Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Krag Van Opoffering
Die Krag Van Opoffering
Die Krag Van Opoffering
Ebook127 pages2 hours

Die Krag Van Opoffering

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Opofferinge is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kon wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ‘n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vas en Gebed.

Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde – soos die “SEALs” en “Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle!

Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy

meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ‘n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.
LanguageAfrikaans
PublisherTektime
Release dateNov 6, 2019
ISBN9788893985437
Die Krag Van Opoffering

Related to Die Krag Van Opoffering

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Krag Van Opoffering

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Krag Van Opoffering - Gabriel Agbo

    Gabriel Agbo

    Tel: +234-8037113283

    E-pos: gabrielagbo@yahoo.com

    Die Krag van Opoffering

    Gabriel Agbo

    ––––––––

    Copyright © 2019 - Gabriel Agbo

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middle weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skryf-of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.

    Tensy anders aangedui, is alle kwotasies in die boek geneem van die Ou Afrikaans Vertaling van die Bybel.

    Inhoud

    Hoofstuk

    Toewyding

    Inleiding

    Die krag van opoffering

    Offer jou enigste

    Ek reis deur Egipte

    Ek sal die prys betaal

    Volg my! Ons het vir julle gekom!

    Ek sal jou beskerm

    Berei daardie laaste maal voor

    Die krag van bewaring

    Loof, bid en vas

    Toewyding

    Ek dra hierdie boek op aan Yonatan ‘Yoni’ Netanyahu, die Israeli bevelvoerder van die kommando-eenheid wat op 4 Julie 1976 die Joodse gyselaars bevry het wat by Entebbe lughawe in Uganda aangehou is. Selfs voor hierdie voorval het jy, Yonatan, deelgeneem aan verskeie gevegte om Israel te beskerm en te bewaar. Jy het gekies om te veg en te sterf vir jou mense en jy het ’n gerieflike lewe en familie prysgegee. Hierdie groot man is gegiet in dieselfde vorm as Dawid, Simson en Jósefat. Jy het alles gegee en gewaag vir jou land; God se uitverkore volk. Mag God jou seën ‘Yoni’ ons held!

    Ek dra dit ook op aan my suster Lillian Chichi Duru (gebore Agbo). Jou lewe was een van opoffering. Jou werke spreek vanself. Jy was ’n vriend vir almal. Altyd bereidwillig om dié te help wat in armoede en verdrukking lewe. Jy het soos jou ouers elke geleentheid gebruik wat jy gekry het om jou liefde en geneentheid uit te oefen. Ja, dit loop wel in ons bloed. Dankie, dat jy so ’n ligstraal is. Geslagte hierna sal in alle tale van jou lees. Werklike mans en vroue van opoffering sterf nooit nie, want hulle werke speek vir eeue daarna. Mag die Here jou seën Chichi!

    Gabriel Agbo

    Like us at: Lillian Chichi Foundation/facebook.com

    Inleiding

    Offerande is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kan wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ’n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vastyd en Gebed.

    Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie. Ons bespreek ook mense soos Yonatan ‘Yoni’ Netanyanhy van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land.  Ons kyk ook na militêre helde – soos die SEALs en "Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle!

    Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van offerande van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ’n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.

    Gabriel Agbo

    www.authorsden.com/pastorgabrielnagbo

    Hoofstuk 1

    Die krag van offerande

    Salomo het opgegaan na die bronsaltaar in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting, en duisend brandoffers daar geoffer.  Daardie nag het God in n droom aan Salomo verskyn en gesê: Wat wil jy hê? Vra, en Ek sal dit vir jou gee!

    2 Kronieke 1:6-7

    Offerande is baie kragtig!! Het jy dit gelees? Wat anders kan die Almagtige laat verskyn en iemand maan om Hom te versoek vir iets? Dit is asof God vir die man ʼn blanco tjek gegee het. Wat sou gebeur het as Salomo gevra het God moet vir hom die hele wêreld gee of selfs die hemele in twee te deel en vir hom een helfte daarvan te gee of so iets? Wat kon gebeur het? Natuurlik sou God dit gegee het want Hy gaan nooit terug op sy woord nie. Maar hy het Salomo vertrou. Hy het die jong koning se hart geken. Sy oneindige liefde vir die Israelite geken. Hierdie gebeurtenis het gebeur kort nadat Salomo koning van die Israeliete geword het. Die eerste ding wat hy gedoen het, was om al die massa mense bymekaar te roep. Hy het al die leiers (kerk, politiek en tradisioneel) bymekaar laat kom by die Taberakel van God in Gíbeon. Daar het hy met milde hand ’n duisend diere geoffer aan die God van Israel. Dieselfde nag het God sy troon verlaat en vir Salomo gaan sê dat Hy hom enigiets sal gee wat hy vra.

    Wow! Hierdie offerande was so kragtig dat dit onmiddelik ’n goddelike reaksie opgewek het. Salomo se antwoord aan God skok en beïndruk die Here nog meer! Hy vra nie vir weelde en rykdom nie of vir beskerming nie. Selfs nie eers vir die dood van sy vyande nie. Salomo vra baie eenvoudig vir wysheid en genade in die leierskap van sy mense. Hy wou altyd net die regte ding doen om sy mense te help. Verbeel jou dit! ’n Dubbele offerande! Wie is Salomo? Wat se soort man vra vir wysheid en genade en nie vir welvaart en seëninge nie? Toe het die Here haastig geword om ’n hoop seëninge op Salomo los te laat. Opoffering kan in ’n oogwink jou lewe vir ewig verander. ’n Algehele ingewikkelde lojaliteit of opoffering sal altyd ’n ingewikkelde uitbarsting van seëninge op jou laat neerdaal. Werklik. Hierdie is wat God alles oor hom geseën het:

    Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs ’n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer -

    daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.

    2 Kronieke 1:11-12

    Vader! ’n Almagtige verassing! Salomo het nie op dít gereken nie. Hy wou net sy liefde vir die Here en sy mense bewys en die Vader seën hom met so baie! Opoffering bring nie net wysheid en kennis nie maar ook onbeperkte rykdom, skatte en eer. As jy eer en welvaart soek, leef vir God en ander mense. Die Here het Salomo so hartlik geseën dat konings oor die hele wêreld raad van hom gevra het en wou verbonde met hom sluit. Gedurende Salomo se bewind in Israel was daar ’n raaiselagtige vermeedering van rykdom. Hy het ’n groot vloot skepe gehad wat vir hom handel gedryf het. Die skatte was so veel dat voldoende aantekening nie gemaak kon word nie. In die Bybel lees ons dat gedurende sy bewind was goud en silwer so alledaags soos stene op die straat. Jislaaik! Kan dit wees!. Lees hier:

    En die koning het die silwer en die goud in Jerusalem gemaak soos die klippe, en die seders het hy gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.

    2 Kronieke 1:15

    Here! Ongelooflike skatte! Met sy onbaatsugtigheid en opoffering het Salomo die guns van die Here in oorvloed gewen. Dit is die tipe guns wat in die Bybel na verwys word as die verborge manna onder die sand en die oorvloedige rykdom in die see wat nie uitgeput kan word nie. God besit alles in die heelal en Hy besluit wie, wat, wanneer en hoekom seëninge ontvang sal word. In werklikheid was hierdie oorvloed van weelde buite beheer. Konings en nasies het gekompeteer om gekenke en huldeblyke aan Koning Salomo te bring. Onthou die koningin van Skeba wat al die pad van Afrika gereis het om hom met raaisels op die proef te stel en ook om die prag van sy koningkryk te aanskou? Sy het gekom met ’n baie groot trek, met kamele wat speserye en ’n oorvloedige getal goud en edelgesteentes gedra het. Ironies genoeg, Salomo het gesorg dat sy terug reis met meer as wat sy gekom het. Gedurende Salomo se heerskappy is daar gespeel met skatte, silwer en goud. Meeste van die huisraad en artikels in die koning se paleis en in die huis van die Here was óf van pure goud gemaak of bedek met goud. Hier volg ’n gedeelte van die verhaal uit die Bybel. Dít is wat offerandes kan doen:

    En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was ses honderd ses en sestig talente goud; behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die handelaars, terwyl ook al die konings van Arabië en die goewerneurs van die land vir Salomo goud en silwer ingebring het. En koning Salomo het twee honderd groot skilde van geslae goud gemaak; ses honderd sikkels geslae goud het hy op elke groot skild gebruik; en drie honderd klein skilde van geslae goud; drie honderd sikkels goud het hy op elke klein skild gebruik; en die koning het dit in die huis van die Líbanon-bos gesit.

    Verder het die koning ’n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek. En die troon het ses trappe gehad met ’n voetbank van goud, aan die troon bevestig; en leunings aan weerskante by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan. Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan: so iets is nooit vir

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1