Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Bekoorde Lewe in Ceylon
Bekoorde Lewe in Ceylon
Bekoorde Lewe in Ceylon
Ebook324 pages5 hours

Bekoorde Lewe in Ceylon

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

 Die skrywer se fassinerende avonture in die vroeë 50’s, beskryf ‘n avontuurlike lewenswyse waaroor die meeste van ons droom, maar wat vandag onmoontlik sal wees.  Gebore in Colombo (Sri Lanka)  in 1931. Hy het sy kinderlewe in Engeland deurgebring en het hy na die oorlog teruggekeer na Ceylon om in die familie besigheid te werk wat deur sy oupa begin is.  Nie die gewone koloniale tipe waarvan daar verwag was om nie met die plaaslike mense te meng of om na hul klubs te gaan nie, het Tony die teenoorgestelde  gedoen teen alle reëls in.  Tony het die geselskap van die Ceylonese verkies .  Dit het tot gevolg gehad dat hy baie vriende gemaak het insluitende bekende politikuste .  Hy het ‘n passie vir onderwater verkenning gekweek in ‘n tyd toe die sport maar nog net begin het, voor daar SCUBA was.  Hy het sy werk en loopbaan opgegee om op spiesvisvang, krewe, garnale en krappe te oorleef, akwarium visse te vang en in die woude te jag.   Hy het homself as ‘n onderwater toergids gevestig wat bekende en ryk mense gelok het.  Deur sy dienste verniet aan te bied het hulle hom terug betaal deur hom na hulle huise in Europa te nooi waar hy ‘n lewe beleef het wat hy nie eers geweet het bestaan nie.  Gedurende hierdie reise trou hy met drie van sy vier vroue, twee Skandinawiese modelle en ‘n Italiaanse aktrise, aangetrokke tot sy lewenswyse, maar nie een van hulle kon in Ceylon aanpas nie.  Die magtige Minister van Toerisme, ‘n duiker homself, stel Tony aan om onderwater toerisme te bevorder.  Hulle word hegte vriende en hy raak betrokke in politike intriges.  Selfs met geen geld lewe hy gelukkig deur vis te ruil vir basiese behoeftes.  Op en af tussen luukse en gewone leefstyle  was hy die eerste person om in die Maldives en suid Indië te duik, waar hy ‘n sensasie veroorsaak.    Hierdie is ‘n aangrypende verhaal van nie so lank gelede in ‘n unieke Suid-Oostelike Asiatiese land – Ceylon, voor dit ingesluk was deur politieke onrus, burger oorlog en nou eers weer stabiliseer as ‘n moderne gemeenskap van nasies.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateJul 18, 2020
ISBN9781071555811
Bekoorde Lewe in Ceylon

Related to Bekoorde Lewe in Ceylon

Related ebooks

Related articles

Reviews for Bekoorde Lewe in Ceylon

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Bekoorde Lewe in Ceylon - Tony Buxton

    Opgedra aan:

    Ek dra hierdie boek op, eerstens aan Mnr John Kotelawala, R.G Senanayake, en J.R Jayawardene. Dit was ‘n absolute eer om hulle onder my vriende te kon tel, hulle het my geïnspireer met hul integriteit , leierskap en toewying aan die mense van Ceylon. Ook ‘n ander vriend, Esmond Wickremasinghe wie my talle kere gehelp en adviseer het.  Ek sal ook Rodney Jonklaas noem, die legendariese duiker, wie my geleer het hoe om ‘n lewe uit die see te maak.  

    Erkening

    Met dank aan Keith Lorentz van Hawaii vir sy hulp met die skryf en wysigings van hierdie boek. Aidan Schmer vir die ontwerp van die buiteblad en Jayam Ratnam vir die skryf van die inleiding,  Rex de Silva (skrywer van Sharks of Sri Lanka) vir sy hulp met die promosie van hierdie projek. Ek sal ook oorlede Mnr. Arthur C. Clarke (skrywer van talle grootverkopers) wil bedank vir sy enorme  aanmoediging.

    Inleiding

    Gebore op die eiland van Ceylon in 1931, gedurende die dae van die Britse kolonialers en na sy kinderdae  in Engeland, keer Tony Buxton terug na Ceylon, om hopelik die familie besigheid in kommoditeite oor te neem. Nie die tipiese kolonialer  waarvan verwag was om homself apart van die boorlinge te hou nie,  het Tony teen die reëls gegaan en eerder die geselskap van die Ceylonese burgers verkies. Dit het tot gevolg gehad dat hy baie vriende gemaak het, insluitende  bekende politici.  Hy het die onafhanklike lewe geniet en het vinnig  agtergekom  dat hy ‘n passie het vir die see en diepsee duik. Hy het sy loopbaan prys gegee  om ‘n skamele inkomste te verdien met spiesvisvang, en die oes van  krewe en tropiese visse vir akwariums. Uiteindelik het hy sy dienste aangebied as toergids na die wêreld onder die water. Hier het hy, sonder om ‘n sent vir sy dienste te vra,  baie welvarende en bekende mense van reg oor die wêreld ontmoet.  Hulle het hom na hul huise genooi, waar hy ‘n wêreld ervaar het wat hy nie eers geweet het bestaan nie.  Hierdie vakansies in Monte Carlo en Rome kon nie meer

    ––––––––

    avontuurlik gewees het nie. Hier het hy skouers geskuur met die elite en die kleurykste mense van Europa. Hy het in die beste hotelle tuis gegaan, waar hy blootgestel was aan goeie vermaak, fynproewers kos en wyn  saam met van die mees beroemste en invloedbaarste mense in Europa. 

    Uiters aantreklik, het Tony talle van  die mooiste plaaslike vroue verower. Sy romantiese eskapades het passievolle liefde en ewe pynlike afskeidings tot gevolg gehad.

    Om oor die avonture van hierdie dapper goedhartige man te lees, maak dat mens hom wil naboots. Beslis ‘n ongewone lewe, met hoeke en draaie wat nooit bedoel was nie.   Helaas, die lewe kan nie ‘n avontuur bly nie. Wanneer die ouderdom sy kop uitsteek is mens geseënd om ‘n jong, mooi besorgsame vrou aan jou sy te hê wat vir jou omgee.

    Ek het in Ceylon gewoon gedurende die Tony Buxton era.  Al was ek tien jaar jonger, het ek die stories oor hom gehoor, en het ek hom nou en dan skrams te siene gekry. As tiener, was daar baie dae wat ek hom beny het.

    Jayam Ratnam

    Voorwoord

    Hierdie is ‘n boek oor my lewe in Ceylon. Ek is in 1931 in Colombo gebore waar my pa in die familie besigheid, wat in die 1880’s deur my oupa gevestig is, gewerk het. Ons is terug Engeland toe voor die oorlog, waarop ek koshuis toe is. Die omstandighede was haglik en ek het skool verlaat toe ek 17 was.  My pa wou graag hê ek moes by die besigheid inskakel, maar ek het besluit dat ek eers die wêreld wou verken en het die daaropvolgende vier jaar gebruik om deur Europa te reis.  Vir ‘n rukkie het ek in Frankryk gewerk en die meeste van my tyd in Swede deurgebring.  Ek het Swede aanloklik gevind, anders as Engeland,  was die land ongeskonde deur die oorlog met ‘n anderse, meer oop benadering tot die lewe. Dit was maklik om werk te kry en die lone was hoog. In die latere gedeelte van 1953 is ek terug Engeland toe, waar ek vir ‘n paar maande in die Londen kantoor van die familie besigheid gewerk het, voor ek terug is Ceylon toe.  Dit was daar dat ek my roeping gevind het, om te duik in die asemrowende see tussen die koraal riwwe rondom die eiland.  Op ‘n manier was dit verbasend omdat ek nog altyd bang vir die see was.  Ek het ‘n slegte gesondheid gehad, was swak en ondergewig as gevolg van jare se kroniese asma en sinus probleme. Ek was bang om uit my gemak sone te beweeg. Tog was my entoesiasme so groot dat niks my kon stop nie.  Ek het by ‘n groep duikers aangesluit wat hulself die ‘Ceylon Reefcombers’ genoem het. Tussen hulle was die legendariese Rodney Jonklaas wat my onder sy vlerk geneem het.  Hy het my geleer hoe om ‘n lewe uit die see te maak.  

    Met die intrapslag in Colombo in April van 1954 het dit gevoel asof ek tuis gekom het.  Ek het reeds heelwat Ceylonese ontmoet wat my familie in Engeland besoek het. Ek het hul as sjarmant en werklik mooi mense ervaar, en het daarna uitgesien om hulle te ontmoet en te bevriend.  Voordat ek weg is, het my pa my ook aangemoedig om vriende te maak met hulle.  Tog was ek uiters geskok om te verneem dat meeste Europeërs glad nie met hierdie mense gemeng of bevriend was nie. Die Europeërs  het hul eie klubs gehad, en by die partytjies waarna ek in die begin van my aankoms uitgenooi en verplig was om na te gaan was daar net enkele-, of glad geen Ceylonese nie. Daar was van my verwag om by hul eksklusiewe klubs aan te sluit en sosiaal te verkeer in die Europese gemeenskap.  Ek het besluit om net mooi die teenoorgestelde te doen. Ek het baie vriende tussen die Ceylonese gemaak en het by hulle klubs aangesluit. Was ek enigiemand anders sou die maatskappy my sekerlik op die eerste vlug terug huistoe gesit het.  Maar, ek was my pa se oudste seun, en hy was die bestuurende direkteur van die maatskapy se Londen kantoor.  Hulle kon niks doen nie, en het my op die ou einde net geïgnoreer.

    Ek het besluit die see is my toekoms, en het uit my werk bedank om geld te verdien deur te duik.  Ek het vis gespies en krewe gevang wat ek dan verkoop het, en lewende tropiese visse gevang wat ek dan uitgevoer het.  Ek het nie regtig geld gemaak nie maar was gelukkig.  Met die verloop van tyd het ek myself gevestig  as ‘n onderwater-toergids.  Mettertyd  het duik hoog mode geword onder die glansrykes.  Skielik was my die dienste in groot aanvraag. Die Minister van toerisme op daardie oomblik, RG Senanayake, was ook ‘n kranige onderwater-entoesias, hy het my op die Regering se Toerisme Raad gesit om die land se onderwaterlewe  te bevorder.  My lewe in Ceylon was buitengewoon.  Die meeste van my kliënte was baie ryk en het al my uitgawes gedek.

    Hulle wou die beste van alles gehad het en ek het my beste gedoen om dit aan hulle te voorsien. Die gastehuis in Hikkaduwa was my hoofkwatiere, wat toe my tweede tuiste geword het.  Later van tyd het ek my twee vissersbote voor die gastehuis geanker.

    My kliënte het links en regs geld spandeer terwyl hulle daar tuis gegaan het.

    Een van hulle was die kleinseun van Amerika se rykste man.  Hy het van my dienste gebruik gemaak vir twee maande per jaar, drie jaar in ‘n ry.  Hy het my entoesiasme vir duik gedeel, en ons het hegte vriende geword.  Jaarliks het hy my dan ook terug Rome toe genooi.  In Rome en Monte Carlo het hy my op maniere getrakteer wat ek nie eers geweet het bestaan nie.  Hy was ook nie die enigste een nie.  Daar was baie ander beroemde mense wat ek ook uitgeneem het om te gaan duik.  Ek het dit nogal vreemd gevind, dat die Ceylonese vriende wat die naaste aan my was,  almal een of ander hoog geplaasde politikus was aan beide kante van die opposisie en welgesteld was.  Dit het my eindeloos omgekrap om te weet dat sommige van hulle glad nie op vriendskaplike terme met mekaar was nie.

    Miskien was dit reeds omdat ek ‘n Europeër was, en glad nie betrokke was in hul hoogs verdeelde politiek nie, dat hulle my geselskap geniet het.  Die feit dat ek in Ceylon gebore was het ook gehelp, want op geen tydstip het enigiemand my laat voel asof ek ‘n uitlander was nie.  Ek het nooit baie geld gehad nie, behalwe die kommissie wat ek van tyd tot tyd verdien het, vanaf juweelhandelaars na wie ek my welgestelde kliënte geneem het.  My duikbesigheid het nooit al my uitgawes gedek nie, tog het ek baie goed geleef. Ek kon ‘n gratis vliegtuigkaartjie na Europa kry, van al die lugdienste waarvan ek gebruik gemaak het, om my tropiese visse mee uit te voer. Enige dag van die jaar kon ek ten minste 25 krewe vang, deur in die baai van Colombo te duik.  Soms het ek die krewe veruil vir verskillende items. Ek was net so gelukkig om ‘n doodgewone bestaan te maak in Ceylon, as wat ek was met die oorvloed saam met my Europese vriende.

    Maar aan die einde van 10 jaar het ek besef dat daar geen toekoms in Ceylon meer was vir my nie, as gevolg van die politiese wrywing in die land, en die ook feit dat die land besig was om bankrot te raak.   

    Vooraf...

    My ma was ses maande swanger toe sy  in Februarie 1931 in Bombay aankom. Sy en my pa het besluit om daar oor te stop oppad na Ceylon,  waar hy vir ‘n paar jaar in die familiebesigheid met belange in die land sou werk.  Hulle het die gewone lang see reis vanaf Engeland gehad en was maar te bly om uit die beknopte atmosfeer van die skip te kon ontsnap. Soos wat hul afklim, het ‘n netjies aangetrekte Indiër hulle na ‘n Rolls Royce op die kaai vergesel.

    Sy hoogheid, die Maharaja vertrou u het ‘n aangename reis gehad en verwelkom u in Bombay,  het hy gesê.

    Die Maharaja was ‘n vriend van my oupa, en het dit as sy plig gesien om na my pa om te sien met sy eerste besoek aan Bombay.  Toe hulle uiteindelik by die Paleis aankom het die Maharaja my pa gegroet asof hul ou vriende was.  Nadat hulle na hul kamers geneem is, en hul bagasie afgelaai is, het vier kamerbediendes dit uitgepak.  My ma kon die oor die visie van die hordes bediendes en die absolute weelde rondom  haar  kom nie.  Sy was ook nog nooit in die Ooste nie.  My pa het haar vertel dat die Paleis glo slegs ‘n klein een was wat die Maharaj in Bombay aangehou het vir gebruik met sy besoeke daar. Sy hoofpaleis was baie groter en geleë in sy staat, taamlik vêr van Bombay.

    ‘n Weelderige aandete was gedek in ‘n enorme eetkamer, waar agt bediendes op diens was.  Na ete het die Maharaja my pa meegedeel dat hy reëlings getref het vir ‘n Tier-jagtog.  My pa het geprotesteer dat hy nie die tyd sou kon afstaan daaraan nie, aangesien hy besigheid gehad het om te doen in Bombay. Hy was ook bekommerd oor my ma se gesondheid.  Die Maharaja was knaend dat die jagtog nie te vêr was nie en dat hulle binne ses dae sou terug wees.  My pa het ‘n daadwerklike poging aangewend om homself te verskoon deur te noem dat hy elke tweede dag ‘n oproep moes maak na sy hoofkantoor in Londen. Hy het aangeneem dat daar geen manier sou wees om dit te kon doen op so ‘n tierjag ekspidiesie nie. Die Maharaja het peinsend gelyk.

    Geen probleem. Ek sal ‘n kabel laat aanlê vanaf my paleis na ons kamp, dan kan jy al jou oproepe maak na Londen toe, het die Maharaja geantwoord.

    My Pa het besef die Maharaja erenstig was, al het dit beteken dat myle en myle se kabels aangelê moes word en dit ‘n masiewe taak sou wees.  Hy kon aan geen ander verskoning dink om homself daaruit te draai nie en het baie skuldig gevoel want sy kantoor in Londen het geensins ‘n oproep van hom verwag nie, en sou hy hul skakel, het hy geen idee gehad  wat hy sou sê nie.  ‘n Oproep van Indië na Londen het in daardie dae ‘n fortuin gekos, en hy was maar net ‘n junior direkteur, hulle het nie oproepe van hom verwag nie, behalwe miskien in ‘n vreeslike noodgeval.

    Die volgende dag het hul saam met die Maharaja in die Rolls-Royce vertrek, op die lang reis na sy groot paleis.  Hulle het elke twee ure gestop, waar ‘n tent opgeslaan was met gemaklike stoele, ‘n tafel,  verversings en drie bediendes, een vir elkeen van hulle. 

    Met hul aankoms, het die Maharani hul gegroet en weereens kon my ma nie oor die weelde en oorvloed om haar kom nie.  Daar was so baie bediendes dat sy nie kon begryp wat dit was wat hulle almal kon doen nie.  My ma het die masiewe ete daardie aand beskryf, alles was van oorsee af ingevoer, insluitende fissante, gerookte salm, ingevoerde Franse vonkelwyn en baie ander lekkernye.

    Na ‘n goeie nag se rus, het hulle almal vroeg oggend met die Rolls in die pad geval, gevolg deur ‘n aantal vragmotors.  Oppad, het hulle verby dosyne mans gery wat besig was om kabels af te laai en langs die pad lê.  Net soos die vorige keer, het hulle elke twee ure gestop vir versnapperings. 

    Vir jou telefoon, sê die Maharaja aan my pa, wat in afgryse na die masiewe, duur werksaamhede staar. Dit lyk asof daar honderde mense betrokke is, vragmotors, en drywers, wat hy bereken ‘n klein fortuin kos.  Baie meer, het hy gedink, as wat hy ooit sou kon verdien. Hy het baie skuldig gevoel, en mens kon hom nie kwalik neem nie, want in sy wildste drome sou hy nooit kon dink dat die Maharaja Raja so baie moeite sou doen, net sodat hy ‘n telefoon oproep kon maak nie.

    Uiteindelik, kom hul op ‘n oop stuk grond waar die pad sumier eindig. ‘n Aantal olifante was gereed om hulle te vervoer na die skiet area in die woud.  My ma het saam met die Maharani, op een olifant gereis, en my pa met die Maharaja op ‘n ander.  Na ‘n lang en stadige reis met baie pouses vir verversings, kom hul by die kamp aan, wat geswymel het met bediendes.  My ma was geskok om ‘n olifant te sien, bibberend van die koue, met ‘n groot blok ys wat op sy rug vasgemaak is.  My ouers was gou in ‘n weelderige tent geplaas, met al die draperings van ‘n vyf-ster hotel.  Die kamp het soos ‘n klein dorpie gelyk, met al die tente rondom een groot sentrale tent, wat as eetkamer gedien het.  Aandete was op ‘n enorme tafel bedien, wat spesiaal aangery was al die pad vanaf die Maharaja se paleis. Die volgende oggend het verkenners uitgegaan om na tiere te soek terwyl my ouers gerus het.   

    In die middag, was Londen op die lyn.  Jou oproep het eindelik deurgekom het die Maharaja triomfantlik aangekondig, terwyl hy my pa na ‘n tradisionele goue foon ontbied.  Dit het ‘n goue vierkantige voetstuk gehad met ‘n handvatsel, wat gedraai moes word om elektrisiteit te verwek vir die oproep.  In Londen, het hulle so selde ‘n oproep van so vêr af gekry, dat hulle gedink het dit moes ‘n baie belangrike oproep wees, en so het die voorsitter van die maatskapy self die oproep hanteer.  My pa was heeltemal oorbluf  en het nie ‘n idee gehad oor wat om te sê nie, maar hy wou dit nie laat blyk voor die Maharaja, wat belangstellend gesit en luister het nie.    Daarom, het hy klomp nonsens kwyt geraak, oor die stand van die mark vir rubber.  Die voorsitter was heeltemal uit die veld geslaan oor die oproep, en het gedink my pa was van sy kop af, hy het dit erenstig oorweeg om my pa terug te roep Londen toe.

    Vroeg die volgende dag het hul dieper in die woud in gegaan op olifante, insluitend die arme olifant met die blok ys op sy rug om die vonkelwyn koud te hou.  Die Maharaja het my pa meegedeel dat ‘n tier gevind is, en dat dit deur die slaners gedryf sou word tot dit voor die platform waarop hulle was sou verskyn, en dat hy dit dan moes skiet.  Die hartseerste ding, volgens my ma was, dat my pa nie baie opgewonde was om die tier dood te maak nie.  Maar die Maharaja, het aangeneem dat alle Britse mans daarvan gehou het om te jag en skiet. 

    My ma en die Maharani  het op ‘n gemaklike platform, opgehys in ‘n boom, gesit.  Onder op die grond was daar bediendes om na hulle om te sien en gewapende wagte.  My pa het saam met die Maharaja, na ‘n ander platform gegaan, ‘n entjie weg van waar my ma was.  My ma se platform  het uitsig gehad oor ‘n uitgestrekte vlakte, en sy kon sien hoe daar in die verte, omtrent ‘n honderd mans besig was om op instrumente te slaan en baie lawaai te maak in ‘n poging om die tier uit te dryf.  Die slaners was net gereed om voor die platform verby te beweeg, toe ‘n man skielik wegbreek van die ry waarin hul was en na my ma se kant toe hardloop. Die tier het die man bespring en in stukke geskeur, net voor hy haar platform kon bereik.  Die man se gille was afgryslik, volgens my ma, wat die Marahani gevra het oor waarom die wag nie die tier geskiet het nie   

    Die tier is vir jou man om te skiet en niemand mag een skiet sonder die Maharaja se toestemming nie, selfs nie eers uit self verdediging nie,  het sy kalm geantwoord.

    My ma was met afgryse gevul oor die gevoelloosheid en die afwesigheid van kommer oor ‘n man se lewe.  Sy kon net nie glo wat besig was om te gebeur nie, sy was so geskok dat sy amper ‘n miskraam gehad het.  As sy ‘n miskraam gehad het, sou ek nie gebore gewees het nie.  Soos dit was, is ek op 8 Mei 1931 gebore.  Deel van ‘n tweeling, my broer is by geboorte oorlede.  My ma het in die versmorende hitte in die verpleegsters tehuis gelê.  Die moesson was laat, en vir baie maande het dit glad nie gereën nie. Daar was geen lugversorgers in daardie dae nie en baie min waaiers.  Maar, die oomblik wat ek gebore is het dit gesous en het die tempratuur met tien grade gedaal.  Die tehuis was oorvol, en in my eerste nag op aarde moes ek ‘n kot met twee baba dogtertjies deel.   Miskien ‘n

    waarskuwing oor my toekoms toe dit nie ongewoon was om myself in dieselfde situasie te bevind nie.  

    Ek is terug Engeland toe saam met my ouers toe ek ‘n paar jaar oud was, met herinneringe van palm bedekte strande en my liefde vir die see.  In die jare wat sou volg, het hierdie beelde my nooit verlaat nie.  Ek is na ‘n koshuis toe ek agt was en na ‘n ander op dertien.  Ek het geen gelukkige herinneringe van hierdie skole, wat ek gedurende en na die oorlog by gewoon het nie.  Die omstandighede in hierdie skole was kwalik beter as in die tronk. 

    Toe ek omtrent nege was, het ek erge asma en kroniese sinusitis opgedoen.  Dit was gedurende die oorlog; ons het geen verhitting in die winter gehad nie en omstandighede was haglik.  Ons dieët het belangrike vitamienes gekort, en ek was ‘n baie siek jong seun, grootendeels omdat ek geen oefeninge kon doen nie.  Ek was ook baie ondergewig.  In daardie stadium was daar geen kuur vir asma nie, en ek het vreeslike aanvalle gekry, wat baie angswekkend was vir ‘n jong kind van my ouderdom.  Wanneer ek die aanvalle gekry het, gewoonlik in die nag, het ek aan my bed se kopstuk vasgehou en lug in my longe in forseer, tot ek omtrent flou was van moegheid.  Gedurende daardie jare kon ek nie aan speletjies deelneem nie en het die meeste van my lesse misgeloop.  Selfs toe ek beter was, wou ek net buite in die vars lug wees en nie in ‘n bedompige klaskamer nie.  Daarom, het ek net uitgegaan en in die woud rondom die skool gestap.  Ek het so baie lesse verloor dat ek geen van my eksamens geslaag  het nie.   

    Ek was tot niks verbind nie en het die meeste van my tyd in die skool se biblioteek deurgebring, waar ek die Britannica Ensiklopedie deurgelees het terwyl die ander kinders gespeel het.  Dit was ‘n misrabele lewe vir my, veral gedurende die oorlog, toe ons dikwels nagte in lugaanval skuilings moes deurbring.  Toe ek omtrent twaalf was het ek ‘n verskriklikke asma aanval gehad, en dit het nie gelyk asof ek gesond sou word nie.  Ek het swakker en swakker geword, en het gevoel dat ek sou sterf. Tog, kan ek goed onthou hoe daar ‘n dokter eweskielik uit die niet verskyn het met ‘n asmapompie.  Ek het nie geweet wat dit was nie, maar hy het my ‘n paar spuite gegee, en ek het begin gesond word.  Hierdie het ‘n groot verskil in my lewe gemaak, en natuurlik ook in baie ander se lewens wat aan asma gely het.  Die oomblik wanneer ‘n aanval begin het, het ek net ‘n paar spuite geneem, en die asma was weg.  Ek moes die pompie saam met my dra waarheen ek ookal gegaan het. Die moment wat ek die pompie gekry het, het my lewe drasties verander.  Alhoewel ek steeds nie lang ente kon hardloop nie, kon ek ‘n mate van oefening doen.  Ek het geen belangstelling in sport gehad nie behalwe vir individuele sport.  Skool was vir my van begin tot einde ‘n nagmerrie. Ek het in geen van die vakke wat ons moes vat belang gestel nie. Ek was gedwing om Latyn te neem, die enigste vakke waarin ek ooit goed gedoen het was Frans en Duits.

    Ek het geweier om in enigiets belang te stel, en ek kon nie myself identifiseer met die spangees wat hulle by my probeer kweek het nie.  Ek het toe al besef dat ek baie anders is.  Ek was ‘n volslae individualis, en het my eie koers in die lewe ingeslaan, op my eie manier en niemand sou vir my voorskryf nie.  Ek het net na my vakansies by die huis uitgesien, waar ek meer vryheid en gemak gehad het.  Ek was bevoorreg om ‘n gelukkige huis met liefdevolle ouers te hê.  By die huis het my pa my van al sy reise oorsee vertel.  Hy was altyd oppad iewers heen. Hy moes na die oorlog dadelik na Malaya vlieg, om te help met die gemors wat die Japanese agtergelaat het.  Die maatskapy vir wie hy gewerk het was ‘n groot publieke maatskapy met takke in Ceylon, Malaya, Singapoer, die Philipyne, Indië en Amerika.  Teen die tyd wat ek op skool was, was my pa ‘n direkteur, en hy moes elke jaar oorsee reis en al die takke besoek.  Hy het hard gewerk, en daarvan gehou om partytjies te hou, ons huis was altyd oop vir sy vriende sowel as myne.  By tye was daar mense van die Oosterse lande wat by ons aan huis gekuier het en ook soms oorgeslaap het.  Ek het baie Chinese, Maleiers, Filipyne, Indiers en Ceylonese ontmoet.  My pa het met baie respek van hulle en hul lande gepraat, baie anders as wat ek gehoor het die Britse kolonialiste na hul verwys.  Hulle het gewoonlik na die mense as inboorlinge verwys op ‘n neerhaalende manier.           

    Ek het my pa gesoebat om my toe te laat om skool te verlaat, uiteindelik het hy ingestem.  Ek was 17, en het die daarop volgende vier jaar spandeer deur in verskillende lande in Europa te werk.  Ek is van mening dat my opvoeding eers begin het die dag toe ek skool verlaat het, want toe het ek ‘n hele aantal tale vlot geleer praat, wat in later jare baie voordelig vir my was en my goeie werke besorg het.   

    Op terugblik is daar een noemenswaardige episode.  Ek het by ‘n reis agentskap in die suide van Frankryk gewerk gedurende 1950; ek het daarvan gehou om tussen die skares oorkant die Hotel De Paris in Monte Carlo te staan, en die sterre en bekendes aan te gaap soos wat hulle uit gekom het tot op die trappe, waar hulle dan gewag het vir hulle motors en bestuurders.  Ek was baie kere daar, ook op die aand van die baie bekende Rooi Kruis Bal, die polisie het die area af  geblokkeer om die skares terug te hou, op daardie aand was ek saam met ‘n vriend om te kyk of ons ‘n naam by elke gas kon sit wat uit die hotel gekom het.  Die meeste was bekende film sterre of  koninklikes met geringe politici en miljoenêrs.  In 1950, en vir baie jare daarna was die jaarlikse bal noodsaaklik vir enigiemand wat iemand was.  Die kaartjies was baie duur, en die opbrengs het na liefdadigheid gegaan.  Soos ek tussen die menigte gestaan het, het ek nooit  in my wildste drome kon dink dat ek tien jaar later op die einste trappe sou staan en wag vir my vriend se Rolls Royce om my na die Rooi Kruis Bal te neem nie.

    Tog, was al my werke deur die jare gering, en ek het nooit werklik geld gemaak of gespaar nie.  Al my aardse besittings het in ‘n klein tassie gepas.  Op die ou end het ek in Swede gewerk waar die geringe werkies bietjie meer betaal het.  Ek het ‘n paar keer by my ouers in Engeland gaan kuier, en my pa het altyd my reiskoste betaal.

    My pa het dan gekla dat ek besig was om my lewe te mors deur niks betekenisvol te doen nie en het aanhoudend probeer dat ek by sy maatskapy aansluit.  Maar, ek het aan hom verduidelik dat die loon wat hy my aangebied het, nie eers die helfde was van dit wat ek in Swede

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1