreyer is in werklikheid ses-en-twintig jaar oud. Sy twee jaar lange, vrugtelose soektog bring hom in hierdie rigting. Hy is moeg en vol stof. Hy wil baie graag 'n ordentlike bad neem en gaan rus. Hy reis al twee jaar en het besluit om nou op te hou. Hy maak tog geen verskil nie. Hy verkwis net onnodig geld en mors net tyd. Sy moeder kry hy nie opgespoor nie.

    Andries nader die dorp se besige deel en hy ry stadiger deur die perd in te hou. Hy kom tot stilstand voor die George Hotel. Hy maak sy perd vas voor die hotel en gee haar eers water. Hy stap in na ontvangs met sy tas in sy hand. Die ontvangs beampte is vriendelik en behulpsaam.

    Goeie môre Meneer, welkom by die George Hotel. Waarmee kan ek u behulpsaam wees?

    Andries haal sy hoed af.

    Goeie more. Ek wil graag verblyf hê vir 'n week. Ek sal voor die tyd besluit of ek langer gaan bly. Ek sal vooruit betaal. Ek soek ook plek vir my perd en kos vir haar. Ek sal sommige dae uit wees, maar ek beoog om my etes hier te neem. Ek wil sommer vir alles op een slag betaal.

    Alte seker Meneer….?

    Ek is Dreyer.

    Kom sit gerus meneer Dreyer. Ek het vir u 'n kamer oop wat op die straat uitkyk. Ons sal vir u perd sorg en ons voorsien drie etes per dag. Ons het ook 'n kroeg waar u iets sterkers kan geniet.

    U is…

    Verskoon my, ek is Pieter De Beer.

    Andries steek sy hand uit en groet Pieter formeel. Hy gaan sit dan op die stoel wat Pieter aangewys het. Die gestoffeerde stoel sit verbasend sag en gemaklik, seker omdat hy so lank op die harde saal gesit het. Dit is langs die lessenaar van hom. Op die lessenaar is die groot hotelregister. Daar is ook 'n botteltjie ink en 'n skryfpen wat regop daarin staan. Die pen is die nuwe tipe met 'n verwyderbare punt van staal.

    Aangename kennis.

    Meneer Dreyer, ek wil net u besonderhede hê en dan sal ek u na u kamer neem. U moet net praat as daar enige iets is wat u nog mag verlang.

    Ek wil graag 'n warm bad neem. Ek het vêr gery en is vol stof. Ek wil ook graag weet waar ek my klere kan laat was.

    Pieter lui 'n klok.

    Byna onmiddellik kom daar 'n aantreklike vrou in. Sy het werkersdrag aan. Sy laat haar oë sak en knik.

    Goeie môre Meneer.

    Andries staan op en groet terug.

    Goeie môre Juffrou.

    Hy gaan weer sit.

    Amiena, tap asseblief vir meneer Dreyer 'n waskom vol warm water in kamer vier. Hy wil bad, want hy het vêr gereis. Daarna wil die meneer sy klere laat was. Sal jy dit kan behartig?

    Ja Meneer. Ek sal onmiddellik die water intap. Die handdoeke en seep sal ek langs die waskom neersit.

    Meneer Dreyer, u moet self vir Amiena betaal. Die Hotel lewer nie die diens nie.

    Dit is in orde.

    Andries kyk weer na Amiena.

    Juffrou, as ek klaar gebad het sal ek my klere regsit. Jy kan jou prys maak en ek sal vooruit betaal. My klere is stowwerig van die reis. Ek wil nog heelwat sake doen en wil graag skoon klere aanhê.

    Seker Meneer.

    Sy is beïndruk met die man se etiket. Hy kyk geensins neer op haar as gevolg van haar werker status nie. Sy draai om en verlaat die ontvangsportaal. Hierdie kliënt moet dadelik gehelp word.

    Andries betaal vooruit en Pieter De Beer skryf sy besonderhede in die register op. Hy skryf vir hom 'n kwitansie uit in sy netjiese handskrif en oorhandig dit aan hom, tesame met sy sleutels.

    Kamer vier op die eerste vloer is vir u. U kan u perd na agter bring. U kan stal twee kry vir haar. Ons sal daagliks vars hooi voorsien. Ons gee ook daagliks 'n bakkie koring.

    Andries staan op en sit sy hoed op.

    Baie dankie, en geniet u dag.

    Lekker dag vir u ook.

    Andries dra sy tas op met die hout trappe en hy stap na kamer vier. Dit is oop en hy kry vir Amiena waar sy water intap. Sy gooi kookwater in die sinkbad. Hy sit sy tas op die bed en kyk uit by die kamervenster wat na die straat uitkyk.

    Dankie, die water sal voldoende wees. Ek wil graag die stof afwas. Waar moet ek my vuil klere neersit?

    Meneer kan dit net op die bed los. Ek sal so oor 'n halfuur of later kom as Meneer dit so verkies.

    Dit is heeltemal voldoende dankie. Ek stel jou bedagsaamheid hoog op prys. Wat skuld ek jou?

    Tien pennies sal voldoende wees vir die week se wasgoed Meneer.

    Hy haal 'n paar munte uit sy sak en oorhandig dit aan haar. Haar oë rek toe sy die geld sien.

    Maar dit is te veel Meneer!

    'My klere is vuil. Ek kan nie van jou verwag om my vuil klere te was vir so min nie. Dit is net nie reg nie."

    Meneer het baie goeie maniere.

    My moeder het my geleer dat ek altyd respek vir 'n vrou moet hê. Sy het my dit geleer tot die dag van haar dood.

    Ek is jammer om dit te hoor Meneer.

    Ek het dit al aanvaar. Miskien vind ek nog my eerste ma en dan het ek weer een.

    Hoe bedoel Meneer nou?

    Sy frons.

    Ek is as 'n baie klein seuntjie van my ma geskei en deur 'n ander vrou aangeneem en grootgemaak. Sy het my liefgehad en my reg grootgemaak. Ek het wel geweet sy is nie my eie ma nie. Ek het haar ook liefgehad. Ek sal wel my ma opspoor as sy nog leef, maar ek het al moed opgegee. Sy lewe seker nie meer nie. Ek weet ook nie wat haar naam is nie. Ook nie wie my pa is nie.

    Andries begin sy hemp uittrek en Amiena sien sy geboortemerk. Sy raak ongemaklik en maak aanstaltes om te loop.

    Meneer, verskoon my asseblief. Ek sal oor 'n halfuur weer kom.

    Dankie, dit is baie bedagsaam van jou.

    Andries trek homself uit en klim in die waskom. Hy was homself deeglik en dan droog hy homself af. Hy skeer ook sy vel weer skoon. Hy sien die vlek op sy regter bors. Hy het lank hierdie vlek verafsku, maar later vrede daarmee gemaak. Hy haal sy laaste skoon hemp en broek uit. Hy wil skoon wees as hy bank toe gaan. Hy pak sy vuil klere bymekaar op 'n hopie. Hy wag vir die vrou om sy klere te kom haal. Hy neem sy dokumente en druk dit in sy sak.

    Hy haal solank sy pyp uit. Dit is 'n handgemaakte pyp wat hy in Knysna gekoop het. Sy tabaksakkie het hy ook daar gekoop end dit is van egte koedoevel gemaak. Hy glimlag nog steeds as hy daaraan dink dat die sakkie 'n koedoe balsakkie is. Die vel is netjies en sorgvuldig afgeslag en gelooi en gebrei. Hy druk die pyp in die sakkie en met sy voorvinger krap hy die tabak in die pyp. Hy haal sy tonteldoos uit en steek die pyp aan. Hy trek die rook behaaglik in. Hy hoor iemand klop aan die deur en maak oop. Dit is Amiena.

    Kom in, ek is klaar. Moet ek agter my sluit en vir jou die sleutel los?

    Ek het my eie stel sleutels. Ek sal nie dat enige iets van u wegraak nie. Meneer moet net sê hoe laat u elke dag u water wil hê in die oggend en wanneer u badwater wil hê. Ek sal eers klop.

    Baie dankie. Ek gaan nou eers iets eet en koffie drink. Dan wil ek sake doen.

    Andries stap af en gaan na die kroeg. Hy gaan sit by een van die tafeltjies en bestel middagete en koffie. Meneer De Beer sien hom en lig die kelnerinne in dat hy 'n gas van die hotel is en dat sy kos reeds voor betaal is. Hy moet net vir sy drank betaal as hy dit sou verkies. Die middagete is beesvleis en gekookte groente. Hy is nogal honger en verslind die heerlike kos. Die brood is vars gebak die oggend en hy eet twee snye met konfyt wat voorgesit is. Na ete drink hy sy tweede koppie koffie voor hy vertrek.

    Hy vat sy perd na die stalle en saal haar af. Hy gee vir haar vars hooi en water en daar is ook die beloofde kommetjie koring. Hy vryf liefderik oor die perd se nek. Sy begin dadelik eet. Sy is ook honger. Hy hang die saal op agter die ingang op die haak. Hy stap dan uit.

    Sy eerste besoek is aan die Landbank. Hy word vriendelik ontvang en word meegedeel dat meneer De Lange besig is met 'n kliënt. Hy moet so 'n rukkie wag. Hy sit op die aangewese stoel en kyk nuuskierig rond. Daar is heelwat mense wat kom en gaan. Hy wag nie lank voor 'n man hom kom haal nie.

    Meneer Dreyer?

    Andries staan op.

    Ja, dit is ek.

    Kom gerus in. Ek is Karel De Lange. Sit gerus, waarmee kan ek u help?

    Ek is Andries Rudolph Dreyer. Ek wil geld vanaf die Knysna tak hierheen laat oorplaas. Ek beoog om myself hier te vestig. Ek wil nou rondkyk en vir my eiendom koop.

    Seker Meneer. Ek neem aan u het u dokumentasie hier. Hoeveel wil u oorplaas?

    Ja ek het gereken om te begin met vyf duisend pond. Die res sal ek eers daar los.

    De Lange sluk toe hy die bedrag hoor.

    Kan ek u dokumentasie sien asseblief?

    Andries oorhandig sy dokumentasie en wag terwyl De Lange dit deurkyk.

    Die dokumentasie lyk in orde. U begryp seker dat ek eers die inligting per telegram sal moet opvolg. Die bedrag geld is buitensporig groot.

    Ek het geen beswaar nie Meneer, ek verstaan die risiko's.

    Dit sal so ongeveer 'n uur neem. U kan wag of weer terugkom.

    Ek sal weer terugkom. Ek wil graag gaan kyk of hier eiendomsagente is.

    Drie strate af met die straat is Pieterse Eiendomme op linkerkant. Hy verkoop gewoonlik die plase hier rond.

    Dankie, ek sal u dan so teen half drie weer kom sien as die tyd vir u gerieflik sal wees.

    Half drie dan, ek is heel gemaklik met die tyd.

    Andries staan op en stap af met die straat en kyk rond soos hy stap. Hy kry Pieterse Eiendomme op die linkerkant soos De Lange beduie het."

    Hy stap in die kantoor in en kry 'n man sit agter die lessenaar wat so gerangskik is dat hy na die deur toe kan kyk. Hy is besig om te skryf. Hy kyk op toe hy Andries sien instap en hy staan op.

    Goeie middag. Kan ek u help?

    Middag, ek is Andries Dreyer. Ek wil graag 'n plaas koop in hierdie omgewing. Meneer De Lange het my na u verwys.

    Sit gerus. Na watter tipe kyk u en hoe groot?

    Ek wil met groente boer en daar moet water wees. Ek sal graag op hoër liggende grond wil koop waar daar 'n rivier is of dalk meer as een afloop na reëns. Ek sal verkies as daar reeds 'n opstal en geboue is. Ek sal graag 'n paar stukkies vee ook wil aanhou.

    Marais.

    Marais?

    Ja, die plaas van die Marais families sal dalk aan die vereistes voldoen. Dit is vyfduisend morg groot en geleë ten Noorde van George. Daar is drie klein riviere. Die een het meestal water. Die ander twee so halfpad deur die jaar. Daar is 'n groot opstal, skuur en stalle. Daar is ook 'n veekraal en die familie het 'n put gegrawe langs die huis. Die noorde grens tot in die berg self. Daar is 'n gedeelte reeds skoongemaak vir aanplantings.

    Wat is die prys?

    Die eienaars wil dit nie weggee nie, so gevolglik is die plaas baie duur.

    Wat is duur?

    Agt honderd pond.

    "Wat sluit dit in?’

    Die vee en die implemente. Die eienaar vat net hul meubels en twee ossewaens saam. Die implemente is heelwat en daar is ook ploeg perde en osse.

    Wanneer kan ek gaan kyk?

    Ons kan more-oggend vroeg ry as u wil.

    Hoe laat moet ek hier wees?

    As u agtuur hier kan wees, kan ons daarheen ry. Dit is sowat 'n halfuur te perd as ons vinnig ry. Ek neem aan u het 'n perd?

    Ja. Ek sal agtuur hier wees. Ek het nog een vraag, waar kan ek 'n baksteenmakery vind?

    As u af ry met die hoofpad tot buite die dorp, kyk skuins links en u sal die steengroef verder aan sien.

    Baie dankie, ek sien u dan more-oggend vroeg. Geniet u dag verder.

    Andries verlaat die kantoor en stap verder deur die dorp. By die algemene handelaar stap hy in en kyk rond. Hy staan 'n rukkie stil by die ploegskare en landbou implemente. Hy koop 'n pakkie tabak en steek sy pyp aan. Hy stap na hy klaar gerook het by 'n kroeg in en bestel 'n drankie. Dit is nog stil. Die kroegman is behulpsaam.

    Ek is op soek na 'n vrou wat so ongeveer een-en-twintig jaar gelede haar seun verloor het. Hy het met 'n rivier afgespoel. Weet u of daar dalk so iemand hier rond woonagtig is?

    Nee, nie wat ek van weet nie.

    Waar is julle groentemark?

    Hoër op in die straat, oorkant die poskantoor.

    Dankie.

    Andries kyk op sy sakhorlosie. Dit is naby aan half drie en hy stap terug Landbank toe. Meneer De lange sien hom inkom en laat hom inkom. Sy houding is baie vriendelik. Andries weet hy het bevestiging gekry dat hy heelwat geld in die bank het.

    Meneer Dreyer, kom gerus binne. Ek het die bevestiging gekry en ons het die geld oorgeplaas hierheen. Die geld sal eers volgende week hier aankom, maar u kan onmiddellik toegang daartoe kry.

    Baie dankie. Ek gaan juis more na 'n plaas kyk en wil dalk op kort kennisgewing koop. Ek sal vandag net een honderd pond trek.

    Al te seker. Die geld is onmiddellik beskikbaar.

    Hy help Andries met die dokumentasie en dan oorhandig hy een honderd pond aan hom. Hy sit dit in sy baadjie se sak. Na hy klaar is stap hy na die mark en kyk rond. Hy is tevrede met wat hy sien. Hy sien hoe 'n wa vars groente in die vorm van pampoene inbring en die agent betaal die wa se eienaar uit in kontant.

    Andries gaan by nog vier ander kroeë en eetplekke aan en verneem na die vrou wat haar kind verloor het. Hy loop elke keer 'n bloutjie. Toe hy by die hotelkamer kom, is sy wasgoed netjies gestryk en op die bed gepak. Andries pak dit netjies weg. Hy is hoogs tevrede. Hy gaan eet vroeg en sit buite op die hotel se stoep en rook sy pyp. Hy ontspan en hou die dorp se inwoners dop. Toe dit donker word, gaan hy eers 'n ent stap voor hy gaan slaap. Hy is nog redelik moeg na die rit vanaf Knysna.

    Die volgende aand gaan hy weer stap voor hy gaan slaap, hy het vanaand se stap nou regtig geniet.

    Hy steek sy pyp op en stap stadig deur die dorp. Hy stap in 'n Noordelike rigting. Naby die kerk hoor hy 'n vrou uitroep.

    Eina, los my! Jy maak my seer!

    Hy hardloop nader en sien 'n sterk man wat 'n vrou aan haar arm vashou. Hy draai haar arm agter haar rug in en sy kry ooglopend seer. Andries gryp die man aan sy hare en ruk hom.

    Los haar onmiddellik! Sy is 'n vrou my magtig!

    Die man los die vrou en draai blitsvinnig na Andries en slaan na hom met sy vuis. Die vrou kom regop en sien die vreemde man ontduik haar aanvaller en sy hoor hoe hy sy arm uit sy potjie ruk. Hy druk haar aanvaller se arm agter sy rug in en die man skree van die pyn.

    Ek het gesê, los die vrou!

    Dit het niks met jou uit te waai nie. Sy skuld my geld.

    Hoeveel skuld sy jou?

    Andries druk sy arm verder en die man skree van die pyn. Hy antwoord onmiddellik.

    Tien pond.

    Andries los nie, hy kyk na die vrou.

    Mevrou, het u 'n pen en 'n stukkie papier asseblief? Hy gaan jou nou 'n skriftelike bewys gee dat hy jou betaal het. Dan gaan ek hom die geld gee, en as ek hom ooit weer selfs in hierdie straatblok sien verbyloop, gaan ek sy arm fisies breek. Het jy my gehoor Meneer?

    Ja, asseblief, jy het my arm beseer.

    Ek voel niks vir jou arm nie. Sy is 'n vrou en jy het kans gesien om haar seer te maak. Bly nou eerder stil voor ek dalk regtig jou arm breek.

    Andries kyk na die vrou.

    Dit is ons huis hierdie. My man is siek in die bed. Kom binne, ek het papier en skryfgoed.

    Mevrou, hierdie skuim hoort nie in u huis nie. Sal u asseblief vir my die kwitansie uitskryf? Hy kan dit dan net teken. Ons sal buite wag.

    Sy knik en gaan in. Andries ruk die man se arm dat dit weer terug in sy potjie spring. Sy arm hang hulpeloos aan sy sy. Dit is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1