Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Farao Se Soektog (Skoon Weergawe)
Farao Se Soektog (Skoon Weergawe)
Farao Se Soektog (Skoon Weergawe)
Ebook362 pages4 hours

Farao Se Soektog (Skoon Weergawe)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Romantiese weergawe.
Dit is al 'n paar jaar wat vrede heers in Egipte na die invallers, die Hyksos se juk afgegooi en hulle uit die land verdryf is. Jong Zasor, die koninklike skriba, en opvoeder in die skryfkuns van die drie koninklike prinsesse, word onverwags deur die Farao met 'n senior militêre rang beloon.
Kort daarna begin die rampe die koningshuis te tref. Zasor begin gevoelens ontwikkel vir die jongste prinses, maar weet dat hy haar nooit sal kan kry nie, want hy is 'n wees en lid van die burgerstand, terwyl sy 'n koninklike is.
Zasor se twee leermeesters is verstom oor die vordering wat hy maak om die Sin aan te leer. Sy vermoë word byna daagliks sterker. Wanneer sy leermeesters ook vermoor word, weet Zasor sy dae is getel. Die voortbestaan van die koningshuis rus op sy skouers.
Wanneer die koning se opvolger die troon bestyg, gebeur iets verskrikliks, die ondenkbare en Zasor sal enige iets doen om dit te verander. Hy besef nou sy tyd is uiters beperk en sy teenstander het geen genade hoegenaamd nie.
Hierdie boek is 'n fantasieverhaal en ek het die hele storie suiwer uit my duim gesuig. Hierdie boek is hoofsaaklik 'n fantasie, maar ek het romanse ook ingesluit om dit 'n meer gebalanseerde verhaal te maak.

Romantiese weergawe (Seks word nie in detail beskryf nie).

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateSep 7, 2019
ISBN9780463545027
Farao Se Soektog (Skoon Weergawe)
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Farao Se Soektog (Skoon Weergawe)

Related ebooks

Related articles

Reviews for Farao Se Soektog (Skoon Weergawe)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Farao Se Soektog (Skoon Weergawe) - Johan Crous

    Farao se soektog

    deur

    Johan Crous

    (Romantiese weergawe)

    ISBN: 978-0-463-54502-7

    (Hersiene weergawe 2)

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Opgedra aan en erkennings

    Waaroor die boek gaan

    Voorwoord

    Ter verduideliking

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Slot

    Biografie

    Kopiereg

    Romantiese weergawe

    ISBN: 978-0-463-54502-7

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die skrywers  gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-bandopname, mikrofilm of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

    Die voorblad en bladsy ikoon is ope lisensie grafika van www.pixabay.com en ook vanaf www.iccpic.com.

    Die grafika wat gebruik is onder elke hoofstuk, is verkry vanaf die oorspronklike grafika van Freepik, (http://www.freepik.com).

    Kopiereg:

    Johan Crous 2019

    Opgedra aan

    Ek dra hierdie boek op aan Marlaine Lloyd, wie my so aangemoedig en ondersteun het om hierdie boek te voltooi, veral toe ek so getwyfel het.

    Erkennings

    Die boek is geskryf op Scrivener 1.1.5 (iOs) en verwerk in Microsoft Word 365.

    Die grafika is gedoen met Serif se Affinity Photo 1.7.2.

    Die verwerking na eBoek formaat is gedoen met UEC 2.7.4.0.

    Speltoets is gedoen met Skryfgoed 5.

    Ek gee ook besonderse dank aan my proefleser wie onbekend wil bly. Baie dankie. Sy het soveel foute raakgesien wat ek gemis het. Sonder haar hulp sou ek net nie geslaag het nie.

    Waaroor die boek gaan.

    Dit is al 'n paar jaar wat vrede heers in Egipte na die invallers, die Hyksos se juk afgegooi en hulle uit die land verdryf is. Jong Zasor, die koninklike skriba, en opvoeder in die skryfkuns van die drie koninklike prinsesse, word onverwags deur die Farao met 'n senior militêre rang beloon.

    Kort daarna begin die rampe die koningshuis te tref. Zasor begin gevoelens ontwikkel vir die jongste prinses, maar weet dat hy haar nooit sal kan kry nie, want hy is 'n wees en lid van die burgerstand, terwyl sy 'n koninklike is.

    Zasor se twee leermeesters is verstom oor die vordering wat hy maak om die Sin aan te leer. Sy vermoë word byna daagliks sterker. Wanneer sy leermeesters ook vermoor word, weet Zasor sy dae is getel. Die voortbestaan van die koningshuis rus op sy skouers.

    Wanneer die koning se opvolger die troon bestyg, gebeur iets verskrikliks, die ondenkbare en Zasor sal enige iets doen om dit te verander. Hy besef nou sy tyd is uiters beperk en sy teenstander het geen genade hoegenaamd nie.

    Hierdie boek is 'n fantasieverhaal en ek het die hele storie suiwer uit my duim gesuig. Hierdie boek is hoofsaaklik 'n fantasie, maar ek het romanse ook ingesluit om dit 'n meer gebalanseerde verhaal te maak.

    Voorwoord.

    Hierdie verhaal, wat afspeel in antieke Egipte, is slegs 'n verbeeldingsvlug, en bevat 'n element van fantasie. Ek het by 'n paar instansies weggebreek van die werklikheid om die boek meer leesbaar te maak vir die gemiddelde leser. Getalle, afstande, mates, ensovoorts, gaan nie sin maak as ek by die oorspronklike hou nie. Ek gaan dus hier afwyk, maar tog ou mates gee om sin te maak. Onthou, die Egiptenare het Babilon, Mesopotamië en Oosterse terme begin gebruik as standaard na die land ingeval was. Hierdie verhaal speel ongeveer drie en 'n half duisend of minder jaar gelede af (±3400VC).

    Ek maak 'n paar stellings wat gebaseer word op teorieë, waarvoor ek nie kan instaan nie, maar ek probeer om die verhaal lekker te laat lees. Ek het na sketse gekyk op die vrye Internet as verwysing. Ek was nie self daar nie en weet dus nie hoe waar of onwaar dit is nie.

    Hierdie boek is die romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

    Ter verduideliking :

    Stede:

    Rhakotis - klein kus dorpie, het later Alexandria geword

    Thebes - Is later herdoop na Luxor

    Posisies:

    Regent [ Landvoog ]

    Koninklike Toesighouer - in beheer van wetstoepassing

    Koninklike Regter - verhoor ernstige sake wat die koning nie doen nie.

    Belastinggaarder

    Fiskaal - landdros

    Laksman

    Koninklike Eunug - man in bevel van die koninklike harem [ sy geslagsdele is verwyder ]

    Koninklike skriba [ Sekretaris van die koning ]

    Koninklike Raadgewer

    Sin - vermoë om dinge aan te voel, vêr te kan sien en te kan onderskei tussen waarheid en leuen. Daar is ander vermoë ook. Opregte koninklikes word met hierdie vermoë gebore. Sommige mense word dit aangeleer, vir gebruik deur die koning, as hulle die vermoë toon. Nie almal kan dit volkome bemeester nie, al het hulle die beste leermeesters. Alle koninklikes kan dit ook nie aanleer nie.

    Weermag:

    Farao - opperbevelvoerder

    Generaal van die weermag

    Luitenant-Bevelvoerder

    Bevelvoerder van Middellandse see kus en Nubiese grens forte

    Wagpos Troepbevelvoerder

    Kommandant [ Troepbevelvoerder - bevelvoerder oor verskeie kapteins ]

    Kaptein [ Bevelvoerder oor 4 kompanjies ]

    Onder Kaptein [ Bevelvoerder oor 250 - kompanjie ]

    Pelotonbevelvoerder [ Bevelvoerder oor 50 hy kan sesiebevelvoerders aanstel ]

    Seksiebevelvoerder [ Bevelvoerder oor 10 ]

    Soldaat

    Afstand:

    Duim [ 2.5 cm ]

    Voet [ 12 duim ]

    El [ 20 duim ]

    Jaart [ 3 Voet ]

    Myl [ 1760 jaart ]

    Gewig:

    Gerah [ 0.5 gr ]

    Beka [ 4 gr ]

    Sekel [ 12 gram ]

    Mina [ 7.5 kg ]

    Talent [ 50 kg ]

    Volume:

    Lepel [ eetlepel ]

    Beker [ 0.3 liter ]

    Gav [ 1.2 liter = 3 bekers ]

    Omer [ 2.2 liter ]

    Seka [ 7.3 liter ]

    Kan [ 3.6 liter ]

    Efa [ 22 liter ]

    Leka [ 110 liter ]

    Homer [ 220 liter ]

    Geld:

    1 koper ring

    1 silwer ring [ 12 kopers ]

    1 goue ring [ 12 silwer ]

    Hoofstuk 1.

    Dit is byna doodstil in die koninklike biblioteek. Die algemene publiek het nie toegang tot hierdie magdom van geskrifte nie. Dit is een van 'n paar wat strategies geplaas is oor die hele Egipte. Dit is heerlik koel vandag, so naby die see, in die klein kus dorpie, Rhakotis, teenaan die Nyl delta. Die gebou van sandsteen, is vêr genoeg vanaf die see, dat die see se klam klimaat nie die geskrifte sal beïnvloed nie. Hierdie gebou is in die volle prag en praal versier van moderne Egipte. Sy Majesteit, koning Farao Ahmosetep, het geen koste ontsien om ordentlike kunstenaars aan te stel nie. Elke pilaar en muur wat sigbaar is, is versier met die pragtigste skilderye en spreuke. Voor dit geskilder is, is dit met ʼn baie fyn mengsel gepleister om baie glad te vertoon.

    Die koninklike studeerkamer is eintlik 'n koninklike biblioteek binne die koninklike biblioteek. Niemand, en dit sluit selfs die priesterdom in, het hier toegang sonder die koning se toestemming, op skrif en onder sy seël nie. In hierdie versameling geskrifte is onder andere die geskrifte oor die kuns van Sin.

    Om Sin ten volle te bemeester, neem verskeie jare, ten minste tien. In die geskiedenis van die magtige Egipte is daar nog net twee Sin meesters wat dit gouer aangeleer het. Ek is al in my derde jaar om dit aan te leer, en al verstaan ek nie altyd nie, is my leermeester verbysterd, want hy kla gedurig dat ek dinge leer voor hy klaar verduidelik het. As 'n weeskind wat in die koninklike paleis groot geword het, het die Sin meester agter gekom ek neig na Sin, maar nie sy Majesteit se een seun of sy dogters nie. Prins Menefer het 'n geringe aanvoeling. Oor die baie eeue heen was daar nog net twee prinsesse wat Sin bemeester het.

    Met Sin kan jy onderskei of iemand die waarheid praat en of hy 'n leuen vertel. Die Sin meester kan oor 'n afstand aanvoel of daar mense is. Volgens die ou geskrifte is daar ook ander vermoëns, maar ek het nog nie so vêr gevorder nie. As 'n koninklike skriba, maak ek gebruik van elke geleentheid wat ek kan kry. Dit is deel van die leerplan dat ek my eie handleiding moet dupliseer.

    In die koninklike studeerkamer sit ek by die tafels en kopieër die rol oor op my eie rol. My papirusrolle is van net die heel beste gehalte, uit die koninklike pakhuis. Die rol is een voet wyd en veertig jaarts lank. Dit is eenhonderd-en-twintig voet lank. Ek skryf nie in die klassieke hiërogliewe nie, maar ek maak gebruik van die hiëratiese skrif wat algemeen in Egipte gebruik word. Die koninklike hiërogliewe word net op monumente en amptelike dokumente soos byvoorbeeld die boek van die dood, gebruik. Baie min mense ken dit of kan dit bemeester. Daar is meer as 'n duisend karakters en veel meer kombinasies. Ek is bevoorreg, deurdat die koning my dit laat leer het, van vroeg af. Min mense het die vermoë om dit aan te leer.

    My kwassie se perdehaar punt is skerp en ek skryf klein sodat daar so veel as moontlik inligting per rol vasgelê kan word. Die ink is net van die heel beste gehalte. Ek maak my eie ink aan en dit word nooit dof nie. Roet word met roulynolie gemeng om die duursame ink te maak en 'n bietjie Henna word ook bygevoeg. As koninklike skriba, word daar geen beperkings op my geplaas oor hoeveel skryfrolle, kwaste, roet, olie en Henna wat ek gebruik nie. Ek het self al 'n eienaardige versameling van geskrifte in eie my kelder biblioteek.

    Om te skryf in hiëraties is tien keer vinniger as die tradisionele hiërogliewe skrif. Ons het onlangs weggedoen met die onnodige kolomme en nou skryf ons in een kolom van regs na links, en dit verbruik minder spasie. Toe ek agterkom daar is nog twee Sin geskrifte, het ek langer ure gewerk en hulle ook gedupliseer. Ou Makalani, die bibliotekaris het dit nie agtergekom nie. Hy sal nie ligtelik die koninklike skriba se vereistes bevraagteken nie. Hy het ten minste die skriftelike magtiging van Farao Amoses self gesien. Ek verstaan nie alles wat ek neergeskryf het nie, en sal dit later van tyd weer deurgaan. Dit maak nie sin nie. Dit sal vorentoe seker verstaanbaar word namate ek vorder.

    Het jy reggekom geagte Zasor?

    Hy weet baie goed ek kan sy teenwoordigheid aanvoel nog lank voor hy naby my is, nogtans toets hy my. Ek gaan hom nie 'n aanduiding gee dat ek hom gevoel het nie. Hy weet ook nie ek het die ander twee geskrifte gekopieer nie.

    Ja dankie meester Makalani, ek is klaar.

    Vat jy nou al die pad terug na Thebes?

    Nee, ek gaan nog eers in Memphis aan ten opsigte van 'n koninklike opdrag. Ek is een dag vroeër klaar as wat ek aanvanklik beplan het. So ek kan nou my tyd vat. Ek hou meer van die akkommodasie in Memphis as van hier. Hulle kos is nooit gebrand nie. Hul spasie is ook groter as hier.

    Hoekom gaan jy nie eerder tuis in een van die beter herberge nie? Om in 'n kaserne tuis te gaan is mos vir die soldate bedoel.

    Dit was my eie keuse. My leermeester, meester Abrax sal 'n oorval kry as my geskrifte gesteel moet raak.

    Dit is verstaanbaar.

    Hy kyk belangstellend hoe ek my kwassie skoonmaak met 'n pluis skaapwol en dit wegbêre in die skryfblokkie. Die ink bakkie was nie gebruik nie. Weens my posisie as die koninklike skriba het ek my eie glas inkpotjie, waarin voldoende ink aangemaak is. Hy sien net die een rol. Dit word saam met die ander in my skryf tas, 'n pragtige sak van leer, geplaas en om my skouer gehang. Ek het die buitekant met verf versier en die sak is 'n begeerlike item in ander se oë. Hy groet my met 'n handskud toe ek vertrek. Die twee soldate by die studeerkamer se ingang, word geïgnoreer volgens etiket.

    Veilige reis geagte Zasor.

    Thebes.

    Koninklike harem.

    Die lewe is so onregverdig. Ek wil nie weggegee of verhandel word asof ek 'n stuk handelsware is nie.

    Prinses Masika is omgekrap en haar twee susters kan sien hoe die woede en frustrasies in haar donker oë smeul. Haar stemtoon gee ook hierdie gevoel mee.

    Ek het so pas negentien geword en het net minder as 'n jaar voor ek moet weggaan na Mesopotamië.

    Al drie susters is volgens koninklike voorskrifte in die beste drag geklee en al drie is koninklik gegrimeer. Die drie is ook mooi. Die eunug, Shabaka, wat eenkant op 'n stoel sit, kan hul skoonheid waardeer, maar hy het geen begeertes meer nie. Hy is jare gelede as jong slaaf van sy kroonjuwele beroof toe die slawemeester van die koning dit afgesny het. Hy word dus as sulks in die harem toegelaat.

    Die harem is 'n hele vleuel van die paleis. Elke koningsvrou en prinses het hul eie kwartiere, wasgeriewe en ontvangskamer. Elkeen het sy eie slavinne en eunugs. Die ontvangskamer van prinses Masika is volgens die nuutste modes met pragtige tonele geverf. Voor die vensters hang gordyne wat deur die beste en vaardigste kunstenaars gemaak is. Die banke is oorgetrek met duursame materiaal en opgestop.

    Die vensters aan die Ooste, kyk uit oor die Nyl.

    Ek het nog twee jaar oor.

    Chione, jou beurt gaan nog kom, dan is ek seker al oor my skok.

    Beide susters kyk na hul jongste sussie, die een met die blas vel en blou oë.

    Ek is nou eers sewentien. Ek is al volgens normale standaarde 'n hubare vrou, maar Pappa gaan my seker aan die eerste een wat naby is afsmeer. Ek is mos 'n optelkind.

    Lapis, jy is wettiglik deur ons pa, die Farao van die magtige Egipte, aangeneem. Zasor het dit self vir ons op skrif gewys. Jy is dus 'n volwaardige Egiptiese prinses soos ons. Die enigste verskil is dat ons, volgens die koninklike gebruik, moet wag tot ons twintig is.

    Zasor is al naby aan twintig. Hy gaan een van die dae die ritueel van manword moet deurmaak.

    Ek is maar te dankbaar ek hoef nie daardeur te gaan nie.

    Hy is 'n man. Hy gaan geen beswaar hê as sy iets onder sy neus vryf nie.

    Ek wonder wie Pappa gaan aanwys.

    Niemand sal weet nie. Ek dink Pappa sal een van sy byvroue opdrag gee.

    Pappa moes baie agting en respek vir sy ouers gehad het deurdat hy hom in ons paleis laat groot word het toe sy ouers dood is.

    Ja, hy moes, maar Zasor het nie maklik groot geword nie. Ek het hom as klein seun menige keer gesien met trane in sy oë as hy slae gekry het. Daar was geen genade vir hom nie. Hy moes net eenvoudig in alles presteer. Hy is ook geleer om die koninklike hiërogliewe te leer, terwyl ons broers, koningsprinse nie hoef nie. Meester Thamose het hom met ’n sambok aangemoedig.

    Masika trek aan die tou en binne oomblikke is die slavin daar. Sy buig eerbiedig.

    Sal jy vir ons sap bring asseblief?

    Seker u Hoogheid.

    Ek wonder wanneer die profesie waar gaan word.

    Masika glimlag geheimsinnig. Die drie prinsesse kan nie uitgepraat raak oor hierdie onderwerp nie.

    Vertel ons weer.

    Soos julle weet is beide maar vaag. Die profesie lui dat die Farao wat by Pappa gaan oorvat dit onder buitengewone omstandighede gaan doen. Dit meld dat daar geen twyfel kan wees oor die direkte bloedlyn van Pappa se opvolger nie, al gaan dit deur sy teenstanders betwyfel word. Wat die hele aangeleentheid so interessant maak is dat die nuwe Farao sy broer uit die weg gaan ruim. Ek kan nie dink dat Menefer ooit sy broer Khaba sal doodmaak nie, maar tog is dit so voorspel.

    Menefer is die oudste en gevolglik sal hy die opvolger van Pappa wees.

    Nie een van ons broers glo daaraan nie.

    Tog kom hulle glad nie oor die weg nie. Hulle is gedurig in mekaar se hare.

    En van my?

    Die twee prinsesse kyk na hul jongste suster, Lapis.

    Die legende lui dat jy gaan trou met een van die magtigste mans in Egipte. Die legende lui dat jou aanstaande jou gaan bevry van die donker onheil. Ons kan maar net raai wat dit kan beteken.

    Ek wens ek kon weet wat dit beteken.

    Daar is 'n klop aan die deur en een van die eunug boodskappers praat met Shabaka. Hy kyk na Masika.

    U Hoogheid.

    Ja, ons weet Shabaka, dit is tyd vir ons skryflesse. Dit raak nou tyd dat Zasor terug kom. Hy maak die lesse interessant, nie soos die fossiel wat ons nou leer nie.

    Ja Sus, Zasor het eindelose geduld. Ek dink hy leer dit by Abrax. Om by 'n dowe een te leer is nie maklik nie. Ek verstaan hy maak vordering met Sin, maar ons twee broers faal jammerlik. Hulle kry dit nie reg nie.

    Hulle sal vinnig moet regkom. Dit is 'n vereiste dat hulle dit moet leer.

    Hoe leer hy as hy nie kan hoor wat Abrax sê nie?

    Hy moes eers lippetaal leer en toe ook vingertaal. So Zasor kan hom nou verstaan. Hy het darem 'n tolk ook.

    Kom ons wikkel, voor Shabaka die piep kry.

    Thebes.

    Koninklike raadsaal.

    Die handelaar buig laag voor hy opstaan en die raadsaal verlaat. Farao Amoses knik vir die dienskneg. Hy klap sy vingers en 'n slavin bring sy beker op 'n skinkbord. Die beker is van goud en versier met sierlike gravering. Hy neem die beker vanaf die skinkbord en drink behaaglik. Die druiwesap is vars uitgedruk. Hy knik en sy buig laag voor sy die raadsaal verlaat.

    Die koning knik vir Sinhotep, sy koninklike Toesighouer en raadgewer.

    Almal verlaat die raadsaal!

    Hy klap sy vinger en wys die bode hy moet bly. Die raadsaal raak vinnig leeg, tot net die drietal oorbly. Die soldate van die koninklike wag hou by al die ingange wag.

    Laat Abrax inkom.

    Sinhotep knik vir die bode, wie hom na buite haas. Die koning en toesighouer se oë volg hom. Hy stap flink oor die groot binnehof wat plaveistene van marmer as bedekking het. Die dak rus op massiewe pilare. Dit is twee el in deursnee. Dit is veertig el hoog en geverf met die mooiste simbole van die gode van Egipte. Die koning sit op sy amptelike troon, 'n hoë, gemaklike stoel met handlenings en 'n hoë rugstuk. Dit is met suiwer goud oorgetrek en met kosbare inlegsels van blou glas en edelstene versier. Die rugstuk het 'n kobra kop op die middel bo en die twee armlenings het elkeen 'n leeu se kop op. Die stoel se pote is gekerf as leeu pote voor dit met goud bedek is.

    Weerskante van die groot troon is daar twee klein areas waarin palms geplant is. Son skyn deur openinge in die dak. Die pilare en mure is geverf. Die pilare het die gode se beelde op en op die mure pryk die mooiste natuurtonele.

    Die swaar deur gaan oop en die wag kondig vir Abrax aan.

    Heer Abrax, u Majesteit.

    Die koning knik en twee mans kom ingestap. Abrax, die hoof Sin meester, loop voor, gevolg deur Labosa, sy tolk. Abrax is doofstom. Hulle buig laag voor die koning.

    Kom nader en neem plaas.

    Baie min mense word toegelaat om in die koning se raadsaal te sit. Sinhotep weet die koning het groot respek vir die ou man. Die koning kyk hom stip aan voor hy met sy hande beduie. Labosa begin praat.

    U Majesteit. Jong Zasor maak goeie vordering. Hy is nou op sy selfstudie fase. Ek is klaar tevrede dat hy al graad drie bereik het. Hy het 'n baie sterk aanvoeling vir die Sin talent.

    Baie dankie Abrax.

    Hy draai na Sinhotep.

    Sorg dat hy beloon word.

    Sinhotep buig as erkenning.

    Ja, u Majesteit.

    Ek neem aan jy het nie so goeie nuus rakende die twee prinse nie?

    Die vingers beweeg vinnig.

    Nee u Majesteit. Prins Menefer toon talent in Sin, maar hy kon nog nie verder vorder as graad vyf nie. Ek persoonlik twyfel of hy veel verder gaan vorder. Soos u .....

    Ja ek weet, die talent word jy mee gebore of nie. Jy kan dit nie kunsmatig aanleer nie. En Khaba?

    Hy het geen talent nie u Majesteit.

    Dankie Abrax, jy is die enigste leermeester in alle dissiplines wat eerlik genoeg is om my reguit te antwoord. Hou so aan en hou my op hoogte.

    Ja u Majesteit.

    Hulle buig laag voor hulle die raadsaal verlaat.

    Thamose kan maar inkom.

    Sinhotep hoef net sy hand te lig, en die deurwag laat die skriba inkom. Thamose is die hoof skriba van die koning. Hy hou rekord van wat alles gesê word in die raadsaal. Hy het sy span onderdane wat alles agterna, wat op hiëratiese skrif neergelê word, oorskryf in amptelike bevele voor Thamose dit deurlees en aan die koning voorlê vir sy amptelike seël waar nodig. Hy neem sy plek in agter die skryftafel, 'n paar el weg van die troon.

    Roep prins Khaba en meester Masuda in.

    Die bode spring dadelik weg. Hulle wag in stilte. Dit is vir Sinhotep baie duidelik dat die koning baie ontevrede is. Hy praat nie uit sy beurt nie, maar wag net. Hy het 'n idee wat gaan gebeur. Hy wonder hoe die prins dit gaan hanteer.

    Sinhotep, wag agter die pilare, buite sig en wag tot ek jou roep.

    Reg u Majesteit.

    Hy gaan staan agter een van die pilare, reg agter die troon. Hy het 'n idee wat nou gaan gebeur. Die prins gaan nie daarvan hou nie.

    Die deurwag se stem is hard.

    Prins Khaba en meester Masuda.

    Prins Khaba en meester Masuda betree die raadsaal en buig laag voor die koning. Slegs Khaba, as die senior, praat namens albei.

    U het ons ontbied u Majesteit, Vader.

    Prins Khaba, ek is besorgd oor jou gebrek aan vordering in die Sin onderrig. Jy is 'n koninklike en is met die talent gebore. Hoe vorder jy?

    Ek maak goeie vordering u Majesteit.

    Dit is nie die terugvoer wat ek gekry het nie. Sê my, hoeveel mense is binne die raadsaal?

    Ons is vyf mense.

    Hoeveel kan jy met jou oë sien?

    Vyf mense u Majesteit.

    En met jou Sin talent, waarin jy so goeie vordering maak?

    Ook vyf u Majesteit.

    Noem hulle by die name of posisies.

    U, u Majesteit, heer Thamose, die bode, ek en meester Masuda.

    Is jy doodseker?

    Ja u Majesteit.

    Die koning kyk sy seun stip aan tot hy verleë afkyk. Sy oë skuif na Masuda.

    Meester Masuda, wat sê jy?

    Ons is ses mense u Majesteit.

    Kan jy almal sien?

    Nee, u Majesteit. Daar is iemand agter die pilaar, direk agter u.

    Sinhotep!

    Die prins word bloedrooi toe Sinhotep agter die pilaar te voorskyn kom.

    Meester Masuda.

    Ja u Majesteit?

    Van nou af sal jy slegs onderrig gee aan prins Menefer. Prins Khaba word van alle vorme van Sin opleiding onttrek. Sinhotep, gaan saam met meester Masuda en prins Khaba na sy kwartiere en lê beslag op alle geskrifte insake die talent Sin.

    Reg u Majesteit.

    Die drietal verlaat die raadsaal terwyl Thamose die koning se bevel aanteken in die koninklike kronieke. Prins Khaba se gesig is bloedrooi. As 'n kyk kon dood, was almal teenwoordig reeds dood. Die besluit is nou 'n koninklike bevel en wet.

    Thamose staar die jong prins agterna. Buiten dat Khaba nie die oudste seun van die koning is nie, is sy kanse om koning te word, in Koning Farao Amoses se plek, nou heelwat skraler. Die jong

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1