E-pos UIT SYDNEY, AUSTRALIË
Hoekom Australië?
Ek is in 1996 Londen toe om Europa as rugsakreisiger te beleef. Ná twee jaar daar het ek my aanstaande man, ’n Duitser, ontmoet en ons is kort daarna getroud. Ons het aan ’n baba begin dink en skielik het ek besef Londen is nie die plek waar ek my kind wil grootmaak nie. Toe ek swanger word, was ek vasbeslote om terug te keer Suid-Afrika toe waar my familie is, maar my man was daarteen gekant en ons het begin kyk na emigrasie-opsies. Kanada het wonderlik gelyk, maar die proses was lank. Australië was minder ingewikkeld, met ’n klimaat baie soos Kaapstad s’n. Teen ons kind se eerste verjaardag het ons die groen lig van Australië gekry. Toe ons in Junie 2001 daar aankom, was ek oorweldig deur hartseer en het gewonder hoe ek my seun as ’n Maleier-man in hierdie land gaan grootmaak.
Jy het jou kind grootgemaak om sy wortels te ken?
Ons het in ’n woonstel in Sydney ingetrek en ek het begin werk as onderwyseres by ’n Montessoriskool waarheen ek my seun, Zafir, kon saamvat. Dit was vir my moeilik om vriende te
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days